Mario Ferris
VGKerk Florianville Church
Preke, boodskappe aan lidmate en vriende van Florianville gemeente.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
18/40 Dae Examen Refleksie 18.03.2022 12:54
Op soek na die beweging van die Heilige Gees in ons lewens.
Dag 17/40, Vrydag Oordenking 17.03.2022 14:20
Matteus 4:1-11 Jesus se versoeking in die woestyn
Dag 16/40. Donderdag oordenking 16.03.2022 9:57
Psalm 57. Dawid se keuse is om skuiling by die Here te vind. Dit verskaf hom onuitspreeklike blydskap ten spyte van sy omstandighede.
Dag 15/40 Biduur 16.03.2022 15:11
1 Samuel 24, 26:7-12 Dawid se wildernis stories waarin hy Saul se lewe spaar.
14/40 Dae, Dinsdag oordenking 14.03.2022 12:30
Psalm 52. Doëg se dade word skerp veroordeel en God word verheerlik vir sy sorg en goedheid.
13/40 Dae. Maandag oordenking 13.03.2022 10:49
Matteus 12:1-8 Jesus is Heer oor die sabbat. Die heilige dinge is in diens van die mens.
Erediens Dag 12/40 12.03.2022 18:31
1Samuel 21,22. Dawid en Doëg in die tempel. Dawid is desperaat en honger, as hy vertrek van die heiligdom het hy alles wat hy nodig het vir sy reis verder. Doëg verlaat die tempel, en dien steeds homself, die gevolge hiervan is tragies.
11/40 Dae, Saterdag Examen 11.03.2022 10:03
Examen of Refleksie gebed help ons om te reflekteer oor die week wat verby is. Ons is op die spoor van die Heilige Gees en sy beweging in ons lewe.
Daaglikse Oordenking 40 Dae 10.03.2022 11:04
Matteus 6:25-34 Soek eers die koninkryk van God.
Daaglikse oordenking 9/40 Dae 09.03.2022 9:11
Matteus 17:20; Josua 3:13; Markus 16:20 Geloof soos n mosterd saad. Klein geloof wat bereid is om dit te waag… wonderwerke sal volg.
Biduur, 8/40 Dae 09.03.2022 14:45
1 Samuel 17. (40-50) David and Goliath. Goliath dominated the scene, fear and trembling was everybody’s response to him. For David their was only one reality, the Almighty living God. This battle belonged to God.
Daaglikse oordenking, Dag 7 07.03.2022 12:11
1Samuel 16:14-18; 2 Petrus 1:3, 5-7. Ons roeping en salwing is tot diens en heiligheid, tot ware christenwees. Dawid werk onder Saul, ‘n boosaardige Saul by tye. Van moeilike mense en omstandighede word ons nie gespaar nie. 2 Petrus help ons hiermee. Ons leer in die lewe van Dawid, in moeilike omstandighede ontdek hy weer nedrigheid, gebed, simpatie en empatie: deernis vir alle mense.
Daaglikse oordenking, 40 Dae 06.03.2022 9:40
1Samuel 13:13-14; 15:19. Ons kry 2 voorbeelde van Saul se ongehoorsaamheid. Mense en menslike oorwegings tel vir hom meer as die Here. Die Here kom tweede in sy lewe en dis die begin van sy agteruitgang.
Erediens in Lydenstyd 06.03.2022 20:11
1Samuel 16:1-13 Dawid se salwing as koning. God roep doodgewone mense tot Sy diens, tot diensbaarheid, wat die omstandighede ook mag wees.
Examen/Refleksie Gebed 04.03.2022 10:25
Ons reflekteer oor die pas afgelope week, ons probeer die Heilige Gees se beweging in ons lewe raaksien, ons onderskei wat die wil van die Here is vir ons lewe.
3de Dag van 40. 03.03.2022 9:39
Psalm 119:33-40. Die 1983 vertaling lees “Moet tog nie dat my lewe nutteloos wees nie”. Die mooi gebedsversoeke is na die dinge wat die digter sal help om getrou te bly aan God. Saul begin sy lewe as gesalfde van die Here so goed maar hy neem sy lewe aan die einde. Waak en bid dat elkeen van ons tot die einde getrou sal bly.
2de dag van lydenstyd/40 dae 02.03.2022 13:41
Romeine 12:1-2. “Laat God julle verander…”
Aswoensdag, begin van lydenstyd en 40 dae. 02.03.2022 17:48
Psalm 18:29-46; Johannes 10:10 ‘Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed’ Dawid skryf sy psalm, sy gebed en loof die Here vir die oorwinning wat hy ontvang het, en die vorming wat in sy lewe plaasgevind het. In Dawid se alledaagse lewe, midde sy omstandighede is hy gevorm tot sy ervaring van ‘n oorvloedige lewe.
Erediens deur oudl. G. Lincks 26.02.2022 13:26
2 Samuel 22:1-4; 26-36. Fokus is op die primêre rolspeler en sekondêre rolspeler.
Biduur deur Wyk 4 22.02.2022 12:34
1 Kor. 16:5-16 as teks. Prediker is Oudl Keith Alexander
Erediens deur ds. Mario 20.02.2022 18:32
Jesaja 11:1-10 “Die nasies sal na Hom vra”. Die profeet Jesaja se woorde, is woorde van hoop, Israel moet hoor dat n takkie uitspruit uit die geslag van Dawid, iets nuut is besig om te gebeur. Die uitkoms is n persoon, is Jesus Christus. Vir hom moet ons soek.
Wyksbiduur deur Wyk 3 16.02.2022 16:52
Markus 6:35-44 Die vermeerdering van die brood. Prediker: sr. Boeboe Daniels
Licensing Service of Phororo, Freestate and Lesotho Synod 14.02.2022 20:31
Exodus 24 by Rev. Deon Scharneck. Theme: “Called to see God” Receive the sermon as recorded on the day of the Licensing service, it was held at our congregation. Two students received their license to become reverends in our church. They are Selinah Ramashala and Dirk Titus. We wish them the best on their ministry in our Church.
Biduur deur Wyk 2 09.02.2022 9:38
Jakobus 4:1-8, prediker is diaken Carmen Alexander
Erediens deur oudl. LJ Smith 06.02.2022 15:40
Jesaja 43:15-21; 1 Kor. 2:9-10 “Die Here maak ‘n weg, Hy maak die onmoontlike moontlik“
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.