BAASRAAK RADIO
Baasraak saam Coach Freek
Freek Vermaak se aangrypende lewensverhaal het aan hom die platform gebied om al vir 24 jaar ‘n inspirasie te wees vir baie. Dit bemoedig oud en jonk in tronke, skole, rehabilitasie sentrums, sport spanne, kerke en besighede met ‘n kragtige boodskap van hoop! Freek se van is nie verniet, Vermaak nie. Hy is passievol om vermaak aan mense te verskaf wat hulle verfris en geestelik, liggaamlik en emosioneel opbou en versterk. Dit is Freek se doelwit in die lewe om sy gawes en talente te gebruik om God te verheerlik en om mense aan die Here Jesus Christus voor te stel. Freek is tans die aanbieder e...
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die Vyand het Hom Probeer Stop… Maar God! | William Austin Getuienis 22.03.2026 1:42:58
In hierdie kragtige episode van Baasraak saam Coach Freek, sit ek saam met William Austen — ’n man met ’n ongelooflike, rou en aangrypende getuienis. William se verhaal neem ons op ’n diep reis deur roeping, val, stryd en uiteindelike herstel in Jesus Christus. As ’n toegewyde sielwenner het hy ’n groot impak gemaak vir die Koninkryk van God… maar die vyand het hom geteiken. Hy deel openhartig hoe...
Baasraak binne die Hawequa Korrektiewe Sentrum 08.02.2026 1:58:48
Luister na hierdie kragtige opname van ’n herlewingsdiens wat die Baasraak-span by die Hawequa Korrektiewe Sentrum gehou het. Hierdie diens is gevul met hoop, herstel en die boodskap dat niemand te ver is van God se genade nie. Selfs agter tralies werk God steeds in harte en lewens. Mag hierdie boodskap jou bemoedig, jou geloof versterk en jou herinner dat nuwe begin altyd moontlik is. 📌 Onderste...
Baasraak binne die Voorberg Med B Korrektiewe Sentrum 01.02.2026 1:56:00
Luister na hierdie kragtige opname van ’n herlewingsdiens wat die Baasraak-span op 24 Oktober 2021 by Voorberg Med B Korrektiewe Sentrum gehou het. Hierdie diens is gevul met hoop, herstel en die boodskap dat niemand te ver is van God se genade nie. Selfs agter tralies werk God steeds in harte en lewens. Mag hierdie boodskap jou bemoedig, jou geloof versterk en jou herinner dat nuwe begin altyd mo...
Wat gaan van Johnny word as ek nie meer daar is nie - Coach Freek gesels met Charlie Botha. 20.01.2026 50:21
In hierdie eerlike en diepgaande gesprek deel Charlie Botha van die band Coffee Snobs sy lewensverhaal van sy moeilike verlede en die pad wat hy gestap het voor hy ’n Christen geword het, tot hoe sy geloof en musiek vandag hand aan hand loop. Saam met Freek Vermaak praat hulle oor groei, genade en die krag van eerlike selfrefleksie. 👉 Moenie hierdie inspirerende episode misloop nie. Luister, deel...
God se wenresep tot 'n lewe van oorwinning - Coach Freek 23.07.2025 15:40
In hierdie kragtige kort preek deel Coach Freek ’n lewensveranderende boodskap gebaseer op die verhaal van die verlore seun. Wat het hy moes doen om uit die varkhok te kom? Daar is 'n geestelike wenresep — God se eie strategie — wat, as jy dit toepas, jou sal help om jou omstandighede te oorwin en jou lewe te verander. God wil hê jy moet die lewe leef waarvoor jy bestem is — nie vasgevang in mislu...
Jaco Pitzer - Die Volle Potgooi Episode 09.07.2025 2:17:14
🎙 Baasraak saam Coach Freek – 'n Gesprek met Jaco Pitzer In hierdie kragtige en eerlike episode gesels Coach Freek en die manne met Jaco Pitzer – seun van die legendariese BlouBul en Springbok-haker Gys Pitzer Snr., wat tussen 1967 en 1970 in 12 toetse vir die Bokke gespeel het. Jaco vertel van die kosbare nalatenskap wat sy pa vir hom en sy broers agtergelaat het toe hy in April 2025 oorlede is....
My gebed was, Here maak my 'n man asseblief? - Atman Samuels 06.07.2025 2:09:53
In hierdie kragtige episode van die Baasraak saam Coach Freek Potgooi deel Atman Samuels sy roerende getuienis – 'n eerlike reis van stukkend wees na herstel, en hoe God hom gevorm het tot 'n man na Sy hart. Atman neem ons saam na die oomblik waar hy op sy knieë uitgeroep het: “Here, maak my 'n man asseblief.” Wat daarna gebeur het, is niks minder as ’n Goddelike transformasie nie. Hierdie gesprek...
Willem Strauss: My hele lewe het verander na ek 'n 102kg verloor het 29.06.2025 2:07:49
🎙 Hierdie week op die Baasraak saam Coach Freek se Potgooi: Coach Freek gesels met Entrepreneur en Avonturier Willem Strauss In 2014 is Willem gediagnoseer met diabetes. Na 'n maagomleiding-operasie het hy ongelooflike 102kg verloor – en sy lewe het radikaal verander. Sy insulienmedikasie is reeds twee dae later in die hospitaal gestop. Willem was nie meer diabeet nie. Met hernieude krag en passie...
Deon Pieterse: God het my 'n tweede kans gegee! 22.06.2025 1:09:15
Coach Freek gesels met Privaat Speurder Deon Pieterse Deon en Freek het mekaar in 2003 ontmoet by ’n manne-ontbyt – ’n oggend wat Deon se lewe vir altyd sou verander. Destyds was Deon steeds in die SAPD, vasgevang in ’n donker spiraal van alkohol- en dwelmmisbruik. Sy lewe was op ’n afgrond, en hy was besig om homself stadig dood te drink. As polisieman het hy ekstra werk as uitsmyter in nagklubs...
Die God van die Underdog - Coach Freek 09.04.2025 49:02
HIERNA MOET JY LUISTER! In die potgooi gesels Coach Freek met die manne oor die "God van die Underdog" Maak seker jy luister daarna en deel dit met almal wat jy ken? Baasraak Webblad · Baasraak Facebook · Baasraak YouTube Kanaal
Wat God sal doen om een siel te red 27.01.2025 1:00:25
Luister na Coach Freek se Preek wat hy gepreek het by die Prison to Praise Tentdiens te Humansdorp Baasraak Webblad · Baasraak Facebook · Baasraak YouTube Kanaal
Baasraak saam Coach Freek 21 Feb 2024 28.02.2024 1:09:15
Luister na Coach Freek se Radio Program "Baasraak" wat elke weeks oggend tussen 6-7uur op Unlock Radio uitgesaai word. Die episode was opgeneem by die Beaufort Wes Korrektiewe Sentrum Baasraak Webblad · Baasraak Facebook · Baasraak YouTube Kanaal
Jou Gereedskapkas - Menzo Strauss 09.02.2024 55:00
Luister na die Potgooi Episode van Coach Freek se Radio Program "Baasraak" wat elke weeks oggend tussen 6-7uur op Unlock Radio uitgesaai word. Baasraak Webblad · Baasraak Facebook · Baasraak YouTube Kanaal
Baasraak saam Coach Freek 22 Jan 2024 22.01.2024 53:10
Luister na Coach Freek se Radio Program "Baasraak" wat elke weeks oggend tussen 6-7uur op Unlock Radio uitgesaai word. Baasraak Webblad · Baasraak Facebook · Baasraak YouTube Kanaal
Baasraak saam Coach Freek 19 Jan 2024 18.01.2024 1:00:06
Luister na Coach Freek se Radio Program "Baasraak" wat elke weeks oggend tussen 6-7uur op Unlock Radio uitgesaai word. Baasraak Webblad · Baasraak Facebook · Baasraak YouTube Kanaal
Die Here het 'n weg vir my gemaak - Adrian Meyer. 29.11.2023 1:25:28
Coach Freek gesels met Adrian Meyer. Adrian het bekend gestaan as ‘n gewoonte misdager en was vir baie jare tronk toe gestuur. Daar was egter vir Adrian 'n Weg uit die lewe van misdaad en geweld. Maak seker jy luister na Adrian se storie en om dit dan met almal wat jy ken te deel. Baasraak Webblad · Baasraak Facebook · Baasraak YouTube Kanaal
Baasraak saam Coach Freek by die Vanryhnsdorp Korrektiewe Sentrum 05.09.2023 1:34:08
Luister na die potgooi van die Baasraak saam Coach Freek Radio Program wat ons by die Vanryhnsdorp Korrektiewe Sentrum opgeneem het. Baasraak Webblad · Baasraak Facebook · Baasraak YouTube Kanaal
Baasraak saam Coach Freek by die Calvinia Korrektiewe Sentrum 02.09.2023 1:45:50
Luister na die potgooi van die Baasraak saam Coach Freek Radio Program wat ons by die Calvinia Korrektiewe Sentrum opgeneem het. Baasraak Webblad · Baasraak Facebook · Baasraak YouTube Kanaal
Baasraak saam Coach Freek by die De Aar Korrektiewe Sentrum 25.08.2023 1:47:07
Luister na die potgooi van die Baasraak saam Coach Freek Radio Program wat ons by die De Aar Korrektiewe Sentrum opgeneem het. Baasraak Webblad · Baasraak Facebook · Baasraak YouTube Kanaal
Baasraak saam Coach Freek by die Victoria Wes Korrektiewe Sentrum 25.08.2023 2:00:00
Luister na die potgooi van die Baasraak Radio Program wat ons by die Victoria Wes Korrektiewe Sentrum opgeneem het. Baasraak Webblad · Baasraak Facebook · Baasraak YouTube Kanaal
Die Here het my "Ytgesort" - Sollie Staggie 02.05.2023 1:45:31
Coach Freek gesels die week met Sollie Staggie. Sollie is die jonger broer van Rashied Staggie. Rashied was die leier van die berugte Hard Livings bende gewees. Rashied is op 13 Desember 2019 in Soutrivier doodgeskiet. Sollie was ook 'n bende baas en dwelmhandelaar gewees. Sollie was in 1999 skuldig bevind aan moord en is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. Sollie deel sy aangrypende getuienis, hoe d...
Herstellende Geregtigheid - Dr. Charles Flaendorp 30.03.2023 1:24:57
Freek Vermaak se aangrypende lewensverhaal het aan hom die platform gebied om al vir 24 jaar ‘n inspirasie te wees vir baie. Dit bemoedig oud en jonk in tronke, skole, rehabilitasie sentrums, sport spanne, kerke en besighede met ‘n kragtige boodskap van hoop! Freek se van is nie verniet, Vermaak nie. Hy is passievol om vermaak aan mense te verskaf wat hulle verfris en geestelik, liggaamlik en emos...
Watter erfenis gaan jy vir jou kinders nalaat? - Ferdinand Ewerts 03.02.2023 1:03:01
Coach Freek gesels die week met Ferdinand Ewerts van Oudtshoorn. Ferdi se droom as kind was om 'n soldaat te word. Jy huislike omstandighede het hom genoodsaak om die skool te verlaat op 'n baie jong ouderdom. Ferdie en van sy vriende het 'n bende begin vir goeie redes, maar die bende het toe heeltemal verval in verkeerde dinge. Ferdi was tronk in en tronk uit vanaf 'n jong ouderdom. Hy het betrok...
'n Leunstoel van hoop - Coach Freek Vermaak 02.02.2023 47:57
Ek nooi al my mede Baasraakers om na die Potgooi te luister. Ek was bevoorreg om die 26 Januarie 2023 saam my mede boetas van die Manne van die Woord Boksburg te kuier op Zoom. Ek het so bietjie van my reis met limfoon kanker verlede jaar met hulle gedeel. Ek het hulle ingenooi in ‘n nuwe sendingsveld wat ek ontdek het. Ek het my boetas voorgestel aan “Ons Groenstoel Projek”. Ek nooi jou om na die...
"My meisie het 'n bullet vir my gevat" - Jonathan Bezuidenhoudt 28.01.2023 1:26:51
Coach Freek gesels die week met Jonathan Bezuidenhoudt. Jonathan was bevooreg om in ‘n huis groot te word waar die Here gedien was. Sy ma is oorlede toe hy 11 jaar oud was. Dinge het toe begin om skeef te loop vir hom. Verkeerde vriende het sy goeie opbrings begin belemmer. Hy was egter die eerste een onder sy vriende wat op die ouderdom van 13 met die gereg gebots het. Jonathan se oudste broer en...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.