RSG

Monitor

News AF ↓ 4393 episódios

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

6 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Monitor 15.03.2018

Vroue wat in hulle middeljare fiks en aktief is, se kans om demensie in later jare te ontwikkel is 90 persent laer as vroue wat minder aktief en onaktief is. Dit is volgens 'n studie van Sweedse wetenskaplikes, wat aanlyn in die vaktydskrif, Neorology van die Amerikaanse Neorologiese Vereniging gepubliseer is. Vir meer hieroor praat ons nou met ons wetenskapkorrespondent, George Claassen.

Monitor 15.03.2018

Stephen Hawking wat gister op 76 in Cambridge dood is aan motorneuron-siekte, is al in 1963 met die toestand gediagnoseer. Maar wat behels motorneuron-siekte? Vir meer inligting hieroor, praat ons nou met die neuroloog, dr Etienne van der Walt:

Monitor 14.03.2018

Die departement van Landbou, Bosbou en Visserye slyp sy tande teen sindikate in die vissersbedryf. Amptenare in bestuursposisies van die departement se Vissery-tak, moet nou veiligheidsklaring kry. Dit volg na die inhegtenisname van nege amptenare wat verbind word met onwettige perlemoenhandel. Marlinee Fouche berig die departement het hom na staatsintelligensie gewend om amptenare se agtergronde...

Monitor 14.03.2018

Intussen berig Marlinee verder dat bedrog by Vissery-departemente glad nie 'n nuwe ding is nie....

Monitor 14.03.2018

Die bekende Britse fisikus, Stephen Hawking, is op die ouderdom van 76 oorlede. 'n Professor in fisika by Stellenbosch universiteit, Kristian Muller-Nedebock, sê Hawking is veral bekend vir sy werk oor swart gate in die ruimte....

Monitor 13.03.2018

Ons het gisteroggend met die registrateur van die Noordwes Universiteit, professor Marlene Verhoef, gepraat oor 'n konsep-taalbeleid wat aan die Universiteit se konvokasielede gestuur is, waarvolgens fakulteite, en nie die onderskeie kampusse nie, sal kan besluit in watter taal klas gegee moet word. Boonop doen 'n dokument die rondte wat voorstel dat die Pukke teen 2022 slegs Engels as voertaal ge...

Monitor 13.03.2018

Die gewilde sanger John Legend, het groot opgewondenheid veroorsaak toe hy die Stellenbosch Universiteitskoor op Twitter komplimenteer het met hulle weergawe van sy liedjie All of Me. Die koor se dirigent, Andre van der Merwe, het die treffer na aca-pella verwerk. 'n Video is op Youtube gelaai, en die legende self het hierop gereageer met een, kragtige woord: BEAUTIFUL...

Monitor 12.03.2018

Die organisasie South Africa Day het besluit om 'n opbouingsprojek in die Noordwes-dorpie Coligny te loods. Die dorp sal later hierdie maand weer in die nuus wees wanner twee mans in verband met die dood van 'n tienerjarige, Matlhomola Mosweu, in die hof sal verskyn. Anita Visser praat met die bedryfshoof van South Africa Day, Barend La Grange.

Monitor 02.03.2018

Om daai wen-gevoel terug te kry... Dit is die korttermyn doelwit wat die nuwe Springbokafrigter vir sy span het. Die slegste geheimhouding ooit - so word daar geskerts oor die aanstelling van Rassie Erasmus. Maar die aap is gister amptelik uit die mou gelaat: Erasmus sal die Springbokke afrig tot aan die einde van die 2023 Rugby Wêreld beker.

Monitor 01.03.2018

Vir meer as twee dekades het Suid-Afrika wetgewing wat veronderstel is om aborsies wettig en veilig te maak. So hoekom word daar steeds duisende onwettige, onveilige agterstraataborsies gedoen in een van die min lande wat vroue se voortplantingsregte beskerm? Mail and Guardian se Sentrum vir Gesondheidsjoernalistiek, Bhekisisa, het die vraagstuk by 'n werkswinkel in Johannesburg gepak. Hanri Wonde...

Monitor 01.03.2018

Die Instituut vir Rasseverhoudinge s^e daar is wydverspreide verwarring oor die fynere besonderhede van die ANC se planne om die grondwet te verander sodat grond sonder vergoeding van eienaars geneem kan word. Die Nasionale Vergadering het 'n mosie oor grondonteiening van die EFF aanvaar. Die beleidsgenoot by die Instituut wat grondkwessies bestudeer, Terrence Corrigan, s^e artikel 25 van die gron...

Monitor 28.02.2018

Verskeie nuwe kabinetslede is Dinsdag (27.02.18) , deur hoofregter Mogoeng Mogoeng in die Parlement ingehuldig.

Monitor 28.02.2018

Bheki Cele se terugkeer na die polisie as Minister van Polisie, is wyd en ook met gemengde reaksie verwelkom. Dit is veral in die lig van 'n huurooreenkoms skandaal vir polisiekantore, waaroor hy in 2011 afgedank is. 'n Misdaadkenner, Dr Johan Burger, beskryf Cele egter as een van die beste polisiehoofde sedert 1994 en wys daarop dat Cele nooit skuldig bevind is aan korrupsie nie.

Monitor 27.02.2018

President Cyril Ramaphosa het gisteraand sowat twee-derdes van die Jacob Zuma-kabinet met sy eie aanstellings verander. Heindrich Wyngaard praat hieroor met Melanie Verwoerd, 'n onafhanklike politieke ontleder.

Monitor 27.02.2018

President Cyril Ramaphosa het gisteraand sowat twee-derdes van die Jacob Zuma-kabinet met sy eie aanstellings verander. Heindrich Wyngaard praat hieroor met Melanie Verwoerd, 'n onafhanklike politieke ontleder.

Monitor 27.02.2018

Die negentien kositems wat van 'n BTW-toename vrygestel word, is glo nie genoeg nie. Verbruikers trek blykbaar ook nie honderd persent voordeel uit die vergunning nie. So sê Dr Tracy Ledger, van die Universiteit van die Witwatersrand, wat 'n groot deel van die probleem voor die deur van Suid-Afrikaanse kleinhandelaars plaas. Malixole Gwatyu berig...

Monitor 27.02.2018

Die negentien kositems wat van 'n BTW-toename vrygestel word, is glo nie genoeg nie. Verbruikers trek blykbaar ook nie honderd persent voordeel uit die vergunning nie. So sê Dr Tracy Ledger, van die Universiteit van die Witwatersrand, wat 'n groot deel van die probleem voor die deur van Suid-Afrikaanse kleinhandelaars plaas. Malixole Gwatyu berig...

Monitor 26.02.2018

'n Suid-Afrikaanse neuro-wetenskaplike, doktor Toni-Lee Sterley, verbonde aan die Universiteit van Calgary in Kanada, het pas deur middel van navorsing met muise bewys dat stres van een brein na 'n ander oorgedra kan word. Dis als weens feromene wat vrygestel word wanneer mens aan stres blootgestel word.

Monitor 23.02.2018

Dit gons in mediese kringe met die ontdekking van parasitiese wurms, wat gewoonlik net by beeste voorkom, in die oog van 'n vrou. Hanri Wondergem berig dat 14 wurms onder die vrou se ooglid uitgehaal is, maar dat die spesie beperk is tot sekere lande wat gelukkig nie Suid-Afrika insluit nie.

Monitor 23.02.2018

Dit gons in mediese kringe met die ontdekking van parasitiese wurms, wat gewoonlik net by beeste voorkom, in die oog van 'n vrou. Hanri Wondergem berig dat 14 wurms onder die vrou se ooglid uitgehaal is, maar dat die spesie beperk is tot sekere lande wat gelukkig nie Suid-Afrika insluit nie.

Monitor 21.02.2018

Die Universiteit Stellenbosch gaan 14 leiers in hul veld met ere doktorsgrade vereer, ter herdenking van sy eeufees. Die sakeman Patrice Motsepe, Aartsbiskop Thabo Makgoba, die Belgiese juris Barones Christine van den Wyngaert, en die Visekanselier van die Universiteit van Bath in die Verenigde Koninkryk, Professor Dame Glynis Breakwell, word vereer. Jean Esterhuizen berig dat die voormalige regte...

Monitor 21.02.2018

Universiteite sê hulle het vanjaar 'n toename in die getal geregistreerde eerstejaar studente. Die universiteite wag nog vir volledige befondsing van die Nasionale Studentehulp Skema - NSFAS. Sommige universiteite het vanjaar meer studente wat NSFAS befondsing ontvang, NA oud-president Jacob Zuma se aankondiging oor gratis tersiêre onderrrig.

Monitor 19.02.2018

'n Suid-Afrikaanse filmspan het gedoen wat niemand ter wêreld al voorheen gedoen het nie. Hulle het die blou wildebees migrasie oor die Masaai Mara in Kenia verfilm in virtuele realiteit. Dit beteken die kyker bevind hom- en haarself op 'n visuele vlak in die middel van die aksie, met 'n kopstuk wat 'n 360-grade beeld aan die kyker bied.

Monitor 15.02.2018

Suid-Afrikaners word vanoggend wakker met die nuus dat Jacob Zuma as president bedank het. Hy het die land laat gisteraand op 'n nuuskonferensie by die Uniegebou in Pretoria toegespreek.

Monitor 14.02.2018

Monitor het vanoggend met 'n verskeidenheid politici, ontleders en lede van die burgerlike samelewing gepraat oor Suid-Afrika se politieke krisis en die ANC besluit om president Jacob Zuma te herroep.

Ouça o podcast Monitor no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos