Stellenbosch Gemeente
Stellenbosch Gemeente Preke
Ons dink ons beweeg nader aan 'n lewe met betekenis wanneer ons dit regkry om die verskillende dimensies van ons lewe, spiritualiteit en daaglikse menswees, met mekaar te integreer, verweef tot een lewe. Ontdek saam met ons hoé, luister hier na die preke.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: sg-preke.castos.com
Author
Stellenbosch Gemeente
Category
Podcast website
Latest episode
Sep 27, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
08 October 2023 || Verweef - Liefde || Deon Botha 08.10.2023 36:01
Die oomblik wanneer jy by mense kom wat konfronteer word met die dood of wat deur intense swaarkry gaan, kom jy vinnig agter soos hulle praat, dat ons mees betekenisvolle oomblik van vreugde is verweef in verhoudings. Jy sal ook besef dat die mees betekenisvolle oomblikke van spyt/verlies, is ook verweef in verhoudings.
01 October 2023 || Verweef - 'n Nuwe Gesin || André Serfontein 01.10.2023 35:50
“The soul’s first task is to learn to trust, because our capacity to trust is our capacity to love and be loved, to give and to receive.” - Plass & Cofield
24 September 2023 || Verweef - Skadu-Weë || Pieter Roeloffse 24.09.2023 51:02
“The way of transformation that leads to soulful relationships is through dying and rising with Christ. We surrender to his life. His way becomes our way. Without a death, new life is impossible. If nothing dies, we are left holding on to our false-self way of doing life.” — Plass & Cofield, The relational soul
17 September 2023 || Verweef - Ontrafel || André Serfontein 17.09.2023 45:26
Hierdie reeks fokus op twee waarhede. Die eerste is dat God in sy wese in verhouding is, hy is liefde. En liefde is ‘n verhoudingswoord. God soek na verhouding, Hy roep na ons. Die tweede waarheid is dat ek en jy na God se beeld geskep is. Ons is verhoudingswesens, gemaak vir konneksie en word gevorm deur konneksie. Die afleiding is dan dat ‘n groot deel van die misterie van ons lewens sigbaar gaa...
10 September 2023 || Verweef - Gesig || Pieter Roeloffse 10.09.2023 56:20
Jou gesigsuitdrukkings, handgebare, galery posture, woorde, klanke en maniërismes is alles in jou uiterlike gegraveer deur die mense in jou lewe. Hoe word die siel verweef en hoe word ons herweef tot heelheid? Lê die gewig van jou enkelvoudigheid neer en kom word omhels in die begin van ons nuwe reeks. - Pieter Roeloffse
27 Augustus 2023 || Terloops - Dis onlogies || André Serfontein 27.08.2023 34:48
Jesus het - met sy boodskap en sy optrede - teen die stroom geswem van sy leefwereld se gebruike en denke. Ons kan se dit was counter-cultural - ingedring teen die norm. Omdat ons wereld en kultuur baie verskil van die tyd waarin Hy geleef het, is dit soms vir ons moeilik om die betekenis van Jesus se boodskap te verstaan - dit moet soms eers vertaal word vir ons tyd en kultuur.
20 Augustus 2023 || Terloops - Hard(t) || Pieter Roeloffse 20.08.2023 52:54
Ons is besig met die reeks TERLOOPS waarin ons nadink oor die alledaagse, wat aansluit by die kerkseisoen van "ordinary time". Hierdie alledaagse is die landskap waar ons die grootste deel van ons lewe spandeer. Annie Dillard skryf mos "How we spend our days is of course how we spend our lives." Die lens waardeur ons in hierdie reeks na ons lewe in die alledaagse kyk is Jesus se gelykenisse. Kort,...
13 Augustus 2023 || Terloops - Groei || André Serfontein 13.08.2023 33:06
Jesus leer sy volgelinge oor God se Koninkryk (sy toekomsideaal) en sê vir hulle dit gaan só: “Iemand saai die saad op die land en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei – hóé weet hy self nie.”Daar is duidelik iets aan die gebeur op die landskap van die alledaagse waarvan ons nie aldag bewus is nie. Waarmee is God besig? Hoe raak ons daarvan bewus? Waarom sal ons in voel...
06 Augustus 2023 || Terloops - Lewe || André Serfontein 06.08.2023 36:20
“God se koninkryk is soos suurdeeg…hierdie middel wat meel aktiveer om brood te kan word. God se droom is soos suurdeeg, hierdie proses waardeur iets nuuts gebore word. God se bedoeling is soos suurdeeg…hierdie lewegewende agent wat oorvloed van lewe bring. Dis hoe God se konikryk is. Hoe het jy gedink is dit?” - André - - [ Word deel van die WhatsApp-groep ] Navrae: info@sg.org.za
30 Julie 2023 || Terloops - Reg of Verkeerd || Pieter Roeloffse 30.07.2023 46:38
Ons is besig met die reeks Terloops wat fokus op lewe in die alledaagse - want ons is in die kerkseisoen wat ons ordinary time noem. Ons is opsoek na God se beweging in ons alledaagse want ons glo dat Sy beweging nog altyd heelheid wil bring. Die lens waardeur ons na die alledaagse in hierdie reeks kyk, is Jesus se gelykenisse. Verlede week het Jesus se gelykenisse oor die skat en oor die pêrel on...
23 Julie 2023 || Terloops - Waardevol || Pieter Roeloffse 23.07.2023 45:00
Wat kerkseisoene betref, is ons op die oomblik in “Ordinary time” - daardie grys gewoon alledaagse tyd. Die plek waar ons die grootste deel van ons lewe spandeer. In ons nuwe reeks “Terloops” word ons môre opgeroep om ons idee oor wat waardevol is raak te sien en ons oë te oefen om die wonder in die alledaagse soos ‘n versteekte skat te ontdek. Kinder- en tienerkerk is môre ook weer volstoom aan d...
16 Julie 2023 || Abstrak | Skenk || Deon Botha 16.07.2023 37:44
Vandag kom die reeks, ABSTRAK, oor die Heilige Gees tot ’n einde. Wanneer ek en jy toelaat dat ons gedagtes en optrede deur die Gees gevorm word, lei dit na lewe en vrede. Dit is hoe die hemel en die aarde bymekaar kom, die Gees van God en die mens - in my en jou. Ek begin met ’n storie oor kuns en geloof, ons gesels oor die gawes van die Gees en hoe ons aanklank vind by die Heilige Gees. - Deon -...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.