RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
The Last Five Years 29.11.2022 8:04
Terrance April gesels met musiekregisseur Jaco Griesel oor THE LASY FIVE YEARS, ‘n intieme kamermusiekblyspel.
Orrelis Ockie nou ook 'n mediese dokter 29.11.2022 22:06
Die orrelis, dr. Ockie Vermeulen, gesels oor die volgende Aardklop Aubade in Pretoria, en die mediese studies wat hy pas voltooi het.
Johannesburg Bach-koor 22.11.2022 7:58
Terrance April kuier by die Bach-koor van Johannesburg, waar hy gesels met voorsitter Leona Malan en begeleier Ruth Coggen.
Deo Gloria se kerskonsert op Vredefort 22.11.2022 15:23
Die Deo Gloria-koor bied ‘n kerskonsert aan in Vredefort. Christelle Webb-Joubert gesels met die twee dirigente van die koor, Erna Rademan en Marli Kruger.
Willem Vogel gesels met Emma Renzi 22.11.2022 19:35
Willem Vogel kuier by die 96-jarige sopraan, Emma Renzi.
Nuwe uitstallings by MOK-galery 22.11.2022 8:24
Cecile Blevi van die MOK-galery buite Stellenbosch vertel van twee nuwe uitstallings.
Gauteng Studente Orkes 15.11.2022 7:11
Die 19-jarige musikant en dirigent, Marilize Diedericks, vertel waarom sy haar eie orkes, die Gauteng Studente Orkes, begin het.
Adventures in Pantoland! 15.11.2022 7:44
Dis weer panto-tyd in Johannesburg! Ilse Klink vertel vir Terrance April waarna gehore kan uitsien in vanjaar se, Adventures in Pantoland!
Albertyn-galery by Root 44 15.11.2022 11:24
Root 44 is net buite Stellenbosch, waar daar meer as 23 galerye onder een dak is. Die kunstenaar Michael Jnr. Albertyn vertel van hulle galery, Albertyn-galery.
Scattered - Sanna Swart 15.11.2022 9:28
Beeldhouer Sanna Swart vertel van haar solo-uitstalling, Scattered, te sien by die Kunsvereniging van Pretoria.
Verdi vs. Wagner 15.11.2022 8:18
Verdi vs. Wagner is ‘n konsert wat op 26 November aangebied word by ‘n nuwe opvoerruimte in Pretoria. Die basbariton en kunstenaar Christiaan Snyman vertel meer.
The little mermaid Jr. 15.11.2022 7:21
The little mermaid Jr. is te sien by The Peoples Theatre in Johannesburg. Raymond Skinner vertolk die rol van Sebastian, en vertel meer.
Alcina se dekor, beligting en kostuums 08.11.2022 11:26
Kaapstad Opera en die Universiteit van Kaapstad se operaskool bied die opera, Alcina, aan. Christelle Webb-Joubert gesels met die dekor- en beligtingsontwerper, Wilhelm Disbergen, en kostuumontwerper Maritha Visagie.
Sybrand Wiechers 1970 - 2022 08.11.2022 15:37
Beeldhouer Sybrand Wiechers is op 23 September 2022 oorlede. As huldeblyk luister ons na ‘n onderhoud uit 2019, waarin hy gesels het oor sy solo-uitstalling.
Come Together dans op die maat van die Beatles 08.11.2022 7:53
Come Together is ‘n dansproduksie met musiek van die Beatles. Gerhard van Rooyen vertel meer.
Akteurspaar weer te sien in Kersklanke 08.11.2022 6:55
Die akteurspaar Carel Trichardt en Petru Wessels is vir die 24e keer te sien in Kersklanke in Johannesburg en Pretoria.
Johannesburg Filharmonies se laaste lentekonsert 08.11.2022 3:13
Terrance April vertel van die Johannesburg Filharmoniese Orkes se vierde en laaste konsert in hulle lenteseisoen.
Kaapstad Opera-projek genomineer vir internasionale toekenning 08.11.2022 4:53
Een van Kaapstad Opera se projekte is genomineer vir ‘n internasionale operatoekenning. Madrè Loubser, hoof van jeugontwikkeling en onderwys, vertel meer.
Johannesburg Filhamonies sit lentekonserte voort 01.11.2022 3:13
Terrance April vertel van Johannesburg Filharmonies se derde konsert in hulle lenteseisoen.
Twee Brahms-werke by Aardklop Aubade 01.11.2022 4:35
Die volgende Aardklop Aubade in Pretoria vind plaas op Sondag 6 November. Die pianis, dr. Charl du Plessis, vertel van dié konsert saam met die Odeion-strykkwartet, waarin hulle twee werke van Brahms uitvoer. Hulle is ‘n week later ook te sien in Johannesburg.
Die dag toe Guppie sweef 01.11.2022 5:31
Die dag toe Guppie sweef is 'n kinderteaterproduksie in die Kaap. Die skrywer en regisseur, Alberto Smit, vertel meer.
Lig van Waarheid 01.11.2022 12:08
Komponis Franco Prinsloo vertel van Lig van Waarheid, ‘n splinternuwe kersoratorium.
Nina Schumann se Rapsodie in Blou 01.11.2022 7:16
Nina Schumann is een van Suid-Afrika se beste pianiste, wat plaaslik en internasionaal haar merk gemaak het. Sy is nie net ‘n konsertpianis nie, maar ook dosent in klavier, en begeleier van bekende sangers, soos die mezzosopraan, Michelle Breedt. Terrance April het met Nina gesels na afloop van ‘n uitvoering wat sy gegee het van Gershwin se Rapsodie in Blou, saam met die Johannesburg Filharmoniese...
Eric Nobbs 1954 - 2022 01.11.2022 17:10
Die akteur Eric Nobbs is op 23 Oktober 2022 skielik oorlede. Daar word hulde aan hom gebring. Ons luister na twee argiefonderhoude met hom uit 1993 en 2002. Jy kan ook luister na uittreksels uit Radioteater waarin hy gespeel het, nl. Paspoort na die onbekende (1993), Hoe meer hond hoe minder haas (1993) en Seun van die daeraad (1995).
Alexa Strachan - die vrou agter die fees 25.10.2022 20:18
Alexa Strachan is die feesbestuurder van Aardklop. Christelle Webb-Joubert leer ken die vrou agter die fees.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.