RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ 2902 episodes

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sasol Nuwe Handtekeninge 2025 23.09.2025

Christelle Webb-Joubert het die toekenningsgeleentheid van die jaarlikse Sasol Nuwe Handtekeninge-kompetisie by die Pretoria Kunsmuseum bygewoon, waar sy met die onderskeie wenners gesels het.

Figure of 8 Dance Theatre by twee feeste 16.09.2025

Marie Vogts van Figure of 8 Dance Theatre vertel van al die produksies waarby hulle betrokke is by vanjaar se Aardklop-kunstefees en die Woordfees. Een van die produksies is WINGS OF LIGHT: DANCE OF AN ANGEL, met musiek gekomponeer deur Mauritz Lotz.

Pierneefskraal 16.09.2025

Christelle Webb-Joubert maak ‘n draai by Pierneefskraal in Pretoria. Mede-eienaar Chris de Beer gesels oor die plek waar Pierneef eens gewoon en werk het.

Lize Beekman is finalis in International Wildlife Artist of the Year-kompetisie 16.09.2025

Sanger en kunstenaar Lize Beekman vertel hoe sy per ongeluk ingeskryf het vir die International Wildlife Artist of the Year-kompetisie. Sy is gekies as een van die finaliste. Sy gesels ook oor Melkbos Ateljee 2025.

Boesman en Lena by twee feeste 16.09.2025

Terrance April gesels met regisseur Christo Davids oor Athol Fugard se bekende, Boesman en Lena. Dit is te sien by vanjaar se Aardklop-kunstefees en die Woordfees in Stellenbosch.

Visuele kuns by Aardklop 2025 09.09.2025

Die kurator vir visuele kuns by Aardklop 2025, MC Roodt, gesels oor vanjaar se tema, feeskunstenaar en uitstallings.

Belofte Van Vere bring hulde aan Breyten 09.09.2025

By Aardklop 2025 word daar hulde gebring aan die ontslape Breyten Breytenbach. Artistieke regisseur Anna Davel vertel van die produksie, BELOFTE VAN VERE.

Mzansi Chamber Music Collective se konserte 09.09.2025

Terrance April gesels met Francois Combrinck oor Mzansi Chamber Music Collective se opkomende konserte.

A Girl Called Owl 09.09.2025

Larissa Crafford-Lazarus is ‘n Suid-Afrikaanse aktrise wat tans in Londen woon. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert van die eenvroustuk, A GIRL CALLED OWL, waarin sy binnekort te sien is in Suid-afrika.

WAAR TEKSTURE PRAAT by La Motte Ateljee 02.09.2025

Nina Kruger, kurator by La Motte Ateljee, vertel van die uitstalling, WAAR TEKSTURE PRAAT, en verduidelik wat hulle ateljee anders maak as ander galerye.

RUTH: THE MUSICAL 02.09.2025

Christelle Webb-Joubert gesels met die skrywer en vervaardiger, Polyda van Niekerk, oor ‘n nuwe musiekspel, RUTH: THE MUSICAL.

DIE TOWERFLUIT vir leerders 02.09.2025

Mozart se DIE TOWERFLUIT word aangebied vir laer- en hoërskoolleerders. Regisseur Elizma Badenhorst vertel meer.

PROOI/PREY se tema ontstel 02.09.2025

PROOI/PREY is ’n ontstellende toneelstuk oor mensehandel. Christelle Webb-Joubert gesels met die vervaardigers, Johan van der Merwe en Ignatius van Heerden.

Konsertreeks in die Endlersaal 02.09.2025

Die meeste plaaslike universiteite se musiekdepartemente het toegang tot 'n uitstekende lokaal waar hulle musiek voor 'n gehoor uitgevoer kan word. Dit is ook die geval met die Universiteit Stellenbosch. Terrance April gesels met Vicky Davis, artistieke direkteur van die Endlersaal. oor al hulle bedrywighede.

TOOR/BOS, visuele kuns en skynrealiteit 26.08.2025

Die uitstalling, TOOR/BOS, bring visuele kuns en skynrealiteit bymekaar, en neem die kyker op ‘n wonderlike reis. Kurator dr. Dineke Orton verduidelik hoe dit werk.

MOFFIE op die verhoog 26.08.2025

Akteur David Viviers gesels oor die toneelstuk, Moffie, wat ‘n draai in Londen gemaak het, en nou in Suid-Afrika te sien is.

Kaapstad se Filharmonies Lenteseisoen 2025 26.08.2025

Terrance April gesels met Louis Heyneman, bestuurshoof van die Kaapstad se Filharmoniese Orkes, oor hulle lenteseisoen.

One and the many-uitstalling - Deel 2 26.08.2025

Christelle Webb-Joubert stap verder saam met kurator Storm Janse van Rensburg deur die uitstalling, One and the many, by Javett-UP.

Hear Us-konsert in Stellenbosch 19.08.2025

Leon Janse van Rensburg vertel wat op die program is by vanjaar se Hear Us-konsert in Stellenbosch.

One and the many-uitstalling - Deel 1 19.08.2025

Christelle Webb-Joubert besoek die Javett-UP Galery in Pretoria, en wandel deur die uitstalling, One and the many. Haar toergids is die kurator, Storm Janse van Rensburg.

Noises Off in Kaapstad en Johannesburg 19.08.2025

Mia Dippenaar is ‘n tweedejaar student by LAMTA. Sy vertel van die produksie, Noises Off, wat te sien is in Kaapstad en Johannesburg.

Secunda se Umuzi Kunstefees 19.08.2025

Alma Swart vertel van die tweede Umuzi Kunstefees in Secunda.

Brent Palmer oor The Dumb Waiter 12.08.2025

Brent Palmer gesels oor Harold Pinter se toneelstuk, The Dumb Waiter.

Roelof Temmingh in SA 12.08.2025

Pianis Roelof Temmingh vertel van sy besoek aan Suid-Afrika, en die konserte waarin hy te sien is.

Ballet oor Maria Callas 12.08.2025

Niël Rademan dra verskeie hoede. Hy vertel van ‘n Jacques Brel-konsert, en gesels oor Hessequa Harmonie 2025 se program.

Listen to the RSG Kuns podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.