RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Die storie van Emily 27.10.2026 7:01
Regisseur Nico Scheepers vertel van die nuwe toneelstuk, Die storie van Emily, as deel van die Emily Hobhouse 100-vieringe in Bloemfontein.
Johannesburg Filharmonies se 2026-lenteseisoen 27.10.2026 8:11
Terrance April gesels met Magdalena de Vries, ’n perkussiespeler, oor die Johannesburg Filharmoniese Orkes se lenteseisoen wat op 29 Oktober by die Linder Ouditorium begin.
La Motte se Somer Klassieke Musiekreeks 27.10.2026 6:23
Hugo Theart gesels oor La Motte se Somer Klassieke Musiekreeks. Hugo is die artistieke program koördineerder.
Illustreerder Martinus van Tee 27.10.2026 8:10
Tydens 2026 se Woordfees was Christelle Webb-Joubert deel van twee gesprekke by die RSG en ATKV Vierkant. By een van die gesprekke het sy met die illustreerder Martinus van Tee gesels. Hy vertel warmee hy alles besig is.
Botaniese Kunsuitstaling by Woordfees 27.10.2026 18:19
Christelle Webb-Joubert stap deur ‘n uistallng by die Stellenbosch Botaniese Tuine. Sy gesels met Martine Robinson, Celeste de Kock, Annette Faul en NT Moolman.
First Date: The Musical Comedy 20.10.2026 5:00
First Date: The Musical Comedy is vir die eerste keer te sien in Suid-Afrika. Die aktrise Kirsten Pienaar vertel waaroor dit gaan.
Johannesburg Simfoniekoor sing Vivaldi se GLORIA 20.10.2026 7:48
Die Simfoniekoor van Johannesburg voer op 25 Oktober 2026 Vivaldi se GLORIA op as een van die werke tydens 'n konsert in die Linder Ouditorium. Terrance April gesels met Debbie Kruger, organiseerder van die koor.
Vivaldi in Dance 20.10.2026 7:44
Figure of 8 is een van Suid-Afrika se voorste kontemporêre dansgeselskappe. Hulle voer binnekort 'n produksie op met die titel, VIVALDI IN DANCE. Terrance April gesels met die geselskapsbestuurder Marie Vogts.
Werkswinkel vir dirigente 20.10.2026 9:15
`n Besonderse werkswinkel vir dirigente word aangebied by die Odeion Skool vir Musiek. Marius Coetzee, verantwoordelik vir innovasie en ontwikkeling, vertel meer.
Hairspray by die Centurionteater 20.10.2026 14:42
Christelle Webb-Joubert het gaan inloer by een van die musiekspel, Hairspray, se repetisies by die Centurionteater.
RSG Kuns: Woordfees 2026 13.10.2026 49:57
13 Oktober 2026: Christelle Webb-Joubert deel haar belewenis van die 2026 Stellenbosch Woordfees. Sy gesels met van die pendeldiensbestuurders, ‘n venuebestuurder en feesgangers. Sy stap ook deur die strate van Stellenbosch en ontdek van die openbare kuns.
Cintaine Schutte se eerste regie 06.10.2026 13:09
Die aktrise Cintaine Schutte is vir die eerste keer ‘n regisseur. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert van die toneelstuk, ‘n Middel.
Juandré van Eck: Die vallei van Adem 06.10.2026 11:46
Juandré van Eck is die wenner van die Sasol Nuwe Handtekeninge Kunskompetisie 2025. Hy gesels oor sy solo-uitstalling, Die vallei van Adem, by die Pretoria Kunsmuseum.
Sasol Nuwe Handtekeninge 2026 06.10.2026 21:29
Christelle Webb-Joubert was by die opening van die Sasol Nuwe Handtekeninge Kunskompetisie 2026 se uitstalling. Sy gesels met die wenner, Sphumelele Zondi, Cate Terblanche, Sasol se kurator en een van die beoordelaars, en met Hannelie du Plessis, kurator van die Pretoria Kunsmuseum.
Alan Committie in An Iliad 29.09.2026 7:10
Alan Committie is te sien by die Woorfees in, An Iliad. Hy vertel waaroor dit gaan.
An Italian Songbook by Woordfees 29.09.2026 6:12
Een van die klassieke musiekproduksies by die Woordfees is An Italian Songbook. Willem Vogel van Salon Musiek gesels oor die konsert.
Pierre Breytenbach in Algemene Kennis 29.09.2026 4:46
Pierre Breytenbach gesels oor die toneelstuk, Algemene Kennis, wat debuteer by Aardklop.
Daneel van der Walt in twee produksies by Woordfees 29.09.2026 11:14
Daneel van der Walt gesels oor die produksies, ge-gebergtes en Grootmeisie, beide te sien by die 2026 Woordfees in Stellenbosch.
Wat Om Te Doen As Die Wêreld Brand 29.09.2026 6:40
Wat Om Te Doen As Die Wêreld Brand is `n kabaret geskryf deur Bibi Slippers. Elzabé Zietsman is op die verhoog, en sy vertel waaroor dit gaan.
Akademia se eerste musiekspel 29.09.2026 9:22
Die studente van Akademia bied hulle heel eerste musiekspel aan. Christelle Webb-Joubert gesels met Jacomien de Wet van Inhoud Huis Musiek oor Daai Klein Dorpiegevoel.
HOFMEYRS IN KONSERT: Van liefde en die nag 22.09.2026 9:07
Die komponis prof. Hendrik Hofmeyr en musikant Laurinda Hofmeyr vertel vir Christelle Webb-Joubert van hulle Hofmeyr Konsert, waarin nog twee Hofmeyrs te sien is.
KRAPP SE LAASTE BAND by Woordfees 22.09.2026 9:22
Samuel Beckett se KRAPP SE LAASTE BAND debuteer by die Stellenbosch Woordfees. Stefan Benade is die vertaler en regisseur. Terrance April het met hom gesels.
Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene 22.09.2026 9:44
Christelle Webb-Joubert gesels met die aktrise Mienke Ehlers oor die toneelstuk, Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene.
TWIT SE AVONTURE by Aardklop 22.09.2026 4:47
Die aktrise en skrywer Chrizaan Raath gesels oor TWIT SE AVONTURE. Dit is drie kinderproduksies wat spesiaal geskep is vir die Aardklop Kunstefees.
Deon Meyer se Skanse by Woordfees 22.09.2026 11:26
Dramaturg en regisseur Deon Opperman vertel van sy nuwe toneelstuk, Skanse, wat by die Stellenbosch Woordfees debuteer.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos