Lelanie du Preez
Van die spoor af
Van die Spoor Af is ‘n podcast, ‘n youtube channel en ‘n joernaalprogram met vriendskap, filosofie, vreugde en opregtheid as sentrale temas. JW en Lelanie opper hulle menings oor verskeie Onderwerpe soos dit aan hulle voorgelê word deur kunsmatige intelligensie, oftewel artificial intelligence Van die Spoor Af is die eerste Afrikaanse podcast ter wêreld wat aan die hand van K.I. vervaardig word.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die konklusie, of dalk nie? 29.07.2024 1:07:57
Ons seisoen kom tot 'n eienaardige konklusie op 'n trein rit wat 'n snaakse draai vat. Dit los almal met vraagtekens oor wat die toekoms kan inhou. Lelanie en JW dink terug aan die laaste 8 episodes, bespreek die hoogtepunte, laagtepunt, onbeantwoorde vrae en wat die punt van dit alles was.
Kaaskoekkletsies 06.05.2024 1:10:14
Gebak of gestol, ‘n kaaskoek ontlok altyd diepste geheime en wyshede. JW en Lelanie gesels oor die rol van ouderdom in kultuurkronkels en onthul die portrette wat hulle van mekaar gemaak het, met opwindende skaterlag.
Oopkyktyd 08.04.2024 1:06:18
Kuns, invloedrykes en modegiere. JW en Lelanie lewer hulle mening oor die sikluse aard van die heelal en die feit dat niks nuut is nie. Dit terwyl daar blinkertjies op hulle lippe is.
Tussen Vloere en Bestemmings 11.03.2024 1:03:20
Na 'n lekker lang vakansie ontmoet JW en Lelanie mekaar vir 'n koppie Seattle koffie in ongevalle by die Hospitaal 'Stray-Grown Memorial'. Hulle delf diep in die emosie en filosofie van vriendskap, afskeid, ondersteuning en die skoene wat Meredith in die eerste reeks van Grey's Anatomy gedra het.
Net jy kry 'n mug 04.12.2023 1:10:34
In die laaste episode voor Kersfees, verras JW en Lelanie hulle gehoor met geskenke eg aan die chaos wat net Van Die Spoor af kan opdis. Lelanie delf diep in die sportspel van "The Bachelor" en JW lees die eerste hoofstuk van Jwanie se nuwe boek. Maar wag tot die einde om te sien watse verrassing Jwanie vir JW en Lelanie weggesteek het.
Sink of swem? 20.11.2023 1:10:31
Kampvuurpraatjies oor realiteitsprogramme en natuurverskynsels lei na die onvermydelike kronkelpadjies waarin JW en Lelanie telkens afdraai. Dit dwing Jwanie om in te gryp en die onderwerp te verander met 'n fiktiewe teks wat voorgelees word asof dié twee weer oudisie vir Survivor en FliekNet Foendies.
Late Night met JW en Lelanie 14.11.2023 1:05:11
Episode 3 is die tipe laatnagvermaak waarvan JW en Lelanie nog altyd droom - 'n Talk Show! Jwanie verras die twee met 'n verskeidenheid insetsels, geïnspireer deur hulle gunsteling programme. Hulle verwelkom ook vir die eerste keer 'n LIVE Studio Audience!
Net 'n teorie 23.10.2023 1:05:44
Dis dou voor dag en JW en Lelanie is voor die lens. Die twee probeer hul heel bes om, in opdrag van hulle vervaardiger, so vroeg gefokus te wees terwyl hulle 90's cartoons en hulle daaglikse roetines bespreek. Kwantum meganika, allelopatie, sekondêre metaboliete en 'n splinternuwe instagram account.
A lil' bit Jwanie 09.10.2023 1:02:04
Met die loods van Reeks 4, word JW en Lelanie met 'n nuwe karakter gekonfronteer, wat dinge effens meer gestruktureer laat geskied. Hulle herhinner mekaar aan die oorsprong van @vandiespooraf, maar in getroue opregtheid, bly hulle steeds wie hulle is. Spesiale bedanking aan FKN MAN Podcast vir die gebruik van sy PodMics https://www.instagram.com/fknman_official
Seisoen 4 - Ons is op die podium 02.10.2023 7:36
Voor Reeks 4 van @vandiespooraf loods, deel JW en Lelanie hulle opwinding oor die nuwe formaat en lewer hulle insigte oor dié nuwe trajek 🚂 🚀
Die begin van 'n nuwe avontuur 10.07.2023 1:14:40
In die laaste episode van die derde reeks bespreek JW en Lelanie die toekoms van die podcast, die nuwe normaal na covid, Wes Anderson se ikoniese styl en nog vele meer!
Trouvideos, alweer 03.07.2023 1:07:10
Nadat Lelanie 'n trou video klaar gemaak het bespreek die vriende weer die ins and outs van trou videos, hoekom Lelanie dit nog doen en JW deel insig oor hoekom hy van haar werk hou.
JW en Lelanie seil terug na hulle kleintyd. 17.04.2023 58:43
In 'n staal bootjie in die buurt waar hul beide groot geword het, delf JW en Lelanie by hul vroeë skooljare in. Hulle bespreek Bella is Dead, 'n kortfilm, en kontempleer die betekenis agter dáárdie hoed.
Going back West saam met Bernice en Jannes 10.04.2023 1:06:28
JW en Lelanie gesels met pasgetroudes, Bernice West en Jannes Erasmus. Van Boney M en Brümilda van Rensburg, tot die oorsprong van enkelsnitte en die teaterwêreld.
Trump tweet vir JW en Lelanie kyk The Bachelor. 20.03.2023 48:30
JW vertel van die keer toe Trump hom getweet het, Lelanie delf in die The Bachelor sports in en hulle kontempleer hoe die podcast sal lyk as hulle 'n AI producer het.
Taylor, Taylor, altyd Taylor 13.03.2023 1:03:02
JW en Lelanie kontempleer die nuwe Taylor Swift album asook hoe sy haar styl verander het sedert Lockdown.
Jimmy Fallon, Trevor Noah and Hurricane Ian walk in to a bar 06.03.2023 1:16:22
Lelanie is terug na 'n avontuur om die aarde en vertel van Jimmy Fallon, Trevor Noah en hoe dit was om tydens Hurricane Ian in Florida te wees. Jw deel met ons hoe dit voel om nou draatjies te he.
Duck, Duck, Golden Goose 27.02.2023 35:03
JW en Lelanie kuier by die eienaar van die kunswinkel Golden Goose se Brooklyn tak en praat alle dinge kuns, Lelanie se tinder netwerk en hoe is dit almal dieselfde mensen ken.
K@k fancy saam die Mevrou (van Mevrou & co) 30.11.2022 54:27
JW en Lelanie praat met die Mevrou van Mevrou & co oor hoe sy haar beroemde brand op die been hou, hulle geskiedenis en aan die einde is daar ietsie spesiaal vir ons luisteraars... Luister mooi!
Bome, bosluise en liefde. 26.10.2022 47:48
Op 'n naweek wegbreek verras Michelle vir Lelanie deur haar 'n groot vraag te vra. JW speel cameraman so tussen deur die brei en ons vertel die verhaal van die weidste Airbnb host ooit.
Michelle hou nie van kameras nie 02.08.2022 27:44
Lelanie se meisie, Michelle, sit uiteindelik ordentelik in op die gesprek, al is sy skaam vir die kamera. Die drie praat oor hulle aspiraries, dromen en waarheen hulle lewens oppad is.
Waai land? Thailand 20.07.2022 1:29:13
Jw vertel ons van sy toer Thailand toe en beide JW en Lelanie delf in die Doha lughawe se sekruiteit in.
Ek hou van jou Fnor? 25.06.2022 56:39
Na amper 'n maand se rondtoer tussen die twee van hulle, vang JW en Lelanie op met wat sy en Michelle in Ierland gemaak het en JW kry 'n spesiale geskenk vanuit Dublin.
Kaapstad 06.06.2022 49:40
Na 'n lang rus, het Lelanie en JW mekaar per toeval in Kaapstad gekry en in die moederstad besluit om seizoen 3 af te kop
Met 'n asempie in die agtergrond 03.05.2022 47:59
Tussen seisoene het JW by Lelanie en Michelle gaan kuier, hulle praat twak soos altyd, maar vandaag is daar 'n 'live in studio audience'.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.