RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Kompas: Die impak van ‘n vriend se selfdood 04.09.2026 24:30
4 September 2026: Watter impak het ’n vriend se selfdood op jou? Ons praat met iemand wat só iets ervaar het.
Kompas: Hendré, die houtverkoper 03.09.2026 20:08
3 September 2026: Het jy geweet jy kan reeds op sewe jaar ‘n suksesvolle entrepreneur wees? Ons gesels met ’n jong knaap wat bewys dat jy nooit te jonk is om ’n suksesvolle besigheid te begin nie. Sy naam is Hendré, en hy verkoop hout.
Kompas: Angela is nie jou gewone mynwerker nie 02.09.2026 24:25
19 Augustus 2026: Angela Lindeque, 'n trotse boorling van Namakwaland, breek mure af en herdefinieer wat moontlik is vir vroue in 'n bedryf waar mans tradisioneel die reëls bepaal. Sy is een van slegs drie vroue in die hele land wat die mynreddingskursus suksesvol voltooi het. In Junie is sy as ‘n internasionale myn se sterpresteerder vir 2026 genomineer.
Kompas: Hersiening - Afrikaans Vraestel 2 01.09.2026 23:44
1 September 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 2 van Afrikaans.
Kompas: STEM-loopbane net vir mans? 31.08.2026 22:02
31 Augustus 2026: Baie jongmense dink dat STEM-, tegniese- en beroepsgerigte loopbane net vir mans is, maar is dit werklik die geval? Hoe kan jong vroue bemagtig word om daarin te tree?
Kompas: Bemiddeling as ‘n loopbaan 28.08.2026 23:57
28 Augustus 2026: Wat is bemiddeling, en is dit moontlik om dit as ‘n loopbaanrigting te volg? Barrie Ferreira vind uit wat dié rigting alles behels.
Kompas: Spesiale stemme 27.08.2026 19:46
Ilke Davids van die Oanafhanklike Verkiesingskommissie verduidelik wat spesiale stemme is, en wie aansoek kan doen.
Kompas: Ben Albertyn en Roberto Kyle 26.08.2026 23:05
26 Augustus 2026: Ons hoor van twee jong Suid-Afrikaanse kunstenaars wat die Silwerskermfees op sy kop gekeer het. Ben Albertyn is te sien in die drama, Landmyn. Dié film gaan oor drie broers en susters wat ná 'n dekade weer bymekaarkom, en hulle ma wat soos 'n landmyn op die punt staan om te ontplof. En, ons praat met Roberto Kyle, 'n akteur, skrywer én regisseur wat sy debuu...
Kompas: Hersiening - Wiskunde Vraestel 1 25.08.2026 22:22
25 Augustus 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 1 van Wiskunde.
Kompas: Die toeganklikheid van TVET-kolleges 24.08.2026 22:21
24 Augustus 2026: Hoe word leerders met gestremdhede bygestaan by TVET-kolleges? Wat moet nog gedoen word om toeganklikheid te verbeter?
Kompas: Honderde kilometers oor agt dae met sonkrag 21.08.2026 24:16
21 Augustus 2026: Barrie Ferreira maak ‘n draai by die Hoër Tegniese Skool John Vorster in Pretoria om te gaan kyk na sonkragmotor wat die leerders gebou het. Hulle gaan deelneem aan ‘n sonkaruithouren. Die projek gee vir hulle ‘n geleentheid om ander vaardighede aan te leer.
Kompas: Vrye en regverdige verkiesings 20.08.2026 18:20
20 Augustus 2026: Liezl Low van die Onafhanklike Verkiesingskommissie verduidelik wat vrye en regverdige verkiesings beteken.
Kompas: Saskia Pocock is die stem van RSG se nuwe boekvoorlesing 19.08.2026 25:17
19 Augustus 2026: Saskia Pocock was net 17 jaar oud toe twee oproepe van RSG haar lewenspad verander het. Sedertdien het sy gegroei van 'n skoolmeisie met 'n kultuurbalkie op haar baadjie tot 'n gevestigde kunstenaar wat radio, verhoog, besigheid en internasionale ervaring in een loopbaan saambring. Sy het nou 'n nuwe hoofstuk betree as die stem van RSG se oggendboekvoorlesing.
Kompas: Hersiening - Afrikaans Huistaal 18.08.2026 24:25
18 Augustus 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 1 en 3 van Afrikaans Huistaal.
Kompas: Hoekom is dit belangrik vir ambagslui om te registreer? 17.08.2026 21:24
17 Augustus 2026: As jy tans as ‘n ambagspersoon opgelei word, is dit belangrik dat jy moet registreer. Dit demonstreer jou bevoegdheid, verhoog jou geloofwaardigheid en lewer ‘n bydrae tot die vaardige, nasionale werkersmag waarop daar vertrou kan word.
Kompas: Stilstaan, vooruit of agteruit in jou loopbaan? 14.08.2026 23:19
14 Augustus 2026: Hoe kan jy bepaal of dit goed of sleg gaan met jou werk en loopbaan?
Kompas: Gedragskode vir kandidate en kiesers 13.08.2026 20:37
13 Augustus 2026: Ellsforth Booyse van die OVK praat oor die gedragskode vir kandidate en kiesers.
Kompas: Die kunstenaar in jou 12.08.2026 24:36
5 Augustus 2026: Kuns is nie net as iets wat teen ’n muur hang nie. Ons praat oor kuns as ’n stem. As ’n manier om te sê: “Dít is wie ek is. Dít is waar ek vandaankom. Dít is hoe ek die wêreld sien.” Miskien is daar ook ’n storie in jou wat wag om geteken, geverf, geskryf of vertel te word. Moenie wag tot alles perfek is nie. Begin waar jy is. Gebruik wat jy het. Jou stem maak saak, jou storie is...
Kompas: Hersiening - Chemie 11.08.2026 22:58
11 Augustus 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 2 van Fisiese Wetenskappe, naamlik Chemie.
Kompas: TVET-kollege maak deure oop 10.08.2026 21:41
10 Augustus 2026: Barrie Ferreira vind uit hoe studie by ‘n TVET-kollege deure vir jou oorsee kan oopmaak.
Kompas: Wat sê jy vir jou jonger self? 07.08.2026 20:48
7 Augustus 2026: As jy ‘n brief aan jou jonger self kon skryf, wat sou jy skryf? In hierdie Vrouedag-uitgawe, hoor ons wat ‘n paar meisies aan hulle jonger self sou skryf.
Kompas: Kandidaatnominasies 06.08.2026 18:27
Ellsforth Booyse van die OVK bespreek die vereistes om as proporsionele verteenwoordiging-kandidate in die munisipale verkiesing te staan.
Kompas: Poësie hoef nie vir matrieks kopseer te wees nie 05.08.2026 25:01
5 Augustus 2026: Poësie kan snaaks wees, dit kan musiek hê, en ja, dit kan selfs gerap word! Lefra Produksies bied twee poësieprogramme vir matrieks aan: VERSKUNS vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal, en VERSE IN MY INBOKS vir Afrikaans Huistaal. Aan die stuur is die akteur Phillru van Achterbergh, wat leerders op ’n vars, toeganklike en lekker manier deur hulle voorgeskrewe poësie help.
Kompas: Hersiening - Fisika 04.08.2026 21:32
4 Augustus 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 1 van Fisiese Wetenskappe, naamlik Fisika.
Kompas: Tegniese en Beroepsgerigte Onderwys- en Opleidingskolleges 03.08.2026 24:13
3 Augustus 2026: Wat is ‘n Tegniese en Beroepsgerigte Onderwys- en Opleidingskollege, en hoe verskil dit van ‘n tradisionele universiteit? TVET-kolleges en TVET-kwalifikasies maak deure oop vir indiensneming, entrepreneurskap en verdere studies.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos