RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ 2902 episodes

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Kuns 14.02.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met die vervaardigers, Johan van der Merwe en Rudi Sadler, asook twee van die akteurs, Ben Prinsloo en Stephanie Gericke, oor DEURnis. Gehore kan gaan kyk na 12 stukke deur 12 regisseurs, met slegs een akteur en een gehoorlid op 'n slag.

RSG Kuns 14.02.2017

Martin Headger gesels met die regisseur, James Ngcobo, oor die toneelstuk THE MEETING wat by die Markteater in Johannesburg op die planke is.

RSG Kuns 14.02.2017

Christelle Webb-Joubert gesels verder met die kunnstenaar Johann van der Schjiff oor sy uitstalling, IN A DIFFERENT TIME.

RSG Kuns 14.02.2017

Lizelle de Bruin kuier by die kunstenaar Liza Grobler. Haar werk is te sien by vanjaar se Cape Town Art Fair van 17 – 19 Februarie.

RSG Kuns 07.02.2017

Ná 'n speelvak in die Kaap, kan Gautengers nou die musiekspel WEST SIDE STORY gaan kyk. Terrance April het meer besonderhede.

RSG Kuns 07.02.2017

Die King's Singers se toer in Suid-Afrika word afgeskop met 'n werkswinkel sodat hulle kan sien wat Afrika aanbied deur sy universiteitskore. Martin Headger gesels met Renette Bouwer, die koorleier van die Johannesburg Universiteit se koor, oor hoe hulle hiervan sal wees.

RSG Kuns 07.02.2017

Charl du Plessis gesels verder met die klaviertegnikus, Rudolf Strydom. Hulle gesels oor die klank en stem van 'n klavier, en of dit waar is dat jou klavier teen 'n binnemuur moet staan.

RSG Kuns 07.02.2017

Chris Bruerton, 'n lied van die King's Singers, verduidelik wat hulle doel is met die werkswinkel, en wat hulle vir die kore en gehore aanbied.

RSG Kuns 07.02.2017

Johan van Lill vind uit wat alles op vanjaar se Woordfees-spyskaart is.

RSG Kuns 31.01.2017

Martin Headger gesels met skilder Deon Venter oor sy uitstalling THERE IS NO PATH/THE PATH IS MADE BY WALKING by die Everard Read-galery in Rosebank, Johannesburg.

RSG Kuns 31.01.2017

Die pianis Charl du Plessis gesels in 'n reeks van vyf episodes met klaviertegnikus Rudolf Strydom oor die onderhoud van 'n klavier.

RSG Kuns 31.01.2017

Christelle Webb-Joubert besoek die Fried Contemporary-galery in Pretoria waar Johann van der Schijff se uitstalling, IN A DIFFERENT TIME, te sien is.

RSG Kuns 31.01.2017

Theresa Lizamore vier haar loopbaan in die kunsbedryf met 35 YEARS – A LIZAMORE PERSPECTIVE. Martin Headger het by haar gaan kuier.

RSG Kuns 31.01.2017

Lizelle de Bruin kuier by Anna-Mart van der Merwe en vind meer uit oor die toneelstuk, THE MOTHER, waarin sy eersdaags te sien is.

RSG Kuns 24.01.2017

Martin Headger gesels met die kunstenaar Clive van den Berg oor sy uitstalling, A Pile of Stones.

RSG Kuns 24.01.2017

Johan van Lill vind by Bondina Osterhoff uit wat alles te sien is by die Oude Libertasteater op Stellenbosch.

RSG Kuns 24.01.2017

Christelle Webb-Joubert maak 'n draai by die Kunsmuseum van Pretoria. Sy gesels daar met Angus Taylor en Elani Willemse oor die uitstalling, Tacit.

RSG Kuns 24.01.2017

Arthur Swan is 'n Suid-Afrikaans gebore tenoor wat al agt jaar lank in Londen woon. Christelle Webb-Joubert het by hom gaan kuier.

RSG Kuns 24.01.2017

As deel van die Mozartfees kan jy na Don Giovanni gaan kyk by die Nirox Beeldhoupark wes van Johannesburg. Martin Headger gesels met Lloyd Anthony Smith oor hierdie besondere geleentheid.

RSG Kuns 24.01.2017

Martin Headger gesels met Mike van Graan oor die produksie, When Swallows Cry, wat te sien is by die Markteater in Johannesburg.

RSG Kuns 17.01.2017

Luister na die KKNK 2017 se programbekendstelling. Vind uit wat alles nuut en anders is by vanjaar se fees op Oudtshoorn. Johan van Lill gesels met 'n hele aantal rolspelers wat betrokke is die fees.

RSG Kuns 10.01.2017

Martin Headger maak 'n draai by die 13th Floor-galery waar hy met Matijs Liesbeek gesels oor die kunstenaars wat gereeld by hom uitstal.

RSG Kuns 10.01.2017

Johan van Lill vind by Herman van der Westhuizen uit hoe leerders kan deelneem aan die Nasionale Toneelspelkompetisie.

RSG Kuns 10.01.2017

Christelle Webb-Joubert woon die laaste dag van die Gauteng Kamermusiekfees by, en gesels met die organiseerder, Johanna Roos, en van die leerders wat die fees bygewoon het.

RSG Kuns 10.01.2017

Martin Headger gesels met lede van die King Singers wat Suid-Afrika eersdaags besoek.

Listen to the RSG Kuns podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.