BAASRAAK RADIO

Baasraak saam Coach Freek

Freek Vermaak se aangrypende lewensverhaal het aan hom die platform gebied om al vir 24 jaar ‘n inspirasie te wees vir baie. Dit bemoedig oud en jonk in tronke, skole, rehabilitasie sentrums, sport spanne, kerke en besighede met ‘n kragtige boodskap van hoop! Freek se van is nie verniet, Vermaak nie. Hy is passievol om vermaak aan mense te verskaf wat hulle verfris en geestelik, liggaamlik en emosioneel opbou en versterk. Dit is Freek se doelwit in die lewe om sy gawes en talente te gebruik om God te verheerlik en om mense aan die Here Jesus Christus voor te stel. Freek is tans die aanbieder e...

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.baasraak.tv

Autor

BAASRAAK RADIO

Categorie

Religion

Site-ul podcastului

www.baasraak.tv

Cel mai nou episod

21 nov. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android 10 mil.+ descărcări · nota 4,7+ iOS în curând

Episoade

BAASRAAK BUITELUG UIT HEIDEDAL, BLOEMFONTEIN | KRAGTIGE GETUIENISSE | GENADE OP GENADE TOER 21.11.2026

🔥 BAASRAAK SAAM COACH FREEK – GENADE OP GENADE TOER! Ons besoek Heidedal in Bloemfontein tydens ons 25 Jaar van Genade-sendingsreis! Luister na kragtige getuienisse van Apostel George Swarts, Evangelis Isaah Hattingh en Broeder Gaston Grobler. Ontdek hoe God se genade mense se lewens verander en hoop bring waar daar wanhoop was! 📍 Heidedal, Bloemfontein 📅 19 November 2026 📖 “En uit sy volheid...

WIL JY GESOND WORD? | Krugersdorp Gevangenis – Die Visioen Wat Waar Geword Het! 15.11.2026

Hierdie week se Baasraak saam Coach Freek Podcast is anders as ons gewone onderhoude. Ek neem julle terug na Krugersdorp Gevangenis, waar God baie jare gelede iets buitengewoons gedoen het! In 2001 het die Here vir my 'n visioen gegee waarin ek gesien het hoe ons 'n herlewingsdiens in die binneplaas van die gevangenis opneem. Mense het gesê dit sal NOOIT gebeur nie! Maar nege jaar later het God di...

MY 5-JARIGE SEUN IS DOOD VERKLAAR… TOE SÊ HY: “HALLO PAPPA!” | Hannes Roode 08.11.2026

DOOD VERKLAAR… MAAR GOD HET DIE LAASTE WOORD! Hannes Roode van Hartenbos se lewe is radikaal verander ná ’n persoonlike ontmoeting met die Heilige Gees. God het hom begin gebruik om vir siekes te bid, mense te bevry en profeties te bedien. Maar toe word sy eie geloof tot die uiterste beproef! Sy vyfjarige seun, Dillan, was in ’n verskriklike ongeluk en is volgens Hannes se getuienis later in die h...

Twee Egskeidings, Diep Trauma en Haar Uitroep: “Wees Net Lief Vir My!” | Carina Nel: 08.11.2026

“My hart het ’n voorskoot aan, want dis wat ek my ouers sien dra het.” Carina Nel van Albertinia vertel haar aangrypende lewensverhaal. Van ’n sorgelose kinderjare en ’n lewe van diensbaarheid in die weermag en SAPD, tot twee pynlike egskeidings, traumatiese ervarings en vier en ’n half jaar van rou en afsondering. Sy praat openhartig oor die seer van gebroke verhoudings, die verlies van kontak me...

Van mishandeling en wellus tot vergifnis en versoening | Steven Britz se getuienis 22.10.2026

Wanneer sy pa se motorfiets by die huis stop, kruip klein Steven weg. Sy pa is 'n heilige in die kerk, maar 'n gewelddadige man agter geslote deure. Die vaderwonde dryf Steven later na 'n lewe van wellus, vrouens, geld en status. Totdat 'n bloedklont in sy longe hom van aangesig tot aangesig met die werklikheid van die dood bring — en God met hom praat. Wat volg, is 'n aangrypende verhaal van *God...

15 JAAR IN DIE GREEP VAN DWELMS! | Janene Snell se getuienis van verslawing tot vryheid 11.10.2026

In hierdie aangrypende episode van die *Baasraak Podcast* gesels Coach Freek met *Janene Snell* oor haar jarelange stryd teen dwelms, gebroke verhoudings en die innerlike oorlog tussen haar geloof en haar verslawing. Op 17 September 2017 het ’n boodskap in die kerk haar lewe verander. Sy het besef dat sy nie langer twee lewens kon lei nie. Sy moes volkome aan Jesus oorgee! Vandag getuig Janene van...

’N MISLUKTE GESINSMOORD | Ester Jacobs se ongelooflike pad na vergifnis 11.10.2026

Pastoor Ester Jacobs van Riversdal se kinderjare is gekenmerk deur trauma, geweld en gebeure wat geen kind ooit behoort te beleef nie. Op net 9 jaar oud het sy ’n grusame moord voor haar oë beleef. Haar pa het daarna ook probeer om Ester en haar 3 maande oue bababoetie dood te maak — maar hulle het oorleef. Ester noem hierdie hoofstuk van haar lewe: “’n Mislukte Gesinsmoord.” Maar hierdie gesprek...

Hy het sy hele lewe na ’n vaderfiguur gesoek | Peter Warne 11.10.2026

Pastoor Peter Warne verloor sy pa op net 14-jarige ouderdom en spandeer daarna ’n groot deel van sy lewe op soek na ’n vaderfiguur — in kroeë, by die werk en selfs in die kerk. Hy vertel eerlik hoe vaderloosheid, seer, sukses en bediening sy lewe gevorm het, en hoe hy ná 35 jaar in die bediening uiteindelik uitgebrand het. Ons praat openlik oor die tekens en oorsake van uitbranding, die gevolge va...

“DOEN DIT OP MY MANIER” – André Potgieter se pad deur verlies, vaderskap en herstel 11.10.2026

André Potgieter en sy vrou is geskei, maar drie jaar later het God hulle verhouding herstel en is hulle weer getroud. Kort daarna het sy ernstig siek geword, en André moes uiteindelik die hartverskeurende besluit neem om toestemming te gee dat die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel word. Met drie jong kinders het André vir God gevra: **“Here, hoe gaan ek dit alleen doen?” Die ant...

Van Polisie Kolonel tot God se Generaal | Paul Smuts se Kragtige Getuienis 12.09.2026

Vir meer as 30 jaar was Paul Smuts ’n polisieman — ’n geharde man wat uiteindelik die rang van Kolonel bereik het en ook by Koevoet betrokke was. Maar agter die sterk polisieman was daar een vrees wat hom nie wou los nie: *Waarheen gaan ek as ek sterf?* Daardie vraag het sy lewe vir altyd verander. Oom Paul vertel hoe hy kragtig tot bekering gekom het, onmiddellik begin getuig het teenoor mede-pol...

Die stem wat so lank stilgemaak is, praat vandag | Monami du Preez 12.09.2026

“BLY STIL! JY MAG NIE DAAROOR PRAAT NIE” | Monami du Preez se aangrypende getuienis Kort, kragtige YouTube-beskrywing: Monami du Preez se onskuld is as jong dogtertjie gesteel — en van kleins af moes sy leer om stil te bly. Later het sy haarself weer vasgevang in ’n vernietigende, mishandelende huwelik waar haar stem onderdruk is. Selfs mense in die kerk wat haar moes beskerm, het haar laat glo sy...

Die Demone Wou My Doodmaak… Toe Ontmoet Ek Jesus | Sharn du Preez 12.09.2026

Sharn du Preez deel sy rou en kragtige getuienis — van ’n lewe in Brittanje se nagklubs en sekuriteitswêreld, ’n gebroke huwelik, drank en ’n punt waar hy sy eie lewe wou neem, tot ’n persoonlike ontmoeting met Jesus Christus. Sharn vertel hoe sy soeke na God hom uiteindelik na Gordon’sbaai geneem het, waar hy volgens sy getuienis dramatiese bevryding beleef het in die Naam van Jesus Christus. ’n...

Toe My Ma Ons in 'n Karavaan wou Verbrand - Arie Jacobs 12.09.2026

In hierdie aangrypende episode van Baasraak saam Coach Freek deel Arie Jacobs sy ongelooflike getuienis van 'n moeilike kinderlewe, betrokkenheid by die okkult en hoe Jesus Christus hom uit die diepste duisternis na ware vryheid gebring het. 🙏 Moenie vergeet om op die kanaal in te teken vir meer lewensveranderende verhale nie. 💻 Om my bediening te ondersteun, besoek: 👉 https://www.baasraak.tv/g...

Nicky Potgieter deel haar "Scarface Storie" 12.09.2026

Nicky Potgiete het by ons kom kuier in die Baasraak Ateljee. Sy het haar aangrypende "Scarface" storie met ons gedeel. Ondersteun ons bediening hier: 👉 www.baasraak.tv/gee 🔥 Onthou: Jou gesondheid is jou grootste bate — begin vandag om beter na jou liggaam om te sien. 👉 Bestel jou Tala produkte hier: 👉 www.talahealth.co.za #baasraaktv #coachfreek #halftyd #heartbeatfm Baasraak Webblad ·...

My trane bring nou blydskap vir ander - Madge du Preez 12.09.2026

Madge du Preez deel haar storie met Coach Freek. Sy vertel hoe haar misery haar ministry geword het. 🔔 Subscribe vir meer kragtige getuienisse en inspirerende gesprekke 👍 Like & deel hierdie video met iemand wat dit vandag moet hoor Ondersteun die bediening: https://www.baasraak.tv/gee 🌿 Gesondheid & Welstand Vennoot – Tala Health Ondersteun jou gesondheid terwyl jy die sending ondersteun. 🛒 K...

Die Vyand het Hom Probeer Stop… Maar God! | William Austin Getuienis 22.03.2026

In hierdie kragtige episode van Baasraak saam Coach Freek, sit ek saam met William Austen — ’n man met ’n ongelooflike, rou en aangrypende getuienis. William se verhaal neem ons op ’n diep reis deur roeping, val, stryd en uiteindelike herstel in Jesus Christus. As ’n toegewyde sielwenner het hy ’n groot impak gemaak vir die Koninkryk van God… maar die vyand het hom geteiken. Hy deel openhartig hoe...

Baasraak binne die Hawequa Korrektiewe Sentrum 08.02.2026

Luister na hierdie kragtige opname van ’n herlewingsdiens wat die Baasraak-span by die Hawequa Korrektiewe Sentrum gehou het. Hierdie diens is gevul met hoop, herstel en die boodskap dat niemand te ver is van God se genade nie. Selfs agter tralies werk God steeds in harte en lewens. Mag hierdie boodskap jou bemoedig, jou geloof versterk en jou herinner dat nuwe begin altyd moontlik is. 📌 Onderste...

Baasraak binne die Voorberg Med B Korrektiewe Sentrum 01.02.2026

Luister na hierdie kragtige opname van ’n herlewingsdiens wat die Baasraak-span op 24 Oktober 2021 by Voorberg Med B Korrektiewe Sentrum gehou het. Hierdie diens is gevul met hoop, herstel en die boodskap dat niemand te ver is van God se genade nie. Selfs agter tralies werk God steeds in harte en lewens. Mag hierdie boodskap jou bemoedig, jou geloof versterk en jou herinner dat nuwe begin altyd mo...

