RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ 2902 episodes

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Reza de Wet se Mirakel by KKNK 24.01.2023

Reza de Wet se toneelstuk, Mirakel, is te sien by die KKNK. Akteur Dawid Minnaar vertel meer.

Die KKNK is terug in volle swang 24.01.2023

Hugo Theart, artistieke direkteur van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, vertel van sommige hoogtepunte by vanjaar se fees in Oudtshoorn.

Mirre en aalwyn by die KKNK 24.01.2023

Skrywer en regisseur Nicola Hanekom gesels oor haar plekspesifieke toneelstuk, Mirre en aalwyn.

Choreografie vir ABBA se musiek 17.01.2023

Terrance April gesels met Dirk Badenhorst van Mzansi Ballet oor die uitdagings om welbekende musiek, soos dié van ABBA, te choreografeer vir ballet.

Kaapstad Filharmonies se planne vir 2023 17.01.2023

Louis Heyneman, die uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die Kaapstad Filharmoniese Orkes, vertel van hulle planne vir die begin van die nuwe jaar.

André Naudé 1950 - 2023 17.01.2023

Die kunstenaar André Naudé is begin vanjaar oorlede. Dr. Eunice Basson, kunskritikus en jarelange vriendin, bring hulde aan hom.

Now Dream 17.01.2023

Drie kunstenaars van Napier neem hulle werk na ‘n galery in Hermanus. Een van die kunstenaars, Alex Hamilton, gesels oor die uitstalling, Now Dream.

Tien Duisend Ton by die Markteater 17.01.2023

Die Markteater in Johannesburg bied ‘n tuiste vir Afrikaanse toneelstukke. Regisseur Nico Scheepers gesels oor Tien Duisend Ton wat Donderdag, 19 Januarie open.

Devonecia Swartz in internasionale musiekspel 10.01.2023

Een van Suid-Afrika se belowendste jong teatertalente, Devonecia Swartz, is binnekort te sien in die musiekspel, CALLING US HOME. Die produksie sal slegs in Kaapstad op die planke wees, voordat dit in oorsese teaters opgevoer word. Terrance April gesels met Devonesia.

Rust-en-Vrede Galery Portrait Awards 03.01.2023

Die Rust-en-Vrede Galery bied weer hulle tweejaarlikse Portrait Awards aan, Die kurator Hamlin Jansen van Vuuren vertel meer oor die kompetisie.

Die eiesoortiges - Rocco de Villiers 03.01.2023

Die eiesoortiges is ‘n digbundel deur die pianis Rocco de Villiers. Hy esels oor die bundel, sy lewe en loopbaan.

Anna-Mart van der Merwe se lewe en werk 27.12.2022

Anna-Mart van der Merwe het einde November nog ‘n toekenning ontvang, en daarom het Christelle Webb-Joubert besluit dis hoog tyd om dié gevierde aktrise van nader te leer ken.

Classical Movements bevorder musiek 27.12.2022

Terrance April gesels met Johan van Zyl van Classical Movements oor hulle werksaamhede en die wyse waarop hulle musiek dwarsoor die wêreld bevorder.

Napier se kunsateljees 20.12.2022

Napier se kunstenaars maak hulle ateljees oop vir die publiek van 27 tot 30 Desember. Die kunstenaar Alex Hamilton vertel meer.

Sanna se bronsbeelde 20.12.2022

Christelle Webb-Joubert was in 2012 by die beeldhouer, Sanna Swart, se gietery. In 'n argiefonderhoud verduidelik Sanna hoe ‘n bronsbeeld gegiet word.

Joburg Theatre vier 60 jaar 13.12.2022

Terrance April gesels met Johan Myburgh, kunskenner en joernalis, oor van die hoogtepunte van die Joburg Theatre se 60 jarige bestaan.

Sleeping Beauty in Muizenberg 13.12.2022

Die prins en prinses, oftewel, Shaun Klaasen en Karla Britz, vertel van die produksie, Sleeping Beauty, wat te sien in Muizenberg.

Dr. John Kani se KUNENE AND THE KING by Joburg Theatre 13.12.2022

Die Joburg Theatre is vanjaar 60 jaar oud. Hulle het ‘n paar produksies gekies om dié mylpaal te vier. Een van die produksies is KUNENE AND THE KING, ‘n drama deur dr. John Kani. Terrance April gesels met hom oor die drama, sy sienings van die teater en die rol wat dit kan speel in veral die lewe van die jonger generasies.

Kahlo, Sher-Gil, Stern 13.12.2022

Die kunskenner en joernalis, Johan Myburgh, vertel van die uitstalling Kahlo, Sher-Gil, Stern, wat te sien is in Johannesburg.

Leer kinders van kleins af van opera 06.12.2022

Kaapstad Opera bied ‘n reeks Opera Blocks aan, waarin hulle vir babas en peuters leer van opera.

Sinbad The Sailor in Johannesburg op die planke 06.12.2022

Sinbad The Sailor is nog ‘n pantomieme wat te sien in Johannesburg. Terrance April gesels met die akteur, Schoeman Smit.

InsideOut - Kobus Walker 06.12.2022

Christelle Webb-Joubert loop saam met kunstenaar Kobus Walker deur sy uitstalling, InsideOut.

Die Neutekraker-ballet in Kaapstad 06.12.2022

Cape Town City Ballet bied die gewilde ballet, Die Neutekraker, aan. Christelle Webb-joubert kuier saam met die danser Jan Kotze.

Star+Crossed 06.12.2022

Die komponis, Wessel Odendaal, vertel vir Terrance April van die musiekspel, Star+Crossed.

Werner Nel (1941 tot 2022) 29.11.2022

Die bariton, prof. Werner Nel, is op 22 November oorlede. Hy was 81 jaar oud. Luister na ‘n argiefonderhoud uit 1983 waarin André Liebenberg met hom oor sy loopbaan gesels.

Listen to the RSG Kuns podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.