Anton
Mier op die mic
Ek skryf as "Mier op die man" en bespreek verskeie skrywes van bekende en onbekende skrywers en hoe elkeen se woorde die aspekte raak sryf wat in ons harte brand. Ek voer ook onderhoude met verskeie kunstenaars en hoor wat dit is wat hulle inspireer tot groter dinge. Dit sluit gedigte, kortverhale, prosa, draaiboeke, aanhalings en bykans enige samestelling in van woorde wat my binneste roer - en hopelik joune ook. Dit is hoofsaaklik in Afrikaans met hier en daar iets in Engels. Volg my @mieropdieman op InstagramMy werk is ook on KALIGRAFIE beskikbaar onder @ACGriffel
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: podcasters.spotify.com
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Die Mier en Kaalwoorde 25.10.2023 49:41
Ek sit in In_lightstudio_ en gesels met Ané van @kaalwoorde oor rondom skryf en woorde soek en vind. Hierdie was net lekker om te gesels so aan die einde van die jaar. Die akoestiek was nie goed nie maar die lig was uitstekend - soos in 'n fotografie studio. é
die mier en woord.vlam.pen 21.09.2023 1:08:12
'n Bonus episode met Woord. Vlam. Pen. Ek gesels met Karlien oor skryf en alles wat daarmee uit te maak het. Skrywers het meer as net woorde en idees in hul arsenaal. Geniet hierdie episode en laat my weet wat jy dink.
Die begin van die einde 20.08.2023 18:48
Ja dit is korrek. Seisoen een van die podcast kom amper tot 'n einde. Ek deel meer oor die bundel projek en wat alles voorlê vir Mier op die man. Ek lees ook so paar skrywes van: @mooiste_woorde @intensiteitvangevoel @duister_digter @ge_dink Dankie vir julle ondersteuning #like #share
Die twist 14.08.2023 19:09
Ek bespreek vandag die twist en illustreer hoe kragtig dit gebruik kan word in skrywes. Ek lees ook gedigte van: @digdagdogdigkuns @rijnwoorde @toe_boek
Die woorde wat ons eet 06.08.2023 29:15
hierdie episode was inspireer deur die gedagte..." wat gebeur in my brein as ek lees?" Ek vertel wat ek gelees het sonder om te tegnies te raak en deel ook woorde van almal wat hulle antwoorde ingestuur het. Dankie!!! Julle is presteerders! Ek lees ook woorde van: @_my_denke @geelchaos @_anonieme_verse_ Geniet dit!
Met die hand geskryf 30.07.2023 28:34
Ek vertel hier oor die digbundelprojek waarmee ek tans besig is en hoe die projek ontstaan het. Ek gesels ook oor die waarde van handgeskrewe briewe en stukke en wat die lesers en luisteraars daarvan dink. Geniet hom. Ek verwys na so paar kalligrawe en lees ook woorde van @truthpoetry82 @woord.vlam_pen @liewe_reisiger @heleen_de_haas @haas_ink @cecile.walters @beachscriber @leesetteturner
Die klein die groot en die woorde 23.07.2023 27:51
Vandag deel ek net woorde van minder bekende digters en skrywers op Instagram. Daar is waarlik goud versteek tussen die klippe soos: @byemetgeloof @verkwik @droom_dalk.dig_dalk @gedigte_en_gedagtes @liewe_reisiger @verlore_se_gooed @winterson_gedigte @woorde_met_gevoel @maak_kuns @kloumerke @drenkelingpoetry @langpad_gedagtes @intensiteitvanvoel @die_gebroke_digter @net_wat_die_hart_wil_hoor__ @vl...
Die spasies tussen alles 16.07.2023 26:52
Ek gesels oor die wit spasies tussen woorde, van stiltes en hoe dit baie meer sê as die woorde daar rondom. Ek lees skrywes van @skilder_met_digkuns @man_is_mot_gedigte @inkt_it charles bukowski @cashcarlospoet @trippyboer @woord.vlam_pen @a.h.gedigte @the.man.behind.the.curtain ek hoop julle geniet dit!
as kleur iets sou beteken 09.07.2023 29:12
ek bespreek vandag kleur in skrywes en ook lirieke en wat die insluit van kleure doen aan die emosie van skrywes. Ek het ook interessante vrae gevra en deel die luisteraars se terugvoer. Ook deel ek woorde van die volgende persone: @riananelofficial @almero_musiek @coetzee_jerome @versameling_van_gedagtes @hanna.skryf @notaboek_drome #kleur #podcast #afrikaans #musiek #lirieke #woorde #poësie
Kan poësie nog gevaarlik wees? 02.07.2023 28:14
Ek ondersoek bietjie die onderwerp van "gevaarlikheid aan kuns". Is dit gevaarlik? kan dit wees? Ek lees gedigte van @maak_kuns @hartsgeheime @dronk_in_liefde @ek_sweer_dis_ek Geniet dit en lekker luister
Die Mier en Botterblom 25.06.2023 42:53
Ek gesels hier met Maureen van @botterblom_gedagtes oor alles woorde. Ons leer haar bietjie ken en luister na die hart agter haar skryfwerk. Hier is ook 'n #shoutout na so baie skrywers en ondersteuners! Julle is almal legends.
Detail van die lewe 18.06.2023 22:58
Hier bespreek ek so paar van die klein goedjies wat gebeur wat die dag op helder. Ek bespreek die uniekheid van Wes Anderson films, en waar hy sy idees kry. Ek lees ook skrywes van @em_geskryf @botterblom_gedagtes @linda / @viljoen_marietjie @kopsuurlemoene Ek hoop julle geniet dit!
Hou aan spore maak 11.06.2023 24:04
Ek gesles vandag oor die plek van... lus om iets te bereik, om my spore te laat en dat ander dit waardig sou ag. Ek lees skrywes van bekende en minder bekende mense wat hierby aansluit. Ek het 'n paar goeie gesprekke gehad die week en deel my ervaringe. Genier dit saam my en share die episode met een persoon wat jy dink dit sal geniet. Ek lees woorde van Uys Krige, Elizabeth Eybers, @man_is_mo...
Die Mier en die Jakkals 07.06.2023 1:25:51
Ooo julle! Ek het die voorreg gehad om met Jak. J. Brits te gesels die aand voor die vrystelling van sy nuwe bundel: "Klanke van Jo". Ons gesels oor die begin van woorde en stories in sy lewe en hoekom poësie juis so blywend is te midde van alles waarmee hy betrokke is. Hierdie is meer as net 'n gesprek oor gedigte, dit handel oor die rou lewe en noodsaaklikheid van mens wees. Hou @m...
Lig is gewigloos 28.05.2023 24:57
Wat is lig en kan dit vergelyk word met woorde? Van watter lig hou jy? Ek gooi "lig op die onderwerp" en lees ook skrywes van @toe_boek @geelchaos @vlaktekons @botterblom_gedagtes
Die love letter 21.05.2023 29:32
Ek gesels oor die love letter a.k.a. liefbrief en wat luisteraars nog daarvan dink. Is die love letter al dood? Luister en vind uit. Ek lees 'n hele klomp gedigte van @man_is_mot_gedigte @dronk_digter @truthpoetry82 @danie_reenwolf @ongeskryf @alfabet_hart @__themusecollective__ Hier is ook so paar voice notes van luisteraars wat gedagtes oor die love letter deel.
Die Mier en die Blou Hoed 14.05.2023 50:46
Ek gesels met Alene waar sy in Noorwee haar doktorsgraad voltooi. Sy is 'n veelsydige skrywer en het onlangs ook 'n variasie van die pampoenkoekie resep gemaak. Ons gesels ook oor haar romans waarmee sy besig is. Volg haar op instagram @a_m_holder of besoek gaar webwerf amholder.com
Die draaiboek 07.05.2023 39:44
Julle! Ek gesels oor die draaiboek se struktuur en karakterontwikkeling. Ek brei ook uit oor die ooreenkomste tussen die basiese elemente van 'n draaiboek en poësie. ek lees skrywes van @anro_schutte a.k.a. @tydperk @duister_digter @mariolucienrene @liefdes_kalender Geniet hom!
Skryf die ondier 30.04.2023 28:14
Ek gesels oor die "ondier van Gevaudan" en hoe skrywers die verhale van slagoffers en oorlewendes verwoord het sodat die hele wêreld kon deel in die nuus en gebeure van Frankryk se grootste mense moordenaar. Te midde van dood, het lewe en hoop terug gekeur. Lekker luister
Die Mier en Marica 23.04.2023 1:22:31
Julle... Ek gesels met Marica Barnard. Dit is nou sy wat die Asbosteater uitgedroom het - vir die wat al iets daar gaan kyk het. Wat 'n gesprek! Ons gesels oor die skryf van haar album "LOUTER" en dit was agter die gordyne gebeur het. Ons gesels ook oor die uitdagings van die "kreatiewe" persoon. Geniet dit!
Wat wag ons nou? 16.04.2023 11:05
Ek gesels oor die oudste Middelnederlandse teks wat dateer uit die 12e eeu en hoe dit my fassineer. Ek brei daarop uit en bespreek ook 2 skrywes van @Liefdes_kalender en @jfg_fineart Luister die lekker kort episode en deel dit met ander as jy dit geniet het. Dankie en trap daai spore iewers in die stof.
600 jaar vroeër geskryf 09.04.2023 18:21
Die Paasnaweek episode waar ek die uniekheid deel van geskryfde asook kunswerke rondom Christus se dood. Ek lees ook 'n gedig van @vrou_is_vlam Ek hoop julle tyd was goed en vol rus.
Die mier en Toe_boek 02.04.2023 58:43
Ek gesels met Rachelle, beter bekend as @toe_boek. Jy weet van oomblik een af dat jy nog na haar stem wil luister en hoe sy vertel oor projekte waarby sy betrokke is. Sy is een van die gelukkiges wat skryf geniet as deel van haar beroep (nee sy skryf nie net gedigte nie). Geniet die een saam met ons en #like #share asb. want jy is prestasioneel!
Eerste Indrukke Tel 26.03.2023 34:40
Ek bespreek vandag die eerste indruk van skryfstukke op die leser. Ek skop af deur die 6 tipes skrywes kortliks te bespreek en voorbeelde te gee met gedigte van: @die_blommetuin @dagboekdigterpencilpoet @ongeskryf @die_skurwejantjie @alfabet_hart @filosofiese_gedagtes Dan lees ek die openings paragraaf(e) van so paar boeke om te sien of ons wel wil verder lees. Laastens bespreek ek antwoorde op 2...
Words_dont_always_come_out_right 19.03.2023 1:04:14
Hier gesels ek met Matt Keyser van @wordsdontalwayscomeoutright. Ek het hom ontmoet by @iamhestic se digaand, SINVOL en lekker gekuier. Sy skryfwerk is prakties en sy CRAFT BIER is puik. Sit agteroor en geniet die een!
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos