RSG

Monitor

News AF ↓ 4391 episódios

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

2 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Monitor 21 Desember 2020 - Deel 2 21.12.2020

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, besoek Bloemfontein om die paraatheid van polisiebeamptes tydens die feestyd te beoordeel. Ons praat met 'n mediese kenner oor die impikasies van die nuwe Covid-19-variant.

Monitor 21 Desember 2020 - Deel 1 21.12.2020

Die DA gaan hof toe om die strandverbod om te keer. Moenie skrik as jy in Kaapstad is en 'n stem uit die hemel maan jou om jou masker te dra nie. Bykans 1,400 onderwysers sterf aan Covid-19.

Monitor 18 Desember 2020 - Deel 2 18.12.2020

Die daaglikse Covid-19-gevalle het tot 'n rekordhoogte opgeskiet toe meer as 10,000 nuwe gevalle in die jongste aanmeldingsiklus aangeteken is. Wat is ons voorland? Ons vra ook waar en wanneer die Covid-19-entstof in Suid-Afrika beskikbaar sal wees, en wie dit sal kry? 'n Nuwe projek gebruik die miswolke wat oor Tafelberg gedrapeer is, om drinkwater te versamel. Drie Curriebeker-wedstryde word deu...

Monitor 18 Desember 2020 - Deel 1 18.12.2020

Die Kaapstad Metroraad wil 'n dringende interdik bekom teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens oor hulle inmeging by die werk van 'n filmspan. Die onderwysdepartement maak sy planne bekend vir 2021 se skooljaar. Ons kry reaksie op dié planne, en vra wat anders gedoen kan word om die verlore skooljaar in te haal. Ons fokus ook op internasionale viswater waar meer as 400 Chinese vissersbote die gebied...

Monitor 17 Desember 2020 - Deel 2 17.12.2020

Supertekkies het die atletiekwêreld aan die gons. Kremetartbome wys die invloed van die son op ons weerpatrone.

Monitor 17 Desember 2020 - Deel 1 17.12.2020

Die droogtegeteisterde Noord-Kaap kry plek-plek reën. Australië en China bots oor invoerheffings.

Monitor 16 Desember 2020 - Deel 2 16.12.2020

Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, sal vir eers in sy pos aanbly, ondanks 'n aanbeveling van die party se integriteitskommissie dat hy opsy moet staan. Die Amerikaanse kieskollege het Joe Biden se oorwinning in die November verkiesing bevestig. Ons bespreek Suid-Afrikaners se vordering met versoening.

Monitor 16 Desember 2020 - Deel 1 16.12.2020

Vrystaat Landbou sê die die voorgestelde onteieningswetsontwerp teiken alle bates van Suid-Afrikaanse burgers. Die hoofekonoom by PWC Suid-Afrika, Lullu Krugel, ontleed die jongste indiensnemingstatistiek. Hoeveel hormone skuil in Suid-Afrikaanse vleis? Ons stel dié vraag aan prof. Eddie Webb van die Departement Vleiskunde aan die Universiteit van Pretoria. Gift of the Givers verskaf kampbeddens a...

Monitor 15 Desember 2020 - Deel 2 15.12.2020

'n Ekonoom, toerismekenner en politieke ontleder praat oor die nuwe Covid-19-maatreëls. Die Britse premier waarsku dat Brexit dalk van die baan is.

Monitor 15 Desember 2020 - Deel 1 15.12.2020

Suid-Afrikaners se versuim om Covid-19-protokol te volg, lei tot strenger vakansiemaatreëls. Politieke partye reageer op die nuwe maatreëls.

Monitor 14 Desember 2020 - Deel 2 14.12.2020

Die Oos-Kaapse regering oorweeg dit om strande en parke oor die feestyd te sluit. Daar is sprake van 'n moontlike samesmelting tussen die metropolisie, munisipale wetstoepassers en die Suid-Afrikaanse Polisie. Die departement van onderwys in Noordwes het 'n span saamgestel om die dood van drie matrikulante Vrydagaand in 'n botsing naby Brits te ondersoek. Pieter van den Berg bespreek die afgelope...

Monitor 14 Desember 2020 - Deel 1 14.12.2020

Action SA is amptelik as 'n politieke party geregistreer. Plaasbewoners op die Hakahana plaas buite Kimberley sê die eienaar het hulle watertoevoer afgesny, omdat hy hulle van die plaas wil af dwing. Ons praat met 'n sielkundige oor pandemievoosheid, die term wat medici gebruik om mense se verbreking van COVID-maatreëls te verduidelik. Meksikaanse wetenskaplikes glo hulle het dalk 'n nuwe spesie s...

Monitor 11 Desember 2020 - Deel 2 11.12.2020

Suid-Afrika se Openbare Beskermer klou verbete vas aan haar posisie ondanks verskeie hofbevele. Ons praat met twee kenners hieroor. Pieter van den Berg bespreek die naweek se rugby en ander sport. Leon van Nierop het deur vanjaar se swakste rolprent geworstel.

Monitor 11 Desember 2020 - Deel 1 11.12.2020

Uitspraak oor die herskryf van matriekvraestelle word vanmiddag gelewer. Die Tuinroete Distrikmunisipaliteit vra dat die weermag ontplooi word. Venezuela staan op die rand van 'n afgrond.

Monitor 10 Desember 2020 - Deel 2 10.12.2020

Die fase drie resultate van die Oxford-Astra-Zeneca entstoftoetse is in die mediese vakjoernaal, The Lancet, gepubliseer. Ons praat met die kopieskrywer Deon Wiggett. Dit is meer as 'n jaar nadat hy podsendings gepubliseer het oor sy beweerde molesteerder. Die DA sê die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering is nie by magte om die verkiesing van die nuwe Nelson Mandelabaai Metro burgemeester nie...

Monitor 10 Desember 2020 - Deel 1 10.12.2020

Agterplaasbewoners in Kaapstad vrees dat hulle Covid-19 kan opdoen. Die tweede vlaag van Covid-19 infeksies is amptelik in Suid-Afrika. Die Minster van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sê die regering oorweeg om alle openbare byeenkomste oor die feesseisoen te verbied. Ons ontleed die voorlopige uitslae van die tussenverkiesings wat gister landwyd gehou is.

Monitor 9 Desember 2020 - Deel 2 09.12.2020

President Cyril Ramaphosa het bevestig dat Ace Magashule Saterdag voor die ANC se Integriteitskomitee sal verskyn. Ons kyk na dié en ander sake wat by ANC se NUK-vergadering bespreek is. Ons vind meer uit oor 'n tongverplasende luis wat pas deur 'n span Suid-Afrikaanse wetenskaplikes beskryf en benoem is. Die Internasionale Olimpiese Komitee het vier nuwe sportsoorte goedgekeur vir die Olimpiese S...

Monitor 9 Desember 2020 - Deel 1 09.12.2020

Bushiri se mede-beskuldigde se borgtogaansoek sal eers Maandag voortgaan. Hoërskool Brackenfell se aansoek om 'n dringende interdik om te verhoed dat die EFF buite die skool betoog, is tot 22 Desember uitgestel vir uitspraak. Die Nasionale Minimumloonkommissie het aanbeveel dat die minimum loon van huishulpe volgende jaar verhoog moet word tot 88% van die nasionale minimum loon. Nie minder nie as...

Monitor 8 Desember 2020 - Deel 2 08.12.2020

Reaksie op die regering se plan om 'n spesiale eenheid te skep om Suid-Afrika se grense op 'n volhoubare wyse te patrolleer. Die media in Iran berig dat die kernfisikus, Mohsen Fakier-Zadeh, deur middel van gesigherkenning vermoor is. Vanjaar se Plett Rage-fees op die Tuinroete kan moontlik nie meer gehou word nie. Wetenskaplikes het die wêreld se oudste koraalrifvis aan die Wes-Australiese kus on...

Monitor 8 Desember 2020 - Deel 1 08.12.2020

Die regering het R1-miljard rand toegeken om bestaansboere by te staan. Die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, se wangedragverhoor voor die Regterlike Gedragstribunaal het na twaalf jaar begin. 'n Grootskaalse soektog na 'n veldwagter wat drie weke gelede verdwyn het, duur voort. Kiesers in Ghana het gister hulle kruisies getrek vir 'n nuwe president.

Monitor 7 Desember 2020 - Deel 2 07.12.2020

Suid-Afrikaanse vissers werk glo onder haglike omstandighede en word uitgebuit. Ons bespreek die pas vrygestelde 2020 indeks vir maritieme veiligheid. Amerika het aangekondig dat twee inentings teen die Coronavirus ondersoek word vir noodgebruik. Een van die wêreld se grootste teleksope is tot niet - ons kyk na die bydrae wat die Arecibo-sterrewag die afgelope 57 jaar gelewer het.

Monitor 7 Desember 2020 - Deel 1 07.12.2020

Onderwysersunies en studenteorganisasies stamp kop met die regering oor die besluit om twee matriekvraestelle te laat oorskryf. Die DA stel sy nuwe kabinet bekend. Die Kaapstad Metro het sy eerste laaistasie vir elektriese voertuie by die Bellville-burgersentrum bekendgestel.

Monitor 4 Desember 2020 - Deel 2 04.12.2020

Die Wes-Kaapse premier maak 'n drieledige strategie bekend om die verspreiding van Covid-19 te beperk. Ons praat met Wines of South Africa oor die Covid-19-pandemie se impak op die wynbedryf. In sy weeklikse fliekrubriek praat Leon van Nierop oor 'n asemrowende dokumentêr, Kingdoms of Fire, Ice and Fairy Tales. Pieter van den Berg bespreek die naweek se sport.

Monitor 4 Desember 2020 - Deel 1 04.12.2020

Die Nelson Mandelabaai Metro in die Oos-Kaap word tot 'n Covid-19-brandpunt verklaar. 'n Waarskuwing teen dronkbestuur op Wes-Kaapse paaie. AfriForum het die Gelykheidshof genader om op te tree teen die EFF en sy leier Julius Malema, oor die sing van die lied "Kill the Boer, Kill the Farmer". 'n Spesialistoksikoloog sê Suid-Afrika se vleis is veilig en vry van antibiotika.

Monitor 3 Desember 2020 - Deel 2 03.12.2020

Gauteng se premier stel planne bekend om gesondheidsorg in die provinsie te verbeter. Ons kry reaksie hierop en kyk na wat gedoen moet word om die stelsel te verbeter. Die Wes-Kaap het besluit om openbare geriewe en lokale te sluit en alle openbare byeenkomste word gekanselleer. 'n Maatskappy in Singapoer gaan die wêreld se eerste laboratoriumvervaardigde hoender verkoop.

Ouça o podcast Monitor no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos