Willim Welsyn

WAT Met Willim Welsyn Podcast

Arts AF ↓ 186 episodes

Informele gesprekke en onderhoude met Suid-Afrikaanse kunstige en musikale mense WAT al goeters gedoen het.

Author

Willim Welsyn

Category

Arts

Podcast website

watpod.podbean.com

Latest episode

May 14, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Episode 61. - Valiant Swart 16.06.2016

’n Cool en kalm Valiant Swart kom kuier in die garage en vertel vir Willim van sy eerste kitaar, sy eerste amp, sy eerste paying residency gig by die Kimberley Hotel, meeste van sy albums en hoe hy sommer toe ook ’n TV-aanbieder en actor geword het.  Hulle gesels ook sy nuwe album Nagrit, sy vriendskap met Ollie Viljoen en Koos Kombuis, die dae toe hy vir Akkedis tromme gespeel het en stories agte...

Episode 60. - Daggaverkoper 09.06.2016

Willim ontmoet ’n vriendelike daggaverkoper een aand en vra hom of hy sal instem om ’n onderhoud te doen. Hy stem in en vertel ons hoe sy besigheid werk, wat se risk daar betrokke is en hoe hy homself uit die moeilikheid hou. Hierdie episode is geborg deur die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na  plankton.mobi  en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.  

Episode 59. - André Kriel 02.06.2016

André Kriel is die kitaarspeler met die goeie postuur in daai badass blues-rock band van Pretoria: Black Cat Bones. Willim en André was die naweek loghut-bure in Ponta Malongane toe hulle by STRAB in Mozambique gespeel het. En natuurlik móés daar toe ’n onderhoud gedoen word op die stoep oor André se kinderdae, sy pa wat ook ’n working muso was, die dae in die army en al die verskillende jobs wat...

Episode 58. - STRAB Met Conrad Jamneck en Andries Burger 24.05.2016

Willim en sy band Die Sunrise Toffies is oppad Mozambique toe om by die legendariese STRAB festival te gaan speel.  Hy spoor 'n ou Rolling Stone onderhoud op wat hy in 2013 gedoen het in Mozambique met Conrad Jamneck en Andries Burger - twee van die organiseerders van die fees. Hy vra hulle uit oor die geskiedenis van die fees, al die logistieke boublokke en hoekom dit so befok is. 

Episode 57. - Gesprekke Oor Iron Maiden 18.05.2016

Willim bel vir drummer Jean Middelvinger van Dead Lucky, Black Cat Bones se bassist Chris Danger Thundervolt, Griffin en Chopper Charlie van Watkykjy.co.za en sy ou vriend Jacques Stemmet van Oudtshoorn, wat die baskitaar geklap het in The Great Apes… hy vra hulle uit oor Iron Maiden en wat aangaan met hulle eie bands (en blog).

Episode 56. - Danie Marais 12.05.2016

Danie Marais is ’n bekroonde digter, rubriekskrywer, vryskutjoernalis, radio-omroeper en net ’n plain likeable cool dude met oorgenoeg useful information en quotes oor pop culture. Hy kom riff in die garage oor sy kinderdae, hoe die platebiblioteek en sy neefs op De Doorns se musiekvoorkere sy identiteit beïnvloed het en hoe sy stint en eerste huwelik in Duitsland die pas aangegee het om sy debuut...

Episode 55. - Almuir Botha 05.05.2016

Almuir Botha is ’n baie skaam kitaarspeler wat al baie moes drink om live te kon speel en vloek in bands soos Raaskopleef, Delta Blue, Jakkie Louw en Amafist. In sy eerste interview in 10 jaar vertel hy hoe hy in St.8 weggeloop het van die huis af en Durban toe gehike het, hoe hy na skool gepoog het om die beste kitaarspeler in wêreld te word, hoekom hy eventueel opgehou drink het en sy lang dread...

Episode 54. - Haddad Viljoen 28.04.2016

Haddad Viljoen was vir ’n hele paar jaar die bemarkingsbestuurder vir Aardklop en toe vir KykNet en toe ook vir MK. Vandag is hy die CMO van Liedjie, die eerste Afrikaanse musiekstroomdiens. Haddad kom kuier in die garage en vertel hoe mal sy job by Aardklop was en hoekom DSTV se musiekkanaal MK begin en geëindig het. Hy vat ons ook diep binne in the belly of the TV-beast waar hy verduidelik hoe K...

Episode 53. - Gareth Vorster 21.04.2016

Gareth Vorster was die lead singer vir Shy Guevaras en Filth en hy het serious pype, met ander woorde: hy kán sing. In ’n baie revealing interview maak Gareth oop oor hoe hy sy verslawing aan heroïen oorkom het en wat se impak ‘pyn’ op sy vocal abilities en lewe gehad het. Daar is ook cool stories oor sy skooldae, rugby, surfing en daai keer toe sy band Shy Guevaras by My Coke Fest die stage gedee...

Episode 52. - Albert Hammond 13.04.2016

The legendary songsmith Albert Hammond is heading to South Africa to perform in Cape Town at the Artscape Operahouse on the 14th of April and in Johannesburg at the Teatro Montecasino on the 16th of April. Willim calls him in New York prior to his departure to discuss his jam-packed world tour, the mystery behind his songwriting success and his initial involvement with The Strokes’ debut album Is...

Episode 51. - Dan Patlansky 07.04.2016

Dan Patlansky is currently on tour launching his latest album Introvertigo and stopped by the garage for an engaging conversation. We backtrack through Dan’s childhood growing up in Johannesburg and how his musical tastes evolved straight back to the blues. We talk about genre-snobbery, record labels, residency gigs, all his albums, and what it means to be an introvert. There’s also a few cool sto...

Episode 50. - Churchil Naude 31.03.2016

Kletsrymer Churchil Naude se debuutablum ‘Kroeskop Vol Geraas’ het laasjaar die lig gesien onder die leiding en produksie van Riku Lätti. Churchil en Willim het al ’n hele paar gekeer saam opgetree by Wasgoedlyn shows, maar hulle het nog nooit gesels oor wie Churchil is en waar hy vandaan kom nie. Hulle backtrack deur sy vormingsjare om te probeer uitfigure waar sy unieke aanslag op Afrikaanse rap...

Episode 49. - Annie Klopper (Deel 2 van 2) 24.03.2016

Post interview op Episode 48 raak Annie klomp nuwe goeters kwyt, Willim hit toe weer record vir die bonus B-sides.

Episode 48. - Annie Klopper (Deel 1 van 2) 24.03.2016

Annie Klopper het sewe jaar terug haar meestersgraad tesis gedoen oor Fokofpolisiekar se lirieke, sy’t ook toe kort daarna die band se definitive biografie geskryf. Ons weet nou alles van Fokofpolisiekar, maar wie is Annie Klopper? Waar kom sy vandaan? Hoekom het iemand dit nog nooit vir haar in ’n interview gevra nie? En hoekom is mens se identiteit so angstige afvêre?  Sy kom kuier in die garage...

Episode 47. - Gerhard Grobler 17.03.2016

Gerhard Grobler speel al vir 10 jaar die baskitaar in Willim Welsyn en die Sunrise Toffies. Hy kom kuier in die garage en vertel van sy kinderdae op Graaff-Reinet en Jeffreysbaai, sy eerste Hoërskool band Common Nonsense en die dag toe Willim hom gebel het om Die Sunrise Toffies te join en alles wat toe daarna gebeur het… rock ’n roll toere, drugbusts, albums en beyond! Vandag is Gerhard ’n respec...

Episode 46. - Albert Frost 10.03.2016

Albert Frost het al vir die Rolling Stones ge-open. Hy het begin guitar speel vir die Blues Broers toe hy 13jaar oud was saam met sy pa Frank Frost op die drums. Hy kom kuier in die garage en vertel hoe hy groot geword hetlangs Tolla van der Merwe, hoe sy pa hom leer drums speel het as ’n laaitie enhoe sy ma die ultimate rock-chick is. Daar is ook cool stories oor Oppikoppi, die sukses van sy enAr...

Episode 45. - George van der Spuy 03.03.2016

Kort voor George van der Spuy begin sing het in Taxi Violence, het hy en Willim mekaar een aand in J-Bay gedurende ’n drug bust ontmoet. George kom kuier 12 jaar later in die garage en vertel hoe sy pa hom leer drums speel het, hoe hy amper ’n drie op Nuweland gedruk het en hoe sy eerste band, Drain, begin het in Paul Roos toe hy 13 jaar oud was. Hy vertel van sy jobs in London, sy legendary rehea...

Episode 44. - Riaan Smit 25.02.2016

Riaan Smit is die growling frontman en guitarist in Crimson House – ’n Cape Town-based blues-rock band al die pad van Windhoek af. Riaan is ook Willim se neef en sy life story is ’n Hollywood script waiting to happen met scenes en characters set in Amerika, Spanje, Namibië, Mozambique en Suid-Afrika. Sy musiekloopbaan begin by punk, dit gaan maak 'n lang draai by metal en vandag - iewers tussen di...

Episode 43. - Melt Sieberhagen 18.02.2016

Melt Sieberhagen het in 2006 begin stand-up comedy doen – jy sou hom ook al probably op tv shows en flieks gesien het soos Kunskafee, Kwêla, Kompleks, VNL, Proestraat, Egoli, Oh Schucks - I’m Gatvol en District 9. Hy kom kuier in die garage vertel hoe hy groot geword het op Ventersdorp as enigste kind en hoe sy loopbaan op die stage, tv, grootskerm en radio begin het. Hulle gesels ook oor sy show...

Episode 42. - Hanru Niemand 11.02.2016

Hanru Niemand is bedags ’n koel en kalm sielkundige en snags skryf hy soms satiriese, soms surrealistiese, maar meestal mooi songs. Willim en Hanru bespreek sy nuwe album Kreeftegang, al sy vorige albums, sy ontnugtering oor hoe om op die radio geplaylist te word en wat alles soms agter die toe deur van sy sielkundepraktyk kan gebeur. Somewhere is daar ’n kort psigoanalise van Gert Vlok Nel se bun...

Episode 41. - Koos Kombuis 04.02.2016

Willim kry uiteindelik die geleentheid om vir ’n uur lank met sy childhood hero en gunsteling Afrikaanse songwriter te gesels en die gesprek stel nie teleur nie. Dus is dit geen verrassing dat die gesprek die hele arc van Koos se loopbaan as skrywer en musikant probeer dek het: Van kinderdae tot Voëlvry-vibes, sy bedanking uit die Afrikanerdom, wat alles gebeur het op daai trein-trip KKNK toe, van...

Episode 40. - Jo Ellis 28.01.2016

Willim gaan op ’n solo ‘connecting-with-your-roots’ road trip na Ladismith en Oudtshoorn toe en oppad terug Kaap toe stop hy by studio engineer en producer Jo Ellis. Jo het Willim se eerste EP en vier van sy albums produce by sy home facility: Blooroom Studios op Ladismith. Hulle gaan grawe ’n paar nostalgiese diamante uit Jo Ellis se geskiedenis uit en riff oor sy studio se small beginnings wat v...

Episode 39. - Inge Beckmann 21.01.2016

Toe Inge Beckmann ’n dogtertjie was het haar ma haar eendag geleer harmonise in die bad en vandag is sy een van ons mees veelsydige vocal exports. Om daai blou alien in Fifth Element ’n go te gee agter die mic is nie haar enigste talent nie, sy doen ook deesdae kunsuitstallings en sy act in groot internasionale films en TV reekse. Sy kom kuier in die garage en vertel van haar bands Lark, BEAST, Th...

Episode 38. - Gian Groen 14.01.2016

Gian Groen kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe hy sy job as ’n pluimveeteler gelos het om ’n sy band Spinnekop te begin. Hulle gesels oor hoe Laurika Rauch hom genader het om sy song te cover, hoe sy eerste volband gig saam met ’n klomp metal acts was met varkkoppe op die stage en wat die implikasies is wanneer jou vrou jou booking agent en manager word. Hy vertel ook van Anton Goosen...

Episode 37. - Willim Welsyn 06.01.2016

Al interview wat Willim op sy laptop oorgehad het na die oujaar, was ’n interview wat ’n student - Leo Angelucci - met hom kom doen het vir sy tesis wat gehandel het oor die survival van music journalism, die WATpodcast en die kom en gaan van Rolling Stone SA magazine. Happy fucking new year!

Listen to the WAT Met Willim Welsyn Podcast podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.