Solidariteit
Die Solidariteit Wêreld met Dirk Hermann
Kom luister saam wanneer Dirk Hermann met verskeie gaste oor gebeure in die wêreld en by Solidariteit gesels. Hierdie gefokusde gesprekke gee kykers 'n ander perspektief op hoe gebeure op nasionale en internasionale vlak die wêreld van werk beïnvloed.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: solidariteit.co.za
Autor
Solidariteit
Categorie
Site-ul podcastului
Cel mai nou episod
16 nov. 2026
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Ep 83 - Suid-Afrika is moeg vir die ANC 16.11.2026 26:19
Die verkiesing is verby en die stemme is getel, maar die uitslae laat Suid-Afrika op ʼn kruispad. Aan die een kant is daar verligting oor die feit dat die ANC nie meer alleen kan regeer nie. Aan die ander kant bring die uitslae nuwe onsekerheid oor moontlike koalisies. In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann met Connie Mulder oor die verkiesingsuitslae, wat dit vi...
Ep 82 - Waarom Solidariteit meer as net ʼn vakbond moes word 09.11.2026 32:21
25 jaar gelede het die Mynwerkersunie se naam na Solidariteit verander. Hierdie verandering het met heelwat teenstand en onsekerheid gepaardgegaan. In hierdie week se episode gesels Dirk met Flip Buys, wat aan die voorpunt van dié verandering gestaan het. Hulle bespreek hoe die Solidariteit Beweging uit Solidariteit ontstaan het en hoe Flip reeds destyds besef het dat die Afrikanergemeenskap ʼn ste...
Ep 81 - As ons dit ignoreer, normaliseer ons dit. 02.11.2026 15:52
Die stryd duur al vir amper 30 jaar voort! Solidariteit sal nie gaan lê totdat rassewette iets van die verlede is nie. In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld, gesels Dirk Hermann met Anton van der Bijl oor ons stryd teen rassewette en hoekom hierdie week belangrik is vir ons saak daarteen. Ons kan nie nou stil raak nie. Ons moet aanhou veg. Kyk en gesels saam.
Ep 80 - Ons speel oop kaarte oor aanlyn dobbel 26.10.2026 18:31
Aanlyn dobbel is ʼn groter probleem as wat mense besef. Nie net raak dit gesinne nie, maar dit word ʼn al groter probleem in die werksplek. Kyk hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld, waar Dirk Hermann met Nicolien Welthagen gesels oor die impak van dobbel op gemeenskappe, asook die advertering daarvan by verskeie geleenthede. Gesels saam en deel jou mening!
Ep 79 - Die regering is roekeloos en dit kan lei tot die verlies van 250 000 poste 22.10.2026 15:24
Daar is geen rasionele rede vir die regering om twispunte te skep en roekelose uitlatings te maak in ’n tyd waar ons belangrikste handelsvennoot moet besluit of hulle die handelsooreenkoms, Agoa, met Suid-Afrika wil hernu nie. Indien dit nie sou gebeur nie gaan die mense wat die liefste vir ons land is, normale, hardwerkende landsburgers die prys daarvoor betaal. Hierdie week gesels Dirk met Theun...
Ep 78 - Minister Lamola blaf, maar Amerika kan byt! 12.10.2026 19:25
Solidariteit veg steeds om Suid-Afrika in Agoa te hou! Minister Lamola dink sy woorde beteken nie veel nie, maar dit het ʼn groot invloed op Amerika se besluit. In hierdie week se episode gesels Dirk Hermann met Jaco Kleynhans oor die gevolge van die besluit en wat moontlik in die volgende paar weke kan gebeur. Kyk en gesels saam.
Ep 77 - Suid-Afrika dalk voor Kersfees uit Agoa 05.10.2026 13:53
As Suid-Afrika uit Agoa geskop word, kan duisende mense hul werk verloor! In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld gesels dr. Dirk Hermann, Kallie Kriel en Flip Buys oor die Solidariteit Beweging se vyf antwoorde op die Amerikaanse regering se vyf versoeke aan Suid-Afrika. Dit is in Suid-Afrika se belang dat daar na hierdie antwoorde geluister word. Kyk en gesels saam!
Ep 76 - Amazon: Gee ʼn droom ʼn kans – nie ras nie 30.09.2026 7:00
ʼn Mooi naam maak nie ʼn beleid moreel nie. In hierdie week se episode lees dr. Dirk Hermann sy opebrief aan Jeff Bezos. ʼn Amerikaanse onderneming wat een van die grootste simbole van die vrye mark geword het, bedryf ʼn program in Suid-Afrika waar die ras van ʼn onderneming se eienaars bepaal wie mag deelneem en wie uitgesluit word. Kyk saam en deel jou mening oor Amazon se besluit.
Ep 75 - Selfs Europa is bekommerd oor SA se wette 21.09.2026 20:17
Die waarheid agter Solidariteit se Europa-besoek! In hierdie week se episode gesels Dirk met Jaco Kleynhans oor die uitnodiging wat hy ontvang het om die Europese Parlement toe te spreek. Hulle delf ook verder in Europa se bekommernisse oor Suid-Afrika se wette en beleide asook die boodskap wat Jaco vir Suid-Afrikaners het.
Ep 74 - 30 jaar se regskennis – alles beskikbaar op een plek! 17.09.2026 19:05
Daar is baie platforms waarvan ons gebruik kan maak – Facebook, Instagram, TikTok, maar is daar lewe agter daar die platforms? In drie jaar het Solidariteit se digitale gemeenskap met meer mense gegroei as wat ons ooit sou dink. In hierdie week se episode gesels met Dirk met Hennie Bierman oor hoekom daar soveel mense is wat baat vind by Solidariteit-aanlyn. Kyk die episode en gesels saam in die k...
Ep 73 - Is dit die laaste van Agoa vir Suid-Afrika? 07.09.2026 18:19
Daar is gemengde gevoelens oor Suid-Afrika en Agoa. Is dit die beste pad vorentoe om só druk op die regering te plaas, of is dit net nog ʼn klippie in die bos wat nie ʼn groot genoeg impak gaan maak nie? Hierdie week gesels Dirk met Jaco Kleynhans oor Solidariteit se siening hieroor en wat vir die land voorlê indien Suid-Afrika uitgeskop sou word. Kyk en gesels saam!
Ep 72 - Afrikaners het nog altyd met mekaar baklei – feit of fiksie? 03.09.2026 19:34
Daar was nog altyd hierdie mite dat Afrikaners onder mekaar baklei, maar hoe waar is dit vandag? In hierdie week se episode gesels Dirk met Connie Mulder oor navorsing oor Afrikaners en hoe ons eenheid in kultuur, geloof en gemeenskap oor die afgelope drie dekades versterk het. Kyk dié week se episode en laat weet ons of jy die eenheid van Afrikanerskap beleef.
Ep 71 - Media24 vra, Solidariteit wys 24.08.2026 10:21
Media24 toon sterk belangstelling in Solidariteit! Hulle het reeds meer as 200 vrae aan die Solidariteit Beweging gestuur en stop ook nie daar nie. Die volgende onderwerp wat hul belangstelling prikkel is wat presies ons in Orania doen. In hierdie week se episode gesels Dirk Hermann met Paul Vogel, uitvoerende hoof van Bo-Karoo Opleiding, om presies te wys wat in Orania gebeur. Kyk dié week se epi...
Ep 70 - Groot kommer by Media24, Premier Fruit Products en Unisa! 17.08.2026 23:04
Solidariteit het die afgelope twee weke met drie verskillende gevalle van arbeidsprobleme te doen gehad, waar werknemers op uiters negatiewe maniere geraak word. Dit beïnvloed duisende huishoudings regoor die land en lei tot groot kommer. Dirk gesels hierdie week met Johan Roos en Anique Niemand oor die impak wat hierdie arbeidskwessies op ons lede, sowel as al die werknemers by Media24, Premier F...
Ep 69 - Wat gaan aan in die SAPD? Beskerming of transformasie? 06.08.2026 15:16
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is om al die verkeerde redes in die kollig. Personeel én die publiek is toenemend bekommerd oor die stand van die polisiediens en die veiligheid wat dit veronderstel is om te verseker. In hierdie week se episode gesels Dirk Hermann met Theunis van Staden oor die uitdagings waarmee die SAPD tans worstel, die gemoedstoestand onder personeel en die pad vorentoe...
Ep 68 - ʼn Teiken op my of op my kultuur? 03.08.2026 7:50
In ʼn onlangse plasing op sosiale media is daar ʼn teiken op Dirk Hermann se voorkop geplaas ná afloop van ʼn artikel wat in Rapport verskyn het. In hierdie week se episode gesels Dirk oor die belangrikheid van eerlike gesprekke en dat ons mekaar se menings moet respekteer, selfs wanneer ons van mekaar verskil. Luister saam en lug jou mening.
Ep 67 - Rooiseëlkrisis afgeweer! Só lyk die pad vorentoe. 31.07.2026 14:49
Die afgelope week het Solidariteit ʼn hofbevel verwelkom ná ʼn dringende aansoek oor die onaanvaarbare vertragings met die uitreiking van rooiseëlsertifikate, wat ambagslui weerhou om hul kwalifikasies ten volle te benut. In hierdie week se episode gesels Dirk met Stef Pretorius, koördineerder van Solidariteit se Ambagnetwerk, oor die hofbevel, wat dit vir ambagslui beteken en Solidariteit se rol in...
Ep 66 - Lesufi en Gayton: “Bokkieweek is rassisties!” 21.07.2026 16:50
Die afgelope week het Bokkieweek hewige debat ontlok. Kritici beweer dat die geleentheid rassisties is – maar wie is dié kritici, en waarop berus hul beskuldigings? Dirk Hermann gesels in hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld met Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum en een van Bokkieweek se borge, oor die omstredenheid en die rassedebat wat rondom die geleentheid ontstaan het...
Ep 65 - Die krag lê in die gemeenskap 09.07.2026 6:13
Die krag van Solidariteit lê in die gemeenskap. In hierdie week se episode van die Solidariteit Wêreld deel Dirk Hermann die gevoel van gemeenskap by Bokkieweek. Hy gesels oor die verskil wat dit maak wanneer almal saam staan en hoe jy nie moet wag vir die verskil nie, maar eerder self die verskil moet wees wees. Kom kyk saam en deel wat gemeenskap al vir jou beteken het.
Ep 64 - Ons wil gehalteonderwys volhoubaar maak 02.07.2026 20:59
Ons wil ons kinders beskerm; daarom moet ons ons skole beskerm. In hierdie week se episode van die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann met Werner Human oor die Solidariteit Beweging se aanbod vir volhoubare onderwys. Werner deel ook sy insigte oor die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se jaarlikse Nasionale Kongres, wat verlede week plaasgevind het, en verduidelik hoe oplossings uit...
Ep 63 - Solidariteit: Die krag van gewone mense 25.06.2026 6:29
Waar kom Solidariteit se krag vandaan? In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann hieroor. Solidariteit se voete staan stewig in die gemeenskap en ons werk vanuit die gemeenskap. Ons doen dit vir elke mens daar buite wat hoop op ʼn beter toekoms, maar nie net agteroorsit en wag vir iets om te gebeur nie. Dit is vir elke mens wat wil opstaan en help bou om saam ʼn nuwe...
Vredesooreenkoms: Het die VSA vir Iran getrump? 18.06.2026 18:05
Van stormagtige waters tot ʼn golf van vrede in die Straat van Hormoes – maar wat beteken dit vir ons? Die afgelope paar maande het die wêreldekonomie aansienlik verswak, met lande wat onder bykomende druk weens die oorlog in Iran gebuk gegaan het. Suid-Afrika was geen uitsondering nie. In hierdie week se episode gesels Dirk en Jaco oor die vredesooreenkoms, die uitwerking daarvan op brandstofpryse...
Ep 61 - WerfNet: Goeie mense, goeie werk. 11.06.2026 15:42
WerfNet is meer as net ʼn werwingsmaatskappy; dit is jou vennoot in die werwingsproses. In hierdie week se episode gesels Dirk Hermann met Dané Visser, direkteur van WerfNet, oor die belangrikheid van aanstellings op meriete. WerfNet het ʼn gaping in die mark gesien en is hier om jou deur die proses te lei. Kyk saam en deel jou mening oor aanstellings sonder meriete.
Ep 60 - Die ANC is lief vir politieke teater 04.06.2026 25:33
Terwyl die ANC politieke teater speel, word regte mense se lewens elke dag geraak. Vir die regering mag dit dalk net speel-speel wees, maar die gevolge is werklik: Duisende mense verloor hul werk en sukkel om vir hul gesinne te sorg as gevolg van die besluite wat geneem word. In hierdie week se episode gesels Dirk Hermann met Connie Mulder oor hoe rassewette teen 2030 beëindig kan word. Die rasbuf...
Ep 59 - Jan se huis en die F-woord in Europa 29.05.2026 29:42
In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk met Jaco Kleynhans oor die F-woord: federalisme. Hulle was onlangs op ʼn toer na Europa, waar hulle meer oor federalisme en die Kanton-konsep geleer het deur verskeie lande te besoek. Alhoewel die gras nie altyd groener in Europa is nie, is dit goed om te sien dat ons stryd steeds die goeie stryd vir vryheid is.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice