RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

Education

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

5 de nov de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,7+ iOS em breve

Episódios

Kompas: Verstaan wat aanvullings jou bied 05.11.2026

5 November 2026: Wat neem jy werklik in wanneer jy aanvullings gebruik? Johan Nel van Nutritional Performance Labs (NPL) praat oor die belangrikheid daarvan om aanvullings se etikette te verstaan, en ingeligte keuses te maak.

Kompas: Wat kan ek doen om eksamenspanning te verlig? 04.11.2026

4 November 2026: Die matriekeindeksamen is aan die gang, en baie leerders voel oorweldig deur die lang ure, hoë verwagtinge en min hersteltyd. Konstante oorlading steel jou fokus, motivering en geheue. Hoe bou ’n mens ’n eenvoudige plan wat jou brein beskerm én jou punte dien? Kliniese sielkundige Monique Mostert praat oor die verskil tussen produktiewe spanning en skadelike uitbranding, die teken...

Kompas: SOS se beginnerrobotika-kompetisie 03.11.2026

3 November 2026: Robotika gaan oor veel meer as net robotte en rekenaars. Meer as 100 leerders het onlangs hulle vaardighede op die proef gestel tydens die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se beginnerrobotika-kompetisie. Ons vertel jou hoe so ’n kompetisie werk, en waarom dit belangrik is om leerders reeds op ’n jong ouderdom aan robotika bloot te stel.

Kompas: Jong mans se geestesgesondheid 02.11.2026

2 November 2026: Luister na ‘n storie van hoop van iemand wat bewusmaking skep oor jong mans se geestesgesondheid.

Kompas: Skoolfokus - Hoërskool Framesby 30.10.2026

30 Oktober 2026: Barrie Ferreira kuier by Hoërskool Framesby in die Oos-Kaap, waar hy met twee uitskieterleerders gesels.

Kompas: Stemme tel en bekendmaking van uitslae 29.10.2026

29 Oktober 2026: Ilke Davids van die Onafhanklike Verkiesingskommissie praat oor die stemtelproses en die bekendmaking van verkiesingsuitslae.

Kompas: Liefde is Rooi 28.10.2026

28 Oktober 2026: LIEFDE IS ROOI is ’n plaaslike film wat diep delf in familie, trauma, liefde en die krag van gemeenskap. In die kollig is twee akteurs wat ’n besondere bydrae tot dié verhaal lewer - Maxine Malgas, wat die rol van Karen vertolk, en Sanchia Davids, wat Mara speel.

Kompas: Akademia se eerste studentemusiekblyspel 27.10.2026

27 Oktober 2026: Hazel Janse van Rensburg gesels met Miné Noeth, kultuurkoördineerder by Akademia, oor Akademia se eerste studentemusiekblyspel, wat van 3 tot 10 Oktober by die Centurionteater op die planke was.

Kompas: Gly só stresloos deur die eksamentyd 26.10.2026

26 Oktober 2026: Eksamentyd is gevul met verskeie emosies. Wat moet jy doen tydens hierdie stresvolle tydperk om te verseker dat jy heel aan die ander kant uitkom?

Kompas: Fisiese Wetenskap-eksamenvoorbereiding 23.10.2026

23 Oktober 2026: Hoe berei jy voor vir ‘n Fisiese Wetenskap-eksamen? Barrie Ferreira deel praktiese raad en ‘n gratis hulpbron om jou daarmee te help.

Kompas: Hoe en waar word stemme getel? 22.10.2026

22 Oktober 2026: Ilke Davids van die Onafhanklike Verkiesingskommissie verduidelik hoe en wanneer stemme getel word, en moedig jongmense aan om aktief aan die demokratiese proses deel te neem.

Kompas: Lauren Louw 21.10.2026

21 Oktober 2026: Ons gesels met Lauren Louw van Delft. Sy is 'n top-gimnas, nasionale sportaerobiese kampioen en Protea-afrigter van Kaapstad. Sy het bo uitdagende omstandighede in Delft op die Kaapse Vlakte uitgestyg om 'n leidende figuur in Suid-Afrikaanse gimnastiek te word.

Kompas: POORT-skryfkompetisie 20.10.2026

20 Oktober 2026: Het jy al gehoor van die POORT-skryfkompetisie? Micke de Jager van DF Akademie is vanjaar as die wenner in die poësiekategorie aangewys met haar gedig, Hout met hartklop. Haar skoolmaat, Xyla Lottering, se prosastuk, Van hier tot daar, het haar ook ’n plek in die POORT-bundel besorg. Hierdie twee jong skrywers gesels oor hulle ervaring.

Kompas: Jongmense se gesondheidsuitdagings 19.10.2026

19 Oktober 2026: Jongmense staar verskeie gesondheidsuitdagings in die gesig, of dit nou fisies of geestelik is. Hoe groot is die probleem, en wat kan daaraan gedoen word?

Kompas: Verse in my inboks 16.10.2026

16 Oktober 2026: Moet poësie slegs uit ‘n boek gelees word, of kan dit op ’n ander manier lewe kry as ‘n teatervertoning? Ons praat oor ‘n insistief wat dalk by jou skool ‘n draai kan kom maak.

Kompas: Die beskerming van die verkiesing 15.10.2026

15 Oktober 2026: Ilke Davids van die Onafhanklike Verkiesingskommissie bespreek die belangrikheid daarvan om die verkiesing te beskerm.

Kompas: Johan Maarman, die stigter van Dromdoks 14.10.2026

14 Oktober 2026: Elke week sleep ons ons vullisdromme tot voor die huis in die straat. Ons dink nie twee keer daaraan nie. Wanneer laas het jy regtig in daai drom gekyk? Die stank, die wurms, die bakterieë wat daar broei? Vir die meeste van ons is dit 'n probleem wat ons ignoreer, maar vir een jong man in Lambertsbaai was dit die begin van 'n droom. Johan Maarman (20) is die stigter van Dromdoks –...

Kompas: Poësieprogramme vir matrieks 13.10.2026

13 Oktober 2026: Hazel Janse van Rensburg gesels met akteur Phillru van Achterbergh, Afrikaansonderwyser Petro Steenkamp en regisseur Frans Swart oor die poësieprogramme wat Lefra Produksies vir matrieks aanbied.

Kompas: Nasionale Studente Finansiële HulpSkema 12.10.2026

12 Oktober 2026: Wat is die doel van die Nasionale Studente Finansiële HulpSkema?

Kompas: Diplomasie as beroep 09.10.2026

9 Oktober 2026: Barrie Ferreira praat met ‘n Amerikaanse diplomaat oor diplomasie as beroep.

Kompas: Spesiale stemme 08.10.2026

Ilke Davids van die Onafhanklike Verkiesingskommissie bespreek spesiale stemme.

Kompas: Nikita staan haar vrou as treindrywer 07.10.2026

7 Oktober 2026: Nikita Maarman is 'n treindrywer. Sy vertel hoe dit is om in ’n tradisionele mansgedomineerde bedryf jou plek te vind; wat dit verg om 'n trein te bestuur; en watter raad sy vir jong Suid-Afrikaners het wat werk soek.

Kompas: Hersiening - Besigheidstudies 06.10.2026

6 Oktober 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Besigheidstudies.

Kompas: Geestesgesondheidberoepe 05.10.2026

5 Oktober 2026: Barrie Ferreira vind uit watter beroepe daar in die geestesgesondheidsveld is.

Kompas: Watter loopbane het grootste kans vir indiensneming? 02.10.2026

2 Oktober 2026: Die werkloosheidsyfer onder gegradueerdes in Suid-Afrika is ontstellend hoog. So hoe gemaak as jy ‘n graad het, maar steeds nie werk kan kry nie?

Ouça o podcast Kompas no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos