Willim Welsyn
WAT Met Willim Welsyn Podcast
Informele gesprekke en onderhoude met Suid-Afrikaanse kunstige en musikale mense WAT al goeters gedoen het.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Episode 86. - Best Of 2016 (Deel 1) 08.12.2016 1:02:55
Die jaar staan einde se kant toe en dit is nou ’n goeie tyd om te begin recap WAT ons alles geleer het in 2016. Hier's 'n paar flashback interview nuggets met Gian Groen, Inge Beckmann, Koos Kombuis, Hanru Niemand, Melt Sieberhagen, George van der Spuy, Gerhard Grobler en Annie Klopper. Dankie dat jy luister. Vertel gerus jou vriende van die show en wys hulle hoe om te luister met jou foon of reke...
Episode 85. - Deon Maas 01.12.2016 1:32:54
Deon Maas is ’n skrywer (‘Witboy in Afrika’ en nou ‘Melk Die Heilige Koeie’), maker van dokumentêre films (‘Punk in Africa’ en ‘Who Killed Johannes Kerkorrel?’) en ’n televisievervaardiger (‘Jam Sandwich’ en ‘Fortuinsoekers’). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon in Johannes...
Episode 84. - Peter Mitchell (Pietman) 24.11.2016 1:45:18
Peter Mitchell is die verhoognaam van Pietman Geldenhuys – daai ou agter ‘Die Skot’-karakter wat ook deesdae met stories boer op die gewilde kykNET-program Oppiestoep wat hy saam met Andries Vermeulen aanbied. Maar meer as dit is Pietman eintlik ’n musiekant en ’n singer-songwriter… Pietman is eintlik baie dinge, dus moes hy in die garage kom kuier sodat ons kan uitvind van al hierdie dinge wat Pi...
Episode 83. - 'n B-sides Optel-Interview Met Yusuf Allie 17.11.2016 31:51
Willim laai sy laaitie in die pram en gaan stap een Saterdagoggend deur die strate van Bellville toe hy ’n leë CD-sleeve met love song-titles op sien wat in die pad lê. Die sleeve het toe ook ’n kontak nommer op. Hy bel toe die nommer van Yusuf Allie en kom toe op ’n onverwagse storie af van ’n Kaapse familie, Griekse musiek en international songwriting credits.
Episode 82. - Pierre-Arnold Theron 10.11.2016 1:46:06
Pierre-Arnold Theron was vir nege jaar die teatrale perkussiespeler in Mr Cat & The Jackal, hy’s ook die vibes manager by DPK op Stellenbosch, ’n klanktegnikus by die Konserwatorium en ’n akteur. Hy’t onlangs onder die naam Shakespierre ’n weeklikse vlog (video-blog) begin waar hy al sy missions document en deel met die wêreld. Gaan check dit uit by shakespierre.co.za . Ons gesels oor dit alle...
Episode 81. - Ernst van Dyk 03.11.2016 1:20:18
Ernst van Dyk is gebore sonder bene en het as kind geleer loop met die hulp van ’n prostetiese houtbeen wat hy by die Rooikruis gekry het en kruiwae. Vandag, as wêreldberoemde marathon-rolstoelryer, hou Ernst die rekord vir die ou wat al 10 keer die Boston Marathon gewen het. Hy’t ook twee maande terug as handfietsryer geseëvier met ’n goue medalje by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio – en hierdi...
Episode 80. - Bacchus Nel 27.10.2016 1:47:31
Bacchus Nel het begin kitaar speel en songs skryf nadat hy sy sig in ’n motorongeluk verloor het. Maar hy het nie net sommer enige songs geskryf en gesing nie – dit was (en is nogsteeds) goeie songs. Hy kom kuier in die garage en vertel van sy kinderdae in Standerton, die ongeluk, daai dae in Sunnyside toe sy en Jan Blohm se paaie begin kruis het, die eerste toere Kaap toe, hoe Piet Botha sy debut...
Episode 79. - Jake Gunn 20.10.2016 1:29:28
Jake Gunn is die fancy stage persona van Jacques “Groenies” Groenewald van Brackenfell. Al het hy meer hare as Robert Plant, die conjoined body language van Keith Richards en Piet Botha – is hy nogsteeds een van ons mees unieke singer-songwriters en guitarists. Groenies vertel hoe hy leer kitaar speel het nadat hy sy rug in ’n rugby game gebreek het, die open mic aande by Plaasteater, sy confusing...
Episode 78. - Annelise Erasmus 13.10.2016 1:14:49
Annelise Erasmus is ’n erotiese skrywer met drie boeke agter haar naam en sy is ook mainkonyn agter die populêre Afrikaanse blog kombietjiehier.co.za. Sy kom kuier in die garage al die pad van Pretoria af en ons gesels oor haar industrious loopbaan as skrywer, onafhanklike uitgewer en blogger.
Episode 77. - Donovan Honeyborne 06.10.2016 1:13:56
Donovan Honeyborne is a singer-songwriter and actor from Pretoria who is currently on tour in Cape Town with his band Bright Lights Big City. Donovan also fronts another band called Feed The Wolf and now and then he’ll act in Afrikaans soapies where he usually plays a bad guy or a kidnapper. We talk about all his bands, influences, travels, that time when he played with Piet Botha and Jack Hammer,...
Episode 76. - Sjaka S. Septembir 28.09.2016 2:06:32
Sjaka S. Septembir hoef nog nooit vir hómself te gebid het nie want daar was altyd genoeg mense wat dit vír hom gedoen het. Die invloed van bloed, pis, punk, woede, Dadaïsme, nihilisme en humor loop sterk deur Sjaka se loopbaan as underground skrywer, digter, regisseur, akteur, spoeg-en-plak zine editor en performance artist. Hy neem Willim op ’n journey deur tabakpakhuise, die vlootbasis, ’...
Episode 75. - Werner Smit 22.09.2016 1:52:35
Werner Smit is ’n self-proclaimed IT-laaitie wat way te veel videos as kind gekyk het op Ladismith waar hy en Willim saam groot geword het. Werner is ’n goeie voorbeeld van ’n ou wat gereeld die comfort zone mould van sy 8 to 5 job in IT breek om sy passions te pursue. Hy en Willim reminisce oor die destydse videowinkel-culture van Ladismith, daai Kaapse kinders, Werner se eerste jobs en hoe hy ev...
Episode 74. - Schalk van der Merwe 15.09.2016 2:01:31
Dr Schalk van der Merwe is daai veteraan bassist met die brains vir Billygoat, Bed on Bricks, Delta Blue, Gerald Clark en Karen Zoid – en daai is maar net ’n paar van die acts saam met wie hy al gewerk het op sy intimiderende CV. Schalk gee ook klas by die Universiteit van Stellenbosch waar hy onlangs sy Ph. D. studie voltooi het oor die geskiedenis en die interaksie tussen politieke gebeure en po...
Episode 73. - Piet Botha, Anton Goosen, Valiant Swart, Riku Lätti, Jackie Lätti en Donovan 08.09.2016 58:06
Hierdie is 'n spesiale B-Sides-behind-the-scenes-episode waar Willim vir Piet Botha, Riku Lätti, Jackie Lätti, Valiant Swart en vir Anton Goosen bel om 'n bietjie meer uit te vind oor die Radio Rats en sommer toe ook oor 'n klomp ander goeters gesels soos karre, SAMRO, Donovan, vet Elvis, Chuck Berry, Die Wasgoedlyn, Beatles, besoedeling, ens. Hierdie is private telefoonoproepe en Willim moes eer...
Episode 72. - Jonathan Handley & Michael Cross 31.08.2016 1:53:00
Jonathan Handley is the enigmatic songwriter and guitarist of that legendary band from Springs called Radio Rats. Michael Cross made a documentary about the band called “Jiving and Dying: The Radio Rats Story.” According to Cross, the film, twenty-five years in the making, introduces the music of the Rats and the words of Jonathan Handley “in an attempt to afford them the place they deserve in the...
Episode 71. - Ryno Velvet 25.08.2016 2:34:08
Ryno Velvet kom kuier in die garage en hy en Willim bespreek die Gert Vlok Nel/Theuns Jordaan-debakel rondom Gert se song “Beautiful In Beaufort-Wes”. Ryno se song “Ai My Lam” is ook al twee keer gecover deur Stompdraai en Saarkie. Jan Blohm het ook al sy song "Lyfie" gecover. Hoe voel Ryno daaroor? Is alles in orde? Willim vra al die vrae. Hulle riff oor SAMRO, CAPASSO, record labels, Huisgenoot,...
Episode 70. - Jeandré ‘Pikkie’ Swanepoel 18.08.2016 1:04:25
Jeandré ‘Pikkie’ Swanepoel is die energieke frontman van die Kaapse rock band De Wallen. Willim word die Saterdag wakker in Kreefhotel by Oppikoppi en hy sien 'n vars Jeandré en nooi hom toe sommer vir ’n tentgesprek oor rock 'n' roll, ouers, fuck-ups, fucked raak, expectations, daai Battle for Maiden kompetisie en wat dit vir 'n band beteken om by Oppikoppi te mag speel. Hulle het gehuil. Geborg...
Episode 69. - Oppikoppi 2016 09.08.2016 1:32:38
Willim vra sy eie persoonlike vrou Marli Viljoen Barnard of sy hom sal indulge om al sy stowwerige Oppikoppi-stories vir haar te kan vertel. Marli stem in en Willim gaan op ’n memory-rant rampage oor sy trip, die gig, Kreefhotel, daai couple van Swellendam wat so hard kan paartie, drummer Kyle Gray se yin-yang psyche, bassist Gerhard Grobler wat deesdae ’n sound-engineer celeb geword het, hoe om l...
Episode 68. - Medicine Boy 03.08.2016 1:20:19
Medicine Boy is a dream-noise duo from Cape Town and they will be releasing their latest album Kinda Like Electricity on the 13th of August at the Magnet Theatre in Observatory. Willim talks to André Leo and Lucy Kruger about their previous bands, the new album, Medicine Boy’s song writing dynamic and the (un?)necessary assumptions a listener can make about the band because of the biographical nat...
Episode 67. - Anton Marshall 28.07.2016 1:40:47
Before Anton Marshall became the online editor of Rolling Stone South Africa magazine in 2011 – he first had to earn his stripes across various multi-media platforms like community radio, ETV, Channel 24 and WorldOnline. Anton also played in a variety of Cape Town-based bands including The Dolly Rockers, Three More White Guys and Long Time Citizen. Willim talks to Anton about all of it and what pe...
Episode 66. - Rudi en Arthur Dennis 21.07.2016 1:19:55
Rudi en Arthur Dennis is daai legendariese tweeling van die hardwerkendste en mees vreelose Afrikaanse rock band: AKKEDIS. Akkedis het ’n nuwe album uit – Onder Ou Tafelberg – maar voor ons oor daai album gesels moet ons eers uitvind hoe en waar die tweeling groot geword het en wat alles in die koshuise, army, studios en op die pad gebeur het. Geborg deur vhmusic.co.za , vhstudios.co.za , Kreef...
Episode 65. - Riaan Nieuwenhuis 14.07.2016 1:32:17
Riaan Nieuwenhuis is ’n multi-instrumentalist en een van die founding members van Delta Blue. Hy het ook al gerecord saam met The Parlor Vinyls, Southern Gypsey Queen, Basson Laubscher and The Violent Free Peace, Piet Potent en op sy eie solo instrumental projects. Riaan vertel van al sy travels, Stellenbosch in die 90s, sy musical journey en ons bespreek ook sy nuwe album Collaborator. Hierdie ep...
Episode 64. - Jaco 'Snakehead' Venter 07.07.2016 1:14:17
Jaco Snakehead Venter is die drummer van Fokofpolisiekar en aKING. Hy kom kuier in die garage en gesels oor Fokofpolisiekar se album Swanesang se tien jaar anniversary vinyl wat nou net uitgekom het, sy belangstelling in photography, sy betrokkenheid op Jack Parow se nuwe travelprogram Dis Hoe Ons Rol en die business model agter FOKOF Lager – die official Fokofpolisiekar bier brand. Hierdie episod...
Episode 63. - Simone Jonker (Venter) en Ernesto Garcia Marques 30.06.2016 1:32:06
Simone Jonker (Venter) is die dogter van Ingrid Jonker en sy en haar man Ernesto Garcia Marques het onlangs ’n dubbel tribute album uitgereik met die naam: Ingrid Jonker – ‘Die Kind Is Nog Jonger’. Simone en Ernesto kom kuier in die garage en gesels oor die projek en al die kunstenaars wat betrokke was - wat mense insluit soos Anton Goosen, Inge Beckmann, Radio Rats, Somerfaan, Dirk Ace, Kalahari...
Episode 62. - Luna Paige 23.06.2016 1:15:25
Luna Paige is ’n industrious singer-songwriter met die stem van ’n engel, maar die attitude van ’n rocker. Sy kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe sy groot geword het as enkelkind, hoe Tori Amos haar inspire het, haar work ethic, die dae toe sy gewaiter het by Dorpstraat Teater in Stellenbosch, hoe sy al haar albums en haar live DVD aangepak het en haar nuwe produksie company Iluminar...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.