RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spanish Steps 13.02.2024 7:51
Terrance April kuier saam met die dramaturg en akteur Gavin Werner. Hy vertel van sy nuwe toneelstuk, Spanish Steps.
Jana Cilliers in Veelhoek in KKNK 13.02.2024 11:23
Jana Cilliers is vanjaar te sien by die KKNK in die stuk, Veelhoek. Sy het ook die teks geskryf.
Roem-musiekverhaal by KKNK 13.02.2024 14:47
Deon Meyer en Coenie de Villiers span weer kragte saam. Hulle vertel van hulle eerste musiekverhaal, Roem, wat by vanjaar se KKNK te sien is.
Johannesburg Musiekvereniging se konserte 06.02.2024 8:46
Die Johannesburg Musiekvereniging is al meer as 'n honderd jaar oud, en is die oudste musiekvereniging in die land. Soos elke jaar het hulle weer 'n paar interessante konserte op hulle program. Terrance April gesels met Herman van Niekerk, ‘n lid van die vereniging.
Skilder en Wyn-sessies by Oppiwater 06.02.2024 9:52
Die kunstenaar, Hannelie Swart, vertel van die Skilder en Wyn-sessies wat sy tydens die Oppiwaterfees aanbied. Feesgangers sal daar hulle eie skildery kan verf.
Romeo and Juliet by Maynardville-fees 06.02.2024 9:54
Romeo and Juliet is deel van die Maynardville-fees in Kaapstad. Wessel Odendaal van VR Theatrical vertel wat gehore kan verwag. Hy gesels ook oor die geskiedenis van die teater.
Pinelands Players bied Legally Blonde aan 06.02.2024 13:49
Die Pinelands Players-amateurteatergroep bied vanjaar Legally Blonde aan. Barend van der Westhuizen, musikale regisseur en self een van die akteurs, vertel meer van dié musiekspel
Clara Montocchi toer in die Kaap 30.01.2024 11:24
Sanger, aktrise en danser, Clara Montocchio, is in Oostenryk gebore, maar sy het sterk bande met Suid-Afrika. Sy gesels oor haar musiekstyl en 'n toer na die Kaap.
Brittany Smith is Maria in Sound of Music 30.01.2024 13:16
The Sound of Music is te sien in Johannesburg. Terrance April gesels met die sopraan Brittany Smith. Sy vertolk die rol van Maria.
Rolex met 'n k by Oppiwater 30.01.2024 7:58
Rolex met 'n k is een van die stukke wat te sien sal wees by die Oppiwater Kunstefees. Christelle Webb-Joubert gesels hieroor met die skrywer, Braam van der Vyver.
Franschoek Kamermusiekfees 2024 30.01.2024 7:41
Die derde Franschoek Kamermusiekfees vind plaas van 15 tot 18 Februarie. Louis Heyneman, die uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die Kaapstad Filharmoniese Orkes, vertel wat op vanjaar se program is.
Alice in Wonderland te sien in Johannesburg 23.01.2024 4:00
Alice in Wonderland is te sien by die Pieter Toerienteater in Johannesburg. Wessel Odendaal van VR Theatrical vertel hoe hulle hierdie klassieke werk aangepas het vir vandag se gehore.
ka-BOOM! fokus op besoedeling van oseane 23.01.2024 10:42
Lize-Marie Wait is deel van die kinderproduksie, ka-BOOM!, waarin daar op ‘n speelse manier gefokus word op die besoedeling van die oseane.
Kaapstad Opera se planne vir 2024 23.01.2024 14:23
Magdalene Minnaar, uitvoerende direkteur van Kaapstad Opera, deel hulle planne vir 2024, en vertel vir Terrance April van al die opwindende produksies wat voorlê.
Uit die argief: Peter Klatzow 23.01.2024 13:44
Luister na argiefonderhoud, wat in 1984 met die komponis Peter Klatzow gevoer is.
Rust-en-Vrede-galery se nuwe kompetisie 23.01.2024 6:59
Die Rust-en-Vrede-galery in Durbanville het vanjaar ‘n nuwe kompetisie en toekenning. Die kurator, Hamlin Janse van Vuuren, vertel meer.
Isaac van der Merwe 16.01.2024 9:09
Isaac van der Merwe is ‘n jong opkomende pianis. Hy het onlangs as solis opgetree, in ‘n opname van die Klavierkonsert no. 2 van Dmitri Shostakovich. Hy gesels met Terrance April oor die werk. Die werk word ook uitgesaai op RSG.
Stiltetyd - 'n produksie by Oppiwater 16.01.2024 6:18
Stiltetyd is een van die produksies te sien by vanjaar se Oppiwater Kunstefees. Die aktrise Eloise Clasen vertel van die stuk, ‘n verwerking van Marita van der Vyver se boek.
Johannesburgse Internasionale Mozart Fees 2024 16.01.2024 9:12
Richard Cock vertel vir Terrance April waarna gehore kan uitsien by vanjaar se Johannesburgse Internasionale Mozart Fees.
Huldeblyk aan Ronelle Loots 16.01.2024 13:07
Die redigeerder Ronelle Loots is op 21 Desember 2023 oorlede. Sy was in 2016 ‘n gas in Oggend op RSG. Jy kan luister na ‘n uittreksel uit die onderhoud wat Martelize Brink en Johan Rademan met maar gevoer het.
Die doel van 'n resensent 16.01.2024 7:50
Kobus Burger, RSG se programbestuurder en self ‘n gerekende resensnt, verduidelik wat die doel van ‘n kunsresensent is.
Uit die argief - Hoorbeeld oor die Nasionale Toneel Organisasie 09.01.2024 29:48
In ‘n hoorbeeld uit 1997 vind Hennie Maas meer uit oor die Nasionale Toneel Organisasie se ontstaan en uitdagings, Die organisasie was die voorloper van die destydse streeksrade,
Mark teater se planne vir 2024 09.01.2024 15:34
Terrance April gesels met Greg Homan, artistieke direkteur van die Mark teater in Johannesburg, oor hulle planne vir 2024.
Uit die argief - Prof. Hendrik Hofmeyr oor die toonsetting 02.01.2024 27:13
Uit die argief – In 2004 het Daniël Hugo in die program Leeskring, met die komponis Hendrik Hofmeyr gesels oor die toonsetting van Afrikaanse gedigte.
Uit die argief - Hoorbeeld oor Nellie du Toit uit 1994 02.01.2024 29:43
Uit die argief – Die hoorbeeld oor die lewe en loopbaan van die opera sangeres Nellie du Toit, is in 1994 saamgestel deur Eben Cruywagen.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.