RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 16.06.2017 6:25
Volgens beskikbare statistiek is een uit elke twee mense, jonger as 25, werkloos. En dit lyk nie asof die situasie baie vinnig gaan verbeter nie. Een van die teenvoeters hiervoor is entrepreneurskap. Anita Visser en Heindrich Wyngaard praat nou hieroor met Martin van Staden van die Vryemarkstigting.
Monitor 16.06.2017 4:06
'Ou wingerde is Suid-Afrika se erfenis', so sê 'n wingerdboukundige by Visual Viticulture, Jaco Engelbrecht. Volgens opgetekende data is van Suid-Afrika se wingerde meer as 'n eeu oud. Engelbrecht het aan Melissa Tighy verduidelik dat hoewel sulke wingerde meer werk nodig het, gee dit unieke wyn.
Monitor 16.06.2017 4:52
Die land se jeug moet nie hul ideale van 16 Junie 1976 vergeet nie al lyk dit asof die Zuma-administrasie ver daarvan af weg beweeg het. Dít is die strekking van 'n onderhoud wat Anita Visser onlangs met die oud-minister, kommunis en struggle veteraan, Ronnie Kasrils, gevoer het.
Monitor 16.06.2017 5:15
Verskeie deskundiges, insluitende een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde voormalige wateringenieurs, sê voldoende watertoevoer aan Johannesburg en ander streke van die land kan in die toekoms bedreig word. Dit volg na jare se vertragings aan 'n uitbreiding van die Lesotho Hoogland-waterprojek. Suid-Afrika het in 1998 die eerste water van díe projek, in die vorm van damme wat grootliks deur die...
Monitor 14.06.2017 4:15
Koos Roets se afskeidsboodskap is een van die talle wat by PG du Plessis se roudiens voorgelees is. Roets het onder meer saam met Du Plessis gewerk aan Kooperasiestories, Siener in die Suburbs en Nag van die Negentiende. Anna-Marie Jansen van Vuuren vertel meer.
Monitor 14.06.2017 4:37
'n Immigrasiekenner sê die beweerde omstandighede waaronder die Gupta-familie se Suid-Afrikaanse burgerskap toegestaan is, is ongewoon. Craig Smith, van Craig Smith & Associates, sê daar is nog baie vrae wat beantwoord moet word oor hoe die Guptas vir burgerskap gekwalifiseer het. Malixole Gwatyu doen verslag.
Monitor 14.06.2017 2:46
'n Gedenkdiens is gister vir die ontslape skrywer PG Du Plessis by die NG Kerk Noord in Potchefstroom gehou. Vriende en familie het hier afskeid geneem van 'n man wat volgens hulle tot op die einde nog vol kwinkslae was. Sy kleinseun en naamgenoot, Pieter du Plessis, wat in die plaaslike filmbedryf as PG de Jonge bekendstaan, vertel van sy oupa se gedenkdiens.
Monitor 14.06.2017 3:29
RSG het die afgelope maand amptelik teruggekeer na 'n beleid om 76% plaaslike musiek te speel. Die SAUK is voorheen onder die leierskap van die voormalige bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, verplig om 90% plaaslike musiek te speel. Die voorsitter van die tussentydse SAUK-raad, Khanyisile Kweyama, het aan die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie gesê dat Motsoeneng nie 'n goue handdruk gaa...
Monitor 13.06.2017 4:28
Min mense besef nog die waarde van 'n dieretuin, en veral van een wat nog boonop goed bestuur word. Die woordvoerder van die Nasionale Dieretuin in Pretoria, Craig Allenby, sê hoewel dieretuine toeriste-aantreklikhede is, het hulle 'n ander doel wat baie dieper strek. Díe doel is navorsing! Melissa Tighy praat met Allenby oor hul jongste projekte.
Monitor 13.06.2017 4:28
Min mense besef nog die waarde van 'n dieretuin, en veral van een wat nog boonop goed bestuur word. Die woordvoerder van die Nasionale Dieretuin in Pretoria, Craig Allenby, sê hoewel dieretuine toeriste-aantreklikhede is, het hulle 'n ander doel wat baie dieper strek. Díe doel is navorsing! Melissa Tighy praat met Allenby oor hul jongste projekte.
Monitor 12.06.2017 1:36
Die wegholbrande in die Tuinroete is uiteindelik onder beheer. Sedert Woensdag het die brande 'n pad van verwoesting deur Knysna, Plettenbergbaai en die omliggende gebiede geloop. Die dodetal weens die brande in díe streek het nou tot sewe gestyg, ná die dood van 'n vrou in die hospitaal. Sy is die ma van 'n vierjarige meisie wat vroeër vandeesweek in 'n brand gesterf het. 'n 63-jarige vrywillige...
Monitor 12.06.2017 5:44
Die brande wat die afgelope vyf dae in en om Nelson Mandela Baai gewoed het, is in bedwang gebring, en daar is geen onmiddellike gevaar nie. Die brande het twee lewens geëis, duisende hektar plantegroei en plaasgronde verwoes, en 'n aantal strukture waarvan die privaatskool Woodridge College een is, vernietig. Veronica Fourie doen verslag.
Monitor 12.06.2017 3:58
"Ek voel magteloos, leeg" - só vertel 'n inwoner van Knysna wie se huis verlede week in die verwoestende brande afgebrand het. Meer as 'n honderd huise is deur die brande in puin gelaat. 'n Eiendomswaardeerder, Neels Muller, is een van die mense wat alles in die brand verloor het.
Monitor 09.06.2017 6:10
Huldeblyke stroom steeds in na die dood van die bekende TV- en radioaanbieder Johann Botha. Hy is Woensdagaand tydens 'n gewapende rooftog in Johannesburg doodgeskiet. Marlinee Fouche berig sy dood is begroet met skok en woede.
Monitor 08.06.2017 6:19
Drie mense is dood in 'n verwoestende brand in Knysna. Talle brande, aangeblaas deur 'n sterk wind, het dele van Knysna en omgewing in puin gelê. Dianke Nel het het die brandweerhoof van die Knysna Munisipaliteit, Clinton Manuel, gepraat oor die jongste verwikkelinge.
Monitor 08.06.2017 5:44
In een van sy laaste onderhoude het die afgestorwe PG du Plessis aan Izak du Plessis vertel hoe hy oor God en die dood dink.
Monitor 07.06.2017 6:14
Bob Dylan het 'n Nobelprys ontvang en moes 'n lesing gee oor die werk wat hierdie toekenning moontlik gemaak het. Op Sondag, 4 Junie, is sy amptelike Nobel-lesing vir Letterkunde aan die wêreld bekendgestel. Dylan se lirieke is deur die jare haarfyn ontleed, in die hoop om 'n dieper boodskap of groter betekenis te vind. Maar was dit werklik sy bedoeling? Kan sy musiek regtig ontleed word? Marlinee...
Monitor 06.06.2017 4:52
Die Gupta-familie se maatskappy, Oakbay Resources and Energy, is sy JSE-borg kwyt. River Group is 'n JSE-borg en aangewese adviseur. Oakbay sê in 'n verklaring die rede vir River Group se beëindiging van hul dienste, is weens 'n hersiene evaluering van die risiko's verbonde aan die maatskappy en sy aandeelhouers. Anita Visser praat hieroor met die hoof van die Skool vir Ekonomiese- en Sakewetenska...
Monitor 05.06.2017 5:37
The Airplane Factory, 'n Suid-Afrikaanse vliegtuig vervaardiger, het die afgelope naweek sy deure oopgemaak vir vlieëniers om te kom kyk hoe hulle vliegtuie bou. Justin Kennerley het by die toer in Tedderfield, suid van Johannesburg, aangesluit en díe verslag saamgestel
Monitor 02.06.2017 4:39
Hewige kritiek word oor 'n wye internasionale front uitgespreek oor die Amerikaanse president, Donald Trump, se aankondiging dat Amerika hom aan die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering onttrek. Trump se besluit volg ná verlede week se vergaderings met Europese leiers. Trump het op 'n mediakonferensie gesê dit 'n swak ooreenkoms is vir Amerikaners en hy staan by sy verkiesingsbelofte om werker...
Monitor 02.06.2017 8:05
Sedert verlede naweek is die land behoorlik aan die gons oor e-posse van die Gupta-familie wat uitgelek het, en steeds stuksgewys openbaar gemaak word. Die familie word reeds beskuldig van 'n staatskaping en is berug daarvoor dat hulle hand om die blaas met president Zuma is. Dit blyk dat NOG e-posse uitgelek sal word en dat dit gaan bewys tot watter mate die Gupta-familie mag het oor die regering...
Monitor 01.06.2017 3:42
Die teorie dat Afrika die wieg van die mensdom is, is weer bevestig. So beskryf kenners die eerste, suksesvolle poging om antieke mummies uit Egipte se DNS te ontsyfer en met díe van moderne Egiptenare te vergelyk. Hanri Wondergem het by ons wetenskapskorrespondent, George Claassen, uitgevind hoe dit gedoen word en hoe dit ook lig werp op migrasiepatrone.
Monitor 30.05.2017 3:23
Die wêreld staan op die punt van die vierde nywerheidsrewolusie, maar Suid-Afrika is vasgevang in die tweede nywerheidsrewolusie. Dit is die mening van Dirk de Vos, 'n beleggingskenner by QED Solutions. Metzi van der Merwe het met hom gepraat.
Monitor 30.05.2017 3:01
In 'n poging om erdwurms, en die waarde wat hulle by die ekosisteem voeg, meer toeganklik en verstaanbaar te maak, het honderd spesies nou nuwe name. Twee wetenskaplikes het die eenvoudiger Engelse name gekies. Hanri Wondergem het met dr. Adrian Armstrong, een van die wetenskaplikes verbonde aan Ezemvelo KZN Wildlife, oor díe projek gesels.
Monitor 26.05.2017 4:24
Die volgende bydrae bevat dalk besonderhede wat sensitiewe luisteraars kan ontstel. Prostitusie in Springs, aan die ooste van Gauteng, gaan onversteurd voort ten spyte van die onwettigheid van die bedryf. Vroeër die week het die polisie 'n Nigeriese-burger, Edozi Obi, in hegtenis geneem vir die beweerde ontvoering van jong meisies vir prostitusie. Dae later kon baie sekswerkers waaronder meestal t...
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos