RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Aardlop Aubade - Akustika 31.05.2022 7:17
Akustika Kamerkoor tree op by die volgende Aardklop Aubade in Pretoria. Die dirigent, Christo Burger, vertel meer.
Wie hyg so? 31.05.2022 17:27
WIE HYG SO? is ‘n Afrikaanse klug-komedie, wat te sien is by die Staatsteater in Pretoria. Die skrywer, Braam van der Vyver, en een van die akteurs, Gerben Kamper, vertel meer.
Annelise Weiland gesels 24.05.2022 28:03
Johan van Lill kuier op die stel van Suidooster by die aktrise Annelise Weiland. Hulle gesels oor haar loopbaan.
Carel Nel gesels rolprentsake 24.05.2022 17:17
Christelle Webb-Joubert gesels met die akteur Carel Nel oor die internasionale filmbedryf en die Suid-Afrikaanse film, Gaia.
The ABBA Show - A Cinderella Story 24.05.2022 4:04
Dirk Badenhorst van Mzanzi Ballet gesels oor The ABBA Show - A Cinderella Story.
52 Weke, 52 Werke, 1 Kunstenaar 17.05.2022 12:35
Prof. Gert-Jan van Rooyen van FanFire en die landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe vertel van sy 52 collection, waar hy elke week vir 'n jaar lank een kunswerk skep.
Liewe Heksie en die rolskaatse 17.05.2022 9:35
Die aktrise en vervaardiger Margit Meyer-Rödenbeck gesels oor kinderteater en die produksie, Liewe Heksie en die rolskaatse.
PSO en UPSO hou konsert 17.05.2022 11:52
Die Pretoria Simfonieorkes en die Universiteit van Pretoria Simfonieorkes hou saam konsert. Die dirigent Jaco van Staden vertel meer.
Brel/Piaf 17.05.2022 4:36
Terrance April vertel van die produksie Brel/Piaf van Amanda Strydom en André Schwartz wat hy in Johannesburg bygewoon het.
Miems de Bruyn in gesprek met Evert Snyman 17.05.2022 13:07
Luister na 'n argiefonderhoud uit 1993 met die aktrise Miems de Bruyn. Evert Snyman het met haar gesels.
Johan aan huis by Hannes 10.05.2022 25:52
Johan van Lill kuier by die akteur, aanbieder en vervaardiger, Hannes van Wyk.
Dinge loop skeef met Don Lamprecht en George Ballot 10.05.2022 24:45
In ‘n argief onderhoud uit 1983, vertel akteurs Don Lamprecht en George Ballot van tye toe dinge heel skeef geloop het agter die skerms.
Bloemfontein Filharmoniese Orkes vier 10 jaar 03.05.2022 9:36
Die Bloemfontein Filharmoniese Orkes vier sy tiende bestaansjaar. Die dirigent, dr. Paul Loeb van Zuilenburg, vertel van die konsert ter viering van hierdie mylpaal.
Kamerkoorfees vir Moedersdag 03.05.2022 5:41
Ses kamerkore bied ‘n kamerkoorfees aan op Moedersdag. Die komponis, Franco Prinsloo, vertel van die fees wat in Pretoria plaasvind.
Helena Hugo is nou Lena Hugo 03.05.2022 25:35
Die kunstenaar Helena Hugo het besluit om haar naam, ná 25 jaar in die bedryf, te verander na Lena Hugo. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert waarom sy die besluit geneem het.
Pretoria Simfonieorkes Moedersdagkonsert 03.05.2022 12:50
Die dirigent van die Pretoria Simfonieorkes, Jaco van Staden, vertel waarom gemeenskapsorkeste belangrik is. Hy gesels ook oor hulle Moedersdagkonsert.
Hoe kom 'n toneelstuk op die planke? 26.04.2022 11:17
Elsje van Jaarsveld vind by die vervaardiger Giep van Zyl uit hoe ‘n toneelstuk uiteindelik op die planke beland.
Music of the Night by Blaauwklippen 26.04.2022 4:39
Niël Rademan vertel van Music of the Night, Blaauwklippen se herfskonsert.
Al Debbo op Senior Burger in 1991 26.04.2022 6:53
In ‘n argiefonderhoud uit 1991, gesels Anton Smith met Al Debbo in die program, Senior Burger.
Wat dis die Suidoosterfees alles op? 26.04.2022 17:49
Johan van Lill vind uit wat alles te sien is by vanjaar se Suidoosterfees.
Belinda Bosch se ervaring van Oppiwater 2022 26.04.2022 2:56
Belinda Bosch vertel vir Elsje van Jaarsveld waarom sy so graag die afgelope RSG Oppiwater Kunstefees wou bywoon.
Aardklop Aubade: Songs for my Mother 26.04.2022 4:54
Die pianis Charl du Plessis vertel van die volgende Aardklop Aubade, Songs for my Mother.
Hugo Lambrechts Musieksentrum 19.04.2022 6:17
Die Hugo Lambrechts Musieksentrum in Kaapstad se kompetisiewenners van 2021 tree eersdaags op. Die hoof, dr. Arisa Voges, vertel meer.
Brel/Piaf 19.04.2022 12:53
Amanda Strydom en André Schwartz vertel van Brel/Piaf, wat te sien by die Pieter Toerienteater in Johannesburg.
Moving Into Dance weer aan die gang 19.04.2022 3:54
Choreograaf Oscar Buthelezi gesels oor Moving Into Dance se eerste seisoen sedert 2020.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.