RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Kuns 05.09.2017 6:33
Kapenaars wat gereeld by die Groenpuntstadion in Seepunt ry, moes opgemerk het dat 'n anderste sirkusvenue oornag daar staangemaak is. Dis tyd vir 'n nuwe teaterervaring, Enchanted Cirque. Johan van Lill het gaan hoor wat hulle beplan om Kapenaars mee te betower.
RSG Kuns 05.09.2017 12:04
Elke twee jaar word 'n koorfees gehou vir die land se beste universiteitskore. Die Kuesta 2017 Koorfees vind op Stellenbosch plaas, en Johan van Lill het meer daaroor gaan uitvind.
RSG Kuns 05.09.2017 10:31
Leon Gropp was vir baie lank deel van die kitaarduo, CH2. Deesdae het hy 'n sololoopbaan,. Hy vertel vir Christelle Webb-Joubert van sy produskie, Rooidag, by vanjaar se Aardklop.
RSG Kuns 05.09.2017 8:00
'n Groep uitgelese internasionale balletdansers is tans in Suid-Afrika om kragte saam te span met 'n paar plaaslike kunstenaars. Terrance April vind meer uit by die balletimpressario Dirk Badenhorst.
RSG Kuns 29.08.2017 10:33
Roelof Temmingh se pa was die internasionaal bekende komponis Roelof Temmingh (in 2012 oorlede). Sy ma is die befaamde orrelis en pianis, Zorada Temmingh. Dit is dus nie vreemd nie dat die musiekgene dik deur sy are loop. Hy studeer tans in London. Johan van Lill het hom toevallig in die Kunstekaap Teatersentrum raakgeloop, en met hom voor 'n klavier gaan sit en gesels.
RSG Kuns 29.08.2017 9:21
Christelle Webb-Joubert gesels met Zyma Amien oor haar solo-uitstalling, 'Real' lives and 'ordinary'objects.
RSG Kuns 29.08.2017 8:29
Die dirigent Alexander Fokkens vertel van die Vrystaat Simfonieorkes Concertofees vir jong musici.
RSG Kuns 29.08.2017 16:10
Gedig, my snaar is 'n produksie wat saamgestel is deur Hilandi du Toit. June van Merch vertolk hierin van die bekendste Afrikaanse gedigte. Johan van Lill het voor 'n optrede by hulle gaan inloer.
RSG Kuns 29.08.2017 4:29
Franschoek hou hulle eerste Lentefees. Johan du Plessis vertel vir Christelle Webb-Joubert meer van die fees.
RSG Kuns 22.08.2017 5:21
Christelle Webb-Joubert gesels met Johan Conradie vandie Kunsverening van Pretoria oor die uitstalling, I am rooted, but I flow.
RSG Kuns 22.08.2017 9:45
Die kunstenaar Tanja Malan vertel hoe sy met byewas verf vir haar uitstalling Pursue.
RSG Kuns 22.08.2017 11:13
Die kunstenaar Jaco van Schalkwyk vertel van sy uitstalling, Arium, wat te sien is by die Barnard-galery in Kaapstad.
RSG Kuns 22.08.2017 10:28
Hannes Brummer is in drie produksies te sien by vanjaar se AARDKLOP. Hy vertel vir Christelle Webb-Joubert waar hy oral betrokke is.
RSG Kuns 22.08.2017 9:56
Martin Headger maak 'n draai by die Wits Kunsgalery in Johannesburg, waar hy meer uitvind oor die Andy Warhol-uitstalling.
RSG Kuns 15.08.2017 9:35
Die musiekspel Calling me Home is by die Joburg Teater te sien. Dit bestaan uit 'n geselskap van 33 mense. Martin Headger het met Christiaan Snyman en Lynelle Kenned tydens hulle repetisie gesels om meer oor die produksie uit te vind.
RSG Kuns 15.08.2017 4:01
Christelle Webb-Joubert besoek die ARTbox Galery in Pretoria, en gesels met Patsy van der Reis en Tracey van der Reis-Hermetz.
RSG Kuns 15.08.2017 10:14
So Ry Miss Daisy met dr. John Kani, Sandra Prinsloo en Jacques Bessenger is te sien in Pretoria. Christelle Webb-Joubert het daar gaan inloer.
RSG Kuns 15.08.2017 8:53
Christelle Webb-Joubert gesels met Alexa Strachan oor vanjaar se Aarklop Kunstefees en van die dinge wat die fees uniek maak.
RSG Kuns 15.08.2017 3:54
Christelle Webb-Joubert besoek die ARTbox Galery in Pretoria, en gesels met Mia van Wyk.
RSG Kuns 15.08.2017 11:56
Johan van Lill gesels met Sune Stassen oor die Open Design-fees wat tans in Kaapstad aan die gang is.
RSG Kuns 08.08.2017 12:29
Quanita Adams bied Nadia Davids se bekroonde solostuk, At Her Feet, aan. Dis die eerste keer in 13 jaar dat die stuk opgevoer word. Deur beweging, sang, monoloë en gedigte word gekyk na onder meer identiteit, Islam-fobie en Islamitiese feminisme deur die oë van vier Moslemvroue van Kaapstad. Johan van Lill het met Quanita Adams en Nadia Davids gesels.
RSG Kuns 08.08.2017 14:58
Die dirigente Christo Burger en Michael Barrett gesels oor die Capital Singers, 'n koor bestaande uit 651 lede vanoor Suid-Afrika.
RSG Kuns 08.08.2017 11:47
Christelle Webb-Joubert besoek Lizamore & Associates in Pretoria, en gesels met drie van die kunstenaars wat deel is van die uitstalling, Sacred and Profane.
RSG Kuns 08.08.2017 10:59
Kaapse gehore kry eersdaags die geleentheid om vir die eerste keer in 17 jaar weer 'n opera van Wagner deur die Kaapstad Opera te sien. Johan van Lill het agter die skerms gaan inloer by een van Der Fliegende Hollander se repetisies.
RSG Kuns 01.08.2017 7:13
Nande Hattingh gesels oor haar uitstalling, The sublime in nature. Sy nooi die kyker om dinge in die natuur van nader te beskou – die dinge wat so dikwels ongesiens by ons verby gaan.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.