Willim Welsyn
WAT Met Willim Welsyn Podcast
Informele gesprekke en onderhoude met Suid-Afrikaanse kunstige en musikale mense WAT al goeters gedoen het.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Episode 36. - Best Of 2015 Met Shunt-Bites - Deel2 24.12.2015 1:10:23
In die tweede Best Of section spoeg en plak Willim vir jou al sy gunsteling brokkies interviews aanmekaar van uit episodes 11 tot 20 en hy las daai brokkies aan mekaar met sulke stukkies Shunt-bites. Flashback interview nuggets Kobus de Kock Jnr., AJ Graham, Riku Lätti, Hunter Kennedy, Martelize Brink, Henry Jack Cloete, Schalk Bezuidenhout, Jacques du Plessis, Albert Maritz en Louis Nel. Dis kers...
Episode 35. - Basson Laubscher 17.12.2015 1:31:10
Basson Laubscher het vir tien jaar sy Strat se tande geslyp as die lead guitarist in Zinkplaat, hy jol ook al ’n hele paar jaar sy guitar in die Valiant Swart band. Dus is hy legit. Ons gesels oor sy pa, ma, karate, sy eie band, sy lekker upbringing, Stellenbosch, die Bottelarypad, Kuilsrivier, Zinkplaat, Ann Jangle en hoe hy veraltyd gaan music maak. Merry Xmas.
Episode 34. - Conrad Jamneck 10.12.2015 1:40:12
Conrad Jamneck is ’n pedigree-paartie-scientist: as die lead-singer van The Fake Leather Blues Band, een van die main organizers van die STRAB festival in Mozambique, Casper de Vries se klankman en ’n mens met baie goue stories. Hulle gesels oor Conrad se legendariese pa en ma: oom Jammies en tannie Gerrie Jamneck, sy utopiese kinderdae op Badplaas buite Carolina, die move na Silverton en sy skool...
Episode 33. - Etienne Nel 03.12.2015 1:01:51
Etienne Nel is die mens wat al die langste saam met Willim in ’n band gespeel het as die drummer van Die Sunrise Toffies. Hulle word wakker na ’n awkward launch gig en gesels oor die ou dae, Etienne se geskiedenis, Die Sunrise Toffies, laerskool identiteitskrisisse, Stellenbosch, Kroonstad, Ladismith en Mystic Boer. Vhmusic.co.za is nou live! Die shop is gelaunch en gestock met moercool music, '...
Episode 32. - Best Of 2015 Met Shunt-Bites - Deel 1 25.11.2015 1:25:11
Die jaar staan einde se kant toe en dit is nou ’n goeie tyd om te begin recap WAT ons geleer het. Willim sit in ’n klein Hollandse kamertjie op die 17de vloer en hy spoeg en plak vir jou al sy gunsteling brokkies interviews uit die eerste 10 episodes uit. Hy las daai brokkies aan mekaar met sulke stukkies Shunt-bites. Flashback interview nuggets met Toast Coetzer, Francois van Coke, Piet Botha, A...
Episode 31. - Rian Zietsman 19.11.2015 1:12:42
Rian Zietsman is die main guitarist in Taxi Violence en een van die twee bassists in BEAST. Rian het onlangs ophou rook. Hy kom riff in die garage oor drie van sy main musical influences: Pink Floyd, Nirvana en Queens of The Stone Age. Daar’s stories oor Cape Town kids, buskinders, acid-koppe en ander kinders wat hulle CDs moes verbrand. Hulle gesels ook oor Taxi Violence, BEAST, day jobs en hoe h...
Episode 30. - Beer Adriaanse (Ivm Buurtwag) 12.11.2015 1:31:06
Beer Adriaanse kom kuier vir ’n tweede keer in die garage sedert episode 10 dat hy in diepte oor sy suksesvolle KykNET show Buurtwag kan gesels. Hy vertel hoe die show as ’n kortfilm begin het in 2012 by die Silverskermfees en wat alles agter die skerms en in sy persoonlike lewe moes gebeur voor ons die show op TV kon sien. Hulle riff ook oor wat dit beteken om Afrikaans te wees en oor hoe om krit...
Episode 29. - Abel Kraamsaal 05.11.2015 1:33:06
Abel Kraamsaal se heel eerste live show… ooit… was ’n opening set vir Koos Kombuis met ’n closing set deur Gian Groen. Abel kom kuier in die Kaap vir ’n week en hy maak ’n vinnige pitstop in die garage waar Willim hom heavey uit vra oor hoekom hy altyd voor ’n show ’n kat skiet, hoe Koos Kombuis sy mentor geword het en hoe de hel hy ’n qualified hypnotherapist geword het. Daar is ook mooi stories...
Episode 28. - Wayne Davidson 29.10.2015 1:20:35
Wayne Davidson is ’n baie likeable, gladdebek drummer wat ’n groot bydrae gelewer het gedurende die tydperk van Jan Blohm se rise to fame. Wayne het ’n knack om ’n goeie songwriter te recognise wanneer hy een sien - so dit maak sin dat hy al drums gespeel het vir ouens Gian Groen, Jan Blohm, Ryno Velvet en Abel Kraamsaal. Hy het ook al ’n hele paar random jobs gehad waarvan een by Bowline Distribu...
Episode 27. - Ryno Velvet 23.10.2015 1:38:39
Willim spoor onlangs ’n long lost Rolling Stone SA interview op wat hy met Ryno Velvet gedoen vroeg in 2014. Die interview was gedoen in dieselfde tyd toe die tydskrif besig was om te roggel in sy eie bloed – dus het hy nooit die lig gesien nie… tot nou toe. Hulle gesels oor videowinkel-culture, Ryno se albums, sy connection met Jan Blohm en sy nuwe album Alfabet – wat op daai stadium nog nie uit...
Episode 26. - Albert du Plessis 14.10.2015 1:11:39
Albert du Plessis het in 2000 Rhythm Records begin waar hy as “vroedvrou” gehelp het met die geboorteproses van ’n klomp legendariese albums deur ouens soos Fokofpolisiekar, Chris Chameleon, K.O.B.U.S!, Valiant Swart, Brixton Moord en Roof Orkes, Tassenberg All Stars - Live @ Tassenberg Stalteater en nog vele meer. Albert kom kuier in die garage en ons gesels oor grootword in Frankryk, sy connecti...
Episode 25. - Gertjie Besselsen 07.10.2015 1:47:27
Gertjie Besselsen is 'n actor, multi-instrumentalist, songwriter, sanger en een van die twee founding members van Mr. Cat & The Jackal - ’n theatrical Durbanville-based folk-rock band rooted tussen die bad blues se boozy boobs. Jacques du Plessis [op episode 19] is die ander founding member. Gertjie vertel vir Willim van al die heavy bands wat hy geluister het toe hy ’n laaitie was en hoe sy o...
Episode 24. - Liny Kruger 30.09.2015 1:15:01
Het jy al ooit gewonder hoe bands en kunstenaars radio en tv onderhoude kry? Of hoekom sommige sangers meer in die koerante en tydskrifte verskyn as ander? Vandag se gas is Liny Kruger van LK Mediabook en sy help al sedert die 90s om bands en kunstenaars famous te maak. Haar eerste PR gig skop af by Dirk Ace se Trippy Grape Records in Stellenbosch. En sedertdien het sy al publisiteit behartig vir...
Episode 23. - Francois Breytenbach Blom (Deel 2 van 2) 25.09.2015 51:01
In die tweede en laaste deel van Willim se interview met Francois Breytenbach Blom vertel hy toe V.O.D. ’n record deal gestrike het in Duitsland, hulle gigs in die UK, sy liefde vir Afrikaans poetry en daai keer toe hulle by hom in gebreek het en al die recordings van ’n nuwe K.O.B.U.S! album gesteel het. Hulle gesels ook oor hoe dit is om ’n metal-pa te wees, rugby, Koos Kombuis, Die Kruis, die u...
Episode 22. Francois Breytenbach Blom (Deel 1 van 2) 23.09.2015 53:15
Francois Breytenbach Blom is seer sekerlik die mainste metal-vocalist in Afrika en hy maak al sedert die 80s sy stem dik in Voice Of Destruction en meer onlangs ook in K.O.B.U.S! saam met Theo Crous. Hy bring die donderweer garage toe en vertel vir Willim van sy skooldae, toe hy die eerste keer KISS in St.5 gehoor het, sy dae in die weermag, sy eerste gig as ’n metal DJ en hoe hy eventueel by die...
Episode 21. - Theo Crous 16.09.2015 1:44:45
Theo Crous is die enigmatic guitarist vir Springbok Nude Girls en K.O.B.U.S.! Hy is ook ’n bo-baas producer en recording engineer by sy eie sy intansie - Bellville Studios - waar hy magic maak saam met artists soos Karen Zoid, Prime Circle, Dan Patlansky, Van Coke Kartel, Chris Chameleon, The Parlotones en nog vele meer. Hy kom plak in die garage en gesels met Willim oor duur en desirable karre,...
Episode 20. - Albert Maritz 09.09.2015 1:34:37
Albert Maritz se uiteenlopende loopbaan as akteur en stemkunstenaar het begin toe hy skaars elf jaar oud was. Hy kom kuier in die garage en vertel vir Willim wat se groot invloed sy pa, Dawie Maritz, op sy loopbaan en lewe gehad het. Hulle gesels oor Albert sy toneelstukke, rolverdelings en wat se invloed ’n goeie teks het wanneer dit kom by die vertolking van daai legendariese karakters soos Herm...
Episode 19. - Jacques du Plessis 02.09.2015 1:25:25
Jacques du Plessis is ’n multi-instrumentalist en een van die twee founding members in Mr. Cat & The Jackal – ’n theatrical Durbanville-based folk-rock band rooted tussen die bad blues se boozy boobs. Jacques kom polish ’n paar lang blikke Guinness in die garage en vertel vir Willim hoe hy en Gertjie Besselsen Mr. Cat & The Jackal begin het. Hulle gesels oor DIY-ethics, hoe Willim een aand...
Episode 18. - Schalk Bezuidenhout 26.08.2015 1:33:23
Schalk Bezuidenhout is ’n aspirant akteur maar meer as dit is hy ’n standup comedian wat nou baie vinnig begin naam maak het in die land. Sy gesig is op Comedy Central billboards, hy’t onlangs ’n Savana Comics’ Choice Award gewen, hy feature op Aromat adverts, hy doen Youtube skits, hy emcee musical festivals en dan open hy sommer ook vir Trevor Noah op sy nasionale toere voor duisende mense. En...
Episode 17. - Henry Jack Cloete 19.08.2015 1:37:42
Henry Jack Cloete is ’n veelsydige joernalis, skrywer, interviewer, sanger en kitaarspeler vir die post-apokaliptiese Afrikaanse Folk-Grunge band Die Skynmaagde. Henry en Willim is in dieselfde jaar gebore en hulle paaie het al ’n hele paar keer gekruis binne die mediakringe en musieklandskap van Suid-Afrika. Hy kom plak in die garage en Willim interrogate hom oor al sy eindelose jobs as ’n joerna...
Episode 16. - Martelize Brink 11.08.2015 1:10:36
Martelize Brink is die mens agter daardie bekende stem wat jy elke weeksoggend tussen 9:00 en 11:30 op RSG saam met Johan Rademan hoor. Sy kom kuier in die garage en vertel vir Willim van haar skooldae in die Paarl, hoe sy randomly by Maties FM op Stellenbosch haar tande as radio-omroeper begin slyp het en hoe sy op die ou end by RSG begin werk het. Hulle gesels ook oor haar bedrywige buitemuursak...
Episode 15. - Louis Nel 05.08.2015 1:29:22
Louis Nel is Taxi Violence se drummer en hy speel een van die twee baskitare in BEAST. Louis kom plak in Willim se garage en hulle travel terug in tyd waar hy as kind elke oggend die TableView/Kaapstad bus gevat het skool toe en hoe sy vriendskap met Rian Zietsman en Loedi van Renen begin het. Daar is kiff stories van sy Hoërskool band 508 se rivalry met George van der Spuy en AJ Graham se band Ho...
Episode 14. - Hunter Kennedy 29.07.2015 1:20:54
Hunter is die towerwoorder en kitaarspeler in Fokofpolisiekar - as ook die baskitaarspeler en tweede towerwoorder in Die Heuwels Fantasies. Hunter en Willim gesels oor die eerste Blood Brothers gig, daai keer toe Fokofpolisiekar by Willim se 21st gespeel het 10 jaar terug, toevallig ook die selfde jaar toe hulle Monoloog In Stereo uitgereik het. Hulle praat oor daai album se recording, oor hoe som...
Episode 13. - Riku Lätti 21.07.2015 1:47:58
----more----Riku Lätti kan dalk net die mees veelsydigste liedjieskrywer in Afrikaans wees. Hy kom klim diep binne Willim se garage se hart in met lieflike stories soos die keer toe hy vir Marlene van Niekerk ‘n kabaret geskryf en opgevoer het, hoe Radio Lava se concept album nou nog harte steel, hoe Gert Vlok Nel en Piet Botha deel was van die spark wat Die Wasgoedlyn begin het, en, en, en. Iets...
Episode 12. - AJ Graham 14.07.2015 52:19
AJ Graham speel bass vir Akkedis en The Lyzyrd Kyngs. Willim maak hom sit agter die mic een oggend op Piet Botha se stoep en hy vertel van sy eerste bands op Hoërskool, hoe hulle tot no.1 op Barney Simon se modern rock chart geklim het, funny toerstories saam met Akkedis en hoe ’n day job in ’n cubicle toe nie sy destiny was nie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.