RSG

Spektrum

News AF ↓ 2534 episódios

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

5 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Narre voer skrikbewind 29.10.2014

'n Groep bose, gewapende narre wat mense terroriseer. Dit klink soos iets uit 'n riller, maar dis wat in Frankryk aan die gebeur is. Die Franse polisie het al verskeie jongmense in hegtenis geneem wat 'n skrikbewind, geklee in narpakke, voer.

Onsteltenis oor argument in kinderverkragtesaak - 1 28.10.2014

Kinderregte-aktiviste is woedend oor wat aangevoer is ter strafversagting van 'n veroordeelde kinderverkragter. Die verkragter, Mathys van Zyl, se regsverteenwoordiger het in die Palm Ridge Landdroshof in Johannesburg gesê die verkragting van 'n driejarige dogtertjie is nie so ernstig nie, omdat dit met 'n volwasse man se vinger, en nie sy penis gedoen is nie.

Onsteltenis oor argument in kinderverkragtesaak - 2 28.10.2014

Mathys van Zyl is vroeër vandag gevonnis tot 20 jaar tronkstraf vir die verkragting van 'n driejarige kind. Sy regsverteenwoordiger, Jesse Penton, sê hy het nooit die ernstige aard van die misdaad ontken nie, maar dit is sy plig om in die belang van sy klient op te tree...

Russe en kernenergie in SA 24.10.2014

Die noodsaaklikheid van 'n kernkragprogram moet eers behoorlik deurgetrap word voor onderhandelinge met moontlike verskaffers. So sê die DA se skaduminister van energie, Lance Greyling. Dit volg op berigte dat die regering samesprekings met die Russe hieroor voer.

Nuwe denkwyse oor rekeningkunde 24.10.2014

'n Nuwe denkwyse is besig om pos te vat in die wêreld van rekeningkunde. Baie mense krap kop as hulle met syfers en finansies moet werk. Nicolaas van Wyk van die Suider Afrikaanse Instituut vir besigheidsrekenmeesters sê egter mense sal rekeningkunde beter verstaan as hulle dit op 'n kreatiewe manier benader as 'n taal, en dit beskryf met kleure.

Hlaudi moet geskors word, sê hof 24.10.2014

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het beslis dat die SAUK se operasionele hoof, Hlaudi Motsoaneng, geskors moet word. Volgens regter Ashton Scheepers moet 'n klagstaat binne twee weke aan Motsoaneng oorhandig word. Die DA het die SAUK hof toe gevat oor sy permanente aanstelling nadat die openbare beskermer bevind het dat Motsoaneng gedissiplineer moet word omdat hy gejok het oor sy matriekkwalifikasie.

Cosatu vs Numsa 24.10.2014

Verskille oor steun aan president Jacob Zuma is moontlik onderliggend aan die troebel verhouding tussen Cosatu en Numsa. Dit blyk uit 'n onderhoud met die sekretaris-generaal van Cosatu, Zwelinzima Vavi. Volgens Vavi is sy mening oor die saak nie oral ewe gewild nie, maar hy was bereid om toe te gee dat daar uiteenlopende menings hieroor in Cosatu is.

Artistieke vryheid vs haatspraak 15.10.2014

Hoe ver strek artistieke vryheid voordat dit as haatspraak geklassifiseer word? Dit is die vraag op talle se lippe met die bekendstelling van 'n nuwe liedjie en musiekvideo deur die Kaapse kletsrymgroep, Dookoom.

Nabydood-ervarings 14.10.2014

Dit is belangrik om die oorsprong van nabydoodervarings vas te stel. So sê 'n navorser aan Unisa, prof. Pieter Craffert. Dit volg op 'n studie van dr. Sam Parnia aan die Universiteit van Southampton. Parnia en sy span het volgens die tydskrif, Rescusitation, bepaal dat die mens nog 'n mate van bewussyn behou nadat hy breindood is. Volgens Craffert is dit onwetenskaplik om mense se ervarings bloot...

Drie US-studente nie vervolg 30.09.2014

Drie studente aan die Universiteit van Stellenbosch het onderneem om deel te neem aan versoenende gesprekke om verhoudings te herstel. Dit volg nadat die universiteitsbestuur besluit het om nie dissiplinêr teen hulle op te tree nie nadat hulle hulle gesigte swart geverf het vir 'n partytjie.

Nigerië kerkramp - 2 17.09.2014

Talle Suid-Afrikaners wat in Lagos in Nigerië was toe 'n gebou by die All Nations-kerk ineengestort het en die voorval oorleef het, is stadig besig om terug te keer huis toe. Van die mense het reeds begin vertel wat hulle verlede Vrydag beleef het...

Nigerië kerkramp - 3 17.09.2014

Talle Suid-Afrikaners, waaronder bekendes, het die afgelope dekade besoek afgelê by die bekende All Nations-kerk in Lagos, Nigerië. Talle van die mense het oor die jare teruggekeer en aangekondig dat hulle byvoorbeeld genees is van kanker, net om later daaraan te sterf. Een van die bekendste gevalle is die van die rugbyspeler, Jaco van der Westhuysen, wie se kniebesering glo heeltemal deur die sog...

Nigerië kerkramp - 1 17.09.2014

Dis steeds onduidelik presies hoeveel Suid-Afrikaners Vrydag gesterf het toe 'n kerkgebou in Lagos in Nigerië ineengestort het. Volgens president Jacob Zuma het 67 Suid-Afrikaners hulle lewens in die voorval verloor, maar dit lyk nou of die syfer dalk burgers van ander lande insluit.

Oscar-uitspraak se impak op vuurwapenbesit 16.09.2014

Dit lyk of regter Thokozile Masipa se uitspraak in die Oscar Pistorius-moordverhoor moontlik 'n negatiewe impak sal hê op die toekoms van vuurwapenbesit in die land. Dit is omdat Masipa onder meer die bevoegdheidstoets om 'n wapen te besit en die impak daarvan op 'n strafregsaak, verwerp het.

Grabouw-betogings 16.09.2014

Dertien mense is in Grabouw in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat winkels tydens betogings in die gebied geplunder is. Volgens die polisie het betogers na bewering ook probeer om 'n supermark te beroof. Alle skole op die dorp en die N2 is gesluit weens die voortgesette protesoptrede die afgelope 24 uur. Inwoners eis beter dienslewering en behuising.

Afriforum gee R2-miljoen vir skolegodsdienshofsaak 15.09.2014

Die burgerregte-organisasie Afriforum het R2-miljoen rand geskenk om te help met die regskoste van ses skole wat die organisasie vir Godsdienste-onderrig en Demokrasie (OGOD) se hofaansoek om godsdiens uit te skole te hou, wil teenstaan. Afrifirum se uitvoerende hoof Kallie Kriel sê OGOD se optrede en sienswyse is in stryd met dit waaroor hulle in die eerste plek hof toe wil gaan.

Prostaatmaand 04.09.2014

Een uit ses mans sal prostaatkanker kry, en die kanker by mans is net so algemeen soos borskanker by vroue. Vandeesmaand is prostaatkanker-bewusmakingsmaand. 'n Direkteur van die Prostaatkankerstigting en afgetrede onkoloog, dr. Georges de Meulenare, sê mans moet liefs vroeër as later by die dokter 'n ondersoek ondergaan.

Nog 'n joernalis onthoof 03.09.2014

Nog 'n video wat wys hoe 'n tweede Amerikaanse joernalis deur die Islamitiese staat onthoof word, doen die rondte. Terwyl huldeblyke instroom vir Steven Sotloff het die Amerikaanse owerheid bevestig dat die video eg is. Die vraag is nou: Wat kan Amerika doen om sy burgers teen IS te beskerm, en diegene wat reeds gyselaars is, te red?

Klag teen departement oor lakse optrede teen renosterstropery 03.09.2014

Verskeie rolspelers in Suid-Afrika meen die Departement van Omgewingsake doen nie alles in sy vermoeë om renosterstropery hok te slaan nie. Die owerhede word ook vasgevang in politieke rompslomp, en daar is te veel geheimhouding oor presies wat aan die gang is rakende die stryd teen renosterstropery. 'n Plaaslike prokureur wat ook geregistreer is om in die VSA tw werk, Christopher Bean, het 'n kla...

Politieke partye sê regering doen nie genoeg teen renosterstropery 03.09.2014

Sewehonderdsesendertig renosters is tot op hede in Suid-Afrika gestroop vir hulle horings. Die DA sê hy stem saam dat die regering nie behoorlike verantwoordelikheid hiervoor neem nie. Die VF+ sê hy verwag ook dat die regering meer doelgerig moet optree om stropery stop te sit. Die leier van die party, dr. Pieter Mulder, sê hy stem saam dat Suid-Afrika met hakkejag-operasies in Mosambiek en ander...

Sanparke sê hulle het geen geheime 03.09.2014

'n Raadslid van die SANPARKE-raad, dr. Gert Dry, sê hulle het verneem van die klagte wat teen die departement en SANPARKE gelê is by die Openbare Beskermer. Hy sê hulle sal self al die klagtes ondersoek en dan terugvoer gee. Hy het egter gesê dat baie mense die oplossing tot renosterstropery oorvereenvoudig, terwyl dit in die praktyk heeltemal anders werk. Hy het weer gesê dat daar geen versteekte...

Ollie Viljoen sterf 01.09.2014

'n Vriend, 'n briljante musikant, 'n dierbare mens en 'n storieverteller en 'n man van vele talente. So word Ollie Viljoen beskryf deur ander kunstenaars en mense wat naby aan hom geleef het. Hy is gisteroggend in die ouderdom van 75 jaar oorlede.

Navorsing om voortbestaan van mens en olifant te verseker 26.08.2014

Die drankvervaardiger Distell, deur middel van die Amarula Trust, het pas begin met 'n nuwe navorsingsprojek oor maniere hoe die mense en olifante saam kan voortbestaan. Die navorsing oor die Afrika-olifant sal in samewerking met die Universiteit van KwaZulu-Natal in Botswana gedoen word. Die bemarkingsbestuurder van die BLNS lande vir Distell, Hardi Basson, sê verskeie olifante sal halsbande met...

Bekamping van renosterstropery onvoldoende 15.08.2014

Die DA se skaduminister van omgewingsake, Terri Stander, sê sy ruik 'n rot wat die bekamping van renosterstropery betref. Stander sê sekere prosesse, wat sal help met die bekamping van renosterstropery, word eenvoudig nie geïmplementeer nie. Die DA het die Openbare Beskermer genader om ondersoek in te stel.

DA vra OB-ondersoek na renosterplanne 15.08.2014

Die DA se skaduminister van omgewingsake, Terri Stander, sê sy ruik 'n rot wat die bekamping van renosterstropery betref. Sy sê sekere prosesse, wat sal help met die bekamping van stropery, word eenvoudig nie geïmplementeer nie en daarom is die Obenbare Beskermer deur die DA genader om ondersoek in te stel.

Ouça o podcast Spektrum no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos