RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 17.04.2018 3:15
Die kragvoorsiener ESKOM sê daar is 'n tekort aan steenkool by nege van sy kragstasies. Die kragstasies sluit in Arnot, Hendrina en Komati. Die kragvoorsiener sê planne is in werking gestel om die tekort aan steenkool aan te vul. Jean Esterhuizen berig.
Monitor 16.04.2018 8:29
Die NERSA-onderhandelings begin vandag in die Wes-Kaap en sal landwyd tot in Mei plaasvind wanneer die laaste verhore in Gauteng sal geskied. Die onafhanklike energie kenner, Ted Blom, sal 80-duisend Suid-Afrikaanse verbruikers tydens die gesprekke verteenwoordig. NERSA hou vol dat die sittings niks te make het met die beoogde 33 % tariefverhoging waarvoor ESKOM by NERSA aansoek gedoen het nie, ma...
Monitor 16.04.2018 5:38
Augustus het oor die afgelope paar jaar sinoniem met vroue-stories geword. Alhoewel die media allerlei aspekte rakend vroue belig, is daar een sek-or van die samelewing wat min aandag kry - die vroue in ons tronke. Tans sit 4174 vroue in die land agter tralies. Drie vroue in die Bethal -maksimum gevangenis in Mpumalanga het hulle stories met Anita Visser gedeel.
Monitor 13.04.2018 3:34
Die koue oorlog tussen die direkteur-generaal van die Staatsveiligheidsagentskap, Arthur Fraser, en die inspekteur-generaal van Intelligensie, Dr Sethlumamaru Dintwe, sal dringend deur President Cyril Ramaphosa ondersoek moet word. Die is die mening van die DA en die burgerregte-organisasie, Right2Know, wat vra dat Ramaphosa vir Fraser in die pad moet steek. Dit volg na bewerings deur Dintwe dat F...
Monitor 13.04.2018 2:39
Ons het in die afgelope week breedvoerig berig oor die patentereg-wetgewing, met 'n spesifieke fokus op medikasie. Die verandering van die bestaande wetgewing is in die laaste fase van goedkeuring, maar hoewel dit toegang tot generiese produkte kan aanhelp, glo veral farmaseutiese rolspelers nie dit gaan die probleem oplos nie. Marlinee Fouche berig dat kommunikasie tussen die verskeie rolspelers...
Monitor 13.04.2018 6:51
Vroeër die week het ons op Monitor berig oor die soms onbekostigbare pryse van lewensnoodsaaklike medikasie. Ons het byvoorbeeld berig oor 'n vrou wat nou R75 000 vir haar kankermedikasie moet opdok. Aktiviste glo dis onmoontlik dat medikasie SO duur kan wees, en sê maatskappye maak onbehoorlike winste. Verder sê hulle die 20-jaar patentereg op medikasie moet eerder verminder word na tien jaar, so...
Monitor 12.04.2018 2:52
'n Wynboer en voormalige Hoogeregshofregter wie in 1995 grond aan sy arbeiders gegee het, bemiddel nou met die partye om die mislukte saak te red. Alan Nelson, eienaar van die plaas Nelson's Creek naby die Paarl in die Wes-Kaap, sê hulp is nodig vir die projek waarin 14 hektaar grond aan plaaswerkers oorgedra is. Sestien families het elk 10 persent van die grond gekry.
Monitor 11.04.2018 4:39
Die Change the Patent Laws veldtog is reeds die afgelope sewe jaar in 'n stryd gewikkel om toegang tot lewens-noodsaaklike medikasie in Suid-Afrika 'n realiteit te maak. Volgens die veldtog, veroorsaak huidige patentewetgewing dat farmaseutiese maatskappye 'n monopolie het oor lewensnoodsaaklike medikasie. Dit kan byvoorbeeld beteken dat pasiënte wat voorheen R4 500,00 per maand aan medikasie span...
Monitor 11.04.2018 4:35
Suid-Afrika is een van die lande wêreldwyd met die strengste toepassing van internasionale patentereg wetgewing. Dit word bepaal deur die TRIPS ooreenkoms, oftewel die ooreenkoms op handelverwante aspekte van intellektuele eiendom. Die ooreenkoms behels egter voorsorgmaatreëls wat meer buigbaarheid aan die ooreenkoms verleen, en toegang tot generiese produkte glo kan verbeter. Dit kanonder meer be...
Monitor 10.04.2018 4:17
Navorsing deur die Suid-Afrikaanse Onderwysers Unie toon dat onderwysers mondelings en fisies deur leerlinge geteister word. Die onderwysers voel ook uitgelewer aan leerlinge se uitdagende en geweldadige gedrag. Meer as drieduisend lede van die onderwysersunie het aan 'n meningspeiling oor dissipline by skole deelgeneem. 'n Raadgewer by die SAOU se professionele ontwikkelingsdiens, Marietjie Le Ro...
Monitor 10.04.2018 5:43
Heelwat Suid-Afrikaners het nie toegang tot lewensnoodsaaklike medikasie nie, omdat dit eenvoudig te duur is. Volgens die Stop the Patent Laws veldtog, is die hoof oorsaak hiervan die land se streng patentreg wetgewing. In verskeie gevalle word generiese produkte verbied, en is die oorspronklike medikasie of onbekostigbaar, of nie beskikbaar nie. Ons begin die reeks met Sue Johnson, 'n kanker pasi...
Monitor 10.04.2018 6:23
Heelwat Suid-Afrikaners het nie toegang tot lewensnoodsaaklike medikasie nie, omdat dit eenvoudig te duur is. Volgens die Stop the Patent Laws veldtog, is die hoof oorsaak hiervan die land se streng patentereg wetgewing. In verskeie gevalle word generiese produkte verbied, en is die oorspronklike medikasie of onbekostigbaar, of nie beskikbaar nie. Ons begin die reeks met Sue Johnson, 'n kanker pas...
Monitor 10.04.2018 5:43
'n Onlangse verslag deur die Cancer Alliance, dui aan dat sekere lewensnoodsaaklike kankermedikasie nie in die land beskikbaar is nie, omdat dit onbekostigbaar is in beide die openbare- en privaat sektore. Monitor het verneem dat dokters selfs in uitsonderlike gevalle, nie hulle pasiënte inlig oor behandeling wat in ander lande beskikbaar is nie, omdat pasiënte dit nooit in die hande sal kry nie....
Monitor 04.04.2018 4:21
Die lys van 19 kossoorte wat vrygestel is van belasting op toegevoegde waarde in die land is hopeloos te min. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ondersoek tans die lys om te kyk wat hierby gevoeg kan word. Ekonome het uiteenlopende standpunte oor die belasting op voedselprodukte wat gemik is op armes. Malixole Gwatyu doen verslag.
Monitor 04.04.2018 3:48
Een van die hoofdoelwitte wat die nuwe Suid-Afrikaanse Inkomstediens wil hersien is om sy eens groot maatskappyesentrum, wat deur die voormalige SARS-hoof, Tom Monyane gesluit is, weer op die been te bring. 'n Afname in belastingbetaling weens wantroue onder Suid-Afrikaners gaan ook dringend herstel moet word. So se^ Randall Carolissen van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens...
Monitor 02.04.2018 3:55
Die SAUK sê hy wag vir 'n volledige verslag oor 'n voorval Vrydag, waartydens 'n radio-aanbieder op SAFM, Sakina Kamwendo, halfpad deur haar uurlange Forum At Eight program van die lug verwyder is. Dit was Kamwendo se laaste program tussen ses uur en nege uur die oggend. Die Nasionale Redakteursforum, SANEF, sê die besluit deur die openbare uitsaaier om Kamwendo te verwyder, kom neer op sensuur. J...
Monitor 02.04.2018 8:30
Twaalf Britse toeriste is op die N17 tussen Warburton en Chrissismeer in Mpumalanga beroof. Die groep is deel van 'n televisieproduksiespan uit Londen, en was op pad om 'n kinderprogram in Swaliland te verfilm. Anita Visser praat met 'n verteenwoordiger van die Kamer van Handel en Toerisme in Ermelo, Athol Stark, oor die voorval.
Monitor 29.03.2018 8:00
Plaas uitsettings in die Wes-Kaap is onder die vergroot glas geplaas deur die Suid-Afrikaanse Menseregte kommissie tydens 'n spesiale indaba hiervoor, wat in die provinsie gehou is. Plaas werkers organisasies beweer al 'n geruime tyd dat plaas uitsettings in die provinsie hoogty vier en onverpoos voortgaan. Chris Nissen is die Wes-Kaapse menseregte kommissaris.
Monitor 29.03.2018 7:32
Groot onsekerheid heers oor wat die uitslag van vandag se mosie van wantroue teen die DA-burgemeester in die Nelson Mandela baai metro, Athol Trollip, gaan wees. Die EFF gaan die mosie teen Trollip bring, om die DA te "straf" omdat die party nie die EFF se mosie vir grond onteiening sonder vergoeding gesteun het nie. Professor Erwin Schwella van die Universiteit van Stellenbosch gee sy indrukke
Monitor 27.03.2018 3:00
Verskeie organisasies met belange in die landboubedryf sê die nasionale forum vir dialoog se grondonteieningsberaad is 'n eensydige affêre wat niks goeds vir die land inhou nie. Die geleentheid wat vandag en more plaasvind, word deur die In Transformation Initiative gereël. Volgens berigte sou president Cyril Ramaphosa die openingsrede gelewer het, iets wat Afrisake ook kritiseer. Izak du Plessis...
Monitor 26.03.2018 2:47
Die Xhosa rolprent Inxeba, oftwel The Wound het skoon skip gemaak by die glansryke Suid-Afrikaanse Film en Televisie toekennings, SAFTAS, wat die naweek by Sun City gehou is. Crystal-Donna Roberts is bekroon as beste aktrise in 'n rolprent, vir haar ROL in die fliek "Krotoa" wat die storie van 'n Khoi-slaaf met dieselfde naam vertel. Monitor praat met Roberts hieroor.
Monitor 23.03.2018 4:50
Mense wat deur vorige regeringsbeleid met betrekking tot grondbesit benadeel is, glo vrese vir die ekonomie as so 'n beleid nou weer ingestel word, is net gedeeltelik waar. Norman Makhutle wat deesdae in Noordwes bly, sê sy mense is na 1913 stelselmatig verarm en van hulle grond onteien. Dat regstelling hiervoor moet gebeur deur grond sonder vergoeding te onteien, is vir hom 'n uitgemaakte saak. M...
Monitor 23.03.2018 1:33
'n Merino skaapboer van Smithfield in die Vrystaat, Eddie Prinsloo, sê hy het besluit om een van sy plase aan die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming te verkoop, wat dit vir die plaaswerkers gekoop het. Prinsloo het 'n vennootskap met nege van sy plaaswerkers begin in die eerste landelike ontwikkeling projek in die provinsie waar plaaswerkers volle titelaktes sal ontvang. Vin...
Monitor 19.03.2018 3:20
Die plaaslike rolprent Meerkat Maantuig is deur drie internasionale kritici aangewys as een van die beste flieks van 2018. Dit is reeds wêreldwyd by veertien rolprentfeeste, van Noord-Amerika tot Suid-Korea, vertoon. Meerkat Maantuig se regisseur en draaiboekskrywer, Hanneke Schutte, het aan ANNA-MARIE JANSEN VAN VUUREN gesê dat verbeelding die sleuteldoepa in haar towerpot was.
Monitor 16.03.2018 3:06
Gautengers hoef voortaan nie meer in lang rye by klinieke te staan om chroniese medisyne te kry nie. Hulle kan dit nou by 'n outomatiese masjien kry. Die Gautengse Departement van Gesondheid in samewerking met die nie-winsgewende organisasie, Right To Life, het 'n E-apteek in ALEXANDRA, noord van Johannesburg geopen. Dit werk soos 'n outomatiese tellermasjien.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos