RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Cape Africa Ballet se Giselle 11.11.2025 6:09
Cape Africa Ballet voer Giselle op. Terrance April gesels hieroor met Leane Theunissen.
FROM ADAM TO AI: THE STORIES WE TELL 04.11.2025 8:36
Simon Venter verduidelik hoe hy KI ingespan het vir sy uitstalling, FROM ADAM TO AI: THE STORIES WE TELL.
Nataniël se CATCH ME, LOVE 04.11.2025 11:12
Nataniël vertel van sy nuwe produksie , CATCH ME, LOVE. Hy vertel waarom hy dit in die Kaap debuteer, en wat hy die keer anders doen.
Kaapstad Filharmonies 2025 Somerseisoen 04.11.2025 8:37
Christelle Webb-Joubert vind uit wat die Kaapstad Filharmoniese Orkes se planne is vir die res van 2025.
Kevin Kraak oor Chicago 04.11.2025 12:39
Terrance April gesels met Kevin Kraak, die musiekregisseur van Chicago, wat tans in Johannesburg te sien is.
THE WORLD OF THE MARIMBA AND BEYOND 04.11.2025 7:12
THE WORLD OF THE MARIMBA AND BEYOND is ’n konsert wat Magdalena de Vries aanbied. Sy gesels oor die program, asook die ander instrument waarop sy speel, die snaartrom.
Prof. Nicol Viljoen se loopbaan 28.10.2025 12:11
Die pianis, prof. Nicol Viljoen, vertel van sy loopbaan, en ’n konsert wat hy aanbied, FROM CLASSICS TO JAZZ.
Diek Grobler oor animasie 28.10.2025 9:04
Animeerder en kunstenaar Diek Grobler bied ’n lesing aan by die Kunsvereniging van Pretoria. Hy praat oor die “pin screen” en hoe dit gebruik word om te animeer.
Private Presley 28.10.2025 10:18
Terrance April gesels met Dirk Badenhorst, Mzansi Ballet se bestuurshoof, en die sanger Logan James, oor die ballet, PRIVATE PRESLEY.
Ms. B-Haved 28.10.2025 9:25
Sue Dieperveen vertel vir Christelle Webb-Joubert van haar nuwe eenvrou-komedie, MS. B-HAVED, wat gaan oor uitdagings in die onderwys.
Foxwood Teaterfees 2025 21.10.2025 9:48
Terrance April gesels met Pieter de Vos van Foxwood House oor hulle teaterfees wat op 24 Oktober 2025 begin.
Ateljeebesoeke by Woordfees 21.10.2025 39:19
Christelle Webb-Joubert het tydens die Woordfees by vier kunstenaars se ateljees ’n draai gaan maak. Sy het gaan kuier by Mona Haumann, Izette Roos, Katie Farringer en Zonia Scheffer.
EK IS NIE DANIE by Woordfees 14.10.2025 9:19
Regisseur Nico Scheepers vertel van die produksie, EK IS NIE DANIE, by die Woordfees. Dit is ‘n woordkunsproduksie soos nog nooit tevore.
DIE SIEL VAN EUGENE MARAIS by Woordfees 14.10.2025 6:09
DIE SIEL VAN EUGENE MARAIS is ’n Woordfees-produksie uit die pen van Amanda Bothma. Sy vertel meer van die stuk, waarvan sy ook die regie behartig.
Wolf Britz oor HUIS VAN SAND en LIEFDE, LAFRAS 14.10.2025 10:42
Regisseur en beligtingsontwerper Wolf Britz vertel van die twee produksies waarby hy by die Woordfees betrokke is - HUIS VAN SAND en LIEFDE, LAFRAS.
KOFFIEKAN by Woordfees 14.10.2025 5:12
KOFFIEKAN, is ’n produksie by die Woordfees waarin Bach se Koffiekantate gehoor kan word, asook ’n klomp Afrikaanse liedjies waarin koffie voorkom. Vervaardiger en violis Johanna Roos vertel meer.
KINDERLÊ by Woordfees 14.10.2025 9:01
Lynthia Julies het in 2024 die tragiese gebeure van KINDERLÊ, 'n dorpie in die Noord-Kaap, in haar roman uitgebeeld. Lee-Ann van Rooi het die boek verwerk vir die verhoog. Sy gesels met Terrance April oor die verhaal, asook die uitdagings wat sy as regisseur aangedurf het.
GABRIEL’S OBOE by Woordfees 07.10.2025 10:04
Terrance April gesels met Willem Vogel van Salon Musiek oor die produksie, GABRIEL’S OBOE, wat te sien is by die Woordfees.
Breyten se BOKLIED by Woordfees 07.10.2025 27:56
Breyten Breytenbach se BOKLIED het jare gelede groot opspraak verwek. Dit is vanjaar weer te sien by die Woordfees. Christelle Webb-Joubert gesels met die regisseur, Marthinus Basson, wat destyds ook die regisseur was.
JOSHLIN: MEER AS ‘N NAAM by Woordfees 07.10.2025 13:30
Christelle Webb-Joubert gesels met Herschelle Benjamin, skrywer van die toneelstuk, JOSHLIN: MEER AS ‘N NAAM, wat te sien is by die Woordfees.
RSG se tweede Radioteaterseisoen van 2025 skop af 30.09.2025 8:25
Die tweede RSG Radiodrama-seisoen van 2025 begin 2 Oktober 2025. Estel de Beer, senior vervaardiger en regisseur: mandaat, drama en opvoedkunde, gesels oor die seisoen se hoogtepunte.
Je-ani se VIER SEISOENE KIND by Aardklop 30.09.2025 9:34
Je-ani Swiegelaar vertel van haar eenvrouvertoning, Vier seisoene kind, wat by Aardklop debuteer.
Minè Kleynhans solo-uitstalling by Pretoria Kunsmuseum 30.09.2025 10:10
Christelle Webb-Joubert besoek die Pretoria Kunsmuseum. Sy stap saam met kunstenaar Minè Kleynhans deur haar solo-uitstalling. Sy is 2024 se wenner van die Sasol Nuwe Handtekeninge Kunskompetisie.
Joburg Ballet se lenteseisoen van dans 30.09.2025 12:55
Terrance April besoek Joburg Ballet. Danè Hurst, artistieke direkteur, en die bestuurshoof, Elroy Fillis-Bell, vertel van hulle lenteseisoen van dans.
Portrait Awards 2025 23.09.2025 17:35
Die wenners van die tweejaarlikse Portrait Awards is op 29 Augustus aangekondig. Christelle Webb-Joubert gesels met die wenner, Malik Mani, en met dr. Dineke Orton, een van die beoordelaars.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.