RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Bewaringslandbou 08.08.2014 4:01
Landbouers sal 'n kopsluif moet maak oor landbouverbouingspraktyke. Kenners waarsku dat as landbou en omgewingsbewaring nie nou hande vat nie, sal ons nageslag nie nut hê van die land se natuurlike hulpbronne nie. Dr. Johann Strauss, 'n wetenskaplike van die Department van Landbou in die Wes-Kaap, sê bewaringsgefokusde boerdery hou op die lang duur baie meer voordele in vir die boer as die tradisi...
SA Jode oor aanvalle op Israel 16.07.2014 3:19
Die verwysing na Israel as 'n apartheidstaat en die vergelykings wat getref word met die optrede van die Nazis wat Jode vervolg het, is onregverdig, eensydig en die mening van oningeligte mense. Dis wat die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Sionistefederasie, Ben Levitas, sê.
Geen einde aan geweld in Gaza 16.07.2014 2:27
Daar is steeds geen einde aan die geweld in Gaza in die Midde-Ooste nie. Israel waarsku inwoners in die ooste- en noorde van Gaza om hulle huise te ontruim terwyl lugaanvalle voortduur en nog sterftes aangemeld word.
Plaasmoord 14.07.2014 3:29
Die gemeenskap van Petrus Steyn in die Vrystaat is geskok oor die moord op die 70-jarige Jan de Kock op sy plaas Grootwaag. Die polisie ondersoek die saak. Suzanne Paxton praat met Izak du Plessis wat op die oomblik op Petrus Steyn is.
Lughaweliefde 19.06.2014 4:16
'n Liefdesprokie wat homself op 'n Amerikaanse lughawe afgespeel het, het die hele wêreld gaande… en dit is 'n Suid-Afrikaanse man wat alles beplan het.
Dave Barr se nuwe avontuur 01.05.2014 2:03
Dave Barr word beskryf as die wereld se merkwaardigste gestremde persoon. Hy toer weer deur die land op sy motorfiets en het gister met die toer begin wat deel is van sy lewenslange doelwit om gestremde mense te help. Hy sê die toer gaan baie makliker wees as van die ander avonture wat hy al aangepak het.
Ondersoek na teistering van vrouestudente by US 23.04.2014 3:02
'n Ondersoek word gedoen na beweerde seksuele teistering van vrouestudente tydens 'n sogenaamde inlywingseremonie aan die Universiteit van Stellenbosch. Twee huiskomiteelede van Lydia-vrouekoshuis is ook van hulle pligte onthef. Die viserektor vir Leer en Ontwikkeling aan die universiteit, prof. Arnold Schoonwinkel, sê praktyke soos die is onaanvaarbaar.
Thuli Madonsela - 2 20.03.2014 5:24
Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sê sy is verlig die Nkandla-verslag is afgehandel. Madonsela sê dis nou tyd vir haar kantoor om op ander sake te fokus, terwyl die Nkandla-bal nou in die baan van die publiek is. Die Openbare Beskermer sê haar beleërde kantoor swig onder 'n reuse werkslading.
Thuli Madonsela - 1 20.03.2014 5:00
Die Nkandla-bal is nou in die baan van die publiek en die regering. So sê die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, nadat sy gister verdoemende bevindinge bekendgemaak het oor opgraderings aan president Jacob Zuma se privaatwoning op Nkandla. Madonsela het onder meer bevind die Zuma-familie het persoonlik gebaat met miljoene rand deur die Nkandla-projek. Madonsela het vanoggend in die RSG ateljee g...
Oekraïne betaal prys vir strewe 04.03.2014 2:56
Oekraïne betaal nou die prys vir sy strewe om deel te word van die groep Westerse lande. Dit is die mening van 'n onafhanklike politieke ontleder in die Euro-Asiese land, Georgië, Jumber Maruasvhili. Georgië was so kort gelede as 2008 in 'n soortgelyke stryd gewikkel met Rusland, nadat hy verklaar het dat hy wil aansluit by die Europese unie. Maruashvili sê die optrede van die Russiese Federasie i...
Goeie nuus vir Transnet-pensioenarisse 28.02.2014 2:44
Daar is goeie nuus vir Transnet-pensioenarisse wat hulle hoop gevestig het op 'n klasaksie deur die Vryheidsfront Plus, om jare se verlore pensioengeld terug te kry. 'n Parlementslid van die party, advokaat Anton Alberts, sê daar behoort binnekort uitspraak te wees oor of die saak as 'n klas-aksie aangehoor kan word.
Pas op vir bosluiskoors 27.01.2014 2:57
Nie alle bosluise dra gevaarlike virusse aan die mens oor nie, maar mense moet veral nou baie versigtig wees. Dis is die mening van 'n dierkundige verbonde aan Kruvet Dieregesonheid, Pierre van Niekerk. Dit volg na die dood van die veertigjarige Madrè Brand van Schweizer-Reneke in Noordwes. Sy is vroeg in Januarie deur 'n bosluis gebyt, waarna komplikasies ingetree het. In nog 'n geval word 'n vro...
ANC steun in 3 provinsies onder 50% 15.01.2014 3:27
Die ANC se steun staan in drie provinsies op minder as 50%, enkele maaande voor die nasionale verkiesing. Navorsing deur Ipsos toon dat Gauteng, die Wes-Kaap en die Noord-Kaap die provinsies is om dop te hou. 'n Direkteur van die maatskappy en politieke ontleder, Mari Harris, sê dit beteken Suid-Afrika stuur af op een van die interessantste verkiesings nog.
Spookstories 15.01.2014 3:49
Spookstories, een van die hoekstene van Afrikaanse kultuur, is die afgelope jare besig om stil-stil sy plek in die land se geskiedenis te verloor. Die moderne wêreld en die tegnologie waaroor hy beskik, het tot gevolg dat spookstories nie meer die impak van vroeër jare op mense het nie.
Oorsese toeriste skrikkerig vir Mala Mala 15.01.2014 2:19
Die oorsese toerismebedryf is in rep en roer oor die omstrede Mala Mala-grondeis wat 'n miljard Rand in die sak van die eienaar Michael Rattray besorg het. Volgens Tanya Kotze van Africa Direct wat spesialiseer in oorsese toeriste, stel die bedryf baie vrae en het die onsekerheid oor die reservaat se toekoms reeds 'n invloed op besprekings in Amerika vir die gewilde Suid-Afrikaanse toerismebestemm...
Toename in bosluiskoors 14.01.2014 2:43
'n Dierkundige van Kruvet Dieregesondheid, Pierre van Niekerk, sê hy het verlede jaar baie meer gevalle van bosluiskoors onder troeteldiere en vee op plase behandel as voorheen. Hy sê dit kan moontlik toegeskryf word aan die weerstoestande en selfs munisipale stakings.
Opgewondenheid oor nuwe hop vir bier 14.01.2014 5:42
Daar heers opgewondenheid in Suid-Afrika se groeiende handgemaakte bierbedryf oor 'n nuwe hop wat SAB op sy hop-plase naby George ontwikkel het. Hop is die vroulike blomme van die humulus lupulus rankplant en is die belangrikste bestandeel in bier. Dit gee aan die drankie 'n bitter smaak en geur. Suid-Afrika was tot dusver nie bekend as 'n vervaardiger van smaakvolle hop nie. Die wêreld se gewilde...
Die Suidlanders en die Nag van die Lang Messe 11.12.2013 3:08
Die Suidlanders beskou die volgende vyf maande na oudpresident Nelson Mandela se afsterwe, as 'n tydperk van risiko. Izak du Plessis het die leier van die groep, Gustav Muller, gevra wat presies die Nag van die Lang Messe is wat aan die groep verbind word.
Pornografieverslawing 25.11.2013 3:14
Verslawing aan pornografie is volgens berigte besig om toe te neem en verslaafdes spandeer tot miljo…
Seldsame wkiskey in SA 05.11.2013 2:04
'n Handjievol Suid-Afrikaners sal die komende week die geleentheid kry om 'n 40-jaar oue Bunnahabhai…
Vrou vertel van aanval 22.10.2013 3:00
Drie mans het vandag vlugtig in die hof op Hymeville in KwaZulu-Natal verskyn ná die aanval op 'n eg…
SA boere in Georgië lewer goeie bydrae tot land se BBP 17.10.2013 3:39
Die Suid-Afrikaners wat in Georgië boer, lewer so 'n groot bydra tot die groei in die land se bruto …
Dokter ongelukkig met mediese fondse 15.10.2013 2:39
'n Oor, neus en keelspesialis maak sy stem dik oor mediese fondse wat, volgens hom, wins maak ten ko…
Atleet van rotslysie gered 15.10.2013 2:58
'n Atleet van Centurion, Bennie Roux, wat Saterdag van 'n rotslysie af gered moes word, beplan om sy…
Kommer oor afleggings 15.10.2013 1:57
Die Suid Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê hy is bekommerd oor maatskappye se groot aa…
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos