Willim Welsyn

WAT Met Willim Welsyn Podcast

Arts AF ↓ 186 episodes

Informele gesprekke en onderhoude met Suid-Afrikaanse kunstige en musikale mense WAT al goeters gedoen het.

Author

Willim Welsyn

Category

Arts

Podcast website

watpod.podbean.com

Latest episode

May 14, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Episode 11. - Kobus de Kock Jnr. 07.07.2015

Kobus de Kock Jnr. is die bebaarde Sonic The Hedgehog frontman van daai explosive Pretoria rock band: Black Cat Bones.   Kobus kom maak ’n draai in die Kaap om PR te doen vir die  Blood Brothers  supergroup en hy pull ook toe sommer in by die garage om sy storie met ons te deel.   Het jy geweet hy was eers ’n drummer in ’n band saam met Jan Blohm voor Jan Blohm “Jan Blohm” was? Daar’s ’n paar cool...

Episode 10. - Beer Adriaanse 01.07.2015

Vir die ignorant mense wat dink ‘Boer Giel’ was Beer Adriaanse se eerste claim to fame… julle is way off. Beer is een van die Afrikaanse rock vakkeldraers en hy jol al drums sedert Hoërskool. Ons gesels oor sy eerste punk band in Bellville, die dae toe Zinkplaat begin het in Stellenbosch, pop culture in die 90s, koshuislewe en die feit dat Jack Parow se ma sy kluiterskoolonderwyseres was. Daar is...

Episode 9. - Dirk Ace (Deel 2 van 2) 25.06.2015

Ek rant eers want... WAT? Ek het vanoggend 'n pa geword. Daarna continue my gesprek met die legendariese vader van die Voëlvry Toer. Vader. Ek is ook nou 'n vader. Anyway, ons gesels oor André le Toit (my seun se naam is André), Johannes Kerkorrel, Valiant Swart, Wingerd Rock, Trippy Grape Records, ens. Ek kan nie langer tik nie. Moet nou gaan. Way te opgewonde oor my laaitie. Luister gerus. Hierd...

Episode 8. - Dirk Ace (Deel 1 van 2) 23.06.2015

Dirk Ace kom kuier in die garage en ons kom nogal naby om ’n hele chunk van sy lifestory te cover. Beter bekend as “Dagga Dirk Uys” – die brein agter die Voëlvry Toer - is die res van sy CV nogal impressive. Hy’t Die Eerste Alternatiewe Afrikaanse Rock Konsert gereël in 1988, die Voëlvry Toer in 1989, Die Mystic Boer- en Droomrivier toer met Valiant Swart in 1992 en 1993, Die Heel Eerste Oppikoppi...

Episode 7. - Anton Goosen 16.06.2015

Oppad Franskraal toe stop Willim by Anton Goosen op Gansbaai. Anton bou vir hulle ’n klomp koffies en hulle klim agter die mics in rondom sy kombuistafel om te gesels oor die locals, meeste van sy albums, die linkse vs. die regse vleuels van die Afrikaanse media, doef-doef, disco en The Bee Gees. Anton vertel oor sy dae as ’n joernalis, producer en sy vriendskap met Sonja Heroldt, Johan Pienaar en...

Episode 6. - Piet Botha 09.06.2015

Piet Botha is die embodiment van Suid-Afrikaanse rock ‘n’ roll geskiedenis. Hy’t al alles gesien, gehoor, gesing en geleef.  Willim slaap ’n aand oor by Piet se huis in Pretoria en vroeg die volgende oggend - voor Piet hom lughawe toe moet neem - sit hulle en gesels oor sy dae in die 70s, 80s, 90s, 00s and beyond. Daar’s ’n paar kiff verhale oor bomdreigemente, Amerika, venues wat afbrand, Raven,...

Episode 5. - Rian Malan 02.06.2015

Bekend vir sy ominous bestseller My Traitor’s Heart en minder bekend vir sy befokte, underrated Afrikaanse album Alien Inboorling – gesels Willim vandag met Rian Malan. Rian riff oor die vloek van die Afrikaner, journalism, geskiedenis, record labels, the art of storytelling en die fokop van die digital revolution. Hierdie episode is met trots geborg deur  The Academy of Sound Engineering. 

Episode 4. - Andries Bezuidenhout 31.05.2015

Willim bel eers vir Griffin van Watkykjy.co.za om meer uit te vind oor al die geld wat hy gehelp het om in te samel vir Drikus ‘Brixton’ Barnard van die Brixton Moord en Roof Orkes se breinoperasie. Daarna gesels hy met  Brixton Moord en Roof Orkes se sanger Andries ‘Roof’ Bezuidenhout oor hulle nuutse album – ‘Slaaptyd in Die Suburbs’, academics en Drikus se breinoperasie wat hierdie Woensdag pla...

Episode 3. - Francois Van Coke 26.05.2015

Willim gesels met Francois oor die skielike sukses van sy nuwe solo album, die power van love songs en die hele nuwe audience wat hy onlangs gevind het. Francois bespreek ook sy vrese, life in the suburbs en daai keer wat hy vir Dave Grohl en James Hetfield ontmoet het. Hy laat ook ’n paar ape uit die mou ivm die Blood Brothers setlist. 

Episode 2. - Toast Coetzer Deel 2 van 2 18.05.2015

Willim en Toast gesels oor The Buckfever Underground, Oppikoppi, Ons Klyntji se voortbestaan en die beskerming en kuratorskap van ons huidige kunste. 

Episode 1 - Toast Coetzer Deel 1 van 2 16.05.2015

Joernalis, beat poet, radio-omroeper en fotograaf Toast Coetzer kom kuier in die garage vir die heel eerste onderhoud op Willim Welsyn se nuwe podcast show, WAT. Hulle gesels oor die Ooskaap, boeke, musiek uit die 90s, The Buckfever Underground en die waarde van popkultuurbeskerming.

Listen to the WAT Met Willim Welsyn Podcast podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.