Wat gaan van Johnny word as ek nie meer daar is nie - Coach Freek gesels met Charlie Botha. 20.01.2026

In hierdie eerlike en diepgaande gesprek deel Charlie Botha van die band Coffee Snobs sy lewensverhaal van sy moeilike verlede en die pad wat hy gestap het voor hy ’n Christen geword het, tot hoe sy geloof en musiek vandag hand aan hand loop. Saam met Freek Vermaak praat hulle oor groei, genade en die krag van eerlike selfrefleksie. 👉 Moenie hierdie inspirerende episode misloop nie. Luister, deel...

God se wenresep tot 'n lewe van oorwinning - Coach Freek 23.07.2025

In hierdie kragtige kort preek deel Coach Freek ’n lewensveranderende boodskap gebaseer op die verhaal van die verlore seun. Wat het hy moes doen om uit die varkhok te kom? Daar is 'n geestelike wenresep — God se eie strategie — wat, as jy dit toepas, jou sal help om jou omstandighede te oorwin en jou lewe te verander. God wil hê jy moet die lewe leef waarvoor jy bestem is — nie vasgevang in mislu...

Jaco Pitzer - Die Volle Potgooi Episode 09.07.2025

🎙 Baasraak saam Coach Freek – 'n Gesprek met Jaco Pitzer In hierdie kragtige en eerlike episode gesels Coach Freek en die manne met Jaco Pitzer – seun van die legendariese BlouBul en Springbok-haker Gys Pitzer Snr., wat tussen 1967 en 1970 in 12 toetse vir die Bokke gespeel het. Jaco vertel van die kosbare nalatenskap wat sy pa vir hom en sy broers agtergelaat het toe hy in April 2025 oorlede is....

My gebed was, Here maak my 'n man asseblief? - Atman Samuels 06.07.2025

In hierdie kragtige episode van die Baasraak saam Coach Freek Potgooi deel Atman Samuels sy roerende getuienis – 'n eerlike reis van stukkend wees na herstel, en hoe God hom gevorm het tot 'n man na Sy hart. Atman neem ons saam na die oomblik waar hy op sy knieë uitgeroep het: “Here, maak my 'n man asseblief.” Wat daarna gebeur het, is niks minder as ’n Goddelike transformasie nie. Hierdie gesprek...

Willem Strauss: My hele lewe het verander na ek 'n 102kg verloor het 29.06.2025

🎙 Hierdie week op die Baasraak saam Coach Freek se Potgooi: Coach Freek gesels met Entrepreneur en Avonturier Willem Strauss In 2014 is Willem gediagnoseer met diabetes. Na 'n maagomleiding-operasie het hy ongelooflike 102kg verloor – en sy lewe het radikaal verander. Sy insulienmedikasie is reeds twee dae later in die hospitaal gestop. Willem was nie meer diabeet nie. Met hernieude krag en passie...

Deon Pieterse: God het my 'n tweede kans gegee! 22.06.2025

Coach Freek gesels met Privaat Speurder Deon Pieterse Deon en Freek het mekaar in 2003 ontmoet by ’n manne-ontbyt – ’n oggend wat Deon se lewe vir altyd sou verander. Destyds was Deon steeds in die SAPD, vasgevang in ’n donker spiraal van alkohol- en dwelmmisbruik. Sy lewe was op ’n afgrond, en hy was besig om homself stadig dood te drink. As polisieman het hy ekstra werk as uitsmyter in nagklubs...

Die God van die Underdog - Coach Freek 09.04.2025

HIERNA MOET JY LUISTER! In die potgooi gesels Coach Freek met die manne oor die "God van die Underdog" Maak seker jy luister daarna en deel dit met almal wat jy ken? Baasraak Webblad · Baasraak Facebook · Baasraak YouTube Kanaal

Ascultă podcastul Baasraak saam Coach Freek în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice