RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 10.06.2020 43:20
Koue weer word vir meeste van die land voorspel - en dit sal tot volgende week voortduur; die Wêreldbank verwag 'n inkrimping van die Suid-Afrikaanse ekonomie van meer as sewe persent; en onderwysers besef: skole betree 'n nuwe era.
Monitor 10.06.2020 53:27
Suid-Afrika oorweeg 'n versoek om militere hulp van die Mosambiekse regering teen beweerde ISIS-insurgente in die noorde van die land - ons kyk na die situasie in die noorde van die Mosambiek waar selfs Dokters Sonder Grense hulle werksaamhede moes staak; en AfriForum gaan hof toe oor die regering se kwarantynkampe.
Monitor 09.06.2020 54:25
Disabled People South Africa in die Noord-Kaap sê die blindes wat hulle verteenwoordig voel dat die Coronavirus Pandemie hulle veral swaar tref.; Die minimum ouderdom waarop 'n kind strafregtelik aangekla kan word is verhoog na 12.; Professor Shabir Madhi van Wits universiteit sê die Oos-Kaap gaan die volgende fokus gebied van die Covid-19 pandemie wees.; en landsburgers in sestien lande wil hê hu...
Monitor 09.06.2020 45:54
Debtbusters sê mense skuld nog selfs meer geld as voor die grendel tydperk.; 19 skole in die Noord-Kaap is gesluit na 'n toename in Covid-19 infeksies.; Ons praat met Brainline oor hoe tuisonderrig werk.; en Skole in die Gamtoosvallei in die Oos Kaap het heropen sonder ernstige probleme.
Monitor 08.06.2020 53:36
'n Mediese kenner by Wits sê Afrika se Covid 19-syfers is so laag omdat lande noord van die Limpopo eenvoudig nie vir die siekte toets nie; en musikante snoer hulle kragte saam met 'n nuwe liedjie om die Covid 19-geldleemte te bestry.
Monitor 08.06.2020 43:33
Plaasaanvalle neem toe - ons praat oor die jongste voorvalle; en die voorspelling van 50-duisend sterftes aan Covid-19 in Suid-Afrika word sterk bevraagteken.
Monitor 05.06.2020 45:24
** Minister Didiza sê dat landbou ná die pandemie die basis sal vorm van ekonomiese hervorming.. ** En ons praat met 'n ontleder oor die menseregte-situasie in Turkye.
Monitor 05.06.2020 46:50
** Voedselnood onder Suid-Afrikaners word al hoe groter ** Leon van Nierop gesels oor die veelbesproke reeks wat pas op televisie begin het: JEFFREY EPSTEIN: FILTHY RICH. ** En die woord van die week is: ROOI.
Monitor 04.06.2020 46:07
Ons kyk na die jongste tendense in die verspreiding van Covid 19, en die Verenigde Nasies spreek vir die tweede keer vanjaar sy kommer oor robot-soldate uit.
Monitor 04.06.2020 52:38
Huldeblyke stroom in na die dood van die bekroonde skrywer Jeanne Goosen, en die Wêreld Ekonomiese Forum praat van 'n nuwe wereldorde wat nà die coronavirus kom.
Monitor 03.06.2020 45:00
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die Wes-Kaapse Onderwysdepartement moet onderrig tot volgende week uitstel soos wat die nasionale departement vereis; Die hooggeregshof in Pretoria het die inperkingsregulasies van Vlak Drie en Vier ongrondwetlik en ongeldig verklaar - maar wat gebeur nou?; Die DA-beheerde munisipaliteit in Stellenbosch sê hy gaan voort met die betalingsvakansies vir inwo...
Monitor 03.06.2020 51:06
Die regering het tot n konsep plan ingestem om die herstrukturering van die Suid-Afrikaanse Lugdiens te befonds; Is dit egter die regte besluit? Ons kry reaksie hierop en vra of die lugdiens op 'n ander manier bedryf kan word; en COVID-19 toetse in die Kaapstad Metro, sal slegs toegestaan word aan mense bo die ouderdom van 55 - ons kry duidelikheid oor wat die planne behels....
Monitor 02.06.2020 52:10
Wildstropery neem toe weens Covid 19, en blinde en dowe persone het besondere probleme met Covid-19 beheermaatreëls.
Monitor 02.06.2020 43:48
Skole rapporteer leemtes in die onderwysdepartement se voorsiening van veiligheidstoerustig teen Covid 19; en sakevertroue herstel merkwaardig na Aprilmaand se geskiedkundige insinking.
Monitor 01.06.2020 44:08
Verwarring heers oor of kinders vandag skool toe moet gaan of nie - ons praat met twee kenners oor wat ouers nou moet doen; die eerste ruimtevaarders wat deur 'n private maatskappy, SpaceX, in die ruimte gelanseer is, het by die Internasionale Ruimtestasie aangekom; Die Reserwebank het 'n hofstryd verloor oor toegang tot rekords oor finansiële misdade in die apartheidsera ; en wydverspreide geweld...
Monitor 01.06.2020 46:41
Duisende Graad Sewe en Twaalf leerders wat vandag skool toe sou gaan, moet nog 'n week wag; Die Winterhoop projek skop vandag af - duisende noodbehoewendes kry hulp en ondersteuning van verskeie nie-winsgewende organisasies; en die Boksburg Bomber, Gerrie Coetzee gaan op die silwer doek verewig word....
Monitor 29.05.2020 45:21
Sommige kerkgroepe bevraagteken die gedeeltelike opheffing van beperkings op kerkdienste, en die burgemeester van Ekurhuleni Metro, Mzwandile Masina, brandmerk 'n bekende musiekkunstenaar as 'n "rassis"
Monitor 29.05.2020 47:45
'n Ruimte-grondstasie gaan by Matjiesfontein in die Wes-Kaap opgerig word; en President Cyril Ramaphosa sê kerke wat die inperkingsmaatreëls oortree sal gesluit word.
Monitor 28.05.2020 56:28
Ons kyk na die die ekonomiese gaping tussen mans en vroue - veral wat salarisse betref; die Restaurant vereniging eis antwoorde oor waarom eetplekke nie hul deure mag oopmaak nie; en Latyns-Amerika, is nou bevestig as die nuwe middelpunt van COVID-19.
Monitor 28.05.2020 51:58
Die Parlement hou sy eerste virtuele vergadering sedert die inperking ingestel is; Dudu Myeni word as 'n misdadige direkteur in terme van die Maatskappyewet verklaar; Dr Nkosazana Dlamini-Zuma, hou vol dat die verbod op tabakprodukte weens gesondheidsredes tot op Vlak 3 van die inperking verleng is; en die Suid-Afrikaanse Reserwebank het gister die Eerste Uitgawe van die Finansiële Stabiliteitsoor...
Monitor 27.05.2020 42:20
** 'n Nasionale Biddag word aangekondig, en maatreëls verslap.. ** 'n Kriminoloog sê dis nie 'n goeie idee om 19 000 lae-risiko oortreders op parool vry te laat nie.
Monitor 27.05.2020 49:09
** Baie Suid-Afrikaners is bekommerd oor hul regte tydens inperking..Ons praat met 'n regskenner. ** En sport kom oorsee stadig maar seker aan die gang. Ons praat met Pieter van den Berg.
Monitor 26.05.2020 46:13
Die vakbondfederasie SAFTU is bekommerd dat die skuif na Vlak drie van die inperking, die ekonomie 'n hupstoot kan gee ten koste van mense se lewens; Die Poskantoor het die aflewering van briewe en pakkies hervat; en onderwysers is terug skool toe - ons vind uit hoe die eerste dag terug by die werk vir meeste van hulle verloop het.....
Monitor 26.05.2020 53:03
'n Herrie het landwyd losgebars nadat n jong vrou van Kaapstad, onlangs onregmatig deur die polisie gearresteer is. 'n Regskenner sê sy kan moontlik 'n siviele eise teen die polisie indien; Ons praat ook met twee ontleders oor die gebeure en wat ons daaruit moet leer; En vanjaar se Aardklop nasionale kunstefees is gekanselleer - ons praat met die feesbestuurders oor die moeilike besluit wat hulle...
Monitor 25.05.2020 44:43
** 'n Vlak 3 inperking tree oor 'n week in werking...ons praat met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom.. ** 'n Groep vooraanstaande akademici skaar hulle by dr. Glenda Gray, wat die inperkingsmaatreëls kritiseer.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos