Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 Gesprekke

Arts AF ↓ 216 episódios

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.kosmos.com.na

Autor

Kosmos 94.1

Categoria

Arts

Site do podcast

www.kosmos.com.na

Último episódio

23 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Namibië se mediumtermyn-begrotingsoorsig – Romé Mostert van Cirrus Capital 23.10.2026

Wat beteken Namibië se mediumtermyn-begrotingsoorsig vir die land se ekonomie en jou sak? Jomare Duddy gesels met Romé Mostert van Cirrus Capital oor die mediumtermyn-begrotingsoorsig wat op 22 Oktober 2026 in die parlement ter tafel gelê is. Hulle ontleed die belangrikste aankondigings, staatsbesteding, die land se finansiële posisie en wat die begroting vir gewone Namibiërs en die ekonomiese voo...

NamRA se belastingamnestie: Wat jy moet weet voor 31 Oktober | Aune Shikongo 22.10.2026

Die sperdatum vir NamRA se belastingamnestieprogram is 31 Oktober 2026, maar wat beteken dit vir belastingbetalers wat nog uitstaande opgawes of belastingskuld het? Kosmos 94.1 gesels met Aune Shikongo, NamRA se Bestuurder vir die Sentrale Streek: Registrasie, Belastingbetalersdienste en Skuldbestuur, oor wie vir die program kwalifiseer, hoe die ITAS-stelsel werk en onder watter voorwaardes boetes...

Jou liggaam, jou kosbaarste huis | A.Vogel Multiforce 21.10.2026

Jy woon in die duurste huis wat jy ooit sal besit: jou liggaam. Maar hoe goed versorg jy die triljoene inwoners wat daarin woon? In vandag se gesprek oor A.Vogel Multiforce gesels ons oor dié treffende vraag en die aandag wat jy aan jou liggaam gee. Multiforce is by apteke landswyd beskikbaar. Besoek www.avogel.co.za of stuur ’n e-pos na info@livingnaturally.co.za vir meer inligting.

NASCAM Music Licensing Fees Explained – Ferdinand Gertze 21.10.2026

NASCAM's music licensing fees have sparked frustration among Namibian business owners, with many questioning how tariffs are calculated, why additional licences are required, and where the collected money goes. Kosmos 94.1's Laimi speaks to Ferdinand Gertze, Acting Chief Executive Officer and Acting Vice Chairperson of the Namibian Society of Composers and Authors of Music (NASCAM), about the lega...

Sanet Prinsloo: ’n Gesellige viering van Internasionale Sjefdag 20.10.2026

Die bekende Namibiese sjef Sanet Prinsloo kuier saam met Jean-Louis en Laimi op Kosmos 94.1 ter viering van Internasionale Sjefdag. Met haar aansteeklike gees en liefde vir kos gesels ons oor die vreugde van kook en vanjaar se tema, “Food Explorers” — die ontdekking van bestanddele en die storie agter die kos op jou bord. Luister saam na ’n smaaklike gesprek vol persoonlikheid!

Foot-and-Mouth Disease: Romeo Muyunda Explains the New Meat Directives 20.10.2026

What do Namibia’s new meat directives mean for your next shopping trip, your farm or a family gathering? Ministry of Agriculture spokesperson Romeo Muyunda joins Kosmos 94.1 to unpack the restrictions following the foot-and-mouth disease outbreaks. We discuss meat sales, butchery supplies, transport requirements and documentation, with a focus on the //Kharas Region and other areas south of the Re...

Dr. Richard Kamwi onthou Penehupifo Pohamba 19.10.2026

Laimi gesels met die voormalige minister van gesondheid, dr. Richard Kamwi, oor die afsterwe van Namibië se voormalige eerste dame, Penehupifo Pohamba. Die gesprek bring hulde aan haar lewe en nalatenskap, met besondere fokus op haar bydrae tot gesondheidsorg en haar omgee vir kwesbare gemeenskappe.

Bek-en-klouseer: Wallie Roux oor vleispryse, werkgeleenthede en die pad vorentoe 16.10.2026

Hoe raak die bek-en-klouseer-beperkings gewone Namibiërs? Landbou-ontleder Wallie Roux gesels met Kosmos 94.1 oor die druk op die vleisbedryf – van kleinboere en slagpale tot slaghuise, restaurante en kapana-verkopers. Ons bespreek stygende vleispryse, moontlike afdankings en die gevolge vir jou beursie, asook wat nodig is om die bedryf te help herstel.

Jean-Louis gesels met Hendrik Dames oor die FMD Support Fund 30.09.2026

Jean-Louis gesels met Hendrik Dames, bemarkingsbestuurder van Feedmaster en onafhanklike kundige raadslid op die FMD Support Fund. Wat presies is die FMD Support Fund? Is dit ’n regeringsfonds, wat is die doel daarvan, en waarom is dit belangrik dat ondernemings en die publiek betrokke raak? Hendrik verduidelik hoe Namibiërs kan bydra tot die stryd teen bek-en-klouseer en ondersteuning bied aan di...

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Irma’s Rescue Reeks 30.09.2026

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Irma’s Blues Rescue en Irma’s Heartbreak Rescue, en hoe emosionele gesondheid ’n belangrike rol in ons algehele welstand speel. Die Irma’s Rescue Reeks is ontwerp om ondersteuning te bied tydens moeilike, emosionele en hartseer tye in die lewe. Die Irma’s Rescue Reeks is beskikbaar by apteke. Vir meer inligting, besoek www.irma’s.co.za of stuur ’n e-pos aa...

Bek-en-klouseer: Wat nou vir Namibië se boere en verbruikers? 28.09.2026

Thinus Pretorius, president van die Namibië Landbou Unie, gesels oor die huidige bek-en-klouseer-situasie in Namibië. Wat kan gedoen word om verdere verspreiding te voorkom, wat beteken die beperkings vir boere en vleisuitvoere, en wat moet verbruikers weet oor vleis, melk en moontlike prysstygings? Luister na die volledige gesprek van Die Ene Ore op Kosmos 94.1.

Bek-en-klouseer: Wat kan dit vir Namibië se ekonomie beteken? 25.09.2026

Die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië kan ekonomiese gevolge hê wat veel verder strek as net die landbou- en veebedryf. Beperkings op veebewegings, bemarking, slagting en uitvoere kan druk plaas op produsente, vleispryse, werksgeleenthede en die breër ekonomie. Maar hoe groot kan die impak wees indien die situasie voortduur? En wat kan dit vir Namibië se uitvoere en ekonomiese groei beteken? R...

Maatskaplike Voorsorgvoordele verhoog vanaf 1 Oktober: Wat beteken dit vir jou? 24.09.2026

Goeie nuus vir Namibiese werkers: Sekere voordele van die Maatskaplike Voorsorgkommissie word vanaf 1 Oktober verhoog. Maar wat beteken hierdie veranderinge prakties vir jou? In hierdie gesprek bespreek ons die verhoogde kraam-, siekte-, aftree-, ongeskiktheids- en sterftevoordele. Wie kwalifiseer, hoeveel kan jy ontvang en gaan jou maandelikse bydrae verander? Vandag gesels ons met Ben Nangombe,...

Bek-en-klouseer in Namibië: Wat beteken die uitbreking? 24.09.2026

Jean-Louis Knouwds gesels oor die jongste bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië, nadat die siekte onder beeste op ’n kommersiële plaas in die Karasburg Staatsveeartsenydistrik bevestig is. Wat is bek-en-klouseer presies, hoe versprei die siekte en hoe ernstig is dit? Ons kyk ook na die impak van die uitbreking op boere, die Namibiese veebedryf en die breër publiek, asook wat die landwye opskorting...

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ThreshHold RealMSM 23.09.2026

Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor ThreshHold RealMSM en hoe dit moontlik kan help met alledaagse liggaamspyn en seer gewrigte. Of jy nou ’n atleet is met seer knieë, of iemand wat daagliks met gewrigspyn en pyn in jou liggaam sukkel – ThreshHold kan moontlik ’n rol speel, maar dit is belangrik om dit korrek te gebruik. Luister na die volledige gesprek om meer uit te vind. Vir...

Maak Spore: Megan Gevers oor die Light of Hope-inisiatief 22.09.2026

Elmero Strauss gesels met Megan Gevers, Miss Elite Face of Hope Namibia 2026, oor die Light of Hope-inisiatief. Hulle fokus op die uitreik na kwesbare kinders, ondersteuning aan mense sonder ’n tuiste en die belangrikheid van omgee en diens aan ander. ’n Inspirerende gesprek oor hoop en hoe selfs klein dade ’n groot verskil in iemand se lewe kan maak.

Wêreld-renosterdag: Hou die Vyf Aan die Lewe 22.09.2026

Op Wêreld-renosterdag gesels ons met Simson Uri-Khob, hoofuitvoerende beampte van Save the Rhino Trust, oor vanjaar se tema: “Keep the Five Alive.” Ons kyk na Namibië se sukses met die bewaring van vrylopende swartrenosters, die grootste bedreigings vir ons renosterbevolking, en hoe plaaslike gemeenskappe, veldwagters en moderne tegnologie ’n belangrike rol speel in die beskerming van hierdie ikon...

Nasionale Mondgesondheidsweek: Die belangrikheid van goeie mondgesondheid 18.09.2026

Ter viering van Nasionale Mondgesondheidsweek gesels Laimi met Marceline Robyn oor die belangrikheid van goeie mondgesondheid. Hulle bespreek waarom gereelde tandheelkundige ondersoeke belangrik is, asook praktiese wenke oor hoe om jou tande en glimlag behoorlik te versorg. Goeie mondgesondheid is ’n belangrike deel van jou algemene gesondheid. ’n Bietjie ekstra aandag aan jou tande vandag kan ’n...

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor OXIPROVIN 16.09.2026

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor OXIPROVIN en hoe dit gebruik word as deel van ’n gesonde leefstyl. Hulle bespreek die produk, waarvoor dit gebruik word en waarom dit belangrik is om enige gesondheidsproduk korrek te gebruik. Luister na die volledige gesprek vir meer inligting en praktiese raad.

Johan Hyman - Leerambagsman | Maak Spore 15.09.2026

Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Johan Hyman, ’n man wie se pad gekenmerk word deur entrepreneurskap, vakmanskap en ’n hart om terug te gee. Van sy ondersteuning van Droogtehulp Namibië en weeshuise tot die skep van handgemaakte leerprodukte – dis ’n gesprek oor waardes, kreatiwiteit en die spore wat ’n mens in ander se lewens kan laat.

Walk for Sight | Saamstap vir ’n goeie doel 15.09.2026

Vandag op Gemeenskap Kalender gesels Elmero Strauss met Christelle en Sima oor Walk for Sight, ’n besonderse bewusmakings- en fondsinsamelingsstap wat op 10 Oktober plaasvind. Hulle vertel meer oor waarom hierdie inisiatief so belangrik is, hoe dit ’n verskil maak en hoe die gemeenskap kan saamstap vir ’n goeie doel.

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 15 September 2026 15.09.2026

Mark gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.

September is Selfmoordvoorkomingsmaand: Hoe om die waarskuwingstekens raak te sien 10.09.2026

Jean-Louis gesels met Patrick de Goede, ’n voorstander van geestelike welstand, oor September as Selfmoordvoorkomingsmaand. Hulle bespreek die waarskuwingstekens waarna ons moet oplet, hoe om ’n gesprek met iemand te begin wanneer ons bekommerd is, en waar mense hulp en ondersteuning kan kry.

Elmero gesels met Darryl Beukes oor sy boek "The Reward of Repetition" 09.09.2026

Diep, roerend en ontsettend inspirerend! 🎙️✨ Tydens vandag se Kosmos 94.1 Kuierkonvooi het Elmero agter die mikrofoon ingeskuif vir 'n ongelooflike gesprek met Darryl Beukes oor sy boek, "The Reward of Repetition". 'n Kragtige herinnering dat volhoubaarheid en die regte gewoontes werklik vrugte dra

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die lewer en A.Vogel Boldocynara 09.09.2026

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die belangrike rol wat die lewer in ons algemene gesondheid speel. Dr Vogel het die lewer die reguleerder van menslike gesondheid genoem. In dié gesprek kyk Jean-Louis en Estie na hierdie kosbare orgaan, hoe ons dit kan ondersteun en na A.Vogel Boldocynara, ’n kruietonikum wat die funksie van die lewer en galblaas ondersteun. A.Vogel Boldocynara is sonder...

Ouça o podcast Kosmos 94.1 Gesprekke no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos