RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 29.06.2017 8:12
Een van die wêreld se kleurrykste en mees uitgesproke tennislegendes, John McEnroe, het die spreekwoordelike kat in die duiwehok losgelaat met sy uitspraak dat die nommer een vrouester, Serena Williams, waarskynlik maar die sewehonderdste posisie op die wêreldranglys sou beklee indien sy teen mans meegeding het. Ons praat hieroor met 'n sportsielkundige, dr. Henning Gericke.
Monitor 29.06.2017 7:32
Die Johannesburgse Hooggeregshof het gister beslis dat geen beheerliggaam of openbare skool slegs een geloof in skole mag voorhou, terwyl ander gelowe uitgesluit word nie. Een van die redes wat aangevoer is, is dat gemeenskappe toegelaat moet word om te diversifiseer ná die ongelykhede van die verlede. Ons praat hieroor met die woordvoerder vir die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie,...
Monitor 28.06.2017 3:40
Die voormalige ANC-LP en oud-ambassadeur, Melanie Verwoerd, praat met Heindrich Wyngaard oor die moontlikheid van 'n Ramaphosa/Dlamini-Zuma pakt vir ANC-leierskap.
Monitor 27.06.2017 5:52
Ná die Springbokke se reeksoorwinning teen die Franse, lê die Kampioene-reeks teen Argentinië, Australië en Nieu-Seeland in Augustus voor. Heindrich Wyngaard praat met die Bok-afrigter, Allister Coetzee.
Monitor 27.06.2017 4:28
Suid-Afrika het die meeste mense in die wêreld, byna sewemiljoen, wat met MIV leef, maar bestuur ook die wêreld se grootste antiretrovirale program. Díe medisyne wat gratis beskikbaar is by staatsklinieke, hou sowat viermiljoen mense aan die lewe. Maar MIV-spesialiste is bekommerd oor al hoe meer tienermeisies en jong vroue wat met die virus geinfekteer word. Darren Taylor doen verslag.
Monitor 27.06.2017 12:37
Noordwes se premier en die ANC se provinsiale woordvoerder, Supra Mahu Mapêlo, vra dat 'n volkstemming gehou word om te bepaal of Jacob Zuma moet bedank of nie. Maar hoe HAALBAAR is so 'n voorstel en wat sou so 'n referendum kos? Wat is dan ook die politieke implikasies van díe voorstel wat vanuit 'n sterk pro-Zuma kamp kom? Ons praat met Mari Harris van IPSOS en emeritus professor, Marinus Wieche...
Monitor 27.06.2017 2:49
Sowat vyf-en-'n-halfduisend uit die veertienduisend padsterftes van 2016, is voetgangers. Só sê die woordvoerder van die Automobiele Assosiasie (AA) van Suid-Afrika. Die organisasie het kragte gesmee met onder andere die internasionale organisasie, Road Safety Grant Programme, as deel van 'n veldtog om voetgangers se sigbaarheid op die pad te verbeter.
Monitor 27.06.2017 5:45
Die leier van die Noord-Ierlandse Democratic Unionist Party (D.U.P), Arlene Foster, was in Londen om samesprekings met premier Theresa May te voer oor Brexit. Intussen het 'n Spaanse politikus openlik verskil van die E.U Raad se Donald Tusk en die Europese Kommissie se Jean-Claude Juncker se reaksie op Theresa May se aanbod rakend EU burgers in die V.K . Anita Visser praat hieroor met Roland Henwo...
Monitor 27.06.2017 3:00
Die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, vra dat die SAUK bewerings moet ondersoek dat hy in redaksionele besluite van die provinsiale kantoor van die openbare uitsaaier inmeng. Mahumapelo sê hy beskou die aantygings in 'n ernstige lig. In 'n brief aan die SAUK se hoofkantoor dring hy daarop aan dat die bronne van die bewerings, ondersoek moet word. Malixole Gwatyu berig.
Monitor 27.06.2017 2:16
Die waarnemende kommissaris van Korrektiewe Dienste, James Smalberger, sê diegene wat verantwoordelik is vir die beweerde ontkleedansskandaal by die Johannesburg Medium B-gevangenis, sal vervolg word. Dit volg nadat foto's op sosiale media versprei is wat wys hoe skraps geklede vroue gevangenes tydens die Jeugmaand-vieringe vermaak. Marlinee Fouche berig.
Monitor 26.06.2017 3:48
Ons praat verder oor een van ons hoofstories, en dit is die nuus dat die Gupta-familie glo op vooraanstaande politici gespioeneer het. Die nuwe inligting veroorsaak 'n vertrouensbreuk tussen die regerende party en landsburgers. 'n Oud-parlementslid en nou politieke ontleder, Piet Coetzer, vertel vir Marlinee Fouche dat dit uit hierdie inligting duidelik is dat die Gupta's nie skroom om onwettig, v...
Monitor 26.06.2017 3:40
Die afgelope naweek het daar nuwe inligting na vore gekom uit die omstrede, gelekte Gupta e-posse. 'n Exel dokument wat die oorsese reisbesonderhede bevat, van onder andere die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, en die EFF-leier, Julius Malema, is glo deur 'n amptenaar binne die departement van Binnelandse Sake aan die Guptas verskaf. Marlinee Fouche berig dit is nie die enigste hoo...
Monitor 26.06.2017 11:52
Die ANC se beleidskonferensie begin Vrydag by Nasrec in Johannesburg. Ons praat met prof. Susan Booysen van die Universiteit van die Witwatersrand oor díe beleidskonferensie.
Monitor 26.06.2017 6:33
Qatar het eise deur die Verenigde Arabiese Emirate, Bahrein, Egipte en Saudi Arabie verwerp dat die nuuskanaal Al Jazeera waarvan die hoofkantoor in Doha gestel is, moet sluit. Díe is een van dertien eise as voorwaarde vir die normalisering van diplomatieke verhoudings wat op 5 Junie opgeskort is. Ons praat met Theo Bekker van die Noordwes Universiteit hieroor.
Monitor 23.06.2017 6:13
'n Bekende Amerikaanse belegger, Jim Rogers, voorspel dat 'n borrel in die Amerikaanse ekonomie weer die wêreld se markte in duie kan laat stort, en dít dalk nog selfs later vanjaar. Die 74-jarige meen dat dit die ergste ineenstorting kan wees in sy leeftyd. Melissa Tighy het díe voorspelling met plaaslike ekonome bespreek.
Monitor 23.06.2017 4:09
Dit is sy liefde vir rugby, en sy algemene belangstelling in Suid-Afrika, wat prof. Derek Catsam van die University of Texas of the Permian Basin in Amerika gereeld na Suid-Afrika laat reis. Heindrich Wyngaard gesels met hom oor sy liefde vir ons geliefde land.
Monitor 22.06.2017 9:09
'Slegs 49 uit die land se 263 munisipaliteite het in die 2015/2016 boekjaar skoon oudits behaal,' dít volgens die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, se nuutste verslag oor munisipaliteite. Heindrich Wyngaard praat met die adjunkminister van die plaaslike regering, Andries Nel, oor die kommerwekkende situasie.
Monitor 22.06.2017 9:14
'n Nadoodse geregtelike ondersoek na die dood van 'n struggle aktivis gaan heropen word. Dít volg nadat die 29-jarige, Ahmed Essop Timol, homself kwansuis 45 jaar gelede om die lewe gebring het deur op 27 Oktober 1971 uit 'n venster van die John Vorster polisiehoofkwartier in Johannesburg te spring. Die hoofkwartier is daarna deur struggle veterane na Timor Heights herdoop. Anita Visser praat met...
Monitor 22.06.2017 6:42
'Munisipaliteite in die Wes-Kaap vaar die beste as dit kom by die hantering van hul geldsake,' dít is deur die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, se nuutste verslag oor munisipaliteite aan die lig gebring. Heindrich Wyngaard praat met die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, hieroor.
Monitor 21.06.2017 2:43
Ons praat oor navorsing wat toon dat indien jy jou troeteldier saam werk toe vat, kan dit jou stresvlakke dramaties verlaag. 'n Rekenmeester by Mars Multisale Africa, Marisa de Beer, vertel van die inisiatief by hul kantore om hulle vierpotige kinders saam werk toe te neem.
Monitor 21.06.2017 5:39
Johann Sebastian Buis, 'n Suid-Afrikaner en tans professor in musiekwetenskap aan die Wheaton-Kollege in die VSA, praat met Heindrich Wyngaard oor onder meer die bevordering van meertaligheid deur musiek.
Monitor 20.06.2017 1:57
LET WEL: Die volgende bydrae bevat besonderhede wat sensitiewe luisteraars kan ontstel. Drie seuns van die Louis Botha Tegniese Hoërskool in Bloemfontein het in die kinderhof skuldig gepleit op aanklagte van verkragting. Dit volg na 'n voorval twee weke gelede waarby 'n 13-jarige meisie betrokke was. Die voorval is met 'n selfoon afgeneem, en die video is op sosiale media versprei. Die video wys g...
Monitor 20.06.2017 4:11
Die Johannesburgse hooggeregshof het artikel 18 van die Strafproseswet ongrondwetlik verklaar. Dit beteken die verjaringsperiode van 20 jaar vir seksuele misdrywe moet opgehef word. Die prokureur wat die wet in die hof uitgedaag het, Ian Levitz, sê dit is 'n groot oorwinning vir almal wat deur seksuele misdrywe geraak is.
Monitor 19.06.2017 5:45
Terwyl die onlangse verwoestende Kaapse storm vir sommige mense dalk al vergete is, is ander steeds besig om te help met die herbou van slagoffers se plakkershuisies. Die opvoedkundige sielkundige Quinton Adams vertel vir Heindrich Wyngaard van sy eie betrokkenheid hierby.
Monitor 16.06.2017 6:25
Volgens beskikbare statistiek is een uit elke twee mense, jonger as 25, werkloos. En dit lyk nie asof die situasie baie vinnig gaan verbeter nie. Een van die teenvoeters hiervoor is entrepreneurskap. Anita Visser en Heindrich Wyngaard praat nou hieroor met Martin van Staden van die Vryemarkstigting.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos