RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Oom Dawid Kruiper, groot leier van die Khomani San, sterf 14.06.2012 4:54
Dawid Kruiper, 'n tradisionele leier en geneser van die Khomani San van die Kalahari, het gisteroggend op Upington in die Medi-kliniek gesterf. Kruiper is gebore op 1 September 1935 in die Kalahari Nasionale Gemsbok Park, nou die Kgalagadi Nasionale Oorgrens Park. Anna Festus, die familie se woordvoerder en sy kleinniggie, sê Oom Dawid - soos hy bekendgestaan het - gaan in die Kalahari ter ruste g...
Lekota uit Nasionale Vergadering gejaag 13.06.2012 4:25
'n Sitting van die Nasionale Vergadering is ontwrig nadat die leier van COPE, Mosioua Lekota, deur die adjunkspeaker, Nomaindia Mfeketho, uitgejaag is. Lekota het geweier om sy vorige verklaring terug te trek dat president Jacob Zuma sy ampseed geminag het deur na bewering nie die kunstenaar, Brett Murray, te beskerm nie. Lekota het hierdie aantygings twee weke gelede gemaak tydens die presidensië...
Skolerugby 12.06.2012 11:04
Waarheen is die land se skolerugby op pad? Dis 'n vraag wat al hoe meer gevra word te midde van berigte van toenemende ernstige beserings, gevegte op en van die veld af, en waarskuwings dat skolerugby sy sin vir waardes verloor. Cobus Bester praat hieroor met 'n vise-hoof van die Hoërskool Marais Viljoen aan die Oos-Rand en dr. Willem Boshoff, chiropraktisyn en voormalige voorsitter van die goue L...
Johannesburg kry bykomende waardasie-lys vir 2012 11.06.2012 3:35
Die Stad Johannesburg het aangekondig dat hy 'n bykomende waardasie-lys vir 2012 saamstel. Dié lys sal sowat 83 000 bestaande eiendomme raak. Die sperdatum vir die indien van besware op dié waardasies is 29 Junie. 'n DA-raadslid van die stad se Cresta-omgewing, Laurette Van Zijl, sê die nuwe waardasies sal beteken dat huiseienaars meer belasting van 1 Julie af sal betaal.
Ekonomie: nog moeilike tye voor 11.06.2012 15:51
Die hoofekonoom van die Tak Visserye van die Departement Landbou, Bosbou en Visserye, Jacques van Zyl, sê die internasionale finansiële krisis is lank nie verby nie. Hy sê die wêreld, ook Suid-Afrika, gaan nog harde bene kou voor hy deur die trog kan kom. Cobus Bester praat hieroor met Van Zyl en ook met die hoofekonoom van die Efficientgroep, Dawie Roodt.
Die naderende einde van die Melkweg 08.06.2012 4:38
Hoewel ons nie juis ons asems hoef op te hou oor die naderende onheil nie, laat sterrekundiges se aankondiging vandeesweek oor die moontlike einde van die Melkweg heelwat stof tot nadenke. Cobus Bester praat hieroor met RSG se wetenskapkorrespondent, prof. George Claassen van die Universiteit van Stellenbosch.
Phillip Tobias sterf 08.06.2012 6:20
President Jacob Zuma sê Suid-Afrika het 'n wêreldbekende wetenskaplike en unieke mens verloor met die dood van die paleo-antropoloog, prof. Phillip Tobias. Die 86-jarige Tobias het gister by die Donald Gordon Mediese Sentrum in Johannesburg aan prostaatkanker gesterf. Hy is beskou as een van die wêreld se uitstaande intellektuele, wat 'n ongelooflike vermoë gehad het om die wetenskap te ontsyfer....
Woord van die week 08.06.2012 3:42
Cobus Bester praat met die Uitvoerende Redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, oor die woord van die week.
Afrikaanse skole moet meer klasse in Engels aanbied 06.06.2012 11:00
Die Gautengse onderwysdepartement wil hê ses Afrikaanse skole in Johannesburg moet elkeen volgende jaar twee bykomende Engelse klasse akkommodeer. Die skole wat verlede week deur 'n distriksbestuurder oor dié besluit ingelig is, is die hoërskole Randburg en Linden en die laerskole Fountainebleau, Unika, Louw Geldenhuys en Fairland. Maar die skole meen almal hulle is vol en voorsien ook dat hulle i...
Turkye 06.06.2012 12:23
Turkye is besig om homself as 'n streeksmoondheid en selfs 'n wêreldmoondheid te posisioneer. So het die politieke redakteur, Jan-Jan Joubert, gister in Beeld berig. Die land is ook in die kollig met adjunkpresident Kgalema Motlanthe wat later vandag na Turkye vertrek op 'n ampsbesoek. Cobus Bester praat hieroor met Jan-Jan en Anita Visser wat drie weke gelede saam met 270 ander Afrika-joernaliste...
'n Pa se geveg vir gelyke toesigregte oor sy kind 05.06.2012 3:41
Suid-Afrika het 'n hoë egskeidingsyfer en dit lei tot hofsake oor wie toesig oor die kinders moet kry - gewoonlik die moeder en nie die pa nie. Wessel Snyman van Pretoria is vervreem van sy vrou en sien sy kind net vier keer 'n maand nadat sy vrou toesig gekry het. Snyman sê die hof is nie altyd aan die pa se kant nie. Hy sê die regters maak besluite gebaseer op verklarings en kom nie na die ouers...
Spraakvryheid 30 Mei 2012 30.05.2012 14:50
Die bohaai wat oor die omstrede Spear of the Nation-skildery losgebars het, het al wat mens is weer laat gryp na die Grondwet, ander wetgewing en die massas het ook die strate ingevaar. Maar luister 'n mens na die redenasies deur verkillende partye vanoor die politieke spektrum, staan dit ook duidelik uit: daar is dalk meer vrae as wat daar grondige kennis is. Mense se optrede word in baie gevalle...
Girl 29 Mei 2012 29.05.2012 3:07
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy nege-jarige stiefdogter vermoor en haar lyk in 'n vrieskas weggesteek het, het in die hof by die Pretoria Sentraal gevangenis verskyn. Daniella Gaysma van Eersterust, oos van die stad, het Saterdagmiddag vermis geraak. Die polisie was besig om 'n foto van haar te versprei, toe haar lyk in 'n vrieskas in die gesinswoning gevind is.
Zuma-skildery hofsaak uitgestel 24.05.2012 2:14
Die saak teen twee mans wat daarvan aangekla word dat hulle 'n skildery van President Zuma beskadig het, is tot 28 Junie uitgestel. Die hofsaak sal in die Hillbrow Landdroshof in Johannesburg plaasvind. 'n Johannesburgse sakeman, Barend le Grange, en 'n taxibestuurder van Limpopo, Lowie Mabokela, word daarvan aangekla dat hulle die kunswerk, wat Zuma se geslagsdele vertoon, in die Goodman-galery i...
Nasiebou belangriker as kuns - Le Grange 24.05.2012 4:33
Een van die mans wat teregstaan weens die beskadiging van Brett Murray se omstrede skildery van president Jacob Zuma sê hy het dit gedoen omdat nasiebou belangriker is as kuns. Die 58-jarige Barend le Grange is Dinsdag saam met sy medebeskuldigde, Lowie Mabokela, in hegtenis geneem nadat hulle die portret met onderskeidelik rooi en swart verf toegetakel het. Le Grange, 'n sakeman van Gauteng, sê h...
Die etiek van sterwenshulp 22.05.2012 12:51
Sogenaamde lewenseinde-besluite bly 'n omstrede, sensitiewe saak vir baie. Daar was uiteenlopende reaksie op die onlangse geval waar die Kaapstadse professor Sean Davison huisaanhouding in Nieu-Seeland moes uitdien nadat hy erken het dat hy sy terminaal-sieke moeder, 'n mediese dokter, op haar versoek gehelp het om te sterf. Dis 'n optrede wat onmiddellik lei tot allerhande debatte en vrae, alles...
Internasionale Dag Teen Homofobie 17.05.2012 11:44
Vandag is die Internasionale Dag Teen Homofobie. Homofobie se definisie loop wyd, maar kom neer op 'n wye reeks negatiewe houdings en gevoelens jeens homoseksualiteit of mense wat homoseksueel is of so verdink word. In baie lande word dit vandag gelyk gestel aan rassisme, antisemitisme en enige ander vorm van vooroordeel wat daarop gemik is om mense se menslikheid te ontken. Cobus Bester praat hie...
Kinders ken nie meer troeteltaal nie 16.05.2012 4:07
Baie kinders kan nie presies sê wat die woord TROETEL beteken nie, maar dit laat hulle aan liefde dink. Dit is volgens die meestersverhandeling van Gerda Simpson van Stellenbosch. Sy het op 82 haar MPhil-graad in Leksikografie aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Simpson sê toe sy op 78 afgetree het as ontvangsdame van haar seun, dr. Andre Simpson, se mediese praktyk, het sy besef dat sy...
Duisende eise vir besering aan diens nie uitbetaal nie 10.05.2012 5:02
Duisende mense wat ernstig seergekry het en vermink is in ongelukke by die werksplek kry nie betalings van die Vergoedingsfonds nie. Die Departement van Arbeid het in Oktober 2011 'n nuwe stelsel geimplementeer wat glo tot foute en vertragings by uitbetalings gelei het. Die besturende direkteur van die vergoedingsagentskap Compsol, Fritz Luttigh, sê as daar na die syfers gekyk word wat in die jong...
Suid-Afrikaners raap Olimpiese kaartjies op 09.05.2012 3:52
Plaaslike sportliefhebbers het reeds al die beskikbare 2 860 kaartjies opgeraap om toeskouers by vanjaar se Olimpiese Spele in Londen te wees. Dié individuele kaartjies en pakkette was deel van die eerste fase van kaartjies wat aan Suid-Afrikaners beskikbaar gestel is. Die laaste aansoeke om kaartjies wat deur Suid-Afrika se amptelike kaartjieverskaffer, Fli-Afrika, van die hand gesit word, word o...
Lagterapie al meer gewild in SA 09.05.2012 4:43
Daar word altyd gesê dat lag die beste medisyne is. Dit is wetenskaplik bewys en lagterapie het so ontstaan. Dit is in die jare sewentig deur 'n mediese dokter in Indië begin en word nou al in sowat 70 lande in meer as sewe-duisend lagklubs aangebied regoor die wêreld. In verskeie lande is lagterapeute deel van die personeel by klinieke en hospitale en veral in die onkologie- en psigiatriese afdel...
Franschhoek skud vere reg vir literêre fees 09.05.2012 4:08
Die sesde Franschhoek Literêre fees vind hierdie naweek op Franschhoek in die Wes-Kaap plaas wanneer van die land se voorste skrywers met gewone mense gesels. 'n Bundel verhale en gedigte van studente in die kreatiewe skryfwerkprogram van die Universiteit van Wes-Kaapland word ook tydens die fees bekend gestel.
Betty se hawe 09.05.2012 4:51
'n Vrou van Nelsville buite Nelspruit is die afgelope 17 jaar besig om straatkinders, weeskinders en kinders wat deur hulle ouers weggegooi is, te versorg. Betty Mandlazi is aan die hoof van Betty se Hawe. Deesdae is sy ma van 17 kinders wat haar voltydse aandag en liefde nodig het. Sommige van hierdie kinders is nie net fisies nie maar ook verstandelik gestremd. Enigeen wat Betty en die 17 kinder...
Van der Rheede: ANC besef Afrikaanses is uiteenlopend 09.05.2012 4:01
Die ANC het gister tot die besef gekom dat hulle persepsie oor die mense wat Afrikaaans praat, verkeerd is. Dit is die mening van die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut, Christo van der Rheede. Die ANC het gister 'n vergadering met verskeie Afrikaanse organisasies en ander rolspelers in Johannesburg gehou.
Jack Parow op verhoog bygedam 03.05.2012 3:08
Die kletsrymer Jack Parow sê die lede van 'n skare wat hom in Newcastle van die verhoog afgejaag het, is skynheilig. Parow, die alias van Zander Tyler, het die naweek by die Newcastle-winterfees in Kwazulu-Natal gesing. Parow het nog twee liedjies van sy vertoning oorgehad toe 'n toeskouer op die verhoog gespring het en hom wou slaan. Sensitiewe luisteraars moet kennis neem dat die volgende bydrae...
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos