RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Cape Town City Ballet vier 90 jaar met I Got Rhythm 14.05.2024 5:29
Cape Town City Ballet vier vanjaar hulle 90ste bestaansjaar. Danser Leanè Theunissen vertel van die produksie, I Got Rhythm.
Shakespeare School Festival SA 2024 14.05.2024 6:49
Samantha Pearce is die drama-onderwyser by Leiden High School in Delft. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert van die Shakespeare School Festival South Africa.
Pierre van Pletzen op 72 - Deel 2 14.05.2024 25:39
Akteur Pierre van Pletzen het op 1 Mei vanjaar 72 jaar oud geword. Christelle Webb-Joubert gesels in die tweede deel van die onderhoud oor hoogtepunte in sy loopbaan, hoe hy voel oor toekennings, sy vrou, en hoe hy onthou wil word.
Mamma Mia nog tot 9 Junie by Montecasino 14.05.2024 9:46
Die musiekspel, Mamma Mia, het ná 'n suksesvolle speelvak in die Kaap na Johannesburg verskuif. Terrance April het met die musiekregisseur, Charl- Johan Lingenfelder, tydens een van hulle repetisies gesels.
Pierre van Pletzen op 72 - Deel 1 07.05.2024 30:04
Akteur Pierre van Pletzen het op 1 Mei vanjaar 72 jaar oud geword. Christelle Webb-Joubert gesels in die eerste deel van die gesprek oor sy gesin, waar hulle gewoon het, hoe hy ‘per ongeluk’ drama studeer het, en ook oor die karakters, Spike en Oubaas.
Akustika Kamerkoor se groot wen 07.05.2024 11:23
Die Akustika Kamerkoor is onlangs aangewys as die wenners by ‘n koorkompetisie in Italië. Christelle Webb-Joubert gesels met die dirigent, Christo Burger.
Paul Slabolepzsy se The Return of Elvis du Pisanie weer opgevoer 07.05.2024 7:38
Paul Slabolepzsy se bekende The Return of Elvis du Pisanie is die jongste van 'n reeks werke van die dramaturg wat afgestof en aangebied word. Dit open binnekort in Johannesburg, en Terrance April het met hom gesels.
Uit die argief: Pieter Fourie 30.04.2024 14:46
Die dramaturg, Pieter Fourie, sou op 3 April verjaar het. Luister na ‘n argiefonderhoud uit 1994, waar hy die gas was van Hennie Klopper in sy program, Kuiergaskeuse. op Radio Oranje.
Brent Palmer se King George 30.04.2024 5:17
Brent Palmer se stuk, King George, het pas by Theatre on the Square in Sandton geopen. Dis enkele weke gelede ook in Kaapstad opgevoer, en Brent het die Fleur de Cap-toekenning as beste akteur vir sy rol in die werk ontvang. Terrance April gesels hieroor met Brent.
The King of Broken Things 30.04.2024 13:32
Aktrise Cara Roberts vertel van die veelbekroonde produksie, The King of Broken Things. Dit gaan oor ‘n seuntjie wat glo dat alles wat stukkend is, weer heel kan word.
Lara Foot se Othello by Baxter 30.04.2024 7:21
William Shakepeare se Othello is tans te sien by die Baxter in Kaapstad. Terrance April gesels met Wessel Pretorius, een van die akteurs in hierdie hoogaangeskrewe produksie van Lara Foot.
Boulevard Harmonists sing a capella 23.04.2024 5:06
Onbegeleide sang deur 'n klein groep sangers, ook bekend as a capella, is amper so oud soos musiek self. Dit is later verfyn, veral tydens die Renaissance- en Barokperiode, tot 'n gespesialiseerde sangsoort. Terrance April gesels met die leier van die Boulevard Harmonists, Kobus Venter.
Nataniël se Ring van Vuur by Suidoosterfees 23.04.2024 16:13
Nataniël vertel van die produksie, Ring van vuur, wat te sien is by die Suidoosterfees in Kaapstad.
Varenka Paschke vier vrouwees in uitstalling 23.04.2024 15:17
Die kunstenaar, Varenka Paschke, gesels oor haar solo-uitstalling waarin sy vrouwees vier. Dis te sien by die Breytenbach-galery in Wellington.
Classics for All vier 20 jaar 23.04.2024 7:05
Coenie Visser, feesdirekteur van Classics for All, vertel van die fees wat 20 jaar gelede begin is.
Onderwêreld by skole opgevoer 16.04.2024 16:38
Fanie Viljoen se boek, Onderwêreld, is voorgeskryf vir matrieks. André Stolz Produksies neem ‘n verwerking van die boek na skole. Christelle Webb-Joubert het een van die vertonings bygewoon.
Bariton Andries Aldrich 16.04.2024 9:49
Terrance April gesels met bariton Andries Aldrich oor sy stemtipe en opkomende konsert.
Tell me on a Sunday 16.04.2024 9:18
Regina Malan gesels oor die musiekspel, Tell me on a Sunday. Dis een van Andrew Lloyd Webber se korter en kleiner musiekspele.
Twak - Van Hunks, die duiwel en ander twak 16.04.2024 6:45
Francois Toerien vertel van Twak - Van Hunks, die duiwel en ander twak, wat debuteer by vanjaar se Suidoosterfees in Kaapstad.
Atterbury Klassiek 2024 09.04.2024 12:43
Dis weer tyd vir die Atterbury Klassiek in Pretoria. Pianis Charl du Plessis vertel van die vier konserte wat uitgevoer word.
Innibos 2024 se program bekendgestel 09.04.2024 7:04
Vanjaar se Innibos Kunstefeesprogram is bekendgestel. Sandra Jacobs, die fees media- en bemarkingsbestuurder, vertel meer.
Onder ‘n bloedrooi hemel debuteer by Suidoosterfees 09.04.2024 6:33
Annemarie van Niekerk se boek, Onder ‘n bloedrooi hemel, is deur Nicola Hanekom verwerk vir die verhoog. Nicola gesels oor die stuk wat debuteer by vanjaar se Suidoosterfees in Kaapstad.
Maggie Laubser onthou 09.04.2024 13:36
Die kunstenaar Maggie Loubser sou op 14 April verjaar het. In ‘n uittreksel uit ‘n argiefonderhoud gesels Johannes Meintjies oor haar werk en lewe. Die onderhoud dateer uit 1969.
Spring Awakening by Montecasino 09.04.2024 9:08
Die musiekspel, Spring Awakening, is nou te sien bo in die Noorde. Die regisseur, Sylvaine Strike, vertel vir Terrance April waaroor dit handel.
Kimberley Akademie vir Musiek vier 30 jaar 02.04.2024 10:57
Die Kimberley Akademie vir Musiek vier vanjaar hulle 30ste bestaansjaar. Die bestuurder, Estelle Vorster, vertel hoe die akademie destyds begin het, en wat hulle deesdae aan die gemeenskap bied.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.