RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Louis Zurnamer se musiekwêreld 03.02.2026 17:19
Die musiekspel, CATS, is tans te sien by Montecasino in Johannesburg. Christelle Webb-Joubert praat met musiekregisseur Louis Zurnamer oor sy werk en lewe.
Kaapstad Opera in 2026 03.02.2026 9:14
Die artistieke direkteur van Kaapstad Opera, Magdalene Minnaar, vertel wat hulle vir 2026 beplan.
Diane de Beer - Deel 4 03.02.2026 7:03
Christelle Webb-Joubert kuier vir die laaste keer saam met die kunsjoernalis en resensent, Diane de Beer. Diane vertel wat haar ontstel, en wat sy nog sou wou doen.
SA Internasionale Balletkompetisie 2026 03.02.2026 10:05
Die Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie word vanjaar vir die 17de keer aangebied. Terrance April gesels met Dirk Badenhorst, bestuurshoof van Mzansi Ballet, wat ook die organiseerder is van dié ballethoogtepunt vir talle jong dansers.
Akrasia 27.01.2026 5:12
Skrywer en regisseur Kristen Fichard vertel vir Christelle Webb-Joubert van die tragi-komedie, Akrasia.
Diane de Beer - Deel 3 27.01.2026 11:55
In die derde deel van die gesprek met kunsjoernalis en resensent Diane de Beer, ptaat sy oor haar blog en haar man Dries de Beer.
Nobody Told Me by Theatre on the Square 27.01.2026 10:06
NOBODY TOLD ME, 'n nuwe drama deur Luc Albinski, open 28 Januarie 2026 by Theatre on the Square in Sandton. Terrance April het met Liezl de Kock gesels, wat die hoofrol in die verhoogwerk vertolk.
S. le Roux Marais - 130 jaar-konsert 27.01.2026 5:10
Die tenoor en organiseerder Coert Grobbelaar vertel van ‘n konsert ter ere van die komponis, S. le Roux Marais.
Dana Snyman se SEUN by Oppiwater 27.01.2026 11:25
Die Oppiwater Kunstefees vind plaas van 9 tot 14 April 2026. Daar is meer as 40 Afrikaanse teaterproduksies waaruit gaste kan kies, soos Dana Snyman se memoire, SEUN, wat verwerk is vir die verhoog. Christelle Webb-Joubert gesels met die regisseur Nico Scheepers.
Die katte is in Johannesburg! 20.01.2026 18:45
Die musiekspel, CATS, het gehore in die Kaap bekoor, en nou is dit Johannesburg se beurt om saam met die katte te kuier. Christelle Webb-Joubert praat met die musikale regisseur, Louis Zurnamer.
PROOI/PREY by Oppiwater 20.01.2026 9:26
Regisseur Johan van der Merwe gesels oor die produksie, PROOI/PREY, wat te sien is by 2026 se Oppiwater Kunstefees.
Joburg Ballet vier 25 jaar 20.01.2026 10:34
Joburg Ballet is vanjaar 25 jaar oud. Hulle gaan dit behoorlik vier met verskeie produksies en projekte. Terrance April gesels met Dane Hurst, die artistieke direkteur van die geselskap, Nicole Ferreira-Dill, assistentchoreograaf, en Savanaah Jacobson, senior danser, oor die jaar wat voorlê.
Diane de Beer - Deel 2 20.01.2026 9:38
Christelle Webb-Joubert kuier verder saam met die kunsjoernalis en resensent, Diane de Beer. Sy vertel hoe sy by Pretoria News beland het, en haar werk as resensent.
Adriaan Fuchs nou aan stuur van Kaapstad Filharmonies 13.01.2026 11:38
Adriaan Fuchs is sedert 1 Januarie die nuwe bestuurshoof en artistieke direkteur van die Kaapstad Filharmoniese Orkes. Terrance April het met hom gesels.
Terug na Louis Trichardt 13.01.2026 7:25
Regisseur Ilne Fourie vertel vir Christelle Webb-Joubert van die eenman-komedie, Terug na Louis Trichardt.
Diane de Beer - Deel 1 13.01.2026 9:57
Joernalis Diane de Beer is een van daardie mense wat sonder veel fanfare ‘n enorme bydrae tot die kunste gelewer het. Sy was van 1981 tot 2016 by Pretoria News, en het met haar pen die wêreld van die uitvoerende kunste aan lesers bekendgestel. In die eerste deel van die gesprek gesels sy oor haar naam, grootwordjare, studies en haar eerste werk.
KKNK vier drie dekades 13.01.2026 18:25
Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, wat van 28 Maart tot 4 April 2026 in Outshoorn plaasvind, se feesprogram is verlede jaar bekendgestel. Christelle Webb-Joubert praat met die bestuurshoof en artistieke direkteur, Hugo Theart, oor die fees wat vanjaar 30 jaar oud is.
Kaapstad Stadsballet in 2026 06.01.2026 2:22
Franci van den Berg van Kaapstad Stadsballet vertel wat alles op hulle 2026-program is.
Die bedrywige Hendrik Hofmeyr 06.01.2026 9:37
Hendrik Hofmeyr is een van Suid-Afrika se bedrywigste kontemporêre komponiste, wat al meer as 240 werke geskep het. Terrance April het met hom gesels.
Michael Garbett van Vrystaat Kunstefees 06.01.2026 14:29
Christelle Webb-Joubert gesels met Michael Garbett, die feesdirekteur van die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein.
Hannalie Taute: Mother Monster Stitch 06.01.2026 11:28
Kurator Karolien van Zyl vertel van Hannalie Taute se uitstalling, MOTHER. MONSTER. STITCH.
Maynardville Opelugfees 2026 06.01.2026 6:49
Die uitvoerende vervaardiger van die Maynardville Opelugfees, Jaco van Rensburg, vertel vir Christelle Webb-Joubert waarna gehore kan uitsien.
Louis Heyneman groet Kaapstad Filharmonies 30.12.2025 29:30
Louis Heyneman tree na 25 jaar uit as bestuurshoof artistieke direkteur by die Kaapstad Filharmoniese Orkes. Christelle Webb-Joubert gesels met hom oor sy loopbaan, hoogtepunte en die pad vorentoe.
Johny Klein oor oorklanking 23.12.2025 16:00
Oorklanking is nie ’n vreemde ding in Suid-Afrika nie. Dit is so oud soos die begin van televisie in die land. Dit het later op die agtergrond geskuif, veral vanweë onderskrifte. Deesdae het oorklanking weer sy glorie teruggekry, en is baie gewild. Terrance April gesels met Johny Klein, oorklankingsregisseur, oor hierdie kunsvorm.
Oppiwater 2026-feesprogram 23.12.2025 11:36
Frans Swart, feesdirekteur van die Oppiwater-kunstefees, gesels oor die program wat onlangs bekend gestel is vir die fees wat van 9 tot 14 April 2026 plaasvind.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.