RSG

Spitstyd

Society AF ↓ 969 episodes

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

10 de jul de 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Baixe no Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Help Plus: Kos Kombuis (Riebeek-Kasteel) 10.07.2026

Ds. Kobus Frantz, predikant van die VG Kerk op Riebeek-Kasteel vertel van hulle Kos Kombuis. Hulle het dit begin tydens die Covid-inperking.

RSG Help Plus: Zola's Paw Rescue (Kleinmond) 09.07.2026

Laurika Stander en haar klein span vrywilligers voorsien kos, sterilisasie en basiese mediese sorg aan katte en honde in minderbevoorregte gemeenskappe. Zola’s Paw Rescue het op Kersdag 2024 begin met ’n eenvoudige doel — dat geen hond of kat in die township op daardie dag honger hoef te wees nie. Met Laurika se klein geel karretjie en skenkings van mense in die dorp het sy uitgegaan om hulle te v...

Almal en nog wat: Warren Louw en Antie Katriena 09.07.2026

Willem Pelser gesels met Warren Louw, ’n speurder en komediant, wat bekend is vir sy alter ego, Antie Katriena.

RSG Help Plus: Pensionaris soek hulp met reiskoste en verblyf vir bestraling 08.07.2026

Arnie Rossouw (70) moet bestraling kry vir 'n gewas agter haar oor. Sy bly in Hendrina, en moet vir ses weke in Pretoria behandeling kry. Om daagliks tussen Mpumalanga en Pretoria te reis, is eenvoudig nie prakties nie. Die lang afstand, brandstofkoste en fisiese uitputting is moeilik vir ’n 70-jarige pasiënt wat daaglikse bestraling moet ondergaan. Arnie en haar man is albei pensioenarisse. Soos...

Kuns met kontant: Riaan Cruywagen (Deel 1) 08.07.2026

Hy het geen bekendstelling nodig nie. Vir miljoene Suid-Afrikaners was hy vir dekades die mees betroubare gesig en stem op televisie. Maar voordat hy die legendariese nuusleser geword het wat ons almal leer ken het, was daar 'n jong radio-omroeper wat sy eerste treë in die uitsaaiwese gegee het, lank voordat televisie amptelik in Suid-Afrika begin het. In hierdie onderhoud fokus ons nie op die bek...

RSG Help Plus: ID-Help Fisantekraal 07.07.2026

Fisantekraal is 'n gemeenskap net buite Durbanville in die noordelike voorstede van Kaapstad. Die ID-Help-projek het primêr ten doel om inwoners van Fisantekraal wat nie 'n ID het nie, by te staan om een te kry. Om beskadigde of verlore ID's te laat vervang, is redelik maklik, maar wanneer geboortesertifikate ontbreek en laat geboorteregistrasies moet plaasvind, raak die proses moeilik, uitgerek e...

RSG Help: Fisantekraal Centre for Development 07.07.2026

RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Die Fisantekraal Centre for Development (FCD) is 'n Christelike nie-winsgewende organisasie in Durbanville en Fisantekraal, wat werklose mense bemagtig en oplei deur gesubsidieerde kursusse in onder meer besigheid, ambagte, gasvryheid en sorg. Die organisasie fokus op 'n holistiese benadering wat vaa...

Advies binne jou konteks: Jou reis na sukses met Momentum (Deel 4) 07.07.2026

Martin Riekert van Momentum Investments praat oor die werklikheidsreël oor aftree-inkomste, waarvan die meeste afgetredenes nog nooit gehoor het nie, en wat baie onwetend oortree. As jou lewenstandaard ‘n inkomste vereis wat die mark nie betroubaar kan lewer nie, dobbel jy met jou aftrede.

RSG Help Plus: Seun dring deur na ATKV Redenaars-finaal 06.07.2026

RSG plaas in Mandelamaand die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Zenobia Daniels se seun, Zorian Mkobane van Sanddrif in Tsitsikamma in die Oos-Kaap, benodig fondse om op 4 Augustus 2026 by Klein Kariba in Limpopo deel te neem aan die ATKV Redenaarskompetisie se finale ronde. Die totaal vir vervoer en akkomodasie beloop sowat R7 090.00.

RSG Help Plus: NERA - Naruna Estate Residents Association (Plumstead) 03.07.2026

RSG plaas in Mandelamaand die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Naruna Estate is 'n gemeenskap van 156 lae-inkomste behuisingseenhede. NERO is begin om minderbevoorregtes en haweloses in die Plumstead-omgewing te voed vanuit Beverley Strong se huis. NERA verskaf tee, koffie, sop en toebroodjies op ’n Donderdag, en ’n gekookte maaltyd op 'n Saterda...

RSG Help Plus: 100 Myl vir Huis PJ Strauss & Huis Maudie Kriel (Ceres) 02.07.2026

RSG plaas in Mandelamaand die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Attie Heyns is 'n direkteur by KJH Law in Ceres. Hy is 'n passievolle langafstandatleet, iemand vir wie hardloop nie net 'n stokperdjie is nie, maar 'n lewenstyl en 'n manier om homself te toets. Op 31 Julie 2026 sal Attie die Washie 100 Miler aanpak, een van Suid-Afrika se mees uitda...

Almal en nog wat: Florence Kruger 02.07.2026

Willem Pelser gesels met papiersnykunstenaar Florence Kruger oor haar kuns.

RSG Help Plus: Abba Spesialis Aanneming en Maatskaplike Dienste 01.07.2026

RSG plaas in Mandelamaand die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Abba Spesialis Aanneming en Maatskaplike Dienste wil 'n direkte impak maak op die lot van die kwesbaarste kinders in die samelewing. https://www.abbaadoptions.co.za

Kuns met kontant: Tarryn Lamb (Deel 2) 01.07.2026

'n Vars en herkenbare stem van moderne Suid-Afrikaanse musiek. Sy het haar as die hoofsanger van die bekroonde groep, BlackByrd, gevestig voordat sy haar eie suksesvolle sololoopbaan aangepak het. Gebore en getoë in Kaapstad, het sy van 'n jong meisie met 'n droom ontwikkel in 'n kunstenaar wat nie net musiek maak nie, maar ook haar eie handelsmerk bou in 'n wêreld waar kunstenaars vandag soveel m...

RSG Help: The Children Their Faces 30.06.2026

RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. The Children Their Faces is 'n geregistreerde organisasie sonder winsbejag in Reigerpark, Boksburg. Hulle ondersteun kwesbare kinders en gesinne, en fokus daarop om die siklus van beperkings te verbreek deur strukturele platforms vir jeugontwikkeling te bied. https://www.tctf.org.za

96 Mense gered uit Visriviercanyon-vloed (Deel 2) 30.06.2026

Henco Kruger praat met Eric McLaren, ’n gids, oor die staptogte in die Visriviercanyon wat gestaak moes word weens al die reën, en die sowat 100 stappers wat ontruim moes word.

96 Mense gered uit Visriviercanyon-vloed (Deel 1) 29.06.2026

Henco Kruger praat met Eric McLaren, ’n gids, oor die staptogte in die Visriviercanyon wat gestaak moes word weens al die reën, en die sowat 100 stappers wat ontruim moes word.

Almal en nog wat: Eben Prinsloo 25.06.2026

25 Junie 2026: Willem Pelser gesels met Eben Prinsloo, ’n blinde boer.

Kuns met kontant: Tarryn Lamb (Deel 1) 24.06.2026

'n Vars en herkenbare stem van moderne Suid-Afrikaanse musiek. Sy het haar as die hoofsanger van die bekroonde groep, BlackByrd, gevestig voordat sy haar eie suksesvolle sololoopbaan aangepak het. Gebore en getoë in Kaapstad, het sy van 'n jong meisie met 'n droom ontwikkel in 'n kunstenaar wat nie net musiek maak nie, maar ook haar eie handelsmerk bou in 'n wêreld waar kunstenaars vandag soveel m...

RSG Help: ONS TUIS 23.06.2026

RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. ONS TUIS bied bekostigbare, gehalteverblyf aan persone ouer as 55 jaar. https://onstuis.org/

Advies binne jou konteks: Jou reis na sukses met Momentum (Deel 3) 23.06.2026

Waarop dui verlede jaar se lewensversekeringseise werklik, en is ons voorbereid op wat werklik gebeur? Joretha Bothma van Momentum Life Insurance ontleed die jongste eisestatisitek, die risiko's om lewensveranderende gebeure te onderskat, en die belangrikheid van finansiële voorbereiding vir onverwagte gebeure.

Kuns met kontant: Portchie 17.06.2026

Vir baie mense was hy die man met die helder kleure, speelse dorpstonele, gesinne, blomme, verliefde paartjies en die kunswerke wat vreugde gebring het in duisende huise. Hy het ’n besondere vermoë gehad om mense welkom te laat voel en om hulle potensiaal raak te sien lank voordat hulle dit self kon sien. Toe Kuns Met Kontant vyf jaar gelede op RSG begin het, was Portchie ons tweede gas op die pro...

RSG Help: Afrikanerbond Jeug-vakansieprogram 16.06.2026

RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. https://www.afrikanerbond.co.za/

Almal en nog wat: Andries Keyser 11.06.2026

Willem Pelser gesels met Andries Keyser, wat miniatuur stoomenjins bou.

Kuns met kontant: Coenraad Rall (Deel 2) 10.06.2026

Hy is een van die mees gerespekteerde pianiste en musikale begeleiers in Suid-Afrika. Coenraad Rall is die man agter die klavier vir van Suid-Afrika se grootste kunstenaars. Hy is veral bekend vir sy jarelange pad saam met Amanda Strydom. Hoe bou ’n mens oor dekades ’n loopbaan in die kunste? Hoe oorleef ’n musikant finansieel in ’n wêreld van onsekere inkomste, feest...

Listen to the Spitstyd podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up

Baixe no Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.