RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ 2902 episodes

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Kuns 29.11.2016

Este Gross maak 'n draai by die Joburg Theatre waar sy meer uitvind oor die pantomieme Robin Hood and the Babes in the Wood.

RSG Kuns 22.11.2016

Martin Headger vind meer uit oor Joburg Ballet se laaste vertonings vir 2016.

RSG Kuns 22.11.2016

Martin Headger maak 'n draai in Newtown, Johannesburg, om te gaan kyk wie en wat The Bag Factory is.

RSG Kuns 22.11.2016

Die Stellenbosch Universiteitskoor is vanjaar 80 jaar oud. Johan van Lill gesels met verskeie rolspelers, en vind meer uit oor die koor se nederige begin.

RSG Kuns 08.11.2016

Marius Weyers vertel vir Lizelle de Bruin van die toneelstuk, The Father, wat te sien is by die Fugardteater in die Kaap.

RSG Kuns 08.11.2016

Martin Headger maak 'n draai by die Windybrowteater in Johannesburg. Daar is nuwe lewe geblaas in hierdie geskiedkundige gebou in Hillbrow.

RSG Kuns 08.11.2016

Johan van Lill gesels met Marc Lottering oor sy produksie #Lottering wat uiteindelik in die Kaap te sien is.

RSG Kuns 08.11.2016

Christelle Webb-Joubert saai weer 'n onderhoud uit wat sy 'n paar jaar gelede met die rolprentmaker Jans Rautenbach gevoer het. Daarin vertel hy van sy ontmoeting met Nelson Mandela in 2001 tydens die opening van die KKNK. Jans Rautenbach is 2 November 2016 oorlede in die ouderdom van 80.

RSG Kuns 08.11.2016

Die Teksmark is 'n splinternuwe inisiatief vir dramaturge. Johan van Lill het gaan uitvind waaroor dit gaan.

RSG Kuns 01.11.2016

Christelle Webb-Joubert vind meer uit oor die mobiele riller, BRENT. Die regisseur Quintin Wils vertel hoe die teatervorm werk.

RSG Kuns 01.11.2016

Christelle Webb-Joubert gesels met Renier en Lise-Marie Keyser van Add-life produksies oor ONE MORE NIGHT.

RSG Kuns 01.11.2016

Die kunstenaar Suzette Rocher gesels oor haar uitstalling KYMATICA.

RSG Kuns 01.11.2016

Martin Headger gesels met Neels Claassen oor die baie gewilde musiekspel ANNIE wat te sien is by Montecasino in Johannesburg.

RSG Kuns 01.11.2016

Regisseur Kobie van Rensburg gesels met Martin Headger oor die opera LAMENTO, wat by die Markteater in Johannesburg te sien is.

RSG Kuns 25.10.2016

Daar is 'n eenmalige konsert met die pianis ALESSANDRO MARTIRE by die Brooklynteater in Johannesburg. Willem Vogel vertl van hierdie talentvolle pianis.

RSG Kuns 25.10.2016

Johan van Lill kuier by Evita Bezuidenhout. Sy gesels oor haar kuiertjie by Kunstekaap.

RSG Kuns 25.10.2016

Johann van Lill gesels met Wessel Pretorius oor sy toneelstuk, DIE ONTELBARE 48.

RSG Kuns 25.10.2016

Martin Headger vind meer uit oor Mandy Johnston se uitstalling IN THE PRESENCE OF ABSENCE.

RSG Kuns 25.10.2016

Die kunstenaar Johan Conradie vertel van die groepsuitstalling DESIRE.

RSG Kuns 18.10.2016

Die sanger Refentse Morake het oornag 'n sukses geword. Johan van Lill gesels met hom oor sy eerste konsert saam met 'n simfonieorkes.

RSG Kuns 18.10.2016

Christelle Webb-Joubert gesels met die kunstenaar Stefan Rossouw oor sy grootwordjare, sy bestudering van die ou meesters en sy onlangse uitstalling in Frankryk.

RSG Kuns 18.10.2016

Willen Vogel gesels oor Pieter en die Wolf wat volgende jaar weer in Afrikaans by die Brooklynteater in Pretoria aangebied word. Hulle moedig skole aan om dit nou reeds by hulle beplanning in te sluit.

RSG Kuns 18.10.2016

Beethoven se vyf klavierconcertos word by die Brooklynteater in Pretoria uitgevoer deur die Kaapse pianis Francois du Toit. Willem Vogel vertel van hierdie unieke geleentheid.

RSG Kuns 18.10.2016

Martin Headger kuier by Johannesburg Jeugballet wat vanjaar sy 40ste bestaansjaar vier.

RSG Kuns 10.10.2016

Dis weer tyd vir die jaarlikse KUNS VIR KANKER. Johan van Lill vind meer uit oor die besondere geleentheid waar kuns aangewend word vir 'n goeie doel.

Listen to the RSG Kuns podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.