RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Raai, raai, riepa! by Breytenbachgalery 16.12.2025 6:18
Anne-Ghrett Erasmus Coetzee is die kurator by die Breytenbachgalery. Sy vertel van die speelse uitstalling, Raai, raai, riepa!
Die Neutekraker by Montecasino 16.12.2025 10:32
Die Neutekraker is een van die gunstelingballette tydens die feesgety. Cape Ballet Africa voer dit op by die Teatro by Montecasino tot 28 Desember 2025. Terrance April gesels met Marcel Meyer, die kostuumontwerper, en Mia Coomber wat die rol van die sneeukoningin dans.
Gauteng Kitaarkwartet 16.12.2025 4:38
Die Gauteng Kitaarkwartet is die enigste professionele kitaarkwartet in Suid-Afrika. Hulle program sluit 'n hele reeks werke uit verskillende musiekperiodes in. Terrance April het met Nathalie Roue gesels na afloop van een van hulle konserte.
MOANA JR. in Kaapstad op die planke 09.12.2025 5:08
MOANA is ‘n bekende Disney-rolprent, wat nou op die verhoog te sien is. Amanda Bothma is ‘n konsultant vir die produksie, en vertel meer.
ALICE IN WONDERLAND by Kaapstad Stadsballet 09.12.2025 8:13
Kaapstad Stadsballet vier vanjaar hulle 92ste bestaansjaar. Om die geleentheid te gedenk het hulle die Britse choreograaf, Gerard Charles, genader om ALICE IN WONDERLAND vir hulle aan te bied.
Jonathan Pienaar ( 1962 - 2025) & Matt Stern ( 1971 - 2025) 09.12.2025 23:49
Daar word hulde gebring aan die akteur en skrywer, Jonathan Pienaar, wat op 10 November 2025 oorlede is, asook aan die akteur en sanger, Matt Stern, wat op 26 November 2025 oorlede is.
STOUTE KABOUTER: DIE ‘FAKE’ KERSVADER by AfriForumteater 09.12.2025 6:28
Regisseur Jennifer Myburgh vertel van die kinderteaterproduksie, STOUTE KABOUTER: DIE ‘FAKE’ KERSVADER.
ROSE'D by La Motte Ateljee 09.12.2025 6:37
Nina Kruger, die kurator by La Motte Ateljee, vertel van hulle uitstalling, ROSE’D.
Joyce Carreira se lewe en kuns 02.12.2025 20:37
Christelle Webb-Joubert kuier by beeldhouer Joyce Carreira. Sy leer ken sy haar as mens en kunstenaar.
A Show About Nothing by Spier 02.12.2025 9:32
A SUMMER DREAM: A SHOW ABOUT NOTHING beloof om jou verbeelding aan te gryp. Liezel de Kock vertel van hierdie produksie wat plaasvind by die Spier-amfiteater.
Michael Fullard oor CATS 02.12.2025 5:10
Terrance April gesels met Michael Fullard wat te sien is in die musiekspel, CATS. Die speelvak begin in Kaapstad en verskuif dan na Johannesburg.
Mosselbaai se eerste kunsteweek 02.12.2025 6:21
Jak de Priester vertel van die eerste Punt in die wind-kunsteweek wat van 21 tot 27 Desember 2025 in Mosselbaai plaasvind.
John Robertse se kuns - Deel 2 25.11.2025 9:21
Christelle Webb-Joubert kuier verder saam met die kunstenaa,r John Robertse. Hy vertel waarop hy nog verf, buiten lepels.
Woordfees se feeskunstenaars 25.11.2025 13:10
Christelle Webb-Joubert het by die Woordfees deur die feeskunstenaars se uitstalling, Sonstraal, gestap, saam met medekurator Shona van der Merwe. Ben Stanwix en Xhanti Zwelendaba het 'n omgewing uit tekstuur, lig en ritme geskep.
Janice Honeyman se pantomieme, Pinocchio 25.11.2025 13:22
Terrance April gesels met die regisseur, Janice Honeyman, oor onder andere vanjaar se pantomieme, Pinocchio.
The Black Hole Symphony 25.11.2025 9:39
Die komponis en pianis, Yashneen Modi, vertel van The Black Hole Symphony, en hoe Universe on Stage musiek en wetenskap byeenbring.
Light in the darkness - Irene Mynhardt 18.11.2025 9:52
Irene Mynhardt wou nog altyd ’n kunstenaar wees. Sy gesels oor haar storie van hoop, en haar uitstalling, Light in the darkness.
Human Naudé-studiebeurskompetisie 18.11.2025 7:24
Pianis Charl du Plessis vertel vir Christelle Webb-Joubert van die Human Naudé-studiebeurskompetisie in Bloemfontein.
John Robertse se kuns - Deel 1 18.11.2025 9:49
Leer ken die kunstenaar John Robertse, wat onder andere op lepels verf. Jy sal nooit weer dieselfde na jou ma of ouma se ou gebruiksware kyk nie!
Joyce Carreira se uitstalling 18.11.2025 10:57
Christelle Webb-Joubert stap saam met die beeldhouer, Joyce Carreira, deur haar uitstalling wat tot 15 Desember 2025 te sien is by Pierneef’s Kraal in Pretoria.
Die Wolf, ’n Prins en sy Skoonma 11.11.2025 11:00
Christelle Webb-Joubert gesels met Neels Clasen, Eloise Clasen en Pierre Breytenbach oor hulle nuwe pantomime, DIE WOLF, ’N PRINS EN SY SKOONMA.
Zanta Hofmeyr-konserte 11.11.2025 6:00
Violis Zanta Hofmeyr vertel van twee konserte waarin sy in November 2025 te sien is.
Roland du Preez in RESCUE REMEDY en PICK A STRUGGLE 11.11.2025 5:42
Akteur Roland du Preez vertel van twee produksies waarin hy te sien is, RESCUE REMEDY en PICK A STRUGGLE.
Phillip Henn (1961 - 2025) 11.11.2025 39:20
Christelle Webb-Joubert bring hulde aan die akteur, Phillip Henn, wat op 5 November 2025 in die ouderdom van 63 oorlede is.
Johannesburg Filharmonies vier 25 jaar 11.11.2025 3:44
Terrance April gesels met Bongani Tembe, bestuurshoof en artistieke direkteur van die Johannesburg Filharmoniese Orkes, oor hul 25e bestaansjaar.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.