RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episódios

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

Arts

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

10 de jul de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 15 13.07.2023

Karl word in die sorgeenheid deur sy dogter en skoonmoeder besoek. Dit neem nie lank voor Bettie en Karl oor geld begin stry nie. Myburgh en Dennis maak ʼn plan om die hoodie-man te ontmasker.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 14 12.07.2023

Karl sterk aan in die hospitaal se sorgeenheid. Izel kuier, en die twee beplan wat gedoen sal moet word om meneer X tevrede te stel. Lauren is van plan om daardie aand nog van die Nova Sentrum weg te loop, en nooi Susan saam.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 13 11.07.2023

Richard vra vir Tanya of sy vir Dennis en Myburgh kan help om ʼn beter videobeeld van die ongeluk te kry. Terwyl Karl en Izel besig is om te bepaal hoeveel meneer X oor die trustfondse weet, stort Karl skielik ineen.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 12 10.07.2023

Magda laat Susan weet dat daar bewerings is dat sy dalk nie ten tye van die ongeluk agter die stuurwiel was nie. Dié nuus ontstel en verwar vir Susan. Karl vertel vir Izel van meneer X, en vra haar om te help.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 11 07.07.2023

Richard en Magda sit vas oor toegang tot Susan. Magda gooi wal teen die idee van enige kommunikasie tussen haar pasiënt en iemand van buite Nova Rehabilitasiesentrum. 

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 10 06.07.2023

Myburgh wys vir Dennis en Richard die beeldmateriaal wat sy veiliheidskameras die aand van die ongeluk vasgevang het. Die beeldkwaliteit is swak en dis moeilik om die man wat uit die motor klim, te kan identifiseer.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 9 05.07.2023

Tydens ʼn privaatsessie tussen Susan en dokter Lewis by die Nova Sentrum, vertel  Susan van haar minnaar, Johan. Laer daardie nag probeer Lauren om Susan met haar onttrekkingsimptome te help.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 8 04.07.2023

Susan en Lauren leer mekaar ʼn bietjie beter ken. Susan laat weet vir Lauren dat sy nou van strafbare manslag aangekla is. Meneer X plaas meer druk op Karl om die afpersgeld te betaal.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 7 03.07.2023

Richard verduidelik aan Tanya wat hulle tot dusver oor die ongeluk uitgevind het. Hy het die hof oorreed om Susan per videoskakel te laat verskyn vir die verandering van die klagtes teen haar. Bettie is bekommerd dat Essie miskien nie genoeg swot vir haar matriekeindeksamen nie. Essie laat glip dat sy dalk op ʼn seunsvriend by die skool verlief is.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 6 30.06.2023

Dennis kuier by Myburgh, en hoor in detail wat Sondag gebeur het. Daar is ʼn hele paar verrassings. Die ou man wil graag help om die geheimsinnige man wat Susan se motor bestuur het, vas te trek.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 5 29.06.2023

Richard laat Karl weet dat die fietsryer oornag in die hospitaal aan haar wonde beswyk het. Die klag teen Susan sal nou na strafbare manslag verander word. Dennis en Richard stel ondersoek in na die details van die ongeluk. Hulle ontmoet Myburgh wat ʼn heel ander teorie oor die ongeluk en bestuurder het.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 4 28.06.2023

Meneer X bel vir Karl. As Karl hom nie betaal nie, sal inligting uitlek oor die onwettige gebruik van geld uit sy trustfondse. Karl is desperaat, en probeer om sy finansiële probleme by die casino weg te dobbel.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 3 27.06.2023

Richard gee vir privaatspeurder Dennis Donovan opdrag om Susan se saak deeglik te ondersoek. Gedurende haar eerste afspraak met dokter Magda Lewis, senior sielkundige by die rehabilitasiesentrum, besef Susan hoe moeilik dit vir haar sal wees om sonder alkohol oor die weg te kan kom.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 2 26.06.2023

Susan Cilliers word op borgtog vrygelaat. Een van die borgvoorwaardes is dat sy ʼn maand by die Nova Rehabilitasiesentrum moet deurbring. Karl oorreed Susan om ʼn dokument te teken wat hom in beheer van al haar finansies plaas. By die Nova Sentrum stel Lauren, ʼn dwelmverslaafde, haarself aan Susan voor.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 1 23.06.2023

Susan Cilliers, ʼn bekende neurochirurg, word gearresteer en van dronkbestuur aangekla. Karl, haar man en ʼn bekende prokureur, word in die geheim deur ʼn onbekende meneer X afgepers. Lank versteekte verslawings en geheime word skielik blootgelê.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 60 (slot) 22.06.2023

Elvera is oorstelp wanneer sy vir Dieter sien. Janet laat Chris belowe hy sal haar onthou soos wat sy was.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 59 21.06.2023

Bets dwing Chris om sy pa te besoek. Beide Chris en Janet kry afsluiting.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 58 20.06.2023

Pearl, Shaun en Alice beplan 'n uitstappie. Aletta reik uit na Janet.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 57 19.06.2023

Louis se toestand versleg. Danny en Drikus se liefde seëvier.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 56 16.06.2023

Danny is ontsteld omdat Drikus op die plaas wil bly. Elvera vra raad by Bets.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 55 15.06.2023

Die vertoning vir Matt loop telkens skeef. Danny bel Pearl en vra haar hulp.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 54 14.06.2023

Aletta erken aan Roelf sy voel onseker oor die toekoms. Pearl daag op by Aletta en Roelf vir 'n onverwagse besoek, en loop Matt raak.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 53 13.06.2023

Saartjie en Matt is aangetrokke tot mekaar. Dieter is moeg daarvoor dat Elvera hom beheer.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 52 12.06.2023

Dieter vra raad by Bets. Matt ontmoet Saartjie.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 51 09.06.2023

Elvera probeer Chris oortuig om vrede te maak met sy pa. Dieter is onrustig.

Ouça o podcast Middagvervolgverhaal no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos