RSG

Groeipyne

Kids AF ↓ 620 episódios

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Autor

RSG

Categoria

Kids

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

9 de jul de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Groeipyne 19.10.2017

Johan van Lill praat met Ine de Vries, 'n voorligtingsielkundige, oor hoeveel skermtyd toelaatbaar is vir kinders.

Groeipyne 12.10.2017

Johan van Lill praat met dr. Susanne Jacobs oor hoe om skeidingsangs by kinders te hanteer.

Groeipyne 05.10.2017

Johan van Lill praat met kenners oor tienerswangerskappe. Twee maatskaplike werkers vertel hoe ouers en versorgers die situasie moet hanteer, wat die regte van albei ouers is, en die moets en moenies van hoe die situasie in die skool hanteer kan word.

Groeipyne 28.09.2017

Johan van Lill praat met kenners oor Fetale Alkoholsindroom (FAS), spesifiek oor die potensiaal van ouer kinders en tieners wat hieraan ly.

Groeipyne 21.09.2017

Hoe kan terapeute jou kind help wanneer dinge nie goed gaan by die skool nie? Ons kenner is spelterapeut Wietske Boon.

Groeipyne 14.09.2017

Hoe gemaak as my kind wil tou opgooi met 'n buitemuurse aktiwiteit of stokperdjie. Francois du Plessis, 'n karate-instrukteur, gee raad oor hoe om kinders te motiveer om deur te druk wanneer die buitemuurse aktiwiteit uitdagings aan die kind begin stel.

Groeipyne 07.09.2017

Die winkelrakke is vol opvoedkundige apparaat. Johan van Lill vind uit watter apparaat 'n mens voor moet uitkyk, en hoe dit gebruik kan word om byvoorbeeld Wiskundigevaardighede te ontwikkel. Die kenner is onderwyskundige Marise Oberholzer.

Groeipyne 31.08.2017

Johan van Lill kyk na trauma en hoe gesinne dit moet hanteer. Kapings, molestering, sterftes en kinders wat wegloop, is deel van gesinne en families se alledaagse lewe. Hoe kan 'n gesin gehelp word met trauma? Die kenner is pastorale terapeut dr. Deon Bruwer.

24 Aug 24.08.2017

Johan van Lill kyk na die rol van reëls in die huis. Daar is nie baie mense wat nie van reëls hou nie, maar dit bly 'n lewensfeit dat gesinne nie daarsonder kan funksioneer nie.

17 Aug 17.08.2017

Johan van Lill praat met dr. Etienne van der Walt, 'n neuroloog, oor die impak wat tegnologie op kinders se breinontwikkeling het. Mag 'n kind byvoorbeeld langs 'n selfoon wat laai, slaap. En het opvoedkundige sagteware regtig die kognitiewe impak wat dikwels daarmee beloof word?

10 Aug 10.08.2017

Johan van Lill gesels met onderwyskenner Frieda Wilkens oor hoe om jou kinders lief te maak vir boeke en lees. Watter rol speel boeke in 'n wêreld waar kinders heeldag met tegnologie omgaan?

3 Aug 03.08.2017

Johan van Lill praat met Wietske Boon, 'n spelterapeut, oor toiletafrigting en hoe om jou kind daarmee te help. Wanneer begin jy, en hoe weet jy wanneer jou kind gereed is daarvoor?

27 Jul 27.07.2017

Johan van Lill praat met dr. Melodie de Jager, 'n ontwikkelingskenner, oor leerprobleme by kinders.

20 Jul 20.07.2017

Johan van Lill gesels verder met Wilna van Rooyen, die skoolhoof van Leeuwenhof Pre-primêr, oor 'n afmerklysie vir kinders grootmaak uit die perspektief van 'n voorskoolse onderwyseres.

13 Jul 13.07.2017

Johan van Lill gesels met Wilna van Rooyen, die skoolhoof van Leeuwenhof Pre-primêr, oor 'n afmerklysie vir kinders grootmaak uit die perspektief van 'n voorskoolse onderwyseres.

6 Jul 06.07.2017

Johan van Lill gesels met dr Ettienne van der Walt, 'n neuroloog, oor hoe die brein van konsepsie tot volwasse bedraad word.

29 Jun 29.06.2017

Johan van Lill gesels met Martjie Malan oor alles wat jy met kinders oor die wintervakansie kan aanpak om hulle besig te hou.

22 Jun 22.06.2017

Johan van Lill gesels met 'n opvoedkundige en skrywer, Marise Oberholzer, oor hoe om jou kinders by die huis met breuke in Wiskunde te help.

15 Jun 15.06.2017

Johan van Lill gesels met Charne van der Walt, 'n finansiële beplanner, oor hoe om jou kinders van jongs af te leer om met geld te werk, en hoe huishoudings oor finansies kan kommunikeer.

8 Jun 08.06.2017

Johan van Lill gesels met Annalise Kempen, die redakteur van Servamus Veiligheids- en Sekuriteitstydskrif, oor die hartseer realiteit van kindermishandeling. Ons gee wenke oor hoe om jou kinders veilig te hou.

1 Jun 01.06.2017

Johan van Lill gesels met 'n omgewingskundige, Peet Crous, oor hoe gesinne meer ekologies sensitief kan leef. Hoe kry jy jou kinders om te herwin, herbruik en te heroorweeg as dit kom by rommel.

25 May 25.05.2017

Johan van Lill gesels met Lizanne du Plessis oor hoe om goeie slaapgewoontes en -roetines by kinders te vestig.

18 May 18.05.2017

Johan van Lill gesels met ontwikkelingskenner, dr. Melodie de Jager, oor die ontwikkeling van die tassintuig. Die tassintuig is ons grootste sintuig en speel 'n belangrike rol in hoe kinders leer en ontwikkel. Ons gee wenke oor hoe ouers en versorgers dit tuis kan ontwikkel om kinders se passiewe leefstyl, wat die normale ontwikkeling van hierdie sintuig belemmer, teen te werk.

11 May 11.05.2017

Johan van Lill gesels met 'n pastorale sielkundige, Fanie Kriel, oor selfdood onder tieners.

4 May 04.05.2017

Johan van Lill gesels met prof. Jannie Feirrera oor kruisdominansie, en die rol wat dit kan speel om sekere kinders as aandagafleibaar te laat voorkom.

Ouça o podcast Groeipyne no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos