Naweekaktueel

RSG

Society AF 1135 episodes

Where to listen?

Listen in your browser Replaio Web Available today
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon - install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Baixe no Google Play

Install now - 5M+ downloads, 4.8 rating

Episodes

Naweekaktueel 11 April 2026 11.04.2026

Dis 'n tweemanstryd vir die posisie van federale leier van die DA. Ons praat met DA se uittredende leier, John Steenhuisen, en die uitredende voorsitter van die Federale Raad, Helen Zille. Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, vra die Spesiale Ondersoekeenheid om leefstyloudits op senior amptenare te doen.

Motorrubriek 4 April 2026 04.04.2026

Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief oor 'n outomatiese handrem.

Naweekaktueel 4 April 2026 04.04.2026

Ons vind uit wie die man is wat van 1 Mei af die skoene van Edward Kieswetter sal volstaan as die Inkomstediens se nuwe hoof. Meer soldate word in provinsies ontplooi, wat gemengde reaksie onder inwoners uitlok. Kommer oor Suid-Afrika se posisie as die land met tweede hoogste gevalle van velkanker ter wêreld.

Motorrubriek 28 Maart 2026 28.03.2026

Wessel Pretorius toetsbestuur 'n inprop-hibriede Volvo XC60.

Naweekaktueel 28 Maart 2026 28.03.2026

Jemen se Hoethi-beweging raak betrokke by die Iran-oorlog. SANRAL wil self bepaal wáár rusgeriewe langs nasionale paaie geleë mag wees. Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vier sy 30ste bestaansjaar. Suid-Afrikaners word aangemoedig om hulle ligte tydens Aarde-uur af te skakel.

Motorrubriek 21 Maart 2026 21.03.2026

Wessel Pretorius praat oor die situasie by Volkswagen Suid-Afrika.

Naweekaktueel 21 Maart 2026 21.03.2026

Menseregtedag word vandag gevier, en ons bespreek die uitdagings en probleme wat die land teister. 'n Vurige debat in die parlement oor die oorlog in die Midde-Ooste. Ons praat met die land se pampoenkoning.

Motorrubriek 14 Maart 2026 14.03.2026

Wessel Pretorius toetsry ‘n Chery Tiggo 7 CSH Plus.

Naweekaktueel 14 Maart 2026 14.03.2026

Die Amerikaanse Minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê die land gaan voort met sy oorlog teen Iran, en dat president Donald Trump sal bepaal hoe lank die oorlog duur. Ons praat met inwoners van Amman in Jordanië en Beiroet in Libanon oor die wyer impak van die oorlog. Suid-Afrika het nie 'n tekort aan water nie. Die land verlóór sowat 47% van alle behandelde water.

Motorrubriek 7 Maart 2026 07.03.2026

Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.

Naweekaktueel 6 Maart 2026 07.03.2026

Iran vra verskoning aan sy buurlande vir sy teenaanvalle op Amerikaanse en Israelse weermagbasisse. Die JSE bloei te midde die konflik in die Midde-Ooste. Is daar nog 'n mark vir gedrukte media?

Motorrubriek 28 Februarie 2026 28.02.2026

Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraar se navraag.

Naweekaktueel 28 Februarie 2026 28.02.2026

Die VSA en Israel val Iran aan. 'n Broodnodige kragtarief-toegewing aan smelterye in die ferrochroombedryf. 'n Fliek wat Bruinkultuur op 'n ander manier uitbeeld, kom na die grootskerm.

Motorrubriek 21 Februarie 2026 21.02.2026

Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsvraag oor die aankoop van ’n eerste nuwe motor.

Naweekaktueel 21 Februarie 2026 21.02.2026

Die Suid-Afrikaanse landbousektor verwelkom 'n hofuitspraak in Amerika teen president Donald Trump se handelstariewe. Misdaadstatistiek weerspieel nie suksesvolle vervolgings nie, sê kritici. Staatsdiensvakbonde betoog teen verhoogde mediese premies.

Motorrubriek 14 Februarie 2026 14.02.2026

Wessel Pretorius toetsry 'n Chinese sportnutsvoertuig.

Naweekaktueel 14 Februarie 2026 14.02.2026

Kan die Nasionale Waterkrisiskomitee die land se waterprobleme oplos? Die Noordwes-regering plaas die Matlosana-munisipaliteit in Klerksdorp onder administrasie. 'n Nuwe studie werp lig op hoekom sommige mans gewelddadig raak teenoor hulle lewensmaats.

Motorrubriek 7 Februarie 2026 07.02.2026

Wessel Pretorius vind meer uit oor die gewilde oumotor-skou op George, wat op 14 Februarie plaasvind.

Naweekaktueel 7 Februarie 2026 07.02.2026

'n Kategorie 2 begrafnis vir die bekroonde digter, navorser en kultuur-aktivis, dr. Diana Ferrus. 'n Herrie bars los oor die Withuis se plasing van 'n video wat die voormalige presidentspaar, Barack en Michelle Obama, as ape uitbeeld. 'n Nuwe inisiatief op WhatsApp wat vroue en kinders in nood 24 uur per dag kan gebruik om ondersteuning en hulp te kry.

Motorrubriek 31 Januarie 2026 31.01.2026

Wessel Pretorius kyk na die Motor van die Jaar-finaliste, en 'n moontlike 50%-heffing op ingevoerde Chinese en Indiese voertuie.

Naweekaktueel 31 Januarie 2026 31.01.2026

Betrekkinge tussen Israel en Suid-Afrika vertroebel verder nadat dié lande mekaar se senior diplomate uitskop. Huldeblyke stroom in ná die dood van die bekende Suid-Afrikaanse digter en kulturele aktivis, dr. Diana Ferrus. Altesaam 85 mense sterf in die oorstromings in Mosambiek.

Motorrubriek 24 Januarie 2026 24.01.2026

Wessel Pretorius berig oor oorname van Nissan se aanleg buite Pretoria, en hy bespreek 'n luisteraarsbrief.

Naweekaktueel 24 Januarie 2026 24.01.2026

Families neem afskeid van hulle jong kinders wat vandeesweek in 'n gru-taxiongeluk op pad skool toe gesterf het. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie maak verdoemende bevindinge oor die voertuie waarin skoolleerlinge vervoer word. Wat presies lê opgesluit in president Trump se Vredesraad, en sy jongste kommentaar oor NAVO?

Motorrubriek 17 Januarie 2026 17.01.2026

Wessel Pretorius toetsry Suid-Afrika se goedkoopste hibriede voertuig, die Chery Tiggo Cross 1.5 Hybrid Comfort.

Naweekaktueel 17 Januarie 2026 17.01.2026

Die regering stel nuwe perke in vir bestaande skoolgeld-verligtingsprogramme. Werkgewers word versoek om altyd werksoekers se kwalifikasies te verifieër. 'n Suid-Afrikaanse animasie-fliek laat die rekords spat by die Amerikaanse loket.

About the podcast

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Language

AF

Episodes

1135

Latest episode

11 de jul de 2026

Listen to the Naweekaktueel podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up

Baixe no Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.