RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Craig Marx-verdagtes se borg geweier 20.01.2015 5:25
Borgtog is gister geweier vir drie van die vyf beskuldigdes in die Craig Marx-moordsaak. Landdros Charlene Nuyt sê die drie beskuldigdes het nie buitengewone omstandighede bewys, wat hulle vrylating sou regverdig nie. Jacques Steenkamp doen verslag.
Nuwe kerkleier praat oor toekoms 19.01.2015 5:36
Die Johannesburg-sentraal Metodiste kerk het 'n omstrede verlede,met honderde buitelandse vlugtelinge wat die kerk jare lank as skuiling gebruik het. Biskop Paul Verryn, wat die hoof van die gemeente was, is nou verplaas na Soweto en is bekend vir sy onortodokse bediening. Met sy vertrek moes die vlugtelinge ander blyplek kry en die kerk 'n ander herder. Jamaine Krige het by die kerk gaan inloer e...
Kanker dalk uitgewis teen 2050 16.01.2015 4:25
Die daaglikse gebruik van aspiriene kan die sleutel wees tot die stryd teen kanker. Dit is volgens navorsing van die University College London, wat ook wys dat kanker teen 2050 dalk heeltemal uitgewis kan wees, mits daar 'n daadwerklike verandering in mense se leefstyl kom. Die hoof van navorsing by die Kankervereniging van Suid-Afrika, dr. Carl Albrecht, sê die voorspelling is nie noodwendig wens...
Is gratis onderwys haalbaar? 15.01.2015 14:20
Is gratis onderwys en tersiêre opleiding in die land haalbaar? En indien wel, is dit noodwendig wenslik? Die kenners voorspel groot toenames in onderwyskoste oor die volgende tien of meer jaar. Waar lê die oplossing? Cobus Bester praat hieroor met die hoofekonoom van die Efficientgroep, Dawie Roodt, en met die direkteur van die Sentrum vir Bedryfswiskunde by Noordwes Universiteit, prof. Riaan de J...
Max du Preez bedank by Independent 15.01.2015 5:02
Die veteraanjoernalis, politieke kommentator en rubriekskrywer, Max du Preez, het as rubriekskrywer by die Independent Media-groep bedank. Du Preez het sy bedanking per brief aan die Independent-groep se Groep Uitvoerende Redakteur, Karima Brown, gerig. Dit volg op die groep se besluit om 'n verskoning te plaas ná Du Preez se rubriek van twee weke gelede, waarin daar na die "Zuma Wrecking Ball" ve...
Vanjaar in die parlement 14.01.2015 11:12
Vanjaar se parlementsitting beloof om 'n lewendige affêre te wees, veral as Julius Malema sy sin kry. Die omstrede leier van die EFF het reeds belowe dat president Zuma se staatsrede by die opening van die sitting ontwrig sal word as hy nog nie verlede jaar se vrae beantwoord het oor sy omstrede Nkandla-woning nie. Wat kan ons vanjaar te wagte wees? Cobus Bester praat hieroor met die politieke ont...
Bygelowe oor geboorte 14.01.2015 5:41
Die lewens van baie swanger vroue en hulle ongebore kinders in Suid-Afrika word in die gevaar gestel deur bygelowe en mites oor swangerskap en geboorte. Gesondheidswerkers probeer deurgaans swanger vroue oortuig om nie potensiëel gevaarlike bygelowe na te volg nie. Maar die pogings is dikwels tevergeefs in 'n land waar kultuur soms belangriker geag word as wetenskap. Verskeie navorsingstudies dui...
Reaksie op satire en godsdiens 12.01.2015 12:42
Los dit wat heilig vir ander is uit en moenie mense affronteer nie. Dit is die reaksie van die meeste luisteraars wat Vrydag op Monitor se vraag oor satire en godsdiens reageer het. Ons wou weet of satire grense behoort te hê, veral wanneer dit by godsdiens kom. Dit volg na verlede week se aanval op die Franse tydskrif Charlie Hepdo waarin ekstremiste in Frankryk die tydskrif se gespot met die pro...
Komedies koning by die SA loket - Deel 2 09.01.2015 6:03
In 2015 sal Suid-Afrikaanse komedies en romantiese komedies steeds die meeste geld by die plaaslike loket verdien. Só voorspel ontleders nadat O SCHUCKS, YOUR COUNTRY NEEDS You R27-miljoen en PAD NA JOU HART bykans R12-miljoen by die loket verdien het. Monitor gee 'n terugblik op die 2014 plaaslike fliekkalender.
Komedies koning by die SA loket - Deel 1 08.01.2015 8:30
Komedies kraai steeds koning by die Suid-Afrikaanse loket. In 2014 is 22 plaaslike flieks in teaters vertoon. SHUCKS, YOUR COUNTRY NEEDS YOU het die meeste geld verdien. Hier is 'n terugblik op die 2014 plaaslike fliekkalender.
Monitor 25 Desember 2014 24.12.2014 44:30
Spesiale Kersuitgawe van RSG se nuusaktualiteitsprogram.
Gaye Derby-Lewis praat oor haar man se parool. 19.12.2014 8:25
Gaye Derby-Lewis is moedeloos, kwaad en baie geïirriteerd met die SAKP se pogings om haar man, Clive Derby-Lewis, se vrylating op mediese parool, keer op keer te fnuik. Clive Derby-Lewis is al vier keer vir mediese parool aanbeveel. Vandeesweek was die kwessie weer in die kollig met die S.A.K.P se verklaring dat Clive Derby-Lewis geen berou toon vir sy aandeel in die moord op die SAKP leier, Chris...
Aanwysers van lewe op Mars 18.12.2014 3:26
Die Curiosity verkenningstuig wat vroeër vanjaar gelanseer is op sy sending na Mars, het groot opgewondenheid veroorsaak met sy nuutste ontdekking. Van die bevindinge dui op 'n toenemende moontlikheid dat daar lewe op die planeet was of kan wees. 'n Hoofingenieur by die Suid-Afrikaanse ruimteagentskap SANSA, Eugene Avennant, sê behalwe vir bewyse van water wat op die planeet gevind is, is daar ook...
Taliban aanval 17.12.2014 8:50
"Onmenslik en barbaars" is die woorde wat Clayson Monyela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse regering gebruik om gister se Taliban aanval op 'n skool in noordwes Pakistan te beskryf. 141 mense is in die aanval dood. Die politieke ontleder verbonde aan die Quaid-i-Azam Universiteit in Islamabad, Ahmed Malik lewer kommentaar.
Zuma onthul versoeningsbrug 17.12.2014 2:59
President Jacob Zuma sê versoening is moontlik indien elkeen 'n poging aanwend om dit te bewerkstellig. Hy het duisende mense in Noord Kwazulu-Natal toegespreek by die nasionale versoeningsdag byeenkoms by Ncome in Nquthu. Dit is die terrrein van die historiese Bloedrivier geveg tussen die Zulus en die Voortrekkers op 16 Desember in 1838.
SA sesde grootste verbruiker van Whiskey 17.12.2014 3:54
Suid-Afrikaners word al hoe groter liefhebbers van whiskey. Die land is nou die wêreld se sesde grootste verbruiker van whiskey en die plaaslike mark het die afgelope jaar met 120 persent toegeneem. Whiskey-fynproewers van regoor die wêreld was onlangs in Sandton byeen vir die ENB Whiskey LIVE fees. Die meester-distilleerder van die Three Ships Whiskey-reeks Andy Watts sê van die whiskeys is so ge...
Voortrekker Monument op Versoeningsdag 17.12.2014 3:17
Honderde Suid-Afrikaners en toeriste was teleurgesteld toe die son gister op Versoeningsdag nie om twaalfuur op die senotaaf in die Voortrekkermonument in Pretoria geskyn het nie. Die monument is ontwerp sodat 'n ligstraal slegs om twaalfuur op 16 Desember elke jaar op die woorde "ons vir jou Suid-Afrika" op die senotaaf val. Die dag is in die verlede Geloftedag genoem omdat dit die dag is waarop...
Meer vrae oor gyselaarsdrama in Sydney 17.12.2014 7:29
Eergister se gyselaars drama in Martin Place, Sydney, het die lewens van die Lindt Cafe bestuurder, die 34-jarige Tori Johnson en 'n 38-jarige advokaat, Katrina Dawson geeïs en vier ander beseer. Nou dat die stof gaan lê het, is dit tyd vir besinning met die Australiese premier Tony Abbott wat wil weet hoe dit moontlik is dat 'n moeilikheidmaker met 'n geskiedenis van geweld soos die Iranees, Man...
Kerstyd in die buiteland 17.12.2014 4:24
Dis veral tydens Kerstyd wanneer baie Afrikaanssprekendes in die buiteland erg huistoe verlang. Danksy 'n Predikant van die Helderbaai onafhanklike gemeente in die Strand, gaan sommige van hulle op Vrydag 19 Desember 'n spesiale kersdiens kan ervaar. Ds Wally du Toit se gemeentelede strek tot in die Midde-Ooste en hulle skakel gereeld in vir sy dienste. En waar 'n paar Afrikaanssprekendes in die b...
Gyselaarsdrama in Sydney 16.12.2014 10:09
Drie mense is dood, insluitend die Iranees wat mense gister in Sydney se sentrale sake gebied se Lindt gebied vir 16 uur lank gyselaar gehou het. Die terroris, 'n Iranees, Man Haron Monis, het 'n geskiedenis van onstabiliteit. dr. John Bruni, 'n risiko bestuurs konsultant in Adelaide lewer kommentaar.
Dion George lewer kommentaar oor SARS se probleme 15.12.2014 15:08
Die afgelope twee jaar is die Suid-Afrikaanse inkomste diens se goeie beeld en proffesionele benadering tot belasting insameling wat met die beste ter wêreld vergelyk, besig om te taan. Dr. Dion George die Demokratiese Alliansie se Skadu-Minister van Finansies, wat al jare lank sy vingers op Jan Taks se pols het lewer kommentaar.
Onderwysers moet ook ANA-toetse skryf. 15.12.2014 2:44
Die DA het die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, gevra om in te gryp om te verseker dat wiskunde onderwysers bekwaam en opgelei is om onderwys te gee. Die party is bekommerd oor die uitslae van die Jaarlikse Nasionale Assesserings toetse ook bekend as ANA -toetse, en het met 'n aksieplan vorendag gekom. Leerders het vanjaar oor die algemeen swak gevaar in die Wiskunde vaardigheidstoe...
Beplanningskomitee vir United FRONT 15.12.2014 2:00
Die voormalige ANC-swaargewig, Ronnie Kasrils, is die naweek verkies tot die beplanningskomitee vir die United Front. Die aktivis Zachie Achmat en ander voormalige ANC-lede is ook deel van die komitee. Volgens Kasrils het 'n nuwe politieke rolspeler dringend noodsaaklik geword.
Mej. Wêreld se ouers 15.12.2014 3:35
Die vreugdevure brand hoog sedert Rolene Strauss gisteraand in Londen as Mej Wêreld vifr 2014 gekroon is. Monitor het gisteraand enkele minute na die kroning met Hennie en Teresa Strauss gepraat oor Rolene se prestasie. Hier is hulle reaksie.
Gelukwensings vir Mej. Wêreld, Rolene Strauss. 15.12.2014 1:40
Gelukwense stroom in na die 22-jarige Suid-Afrikaanse mediese student, Rolene Strauss, as Mej. Wêreld gekroon is. President Jacob Zuma, Proudly SA en die DA sê Strauss is 'n toonbeeld van die skoonheid en talent wat Suid-Afrika kan lewer.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos