RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ 2902 episodes

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Kuns 10.01.2017

Christelle Webb-Joubert woon een van die repetisies van Don Giovanni by en gesels met die regisseur, Sandra Laubscher.

RSG Kuns 03.01.2017

Ismail Mahommed is in 2016 as bestuurshoof van die Markteater in Johannesburg aangestel. Martin Headger het by hom gaan uitvind wat sy planne vir 2017 is.

RSG Kuns 03.01.2017

Christelle Webb-Joubert kuier by Pierre van Pletzen. Sy leer ken die man agter Oom Oubaas van Sewende Laan.

RSG Kuns 03.01.2017

The 13th floor is twee galeryspasies wat deur Mathjis Lieshout geopen is. Martin Headger neem ons saam na Johannesburg se middestad om by die kunstenaar te gaan kuier.

RSG Kuns 26.12.2016

Johan van Lill maak 'n draai by die Baxterteater in Kaapstad. Hy gesels met van die akteurs oor die Kaapse Jol wat tans daar te sien is.

RSG Kuns 26.12.2016

Christelle Webb-Joubert kuier by die blinde pianis Brendan Smith.

RSG Kuns 26.12.2016

Martin Headger kuier by die musikant Reinhardt Bühr.

RSG Kuns 20.12.2016

Daar open 'n nuwe teaterspasie by die National Children's Theatre in Johannesburg. Martin Headger gesels met Francois Theron oor die planne vir die teater.

RSG Kuns 20.12.2016

Martin Headger is by Montecasino in Johannesburg waar hy gesels met die regisseur en akteurs van die produksie Sherlock Holmes.

RSG Kuns 20.12.2016

Die Fugardteater in die Kaap het die afgelope vyf jaar elke jaar 'n filmseisoen. Lizelle de Bruin praat met Greg Carvellas van die Fugard wat hierdie seisoen vertoon word.

RSG Kuns 20.12.2016

Die 28-jarige Moe-ain Daniels is gebore sonder die vermoë om sy arms, hande, bene en voete te gebruik. Hy het sy eerste liedjie vrygestel en maak groot opslae in die Kaap weens sy ongelooflike musiektalent. Johan van Lill het met hom gesels.

RSG Kuns 20.12.2016

Dr. Tinus Kühn gesels oor die boek wat handel oor die lewe van Neels Hansen.

RSG Kuns 20.12.2016

Murdering Agatha Christie is op die planke by die Rosebankteater in Kaapstad. Johan van Lill gesels met Kanya Viljoen, een van die aktrises in hierdie stuk.

RSG Kuns 13.12.2016

Christelle Webb-Joubert kuier by akteur Pierre van Pletzen. Hy is vir die eerste keer in nege jaar weer op die verhoog te sien.

RSG Kuns 13.12.2016

Die illustreerder Piet Grobler gesels oor sy uitstalling Tongue in Cheek by die Tina Skukan Galery in Pretoria.

RSG Kuns 13.12.2016

Alan Committie vertel vir Johan van Lill waaroor Laughing Matters handel. Dit is op die planke by die Theatre on the Bay in Kaapstad.

RSG Kuns 13.12.2016

Martin Headger is by die National Children's Theatre in Johannesburg om meer uit te vind oor vermaak vir die jongspan. Hy gesels met Francois Theron oor Mr. Popper's Penguins.

RSG Kuns 13.12.2016

Sarah Richard vertel vir Martin Headger van vakansievermaak vir die kleinspan. Sy is te sien in Thrice Upon a Time by die National Children's Theatre in Johannesburg.

RSG Kuns 13.12.2016

Johan van Lill gesels met Louis Heyneman van die Kaapstad Filharmoniese Orkes oor hulle somerseisoenfees en hulle nuwe Steinway-klavier.

RSG Kuns 06.12.2016

Die kunstenaar Graig Muller vertel van sy uitstalling MATCHBOX TYPHOON, wat te sien is by die Kunsvereniging van Pretoria.

RSG Kuns 06.12.2016

Martin Headger gesels met Simone Nortmann en Charlotte Butler oor THE BIG BAD MUSICAL. Dis vermaak vir die hele gesin en is in die vakansietyd te sien by die Roodepoortteater in Johannesburg.

RSG Kuns 06.12.2016

Christelle Webb-Joubert besoek die Lizamore & Associates Galery in Johannesburg. Sy gesels met Dineke van der Walt en Colin Groenewald oor die uitstalling B(ORDER).

RSG Kuns 06.12.2016

Johan van Lill maak 'n draai by Kunstekaap waar die immergewilde musiekspel ANNIE op die planke is. Hy gesels met die jong talent en vind uit of dit regtig so moeilik is om saam met diere te werk in 'n produksie.

RSG Kuns 29.11.2016

Bondina Osterhoff van die Oude Libertasteater in Stellenbosch vertel vir Johan van Lill van hulle somerseisoen.

RSG Kuns 29.11.2016

Johan van Lill gesels met Rocco de Villiers oor sy produksie, Amazing Grace, by Theatre on the Bay in Kaapstad.

Listen to the RSG Kuns podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.