RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Kuns 13.06.2017 14:31
Christelle Webb-Joubert gesels met Johny Klein oor sy rol in Fiela se kind, asook die produksie, Flennie die snare, wat vanjaar by Innibos in Nelspruit te sien is.
RSG Kuns 13.06.2017 5:30
Martin Headger gesels met Andre Odendaal, die regisseur van Karel se Oupa, wat te sien is by die Markteater in Johannesburg.
RSG Kuns 13.06.2017 10:52
Christelle Webb-Joubert kuier by Edrien Erasmus en vind meer uit oor haar eenvrou-vertoning, Ontbloot.
RSG Kuns 13.06.2017 6:41
Charl du Plessis en Trio se album, Baroqueswing Volume 2, is onlangs aangewys as die SAMA wenners vir die beste klassieke/instrumentale album. Die trio is bekend vir hulle crossover-styl tussen jazz en klassieke musiek. Crossover is 'n genre wat oor die algemeen blyk of dit gewild kan wees onder Suid-Afrikaners, maar tog is sommige kunstenaars huiwerig om hulle musiek klassieke crossover te noem....
RSG Kuns 13.06.2017 10:09
Kirvan Fortuin het in Maccassar in die Kaap grootgeword en het op 13 begin dans. Tans woon hy in Rotterdam in Nederland, waar hy as 'n uiters talentvolle choreograaf uitstaan. Hy is tans op besoek aan Suid-Afrika en Johan van Lill het met hom gesels oor een van sy werke wat in die Kunstekaap-teater uitgevoer is.
RSG Kuns 06.06.2017 6:33
Christelle Webb-Joubert gesels met Lizanè Basson oor die toneelslypskool wat in Julie by die Roodepoort teater plaasvind.
RSG Kuns 06.06.2017 10:21
Christelle Webb-Joubert gesels met die pianis, Grethe Nöthling, oor die Vrystaat Simfonieorkes se opkomende konsert.
RSG Kuns 06.06.2017 11:59
Die kunstenaar, Anna-Carien Goosen, neem jou deur haar uitstalling, “ ... and then one day the ground shifted.”
RSG Kuns 06.06.2017 7:52
Johan van Lill gesels met Robin van Wyk oor die splinternuwe ballet, The Earthwalker, wat te sien is by die Kunstekaap in Kaapstad.
RSG Kuns 06.06.2017 6:31
Johan van Lill vind meer uit oor Louis Viljoen se nuwe toneelstuk, The Eulogist, wat te sien is by die Fugard teater in Kaapstad.
RSG Kuns 30.05.2017 5:38
Die Kaapstad Filharmoniese Orkes se seisoen begin op die 8ste Junie. Johan van Lill gesels met Louis Heyneman oor hulle al planne.
RSG Kuns 30.05.2017 5:43
Colleen Naude gesels verder oor vanjaar se konserte by die FynArts-fees in Hermanus.
RSG Kuns 30.05.2017 14:16
Winterslaap is 'n besondere uitstalling deur Henk Serfontein. Dit beeld die digter, Wilma Stockenström uit waar sy in verskillende posisies slaap. Johan van Lill vind meer uit.
RSG Kuns 23.05.2017 8:52
Lizelle de Bruin het agter die skerms by die nuwe musiekspel Tiger Bay in Kaapstad gaan inloer.
RSG Kuns 23.05.2017 7:00
Cecile Blevi vertel van die MOK gallery in Stellenbosch, 'n pragtige galeryspasie met 'n ryk geskiedenis.
RSG Kuns 23.05.2017 8:19
Christelle Webb-Joubert woon die Innibos bekendstelling in Nelspruit by. Sy gesels met Sandra Jacobs oor vanjaar se hoogtepunte.
RSG Kuns 23.05.2017 9:16
Christelle Webb-Joubert gesels met die kunstenaar Cobus Haupt oor sy uitstalling by Fried Contemporary in Pretoria.
RSG Kuns 23.05.2017 7:52
Colleen Naude vertel meer van vanjaar se FynArts fees in Hermanus. Sy fokus op die visuele kuns.
RSG Kuns 23.05.2017 9:36
Die ballet, Swanemeer, is te sien in Kaapstad. Johan van Lill gesels oor die ballet met sy vele uitdagings.
RSG Kuns 16.05.2017 9:21
Art.b galery in Bellville, Kaapstad, bied die uitstalling Vice Versa aan. Juria le Roux, die kurator, vertel meer.
RSG Kuns 16.05.2017 6:44
Die dirigent Eddie Clayton vertel van A night with the stars wat aan jongmense 'n wonderlike geleentheid bied om gesien en gehoor te word.
RSG Kuns 16.05.2017 6:02
Christelle Webb-Joubert kuier by Hartbeespoort by die kunstenaar Paul Mikula. Hy is 'n grofsmit wat yster in kuns omskep.
RSG Kuns 16.05.2017 7:50
Die dirigent dr. Sjoerd Alkema gesels oor sy loopbaan en die Con Spirito Filharmoniesekoor.
RSG Kuns 16.05.2017 15:54
Johan van Lill woon die 2017 Nasionale Toneelspelkompetisie by.
RSG Kuns 09.05.2017 8:46
Dr. Francois van den Berg van die Nasionale Eisteddford van Suid-Afrika gesels oor die halfeindronde en eindronde wat by die Brooklynteater in Pretoria plaasvind.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.