RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
My son Pinocchio 02.04.2024 9:04
Louis Zuppe vertel vir Terrance April van, My son Pinocchio, wat te sien is by die Peoples Theatre in Johannesburg.
Kortoperas in Kaapstad 02.04.2024 12:16
Shorts – A festival of pocket operas bied drie kort operas aan van 11 – 21 April in Kaapstad. Conrad Asman se splinternuwe opera, Trial by Media, is ook deel van die fees. Die artistieke direkteur van Kaapstad Opera, Magdalene Minnaar, vertel meer.
Suidoosterfees word mondig 02.04.2024 10:10
Die Suidoosterfees vind vanjaar vir die 21ste keer plaas. Jana Hattingh, die bestuurshoof, vertel wat alles te sien is by vanjaar se fees. Dit vind plaas van 26 April tot 1 Mei 2024 in Kaapstad.
Die Stoele by KKNK 26.03.2024 5:03
DIE STOELE is te sien by vanjaar se KKNK. Antoinette Kellerman gesels oor dié vertaalde werk deur die dramaturg Eugène Ionesco.
Julie Strijdom 1944 - 2024 26.03.2024 21:17
Die aktrise Julie Strijdom is op 16 Maart 2024 oorlede. Sy was 79. Haar jarelange kollega en vriendin, Magriet van Loggerenberg, bring hulde aan hierdie geliefde aktrise.
Nina Schumann en Megan-Geoffrey Prins 26.03.2024 10:44
Die meeste professionele pianiste het al in 'n soloklavierkonsert opgetree, maar nie baie kry die geleentheid om in 'n konsert vir twee klaviere en orkes op te tree nie. Nina Schumann en Megan-Geoffrey Prins het onlangs kragte saamgespan. Terrance April het met hulle gesels oor die speel op twee klaviere, en 'n internasionale klaviersimposium wat binnekort in Stellenbosch gehou word.
Lara Hattingh in Byster 19.03.2024 10:50
Lara Hattingh is te sien in BYSTER. Sy het die stuk geskryf en is ook die regisseur. Sy vertel waaroor dit gaan.
Mens en dier bekyk in KKNK-kuns 19.03.2024 7:07
Dineke Orton, kurator vir visuele kuns by die KKNK, vertel van die tien uitstallings wat handel oor die verhouding tussen mens en dier.
David Viviers in twee produksies by KKNK 19.03.2024 12:09
Die akteur David Viviers is in twee debuutproduksies by die KKNK te sien - ’N LEWE IN DIE DAG VAN ’N VRUGTEVLIEG, ENSOMEER: DIE ONGEWERWELDE-TRILOGIE en OP DIE HOEK VAN STYX EN RIVER IS NORA PER ABUIS MET DIE DOOD OORGESLAAN.
Expelled kyk na sosialemedia-nagevolge 19.03.2024 7:11
Die gebruik van sosiale media is deesdae onlosmaaklike deel van ons bestaan, maar dit kan groot nagevolge hê indien dit misbruik word. Terrance April gesels met Charmaine Weir-Smith, regisseur en aktrise, oor die nuwe toneelstuk EXPELLED.
Rooilug belig huishoudelike geweld 19.03.2024 9:26
ROOILUG is ‘n toneelstuk wat handel oor huishoudelike geweld. Jefferson J. Dirks-Korkee vertel meer.
SCAR/CITY 12.03.2024 16:06
Joburg Ballet bied 'n viertal nuwe ballette aan onder die titel, SCAR/CITY. Terrance April het by hulle ateljees gaan inloer, en met die bestuurshoof van Joburg Ballet, Elroy Fillis-Bell, en twee van die choreograwe, Dada Masilo en Craig Pedro, gesels.
FAK Klassieke Konsertreeks begin 12.03.2024 10:36
Die dirigent Jaco van Staden vertel van die eerste twee konserte in die FAK Klassieke Konsertreeks.
Ken jy vir Dewie? 12.03.2024 11:47
Ken jy vir Dewie? is te sien by vanjaar se KKNK. Die regisseur, Margit Meyer-Rödenbeck, en die teksskrywer, Ilna Fourie, gesels oor die belangrike en relevante temas wat in die stuk aangespreek word.
The Seven Symphonies – A Classical Tribute to Beach Boys Music 12.03.2024 7:19
Rob van Weelde vertel vir Christelle Webb-Joubert van The Seven Symphonies – A Classical Tribute to Beach Boys Music. Dit word deur die Kaapstad Filharmoniese Orkes uitgevoer, en dit is die Afrika-première.
Amedeus te sien in Johannesburg en Kaapstad 05.03.2024 12:07
Peter Schaffer se toneelstuk, Amadeus, is binnekort op die planke by die Pieter Toerien-teater in Johannesburg en by Theatre on the Bay in Kaapstad. Alan Committie vertel ven hierdie klassieke stuk.
Carel Trichardt word 85 05.03.2024 28:13
Die akteur Carel Trichardt het sy 85ste verjaarsdag op 4 Maart gevier. Hy gesels oor sy lewe en loopbaan.
Out of the Woods-fees vir gestremdes 05.03.2024 9:17
Out the Woods is ‘n fees vir gestremdes en teatergangers met uitdagings. Margo Wood gesels oor dié inisiatief.
Aletta Bezuidenhout 1949 -2024 27.02.2024 17:47
Aletta Bezuidenhout is op 13 Februarie oorlede. Ons bring hulde gebring aan hierdie eiesoortige aktrise.
Wakkerstroom Musiekfees 2024 - Deel 1 27.02.2024 7:50
Linette van der Merwe vertel wat alles te sien is by die 13de Wakkerstroom Musiekfees.
Wakkerstroom Musiekfees 2024 - Deel 2 27.02.2024 4:48
Pianis Eugene Joubert is by vier van die konserte betrokke by vanjaar se Wakkerstroom Musiekfees. Hy vertel waarna gehore kan uitsien.
Sophiatown terug op die planke 27.02.2024 7:45
Die musiekspel, Sophiatown, is 37 jaar gelede geskep, maar is steeds gewild onder gehore. Terrance April gesels met regisseur Aubrey Sekabi oor die terugkeer van dié musiekspel.
Johannesburg Filharmonies se eerste seisoen 20.02.2024 12:54
Terrance April en perkussiespeler Magda de Vries gesels oor die vier konserte van die Johannesburgse Filharmoniese Orkes se eerste konsertseisoen.
Thinus Boshoff se kitare 20.02.2024 31:59
Christelle Webb-Joubert gesels met klassieke kitaarspeler dr. Thinus Boshoff oor sy loopbaan en sy verskillende soorte kitare. Hy demonstreer ook dat verskillende soorte hout wel ‘n invloed op die klank het.
Wat kan ek vanjaar by KKNK sien? 13.02.2024 14:27
Hugo Theart, artistieke direkteur van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn, vertel wat alles te sien is by vanjaar se fees. Die KKNK vind plaas van 23 tot 31 Maart 2024.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.