RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Kuns 17.10.2017 10:54
Johan van Lill vind meer uit oor die gewilde toneelstuk, Die reuk van appels, wat al by die meeste feeste 'n draai gemaak het. Die produksie is tans in die Kaap te sien.
RSG Kuns 17.10.2017 9:04
Uit diep van donker nagte is 'n gemeenskapsproduksie ter viering van die 500 jaar van reformasie. Christellle Webb-Joubert het meer hieroor gaan uitvind.
RSG Kuns 10.10.2017 6:46
Die dirigent Gerhard Korsten tree op saam met die Vrystaatse Simfonieorkes. Hy vertel van die interessante program.
RSG Kuns 10.10.2017 15:16
Gerhard Benade vertel vir Christelle Webb-Joubert van sy musiekseminare wat handel oor vroeë musiek en vroeë instrumente.
RSG Kuns 10.10.2017 8:37
Nataniël is eersdaags te sien in Bloemfontein met sy produksie, 30 Years, 90 Minutes. Hy vertel van sy vernintenis met die mooie Bloemfontein.
RSG Kuns 10.10.2017 10:46
Este Gross gesels met artistieke regisseur Iain McDonald en van die dansers van Joburg Ballet oor hulle produksie van Sneeuwitjie.
RSG Kuns 10.10.2017 12:55
Johan van Lill vertel van 'n grensverskuiwende konsep by vanjaar se Aardklop Kunstefees. DEURnis bestaan uit 'n aantal klein produksies met een akteur en een gehoorlid.
RSG Kuns 03.10.2017 9:16
Martin Headger vind meer uit van die splinternuwe Aardklop-produksie, Los asseblief 'n boodskap.
RSG Kuns 03.10.2017 11:54
Johan van Lill was by die SAMRO Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie se finale ronde. Die kompetisie is vir deelnemers tussen die ouderdomme van 7 en 13.
RSG Kuns 03.10.2017 10:50
Nataniël het 'n baie besondere verhouding opgebou met die Operahuis in Port Eizabeth oor sy afgelope 30 jaar in die bedryf. Hy vertel van die begindae en wat die teater en sy gehore so besonders maak.
RSG Kuns 26.09.2017 11:58
Nataniël vertel waarom hy so selde in Afrikaans sing. Hy vertel ook vir Christelle Webb-Joubert waarop hy die trotste is van sy loopbaan die afgelope 30 jaar.
RSG Kuns 26.09.2017 6:29
Martin Headger besoek die ABSA-galery in Johannesburg om meer uit te vind oor vanjaar se L'Atelier-kompetisie.
RSG Kuns 26.09.2017 13:28
Die Curro Durbanville Juniorkoor bestaan al vir 15 jaar en het vanjaar, soos vorige jare, weer die skool se naam hoog gehou deur skoonskip te maak in al die kompetisies en feeste waaraan hulle deelgeneem het. Die koor, onder leiding van Jeanne Maritz, het vir Johan van Lill genooi om een van hulle repetisies by te woon.
RSG Kuns 26.09.2017 11:06
'n Reuse-kunsmuseum het by die V&A Waterkant in Kaapstad geopen. Johan van Lill het met sy mikrofoon by die Zeitz-musuem vir Kontemporêre Afrikakuns rondgeloop en gesels met van die kurators en mense wat nuuskierig was om hierdie nuwe museum te sien.
RSG Kuns 19.09.2017 15:21
Twee jong komponiste van Pretoria, Franco Prinsloo en Pieter Bezuidenhout, gesels met Christelle Webb-Joubert oor hulle produksie In/Between: 'Till China and Africa meet.
RSG Kuns 19.09.2017 7:07
Johan van Lill vind meer uit oor die Barokfees op Stellenbosch, waar heelwat historiese instrumente gehoor sal word.
RSG Kuns 19.09.2017 6:28
In die derde deel van Christelle Webb-Joubert se gesprek met Nataniël gesels hulle oor die misterie wat hom omhul.
RSG Kuns 19.09.2017 16:44
Johan van Lill besoek die Tuin van Digters by die Breytenbachsentrum op Wellington. Hy gesels met 'n paar rolspelers oor vanjaar se hoogtepunte.
RSG Kuns 12.09.2017 5:03
Die balletdanser Margaux Fourie vertel vir Christelle Webb-Joubert van Ballet Magnificat! wat Suid-Afrika eersdaags besoek. Dit is Amerika se eerste Christelike balletgeselskap.
RSG Kuns 12.09.2017 5:20
Die kunstenaar Johan du Plessis se uitstalling, . . . every piece comes with it's own story . . . is in Bloemfonteinte sien. Christelle Webb-Joubert gesels met hom.
RSG Kuns 12.09.2017 7:11
Wilson Dunster en Elize Cawood gesels oor hulle nuwe produksie, Mike en Mavis, wat te sien is by vanjaar se Aardklop.
RSG Kuns 12.09.2017 16:56
Nataniël se vertoning 30 Years, 90 minutes is te sien by Emperors Palace in Johannesburg. In die tweede deel van sy gesprek met Christelle Webb-Joubert vertel hy waar sy naam vandaan kom, waarom hy nie hare het nie en waaraan hy verslaaf is.
RSG Kuns 12.09.2017 7:00
Nina Marais, Stachia van Tonder en Mercia Kriel gesels oor The Finery Arts Festival wat die naweek van 30 September tot 1 Oktober plaasvind in Pretoria.
RSG Kuns 05.09.2017 6:25
Christelle Webb-Joubert gesels met dr. Pieter Binsbergen oor die Nuwe Handtekeninge-kompetisie wat 50 jaar oud is. Die Sasol Nuwe Handtekeninge vir 2017 is onlangs aangewys.
RSG Kuns 05.09.2017 8:28
Nataniël is vanjaar 30 jaar in die bedryf. In die eerste van 'n reeks gesprekke vind Christelle Webb-Joubert meer uit van sy kinderjare.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.