RSG

Spektrum

News AF ↓ 2532 episódios

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

1 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Spektrum 24.07.2019

Veldwagters in die Nasionale Kruger Wildtuin het 'n soektog begin na 'n hond van die teen stropery eenheid wat tydens 'n teenstropery operasie in die wildtuin verlore geraak het. Boodskappe is oral op sosiale media versprei met die hoop dat die bloedhond, genaamd Duke, weer lewendig gevind word. Ike Phaahla woordvoerder van Sanparke sê Duke het verlore geraak terwyl 'n groep stropers vasgetrek is.

Spektrum 22.07.2019

Suid-Afrika is op die randjie om die oorlog teen renosterstropery te verloor. Dit is die mening van Lente Roode, die eienaar van die Hoedspruit Bedreigde Spesies sentrum. Roode het met Spektrum gepraat oor die vrylating van twee renosters, Gertjie en Matimba, wat wees gelaat is sewe jaar terug toe hulle ma's vir hulle horings gestroop is. Roode sê dit was 'n moeilike besluit om die diere weer in d...

Spektrum 22.07.2019

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sê sy sal die Konstitusionele Hofbeslissing teen haar bestudeer voordat sy volledig daarop reageer. Die Hooggeregshof in Pretoria het vroeër haar verslag oor die Reserwebank en Absa ter syde gestel en haar persoonlik aanspreeklik gehou vir die regskostes. Sy het teen die beslissing geappelleer, maar die Konstitusionele Hof het die hooggeregshof se beslis...

Spektrum 19.07.2019

Die Distrik Ses-werkskomitee het duisende handtekeninge ingesamel in hulle poging om Keizergrachtstraat in Zonnebloem terug na Hanoverstraat te verander. Die voorsitter van die komitee, Shahied Ajam, sê hulle is opgewonde by die vooruitsig en verduidelik dat Hanoverstraat 'n spesiale betekenis het onder mense van die Ses. Annelene Moses berig.

Spektrum 19.07.2019

Die vakverbond Fedusa en die United National Transport Union, kortweg UNTU, vra dat president Cyril Ramaphosa die weermag moet ontplooi om die land se spoorinfrastruktuur te beskerm. Fedusa en UNTU hou volgende Vrydag 'n landwye protesakie, om Metrorail se treindienste tot 'n stilstand te bring. UNTU se woordvoerder, Sonja Carstens, sê hulle wil ook hê die president moet die passasierspoordiens as...

Spektrum 19.07.2019

Die gemeenskap van Platfontein in die Noord-Kaap is ongelukkig oor gesondheidsdienste, en versoek dat daar 'n ambulans by die kliniek moet wees, om in 'n noodgeval te help. Hulle kla ook dat die kliniek vroeër op werksdae sluit. Die meeste van die mense op Platfontein is werkloos en maak staat op staattoelaes. Die !Xun en Khwe gemeenskap sê hoewel Kimberley net 15 kilometer ver is, kan die meeste...

Spektrum 19.07.2019

Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie het 'n plasing op sosiale media, wat mense vra om twee jong seuns wat in 'n kinderhuis is, in hulle sorg te neem, veroordeel. Marieta Kemp van die SAVF sê nie net is dit teen die wet om kinders so bloot te stel nie, maar ook onsensitief om kinders soos troeteldiere te probeer weggee.

Spektrum 18.07.2019

Die gemeenskap van Centurion, het hande geneem met die nie-regeringsorganisasie FRESH en besighede in die gebied om vir hulle 67 minute vir Mandela Dag die Hennopsrivier skoonmaak projek verder te voer. Sowat 200 mense sal vandag 'n groot gedeelte in en om die rivier in Centurion skoonmaak. Maar hoe help die skoonmaak van die rivier jou medemens? Anton Bailey van BluSwirl verduidelik dat daar plas...

Spektrum 18.07.2019

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is op die rand van 'n ineenstorting weens sy benarde finansiele posisie. Dit was die boodskap van die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula tydens haar begrotingsrede in die parlement. Die militere kenner, Helmut Romer Heitman sê sy is doodreg met haar opsomming en die ergste van alles is, dat haar departement lankal reeds waarsku oor die toedrag v...

Spektrum 16.07.2019

Die klag van rampokkery teen oudgeneraal Johan Booysen, word teruggetrek, sewe jaar nadat 24 lede van die Valke in Durban gearresteer is. Dit volg na die direkteur van die nasionale vervolgingsgesag, Shamila Batohi, besluit het om nie verder in die saak te vervolg nie. Intussen sluit Booysen 'n stryd van sewe jaar af waarin hy en sy familie soms erg getraumatiseer is. Sy vrou, Letitia, wat meestal...

Spektrum 12.07.2019

Die DA verwelkom die ontplooiing van die Weermag op die Kaapse Vlakte, maar wil weet wat die riglyne hiervoor is. Die DA skaduminister van polisie, Andrew Whitfield sê die parlement moet ingelig word oor die doel van die ontplooiing.

Spektrum 12.07.2019

Gemeenskapspolisiëringsforums in Mitchells Plain verwelkom op sy beurt die weermag se ontplooiing. Die voorsitter, Lucinda Evans, sê hulle gebede is beantwoord.

Spektrum 12.07.2019

Die EFF sê die ontplooiing van die weermag op die Kaapse Vlakte is nie 'n langtermynoplossing nie. 'n Lid van die EFF se sentrale uitvoerende komitee asook LP, Nazier Paulsen, sê dit kan vrede na die geweldgeteisterde gemeenskappe bring. Paulsen maan egter dat dit van korte duur sal wees, indien sosio-ekonomiese omstandighede nie verbeter nie.

Spektrum 12.07.2019

Die minister van grondhervorming, Thoko Didiza, beoog om 'n platform en riglyne te skep, om grondhervorming en toekomstige ontwikkeling in Distrik Ses in Kaapstad te bespoedig. Didiza het die week met leiers en grondeisers van die Distrik Ses-gemeenskap vergader. Die voorsitter van die Distrik Ses-werkskomitee, Shahied Ajam, sê die minister en grondeisers wag vir die hofuitspraak oor die grondherv...

Spektrum 09.07.2019

'n Video, van 'n ontstelde jong vrou wie se bloed by die Douglasdale polisiestasie in Johannesburg getrek moet word, ontlok wye reaksie op verskeie sosiale media platforms. Die jong vroue-bestuurder word deur polisiebeamptes op 'n tafel vasgedruk terwyl hulle haar arm stilhou om haar bloed te trek en haar alkoholvlakke te toets. Die voorval het verskeie Twitter-gebruikers tot so 'n mate ontstel, d...

Spektrum 09.07.2019

Transnet en Transnet-pensioenarisse het 'n skikking bereik oor die verhoging van pensioene. Die pensioenarisse se maandelikse pensioen, sal oor die volgende drie jaar met onderskeidelik dertien, nege en ses persent verhoog word. Advokaat Anton Alberts van die Vryheidsfront plus sê die regsspan beoog om die finale skikking binne die volgende maand af te handel....

Spektrum 08.07.2019

Daar is 'n volksmoord besig om plaas te vind in Phillipi sê die Wes-Kaapse Minister van Gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz. Dit volg na die skietdood van 13 mense in wat Fritz beskryf as bende geweld die afgelope naweek. Fritz sê verder hy verwag dat die dodetal sal styg omdat hulle nog wag vir statistieke van die lykshuise wag. Fritz sê ook verder dat die polisie nie hond haar af maak van die ge...

Spektrum 08.07.2019

Intussen dreig die Wes-Kaapse Gemeenskapspolisiëringsforum om die komende naweek se misdaadberaad te boikot, indien daar nie gehoor gegee word aan hulle eise nie. Die forum eis 'n dringende vergadering môre met onder andere die Minister van Polisie, Bheki Cele en die Wes-Kaapse minister vir Gemeenskapsveiligheid Albert Fritz. Die waarnemende voorsitter van die forum, Fransina Lukas, sê hulle is oo...

Spektrum 08.07.2019

Die hoof van staatsprotokol, Jerry Matjila, het vanoggend voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping in Johannesburg begin getuig. Izak du Plessis berig.

Spektrum 03.07.2019

'n Video van 'n gesin wat 'n noue ontkoming met 'n olifantbul langs die Nasionale Kruger Wildtuin gehad het, het soos 'n veldbrand op sosiale media versprei. Die olifant se slurp was op die voertuig se enjinkap en die spanning kon met 'n mes gesny word. Na 'n skietgebed deur een van die kinders, kan gesien word hoe die olifant wegloop. SANPARKE waarsku egter dat voorvalle soos die lewensgevaarlik...

Spektrum 03.07.2019

Die bevindinge van die 2018 Internasionale Onderwys en Opleiding Opname, TALIS, het NOG die minister van basiese onderwys, NOG die vakbonde verbaas. Altesaam 48 lande het aan die opname deelgeneem, en Suid-Afrika was die enigste Afrika-land. Luidens bevindinge het slegs een uit vyf onderwysers 'n graad. Gebrekkige infrastruktuur en sekuriteitsprobleme, word ook lank reeds deur die vakbonde uitgeli...

Spektrum 03.07.2019

Die Waarnemende Navorsingsdirekteur van Onderwys en Menseregte in Diversiteit, verbonde aan die Noordwes Universiteit, Elda de Waal sê beide die vakbonde en die departement van onderwys is laks.

Spektrum 20.06.2019

Die ANC gaan Maandag in Johannesburg 'n lastersaak teen die sanger, Steve Hofmeyer, open. Die party beskuldig hom daarvan dat hy doodsdreigemente gemaak het teen die DA se L.U.R. Phumzile van Damme, en die land se ambassadeur in Denemarke, Zindzi Mandela. Van Damme het intuSsen aangedui dat sy ook regstappe oorweeg, wat sy na die staatsrede sal hanteer. Hofmeyr se Tweet is in reaksie op rasse-opme...

Spektrum 18.06.2019

Elke jaar ondersteun RSG die Winterhoop projek. Winterhoop is 'n nie-winsgewende instansie komberse, wolmussies, klere, nie-bederfbare kos en selfs skuiling aan mense op straat verskaf. Die besturende direkteur van die Torings van Hoop-trust in Bloemfontein, De La Harpe Le Roux het aan Annelene Moses gesê die veldtog doen sy naam gestand...

Spektrum 18.06.2019

Facebook gaan vandag 'n kripto-geldeenheid bekendstel, wat reeds na bewering ondersteun word deur die maatskappye Mastercard en Visa. Daar's nog nie veel oor die eenheid wat aan minstens 2,4 miljard gebruikers beskikbaar gaan wees, bekend nie. Die Efficient-groep se hoof-ekonoom, Dawie Roodt, het aan Marlinee Fouche gesê dit kan bankwese fundamenteel verander.

Ouça o podcast Spektrum no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos