RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Hospitaal van hoop 30.04.2012 5:13
Die gesondheidsdepartement het onlangs die Oliver Tamb-distrik in die Oos-Kaap gekies as een van sy toetsgronde vir die nuwe Nasionale Gesondheidsverskeringskema. Een van die belangrikste fasiliteite in die distrik is die Zithulele Hospitaal in die voormalige Transkei. Dit bedien 'n gebied van 'n 130-duisend mense. Baie van hulle het vigs, tuberkulose of ander oordraagbare siektes. Ten spyte daarv...
INDIWIDUE MOET SUID-AFRIKA HELP VERBETER 30.04.2012 3:55
Suid-Afrika is 'n land by 'n kruispad waarvan die een 'n blink toekoms is en die ander 'n mistroostige pad. So beskryf André Oosthuizen die situasie in sy boek BUT LIGHT A BRIEF CANDLE. Hy glo dat 'n land nie deur sy leiers gevorm word nie, maar deur die deelname, betrokkenheid en passie van gewone burgers. Sy storie gaan oor mense wat betrokke is by 12 projekte om gemeenskappe op te hef. Mètzi va...
Vrae aan SANRAL oor e-tol 19.04.2012 14:28
Luisteraars peper Monitor deesdae met vrae oor Gauteng se nuwe e-tol-stelsel. Anita Visser stel hierdie vrae aan Alex van Niekerk van die Nasionale Padagentskap.
Graffiti laat diamanthandelaars rooi sien 19.04.2012 2:56
Die huurders van die perseel Jewel City in Johannesburg is omgekrap oor die bewoording van 'n graffiti-kunswerk wat op die muur buitekant die perseel voorkom. Die woorde, DIAMANTE IS 'N VROU SE BESTE VRIEND, MAAR DIE MENSDOM SE GROOTSTE VYAND, pryk nou op die muur. Jewel City is die tuiste van bykans 300 diamanthandelaars en die grootste diamantuitvoerder in die suidelike halfrond.
Die droom van Schéhérazade. 19.04.2012 5:11
Wêreldwyd vier mense vandeesweek Kreatiwiteit en Innovasieweek. Suid-Afrikaners hoef ook nie 'n tree terug te staan op hierdie gebied nie. Die rolprentmaker, Francois Verster, vertrek vandag na Egipte waar hy die slottonele van sy dokumentêr, DIE DROOM VAN SCHÉHÉRAZADE, gaan verfilm. Schéhérazade is die prinses wat vir die sultan stories vertel het in die bekende fabel, 1001 ARABIESE NAGTE.
Hazyview misdaad 17.04.2012 5:15
Volgens die polisie het renosterstropers hulle misdaadaktiwiteite van die Nasionale Kruger Wildtuin na die toeristedorp Hazyview verskuif. Dit blyk dat hierdie gewapende stropers dalk verantwoordelik kan wees vir die sowat 20 voorvalle van misdaad wat die afgelope paar weke in hierdie dorp plaasgevind het. Lede van die plaaslike gemeenskap dreig om die Nasionale Kommissaris van Polisie hof toe te...
Kreatiwiteitsweek 16.04.2012 3:42
Die internasionale Kreatiwiteit- en Innovasieweek het gister afgeskop op die verjaardag van die kunstenaar en wetenskaplike, Leonardo da Vinci. Hierdie bewusmakingsweek het tien jaar gelede in Kanada begin, toe die land met 'n sogenaamde kreatiwiteitskrisis geworstel het. Daarna het dit wêreldwyd uitgebrei, waar dit veral deur maatskappye en organisasies soos die VN gevier word.
Solidariteit 110 16.04.2012 14:24
Die vakbond, Solidariteit, is vandeesweek 110 jaar oud. Oor die jare heen het dit gegroei tot veel meer as net 'n vakbond, maar daaroor sal ons later in die week praat. Vandag gaan ons bietjie stilstaan by waar alles begin het, interessante mylpale op die pad en die redes vir die groei in die organisasie.
Omvattende aanpassings aan verdediging 13.04.2012 8:08
Die konsepverdedigingsoorsig wat gister aan die Minister van Verdediging oorhandig is, dui op omvattende aanpassings aan die land se verdedigingstrukture en die rol van die weermag. Die publiek word ook genooi om deur middel van sosiale media en 'n interaktiewe webwerf insae te kry in die planne en om daaroor kommentaar te lewer. Cobus Bester praat hieroor met die voorsitter van die oorsigkomitee,...
Wit ouetehuise in Zimbabwe - 2 09.04.2012 4:59
Wat jou gevoel ookal mag wees teenoor die inwoners van Zimbabwe se wit ouetehuise - een man in Suid-Afrika het hom oor hulle ontferm. Hannes Botha is die direkteur van die Zimbabwe Pensioenaris Ondersteuningsfonds, en een maal elke ses tot agt weke laai hy twee vragmotors vol kruideniersware en pak die lang pad aan om aflewerings te doen by 28 ouetehuise en verwante instellings in Zimbabwe. Die pe...
Wit ouetehuise in Zimbabwe - 1 09.04.2012 10:12
'n Stukkie van Rhodesië bestaan nog. Dit leef voort agter die mure van Zimbabwe se wit ouetehuise. Suna Venter het die land besoek en in die ouetehuise het sy 'n gemeenskap ontdek wat ongemaklik leef in Mugabe se Zimbabwe, maar wat nêrens anders wil wees nie.
Monitor Argentinië 4 April 2012 04.04.2012 7:12
Die 30ste herdenking van die MALVINAS/FALKLAND oorlog. Anita Visser het met Brittanje en Argentinie se diplomate in PRETORIA gaan gesels en DIE verslag saamgestel.
Monitor Falklandeilande 4 April 2012 04.04.2012 9:04
Vandag is die herdenking van die Falkland oorlog 30 jaar gelede. Op 2 April 1982 het Britse troepe die groep eilande aan die Oos-Kus van Suid-Amerika ingeval, nadat die Argentyne dit as hulle grondgebied wou eien.
Basson-tugverhoor 27 Maart 2012 27.03.2012 2:37
Die tugverhoor van die chemiese en biologiese oorlogskenner, Dr. Wouter Basson, voor die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid Afrika na beweerde etiese en professionele wangedrag, gaan voort.
Geloftevolk 23.03.2012 7:00
Die leier van die groep, Geloftevolk Republikeine, het 'n waarskuwing uitgereik dat die moord op wittes in sowel dorpsgebiede as op plase kan lei tot wraakaanvalle op swartes. André Visagie het na afloop van 'n sogenaamde "nood volksvergadering" gesê hy is bekommerd oor die dreigement van geweld wat hy in die vergadering bespeur het.
Nuwe boek oor Karoo se Karretjiemense 22.03.2012 4:27
Die boek ROUTS AND ROUTES, KARRETJIE PEOPLE OF THE GREAT KAROO, THE MARGINILISATION OF A SOUTH AFRICAN FIRST PEOPLE deur prof. Michael de Jongh is ná 20 jaar se navorsing by die Colesberg Museum in die Noord-Kaap bekendgestel. De Jongh het saam met die Karretjiemense geleef om hulle nomadiese bestaan in die Groot Karoo te dokumenteer. Hulle word as die armste van die armes in Suid-Afrika beskou.
PE vroue vereer vir vroueregtestryd 22.03.2012 4:55
Vyf Oos-Kaapse vroue word in 'n uitstalling oor hulle lewens by die Rooi-lokasie museum in Port Elizabeth vereer. Van die vyf is Nosipho Dastile, Nonthuthuzelo Mabala en Florence Matobela postuum vereer. Met die bekendstelling het Lilian Diedericks en Zodwa Sobukwe in hulle leeftyd erkenning gekry vir hulle aandeel in die geskiedenis van menseregte.
Spaar energie 22.03.2012 2:47
Die prys van brandstof sal in die eerste week van April met sowat 60 sent per liter styg. Dit kom as gevolg van 'n verhoging van 28 sent per liter in die belasting op brandstof, sowel as 'n verwagte styging in die internasionale ru-olie pryse. Gautengers kan ook 'n verdere prysstyging verwag van vier sent per liter om Transnet se pypleidingstarief na die provinsie te finansier. 'n Senior ekonoom b...
Menseregte in tronke 22.03.2012 4:07
Terwyl Menseregtedag gister gevier is, bly vergrepe in tronke wêreldwyd 'n probleem. Die 38-jarige Anneline Mouton, wat tien jaar lank in die Beau-Bassin tronk in Mauritius aangehou is, beskryf die omstandighede daar as haglik. Sy het verlede week na Suid-Afrika terug gekeer. Sy vertel dat haar situasie haar gemotiveer het om regte in die tronk te studeer om 'n menseregte-aktivis te word.
Breinspoeling 22.03.2012 5:29
Die opspraakwekkende Lotter-moordsaak het die rol van breinspoeling op die voorgrond geplaas. Nicolette en Hardus Lotter is in die Durbanse hooggeregshof tot onderskeidelik 12 jaar en tien jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op hulle ouers in 2008. Die sogenaamde baasbrein, Matthew Naidoo, is twee lewenslange vonnisse opgelê nadat die regter bevind het breinspoeling en sy beinvloeding van die L...
Die pad na Mangaung 20.03.2012 15:26
Die ANC is oudergewoonte al lankal besig om vure dood te slaan, gerugte te ontken en die media en kommentators van onkunde en slegte trou te beskuldig. Volgens die party is daar nie 'n leierskapstryd aan die gang in die aanloop tot sy groot vergadering aan die einde van die jaar nie. Ontleders is nie seker dat iemand, soos Thabo Mbeki by voorbeeld, met dié stelling gaan saamstem nie. En beslis ook...
Familie wil optrede hê ná gif seun se lewe eis 19.03.2012 3:42
'n Familie van Vereeniging is in rou gedompel ná die dood van hulle seun by sy werkplek en dring aan op antwoorde oor wat tot sy dood gelei het. Die 26-jarige Armand Visagie is twee weke gelede deur gifgas oorval nadat 'n pyp by die onderneming waar hy gewerk het, vermoedelik gelek het. Hy is Vrydag begrawe. Sy familie sê dit is moeilik om sy dood te verwerk omdat daar steeds te veel onbeantwoorde...
Afriaanse skole vaar goed 16.03.2012 15:58
'n Spitsberaad oor onderwys het gister gehoor dat die prestasie van Afrikaanse skole uitstekend is en in die meeste gevalle goed vergelyk met die res van die wêreld. Waaroor daar egter wél kommer is, is die betreklik lae persentasie van Afrikaanssprekende skoolleerlinge wat uiteindelik een of ander toepaslike tersiêre kwalifikasie verwerf. Cobus Bester praat hieroor met twee onderwyskundiges wat g...
Rampmyn se skag gaan verseël word 14.03.2012 3:01
Die ingang tot die skag by die Gravelotte-myn wat verlede week ingeval en sowat 20 onwettige myners se lewens geëis het, sal waarskynlik op 21 Maart verseël word. Die uithaal van die onwettige myners se lyke is gestaak omdat dit te gevaarlik is vir die reddingswerkers. Mine Rescue Services het gister 'n verslag met dié strekking aan die Departement van Minerale Hulpbronne oorhandig. Die hoofbestuu...
Ekonome verskil oor werkloosheid 14.03.2012 5:03
'n Bitter twis oor werkloosheidsyfers het onstaan tussen die indiensnemingsagentskap Adcorp en die Skool vir Ekonomie en Datafirst by die Universiteit van Kaapstad. Die debat gaan oor die groot verskil tussen Adcorp se indiensnemingsyfers wat maandeliks verskyn, en dié van Statistiek Suid-Afrika. Prof. Martin Wittenberg en die navorser Andrew Kerr van dié universiteit, meen Adcorp se syfers is ver...
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos