RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Pieces of Me by die Baxter 02.07.2024 11:59
Die produksie, Pieces of Me, is van 10 tot 27 Julie te sien by die Baxter in Kaapstad. Dis ‘n eenvrouvertoning met Bo Petersen. Haar neef, Christopher Petersen, is saam met haar op die verhoog, en hy vertel waaroor die stuk gaan.
Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees 2024 02.07.2024 9:53
Terrance April gesels met professor Nina Schumann, artistieke direkteur van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees, wat weer vanjaar by die Universiteit Stellenbosch plaasvind.
Die waansin van na-geboorte depressie 02.07.2024 16:33
Die toneelstuk, Waansin, gaan oor na-geboorte depressie. Christelle Webb-Joubert gesels met die skrywer en aktrise, Carin Bester, en die regisseur, Lee-ann van Rooi.
Joburg Ballet se Slapende Skone 25.06.2024 13:41
Joburg Ballet bied Die Slapende Skone aan. Terrance April het een van die repetisies bygewoon, en gesels met die bestuurshoof, Elroy Fillis-Bell, en een van die hoofdansers, Nicole Ferreira-Dill.
Johann Moolman by Nirox 25.06.2024 18:39
Christelle Webb-Joubert gesels met beeldhouer Johann Moolman. Hy het vir jare klas gegee, en toe Groot Marico toe getrek waar hy voltyds kunstenaar is. Sy werk van die afgelope 40 jaar sal te sien wees by die Nirox Beeldhoupark in Krugersdorp.
Aardklop 2024-program 25.06.2024 11:20
Die Aardklop Kunstefees se program is bekendgestel. Die feesbestuurder, Alexa Strachan vertel meer.
Albatros by Innibos 18.06.2024 13:08
Albatros is ‘n teks deur Louw Venter. Hy speel ook in die stuk, wat te sien is by vanjaar se Innibos Kunstefees. Hy vertel vir Christelle Webb-Joubert van die produksie wat hande oor ‘n verhouding tussen ‘n pa en seun.
Hospitale, kateters en familielede by Innibos 18.06.2024 6:19
Hospitale, kateters en familielede debuteer by die Innibos Kunstefees. Die skrywer en akteur Wynand von Vollenstee vertel meer.
Cara Roberts oor The King of Broken Things 18.06.2024 6:18
Terrance April gesels met Cara Roberts oor die toneelstuk, The King of Broken Things.
Ballade van ‘n Blikbrein by Innibos 18.06.2024 8:03
Luan Jacobs gesels oor sy eerste eenmanvertoning, Ballade van ‘n Blikbrein, wat debuteer by vanjaar se Innibos Kunstefees.
Forte by Innibos 18.06.2024 7:41
Rika Sennett en Adriaan Havenga gesels oor die produksie, Forte, wat by vanjaar se Innibos Kunstefees op die planke is.
Chamber Music Collective maak Kamermusiek toeganklik 18.06.2024 9:07
Daar word dikwels gesê dat Kamermusiek slegs vir die fynproewer bedoel is, maar dit is nie noodwendig so nie. Al hoe meer musikante en organisasies wend hulle tot hierdie genre om hulle kuns verder uit te brei. Terrance April gesels met Francois Combrinck oor die Chamber Music Collective, en hulle poging om kamermusiek meer toeganklik te maak, en vir musikante 'n ekstra geleenthede te bied om musi...
Kaapstad Opera vier 25 jaar met Lucia di Lammermoor 11.06.2024 11:39
Kaapstad Opera vier vanjaar hulle 25ste bestaansjaar, en om dit te vier bied hulle van 14 tot 23 Junie die opera, LUCIA DI LAMMERMOOR, by Kunstekaap aan. Terrance April gesels met die artistieke direkteur van Kaapstad Opera, Magdalene Minnaar.
Hannetjie Visser haal asem met kuns 11.06.2024 16:58
Vir die kunstenaar Hannetjie Visser is om kuns te maak soos asemhaal. Christelle Webb-Joubert het by haar gaan kuier op hulle plaas net buite Rustenburg.
Ons wag vir Godot by Vrystaat Kunstefees 11.06.2024 17:49
Samuel Beckett se bekende Waiting for Godot is in Afrikaans vertaal, en is te sien by vanjaar se Vrystaat Kunstefees. Walter Strydom, die vervaardiger, en Chris Vorster, die akteur, vertel wat gehore kan verwag.
Debbie Turner - Deel 2 04.06.2024 9:27
Cape Ballet Africa is ‘n nuwe geselskap, wat gestig is deur Debbie Turner. As artistieke direkteur vertel sy hoe vandag se geselskappe, verskil van jare gelede.
Stopraam-animeerder Erentia Bedeker 04.06.2024 24:20
Christelle Webb-Joubert praat met kunstenaar Erentia Bedeker. Sy is ‘n stopraam-animeerder. Erentia gesels oor dié kunsvorm, en vertel van die vele toekennings wat sy al ontvang het by oorsese filmfeeste.
St. Olaff Kollege Koor in SA 04.06.2024 9:09
Die St. Olaff Kollege Koor tree tans in Suid-Afrika op. Terrance April gesels met Johan van Zyl van Classical Movements oor hulle toerprogram.
Debbie Turner - Deel 1 28.05.2024 12:45
Die naam, Debbie Turner, is sinoniem met die danswêreld. Sy het onlangs ‘n nuwe balletgeselskap in Kaapstad, Cape Ballet Africa, begin. In die eerste deel van Christelle Webb-Joubert se gesprek met Debbie, gesels hulle eers haar loopbaan. Debbie vertel dat sy reeds in die ouderdom van drie begin dans het.
Johannesburg Filharmonies se winterseisoen 2024 28.05.2024 9:07
Die Johannesburg Filharmoniese Orkes se winterseisoen skop op Donderdag 30 Mei 2024 af. Magda de Vries vertel van die onderskeie programme.
Lefra Produksies vier 30 jaar 28.05.2024 11:27
Lefra Produksies vier vanjaar sy 30ste bestaansjaar. Frans Swart, die besturende direkteur, vertel van hierdie groot mylpaal.
RSG radiodrama-skryfkompetisie 2024 21.05.2024 12:06
Eddie de Jager, dramaregisseur en vervaardiger by RSG, gesels oor vanjaar se RSG radiodrama-skryfkompetisie. Dit vind plaas in samewerking met die ATKV, en die sluitingsdatum is 30 Junie 2024.
Any dream will do – My pad met Webber 21.05.2024 13:17
André Schwartz vertel van sy produksie, Any dream will do – My pad met Webber. Dis ‘n baie eerlike en persoonlike produksie waarin hy vertel van sy lewe en uitdagings.
The unlikely secret agent by Markteater 21.05.2024 6:37
Terrance April besoek die Markteater in Johannesburg, en gesels met die akteur, Wessel Pretorius, oor die produksie, The unlikely secret agent.
Suid-Kaap Kinderkoor en Songs of Praise 21.05.2024 11:14
Jan-Erik Swart is die dirigent van die Suid-Kaap Kinderkoor. Hy vertel van die koor se prestasies, en Songs of Praise wat eersdaags in George plaasvind.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.