Lelanie du Preez

Van die spoor af

Comedy EN ↓ 53 episodes

Van die Spoor Af is ‘n podcast, ‘n youtube channel en ‘n joernaalprogram met vriendskap, filosofie, vreugde en opregtheid as sentrale temas. JW en Lelanie opper hulle menings oor verskeie Onderwerpe soos dit aan hulle voorgelê word deur kunsmatige intelligensie, oftewel artificial intelligence Van die Spoor Af is die eerste Afrikaanse podcast ter wêreld wat aan die hand van K.I. vervaardig word.

Author

Lelanie du Preez

Category

Comedy

Podcast website

rss.com

Latest episode

Jul 29, 2024

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Retrospeksie, die Afrikaanse kultuur en boodskappe van ons luisteraars 03.02.2022

Op ons laaste episode van seisoen 2 lees ons boodskappe van ons grootste fans, reflekteer oor die laaste 2 jaar en bevraagteken die huidige toestand van die Afrikaanse media in ons land.

Kom ons eet cupcakes en huil, want JW verjaar. 28.01.2022

Op vandag se episode loop die trane hoog. JW verjaar en geskenke word uitgedeel, ons eet 'n paar cupcakes, maar die tol van amper 3 jaar in lockdown vat sy eis as ons diep in ons emosionele welstand indelf.

Everything is awesome, when you have lego... 15.12.2021

JW raak opgewonde oor Lelanie se nuwe obsessie met Lego en hulle bespreek hoe Lelanie se nuwe huis 15 mins van alles af is. Aan die diepkant bespreek hulle hoe 2021 eintlik erger was as 2020.

Mnr & Mej Waterkloof 09.12.2021

In vandag se epsiode sit JW en Lelanie by Doppio, Castle Gate en Jw vertel van sy avontuur as beoordeelaar van Mnr & Mej Waterkloof. Lelanie delf in haar nuwe verhouding in en ons deel belangrike inligting oor wat om te doen as die polisie jou aftrek.

Diepte in vida e caffè 22.10.2021

Lelanie en JW drink 'n koppie koffie by Lynnwood brigde se Vida terwyl hulle bespreek hoe die grendelstaat studente moet beinvloed, Lelanie se nuwe verhouding asook die keer toe sy op 'n date was sonder dat sy dit geweet het. JW kontempleer die skaamte en skande wat in ons kultuur ingeboor is.

Stereotipes, verhoudings en Egoli 08.10.2021

Met die eerste episode opgeneem in Lelanie se nuwe flat kontempleer die twee alweer oor verhoudings, stereotipes, die filmbedryf in Suid Afrika en die verwerping wat ons beleef het as kinders in die afrikaanse evangelistiese kerk.

Lelanie verjaar en JW kontempleer of hy 'n goeie vriend is 16.09.2021

Met die aankoms van Lelanie 29e (wink wink) lewensjaar, praat die twee oor radiodramas, Lelanie wat dagga gesmokkel het en oor wat dit regtig beteken om selfbewus te wees.

'n Zoom meeting, selfhelp boeke en geen geheime 10.09.2021

Terwyl JW en Lelanie albei oor 'n verkoue probeer kom, bel die twee mekaar en kontempleer alweer politiek, JW se ongemak met hoe hy die letter 's' uitspreek en Lelanie se nuutgevond verslaafdheid aan 'n playstation.

Mandela effek, Billie Eilish en hackers op social media 23.06.2021

Nadat Lelanie se instagram asook haar facebook gehack in delf die twee in 'n gesprek oor crypto, die mandela effek en deel insig oor Billie Eilish se nuwe voorkoms asook haar dokumenter op apple.

Teeblare, messe en dronkies op troues 16.06.2021

Hierdie week deel JW sy liefde vir Lady Grey Tee, Lelanie die bloedige verhaal wat in 'n Johannesburg hospitaal afgespeel het en saam deel hulle insig oor hoe om konstruktief deur 'n breakup te gaan.

Die post breakup debrief 10.06.2021

Na Lelanie se hart verskeur is, deel sy en JW insig rondom verhoudings en al die moeilike dele van onsself wat ons nie noodwendig deel nie.

Hillensberg House Cooling Deel 2 19.05.2021

Die laaste episode in die Hillensberg is 'n sombere byeenkoms waar JW en Lelanie afskeid neem van die tyd wat hulle saam kon spandeer in die berg. Hulle bespreek onder andere die konsep van reg en verkeerd, die free the nipple movement asook JW se liefde vir tee.

Hillensberg House Cooling Deel 1 11.05.2021

In die laaste week in JW en Lelanie se tyd in die Hillensberg, drink die vriende 'n bottel 2013 Hermanuspietersfontein in Lelanie se woonstel terwyl hulle praat oor Golden Girls se tema liedjie, die Virgin koeldrank bottels van hul kinderjare en wonder bo wonder, alweer Hollywood.

Nuwe jaar, selfde gesprek 25.01.2021

In dié bonus episode reflekteer JW en Lelanie oor die jaarwending, terapie en breathwork, wyl hulle JW se tweede laaste bottel lockdownwyn geniet. Ons hoor ook telkens dat Lelanie se brein gebreek het net na ‘n skaamtelose gesmeek vir ‘n 5 ster gradering op jou podcast platform.

'n Van Die Spoor Af Kersfees 22.12.2020

Op die vooraand van Kersfees, bespreek JW en Lelanie hul familietradisies, nuwejaarvooruitsigte en tradisionele cold therapy. Luister enduit vir 'n opwindende aankondiging oor reeks twee!

'n Verjaarsdagpartyjie en 'n sielkundige afspraak. 08.12.2020

Na 'n oorsig van JW se verjaarsdag, delf JW en Lelanie diep in die oor romantisering van verhoudinge en JW spog met sy nuwe laptop.

America Votes: A Running Political Commentary 05.11.2020

JW en Lelanie gee vir byna ‘n uur lank voor dat hulle goed gegronde menings en analises aangaande die 2020 Amerikaanse Verkiesing gevorm het. Hierdie episode is opgeneem terwyl hulle na die regstreekse uitsending van die resultate gekyk het. Die onderwerp het egter vir ‘n oomblik ontspoor na die ewigdurende SAL-gops, maar ook hoe lekker dit is om met hulle te vlieg.

Hoekom herken ek jou sagte vluweel stemmetjie? 13.10.2020

Terwyl Lelanie sleg voel oor vriendskappe wat doodloop vertel JW van sy Contiki bruid en sy avonture in die ooste van Europa.

Een Café Mocha en ‘n Seattle Freeze met Kokosneut stroop 01.10.2020

Tydens ‘n uitstappie na die plaaslike Seattle Coffee tel JW 'n wandelstaf op en Lelanie wonder oor die toekoms van haar besigheid. Die een probeer die ander oorreed dat hulle verder as die ander op kampus moes stap tussen klasse, waarna hulle Alanis Morisette, Dax Sheperd, Dullstroom en Schitt's Creek bespreek.

‘n Facetime Reunie 25.09.2020

Met JW in isolasie en Lelanie uiteindelik terug in Pretoria, vang die vriende op oor die laaste maand se gebeurtenisse, hulle siening oor sosiale media en Lelanie vermoed JW het ‘n geheime lewe sonder haar.

Porkbush Gin? Dafuq? 10.09.2020

JW en Lelanie nooi vir Nina, een van die eienaars van Porkbush Gin, met die hoop om 'n bottel gratis te kry. Helaas! Al wat hulle gekry het is insigte oor die proses om 'n gin op die mark te kry.

Lelanie leef vir die Enneagram 04.09.2020

Lelanie dwing vir JW om ‘n persoonlikheidstoets te doen en poog om kop of stert uit te maak. JW raak liggies bekommerd omdat hy skielik net ‘n tiepe is.

Man's best friend 27.08.2020

‘n Ligsinnige versameling staaltjies oor JW en Lelanie se troeteldiere word vinnig gediversifiseer met vrae oor hoe mens ‘n professor word, watter sitcoms vroër moes doodloop en waarom JW se hemp na Blanche van die Golden Girls se muurpapier lyk.

Swipe right met Ernst van Wyk 20.08.2020

JW en Lelanie val onder die spel van akteur en skrywer Ernst van Wyk 'wyl hulle die wêreld van Tinder en Bumble bespreek. Ernst neem hulle op ‘n betowerende toer deur die Suid-Afrikaanse filmindustrie.

Iewers in die verte huil 'n kat 13.08.2020

In die nuutste opname van 'n doellose gesprek, bespreek JW en Lelanie tantrums, gesegdes en wyshede wat kinders met hulle gedeel het, asook die flubber gediertes in Star Wars. Dit word vinnig deur introspeksie gevolg wanneer JW besef hy was erg arrogant in sy voogklas en Lelanie vir haar voog se skêr moes koes.

Listen to the Van die spoor af podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.