RSG

Monitor

News AF ↓ 4391 episódios

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

2 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Monitor 3 Desember 2020 - Deel 1 03.12.2020

Die AgriSake Vertroue-indeks het in die vierde kwartaal tot sy hoogste vlak in ses jaar gestyg. Die vakbond, Bemawu, oorweeg dit om te appelleer teen die Arbeidshofuitspraak oor die afleggings by die SAUK. 'n Nuwe groep brandbestryders is gereed om brande in die Kaapse wynland te blus.

Monitor 2 Desember 2020 - Deel 2 02.12.2020

SADEK-leiers vergader om ISIS se terreurveldtog in Mosambiek te bespreek. Die projekleier van die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling vertel hoe hulle te werk gegaan het.

Monitor 2 Desember 2020 - Deel 1 02.12.2020

Die Minister van Kommunikasie sê marktoestande is grootliks verantwoordelik vir die krisis by die SAUK. 'n Navorser verduidelik hoekom ons somers langer word.

Monitor 1 Desember 2020 - Deel 2 01.12.2020

Die Universiteit van Pretoria open 'n Afrika-eerste ingenieursfasiliteit waar navorsing oor slim vervoer, stede en infrastruktuur gedoen word. 'n Tekort aan satelliete kan wetenskaplike waarnemings van die Suid- en Noordpool erg beperk. 'n Kenner gee insig oor watter effek dié gebrek aan data sal hê op die bestuur van aardverwarming.

Monitor 1 Desember 2020 - Deel 1 01.12.2020

Daar is 'n skerp styging in aktiewe Covid-19-gevalle in die Tuinroete en die Kaapstad metropool asook in die Nelson Mandelabaai metro in die Oos-Kaap. Die VF+ eis dat die LUR vir Onderwys in Gauteng afgedank moet word. Boko Haram het die naweek weer sy slagtande in Noordoos-Nigerië se Borno-deelstaat gewys - ons kyk na waarom die land steeds gebuk gaan onder dié terreurgroep. Dit is vandag Wêreld...

Monitor 30 November 2020 - Deel 2 30.11.2020

Aanlynaansoeke vir plek in Gautengse skole sluit vandag. Tukkies begin met 'n projek om Afrikabuffels teen tuverkulose in te ent. Pieter van den Berg bespreek 'n besige sport naweek.

Monitor 30 November 2020 - Deel 1 30.11.2020

Strenger inperkingsmaatreëls is dalk die Oos- en Wes-Kaap se voorland. Engeland beklink die T20-reeks teen die Proteas.

Monitor 27 November 2020 - Deel 2 27.11.2020

Die eerste mosie van wantroue word aanstaande week teen president Cyril Ramaphosa aangehoo - ons kyk na waarom dit gebring is en wat dit beteken. Eers was dit toiletpapier, nou blyk dit medisyne te wees wat mense uit paniek aankoop - stuur ons op nog 'n Covid-19-verwante probleem af? Ons weet nog te min oor die wêreld se oseane, maar dit kan nou verander met die bekendstelling van 'n nuwe projek o...

Monitor 27 November 2020 - Deel 1 27.11.2020

Genderaktiviste vra dat die howe meer moet doen om geslagsgebaseerde geweld hok te slaan. Die minister van gesondheid besoek die Nelson Mandela Baai Metro om die gereedheid van gesondheidsfasiliteite te bepaal. Die nuwe Renosterberg munisipale raad word vandag ingehuldig te midde van klagtes dat die munisipaliteit steeds swak bestuur word.

Monitor 26 November 2020 - Deel 2 26.11.2020

Watter impak het swak tersiêre opvoeding op die arbeidsmark? Argentinië kondig drie dae van rou af ná die dood van die sokkerikoon Diego Maradonna.

Monitor 26 November 2020 - Deel 1 26.11.2020

ANC-grootkoppe se name rol oor die lippe van 'n getuie voor die Staatskapingskommissie. 'n Boodskap op sosiale media het die wêreld op hol weens die betrokke medikus se onortodokse uitlatings oor Covid-19.

Monitor 25 November 2020 - Deel 2 25.11.2020

'n Kenner sê die SAUK se probleme is die skuld van vorige politieke base en die parlement. Skoolverlaters word aangemoedig om vir 'n ambag te kwalifiseer, eerder as om universiteit toe gaan.

Monitor 25 November 2020 - Deel 1 25.11.2020

Nog bemoedigende nuus oor 'n enstof teen Covid19 - dié keer is dit die kandidaat van Oxford-universiteit. Die ANC se sekretarisgeneraal, Ace Magashule, vra om verskoning oor sy uitlating oor die voormalige Noordwes-premier, Supra Mahumapelo.

Monitor 24 November 2020 - Deel 2 24.11.2020

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê ANC-lede moet ophou om die party te gebruik as 'n bron van inkomste. Die hoof van die Britse weermag, generaal sir Nick Carter, sê meer as 30,000 robotsoldate sal in die toekoms langs hulle menslike eweknieë in die veld wees. Die VN se voedsel- en landbouorganisasie sê toegang tot entstowwe is noodsaaklik om te verhoed dat teen-mikrobiese weerstand di...

Monitor 24 November 2020 - Deel 1 24.11.2020

'n Khoisan groep wat voor die Uniegebou betoog, sê hulle sal nie die perseel verlaat nie. Kan Suid-Afrikaners se reg tot protes op 'n rustiger manier uitgeoefen word? Die vakbond, NEHAWU in die Noord-Kaap, sê hy sal die staking deur gemeenskapsgesondheidswerkers verskerp. Die Veediefstaleenheid se inligtingsentrum op Bethlehem is binnekort weer op die been.

Monitor 23 November 2020 - Deel 2 23.11.2020

Suid-Afrika se kredietstatus word verder afgegradeer, iets wat ekonome bekommer. Druk is aan die oplaai vanuit Republikeinse geledere vir president Donald Trump om die uitslag van die verkiesing te aanvaar.

Monitor 23 November 2020 - Deel 1 23.11.2020

Die DA besin oor die pad vorentoe. Ons praat oor Swart Vrydag en Swart November. Inwoners van Gauteng word gemaan om versigtig te wees te midde van swaar reën en oorstromings.

Monitor 20 November 2020 - Deel 2 20.11.2020

RSG gaan nié sy deure sluit nie. Ons praat met 'n joernalistiek-kenner en voormalige SAUK-raadslid. Leon van Nierop bespreek 'n dokumentêre reeks oor Oscar Pistorius. Willem Botha praat oor fiks, fiets en lyf.

Monitor 20 November 2020 - Deel 1 20.11.2020

'n Hof in Malawi het Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, onvoorwaardelik vrygelaat. Tukkies het baie planne om Afrikane wat gehoorgestremd is, se lewenskwaliteit te verbeter.

Monitor 19 November 2020 - Deel 2 19.11.2020

Die Hooggeregshof beveel Santam om Covid-19-verwante sake-eise van tot soveel as R20-miljard uit te betaal. Die Lift-lugredery sprei sy vlerke, maar is daar werklik ruimte vir nog 'n lugdiens in Suid-Afrika? Beloftes maak skuld, sê president Cyril Ramaphosa vir buitelandse beleggers.

Monitor 19 November 2020 - Deel 1 19.11.2020

RSG verloor meeste van sy permanente personeel as deel van die SAUK se herskikkingsproses, wat die onderwerp was van 'n middernagtelike debat by die parlementêre komitee oor kommunikasie. Betogers by Hoërskool Brackenfell in die Kaap loop hulle teen die polisie vas.

Monitor 18 November 2020 - Deel 2 18.11.2020

Hoe relevant is BRICS in vandag se wêreld? Ons stel dié vraag aan twee politieke wetenskaplikes. Die Noord-Atlantiese oseaan het vanjara al 30 orkane opgelewer. Dit is steeds onduidelik of matrikulante die tweede Wiskunde-matriekvraestel wat uitgelek het, sal moet oorskryf. Briewe wat aan SAUK nuuspersoneel uitgereik is dat hul poste oorbodig is, word vir eers teruggetrek.

Monitor 18 November 2020 - Deel 1 18.11.2020

Die regsverteenwoordiger van die Bushiri-egpaar sê hulle sal nié môre in Suid-Afrika wees, soos wat die Valke eis nie. Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die Oscars is aangewys. Die SAUK het 'n groot finansiële verlies in die 2019/20 boekjaar gely. Afrikaleiers voer samesprekings met Ethiopië se leierskap te midde van die voortslepende konflik in die Tigray-streek.

Monitor 17 November 2020 - Deel 2 17.11.2020

Talle boere betoog op Hennenman in die Vrystaat waar twee verdagtes in verband met die moord op die 56-jarige Pieter Hills en sy seun Eddie in die hof verskyn het. Die DA bevraagteken die polisie se statistiek oor plaasaanvalle.

Monitor 17 November 2020 - Deel 1 17.11.2020

Is Jacob Zuma en Raymond Zondo vriende? Aikona, sê die adjunkhoofregter. 'n Lasbrief vir die Bushiri-egpaar se arrestasie word uitgereik.

Ouça o podcast Monitor no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos